Return to search

Die identifisering van hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders met fetale alkoholsindroom / Botha, I.E.

Fetale alkoholsindroom (FAS) is ‘n voortgaande probleem in Suid–Afrika, veral in die Wes–Kaap.
Baie kinders met FAS word in pleegsorg geplaas vanweë hul ouers se drankmisbruik en
onvermoë om die kinders te versorg. Daar is reeds baie navorsing gedoen in akademiese en
sosiale omgewings oor die voorkoms en simptome van FAS. Minder is bekend oor die
hanteringsbehoeftes by pleegouers van pleegkinders met FAS en derhalwe is dit die navorser
se doelwit om navorsing te doen in hierdie veld.
Die doel van hierdie studie was om die behoeftes wat pleegouers ondervind in die hantering
van hul voorskoolse pleegkinders met FAS te verken en te beskryf. Die navorsingsvraag vir die
studie lui soos volg: “Wat is pleegouers se hanteringsbehoeftes ten opsigte van hul voorskoolse
pleegkinders met FAS?” Hierdie navorsingsvraag is aangespreek deur kwalitatiewe navorsing,
en die studie kan geklassifiseer word as verkennende en beskrywende navorsing.
Die navorser het vir die doel van hierdie studie gebruik maak van ‘n niewaarskynlikheidsteekproef
deur middel van doelbewuste steekproefneming. Die navorser het
17 pleegouers, van twee gesinsorgorganisasies gewerf. Fokusgroeponderhoude binne twee
fokusgroepe is benut om die hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders
met FAS te identifiseer. Die onderhoude is getranskribeer vir die doeleindes van dataanalisering
en aan die hand van Creswell (2007) se stappe ontleed.
Sewe temas is geïdentifiseer, naamlik (1) Dissiplinering van voorskoolse pleegkinders met FAS;
(2) Hantering van gedrag van die voorskoolse pleegkind met FAS; (3) Ondersteuningsdienste
aan pleegouers of pleegkinders; (4) Inligting of ondersteuning rondom FAS; (5) Verwerping van
die voorskoolse pleegkind met FAS; (6) Emosionele impak van die voorskoolse pleegkind met
FAS op die pleegouer; en laastens (7) Rol van die biologiese ouers van die voorskoolse
pleegkind met FAS. Hierdie temas is in subtemas verdeel en aan die hand van toepaslike
narratiewe uit die fokusgroepe bespreek en met literatuur gekontroleer. Gevolgtrekkings en
aanbevelings is na aanleiding daarvan gemaak. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/6984
Date January 2011
CreatorsBotha, Isobel Elizabeth
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0018 seconds