• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die kriteria vir ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar

Stone, Hanel, Vrancken, Maria January 2017 (has links)
Die gevarieerde landskap van leksikografie stel aanleerders uit verskillende sosiale agtergronde in staat om ’n vreemde taal vanuit hul eie moedertaal aan te leer. Gevolglik is een van die maniere waarop taalverwerwing bevorder kan word, veral deur die ontwikkeling van aanleerderwoordeboeke, meer spesifiek vreemdetaalwoordeboeke wat volwassenes bemagtig om die vreemde taal aan te leer om beide resepsie en produksie van die taal te bemeester. Die ontwerp en samestelling van ’n woordeboek is ’n komplekse saak, want onder andere moet die verskille tussen kultuurgroepe, die vlak van die aanleerder se vermoë om ’n taal aan te leer, die aanleerder se kennis van die betrokke taal en die beskikbaarheid van leermateriaal en bronne in ag geneem word. Hierby moet ook vertaalekwivalente in beide tale vir resepsie en produksie verskaf word. Die doelwit van hierdie studie is om ’n raamwerk daar te stel vir die kriteria van ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar. Die hipotese is dat dit moontlik is om ’n doeltreffende raamwerk vir die kriteria vir ‘n tweerigting-aanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar te ontwikkel. Die motivering vir hierdie studie is deels gegrond op die gebrek aan aanleerderwoordeboeke met Afrikaans en Frans as taalpaar. Die Afrikaanssprekende moet tans Frans deur middel van Engels aanleer vanweë die gebrek aan leermateriaal. Die navorser se persoonlike ervaring met die aanleer van Frans as vreemde taal het die ondersoek verder geïnspireer. Kriteria vir ’n tweerigtingaanleerderwoordeboek met Afrikaans en Frans as taalpaar is vasgestel aan die hand van ’n literatuuroorsig. Die geïdentifiseerde kriteria is in detail bespreek en aan die hand van praktiese voorbeelde eksemplaries toegelig.
2

Die valensie van bewegingswerkwoorde in Afrikaans

Van der Merwe, Amanda-Marie 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Twee sentrale probleme word hier ondersoek, naamlik die daarstelling van 'n teoreties adekwate model om leksikale valensie te verreken en die problematiek rondom die beskrywing van Afrikaanse bewegingswerkwoorde. Die vertrekpunt is dat 'n teorie van UG lesikale valensie slegs ten dele verreken. So 'n teorie is gemoeid met die vorm van 'n konstruksie wat op LF-vlak leesbaar is. Gevolglik beskryf 'n teorie van UG valensie net in universele sintakties-kategoriale terme. In hierdie studie word die semantiese en pragmatiese komponente van 'n valensieteorie derhalwe uitgebou sodat daar 'n duideliker begrip verkry kan word van die wisselwerking tussen alle veranderlikes van valensie op 'n taalspesifieke LF-vlak. 'n Valensieteorie word op eklektiese wyse saamgestel uit verskeie ander teoriee. Die apparaat om die sintaktiese komponent van 'n valensieteorie te beskryf, word aan TGGmodelle ontleen. Die semantiese komponent van die teorie word aangevul vanuit die Konseptuele Semantiek en die pragmatiese komponent daarvan vanui t kogni ti ewe grammatikamodelle. Die interaksie tussen hierdie komponente word verreken deur teoriee van leksikalisasie, korrespondensiereels en die passing tussen konstruksies en leksikale items. Die ontleding van Afrikaanse bewegingswerkwoorde spesif iseer die omvattender anali tiese apparaat wat nodig is vir die verrekening van valensie verby die punt waarvoor 'n teorie van UG voorsiening maak. Dit blyk uit hierdie analise dat die valensie van die kategorie in 'n aantal valensieraambeskrywings vir die aparte subklasse saamgevat kan word. 'n Duidelike beeld van die universele en taalspesifiekidiosinkratiese aspekte van hierdie kategorie kan in terme van hierdie valensierame aangetoon word. 'n Verdere hipotese (die onakkusatiwiteithipotese) is dat die sintaktiese verspreiding van werkwoorde ui t hulle semantiek voorspel kan word. Hierdie hipotese word getoets aan die empiriese data van Afrikaanse bewegingswerkwoorde. Hierdie bewegingswerkwoorde word in groepe geklassifiseer na gelang van ooreenstemmende semanties-pragmatiese kenmerke. Daar word getoon dat bewegingswerkwoorde met dieself de semantiespragmatiese kenmerke dieselfde valensierame het. Valensierame is daarom op sistematiese wyse uit semanties-pragmatiese kenmerke afleibaar. Sekere fasette van valensierame word egter ook bepaal deur konvensies soos profilering, en deur bereelde interaksie met 'n basiese konstruksie se argumentstruktuur. / This thesis focuses on the development of a theoretically adequate model to account for lexical valence and to provide the detail for such a model by means of an analysis of Afrikaans verbs of motion. The thesis is a response to a theory of UG which inadequately accounts for lexical valence. A theory of UG is concerned with the universal syntactic form of a construction that is legible on LF level. It therefore describes valence in universal syntactic-categorial terms only. This thesis develops the semantic and pragmatic components of a theory of valence in order that a clearer understanding may be gained of the interaction between all the variables of valence on a language specific LF level. A theory of valence is construed eclectically from several other theories. TGG models provide the methods used to describe the syntactic component of a theory of valence. Conceptual Semantics contributes to the development of the semantic component, and models of cognitive grammar to the pragmatic component. The interaction between these components is explained by theories of lexicalisation, rules of correspondence and the fusion of constructions and lexical items. The analysis of Afrikaans verbs of motion provides the comprehensive set of analytical devices required to account for valence beyond the point of LF. From this analysis it emerges that the valence of this category can be summarized in a finite number of frames of valence for distinct classes within the category. 'n Clear understanding of the universal and language specific aspects of this category is achieved by means of these frames of valence. A further hypothesis (the unaccusativity hypothesis) posits that the syntactic distribution of verbs can be predicted from their semantics. This hypothesis is tested by means of empirical data of Afrikaans verbs of motion. These verbs are classified according to similar semantic-pragmatic features. It is shown that verbs of motion with the same semanticpragmatic features share frames of valence. These frames thus are deducible systematically from semantic-pragmatic features. Certain aspects of frames of valence, however, are determined by conventions such as profiling and the regulated interaction between verbs and constructions. / Afrikaans / D.Litt. et Phil. (Afrikaans)
3

Page generated in 0.0566 seconds