Return to search

Die kriteria vir ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar

Die gevarieerde landskap van leksikografie stel aanleerders uit verskillende sosiale agtergronde in staat om ’n vreemde taal vanuit hul eie moedertaal aan te leer. Gevolglik is een van die maniere waarop taalverwerwing bevorder kan word, veral deur die ontwikkeling van aanleerderwoordeboeke, meer spesifiek vreemdetaalwoordeboeke wat volwassenes bemagtig om die vreemde taal aan te leer om beide resepsie en produksie van die taal te bemeester. Die ontwerp en samestelling van ’n woordeboek is ’n komplekse saak, want onder andere moet die verskille tussen kultuurgroepe, die vlak van die aanleerder se vermoë om ’n taal aan te leer, die aanleerder se kennis van die betrokke taal en die beskikbaarheid van leermateriaal en bronne in ag geneem word. Hierby moet ook vertaalekwivalente in beide tale vir resepsie en produksie verskaf word. Die doelwit van hierdie studie is om ’n raamwerk daar te stel vir die kriteria van ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar. Die hipotese is dat dit moontlik is om ’n doeltreffende raamwerk vir die kriteria vir ‘n tweerigting-aanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar te ontwikkel. Die motivering vir hierdie studie is deels gegrond op die gebrek aan aanleerderwoordeboeke met Afrikaans en Frans as taalpaar. Die Afrikaanssprekende moet tans Frans deur middel van Engels aanleer vanweë die gebrek aan leermateriaal. Die navorser se persoonlike ervaring met die aanleer van Frans as vreemde taal het die ondersoek verder geïnspireer. Kriteria vir ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar is vasgestel aan die hand van ’n literatuuroorsig. Die geïdentifiseerde kriteria is in detail bespreek en aan die hand van praktiese voorbeelde eksemplaries toegelig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:27308
Date January 2017
CreatorsStone, Hanel, Vrancken, Maria
PublisherNelson Mandela University, Faculty of Arts
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Formatx, 137 leaves, pdf
RightsNelson Mandela University

Page generated in 0.0018 seconds