Return to search

Die toepassing van Scrivener se kreatiewe produksiestruktuur in die skepping van ruimtelike grafiese ontwerp vir die Ferdinand Postma-Biblioteek / E. Steyn

Die doel van hierdie kreatiewe produksieprojek was om ruimtelike grafiese ontwerp-toepassings
te skep vir die Ferdinand Postma-biblioteek van die Noordwes-Universiteit (Suid-Afrika) en om
verslag te lewer ten opsigte van die toepassing van Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur
op die kreatiewe- en navorsingsprosesse. Om dié doelwitte te bereik moes navorsing met
betrekking tot twee aspekte geskied. Eerstens is teorieë met betrekking tot ruimtelike grafiese
ontwerp en verskeie ontwerpbenaderings wat die ontwerpdissipline betrek (identiteitsontwerp,
inligtingsontwerp en wegwysingsontwerp) ondersoek. Tweedens is die aard en toepassing van
praktykgebaseerde navorsing onder die loep geneem.
Die literatuurstudie het gelei na die keuse van Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur as 'n
metode om praktykgebaseerde navorsing te benader. Deur die Kreatiewe Produksiestruktuur
wat uit vyf stappe bestaan, toe te pas, was dit moontlik om aan die gevarieerde behoeftes en
vereistes van die akademiese konteks waarbinne die projek geloods is, te voldoen: Eerstens is
betrokke skeppings- en navorsingsprosesse volledig, rasioneel en reflekterend gedokumenteer
en sodoende kon die navorsingsbenadering en geakkrediteerde navorsingstegnieke wat toegepas
is, duidelik en deursigtig uiteengesit word. Tweedens het die toepassing van die Kreatiewe
Produksiestruktuur gelei tot 'n gestruktureerde geskrewe argument waarin die navorsingsveld
en konteks van die studie aangespreek is. In die derde plek het die betrokke skeppings- en
navorsingsprosesse gelei na suksesvolle ruimtelike grafiese ontwerptoepassings wat die konteks
van die Ferdinand Postma-biblioteek in ag neem en die navorsing beliggaam.
Die studie se bydrae tot die veld van ruimtelike grafiese ontwerp is geleë in die wyse waarop dit toon
hoe Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur as 'n metode van praktykgebaseerde navorsing
toegepas kan word om suksesvolle en konteksgerigte ruimtelike grafiese ontwerptoepassings te
skep. / Thesis (M.A. (Graphic Design))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/4381
Date January 2010
CreatorsSteyn, Estee
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds