Return to search

Die ontstaan, verloop en toekoms van Christelik-nasionale onderwys in Suid-Afrika

Text in Afrikaans / Die ontstaan en verloop van Christelik-nasionale onderwys as die histories-geworde

onderwysideaal van die Afrikaner word in hierdie studie ondersoek en evalueer ten einde die
moontlike toekomstige voortbestaan daarvan in Suid-Afrika te kan aantoon. Die verband tussen
lewensbeskouing en onderwys is allereers aangetoon, met besondere verwysing na die ontstaan en wese
van die Christelik-nasionale lewensbeskouing en onderwysleer.


In die terugskou is die verloop en posisie van Christelik-nasionale onderwys vanaf 1652 tot en met
1997 van nader beskou. Aandag is aan die volgende onderwysfasette gegee: onderwysdoelstellinge,
onderwysbeheer, onderwysinhoud (met spesiale verwysing na godsdiensonderrig) en medium van
onderrig.


Ten slotte is bevindinge en 'n gevolgtrekking rakende Christelik-nasionale onderwys in
Suid-Afrika verwoord. Enkele aanbevelings vir die voortbestaan van Christelik-nasionale onderwys is
ook gemaak. / In this study, the genesis and course of Christian National Education, as historic cultivated
educational ideal of the Afrikander, are examined and assessed in order to be able to predict
its future in times to come. First of all, the relation between view of life and education is
indicated, with special reference to the genesis and nature of the Christian National view of
life and doctrine of education.
In the historical survey the course and position of Christian National Education from 1652 to
1997 are indicated. Attention is focused on the following educational aspects: aim of
education, governance of education, content of education (with special reference to religious
instruction) and medium of instruction.
Finally, findings and a conclusion regarding Christian National Education in South Africa are
expressed. Some recommendations for its continued existence are also provided / Educational Studies / M. Ed. (Historiese Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17737
Date11 1900
CreatorsVan Niekerk, Elsabe Francina
ContributorsSchoeman, Sonja
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 179 leaves)

Page generated in 0.0071 seconds