Return to search

Burnout, engagement, coping and locus of control of postgraduate students / M. van der Merwe

Uitbranding as verskynsel was oorspronklik waargeneem by individue wat in hulpverlenings
beroepe gestaan het, soos byvoorbeeld verpleegsters. Vandag word dit erken dat individue in
enige beroep uitbranding kan ontwikkel. Dit is om hierdie rede dat navorsing oor die verband
tussen uitbranding, begeestering, coping en lokus van kontrole van nagraadse studente
toepaslik en noodsaaklik is, aangesien hulle die toekomstige werknemers van Suid Afrika is.
Die doe1 van die navorsing is om die verband tussen uitbranding, begeestering, coping en
lokus van kontrole van werkende nagraadse studente en nie-werkende nagraadse studente te
bepaal.
'n Opname-ontwerp is gebruik vir die navorsing. Die ondersoekgroep het bestaan uit (n=40)
nagraadse studente in die Ingenieursfakulteit asook @=SO) nagraadse studente in die MBA
klas van die Besigheidskool. Vier vraelyste is in hierdie empiriese navorsing gebruik,
naamlik die Maslach Uitbrandingsvraelys - Algemene Opname (MBI-GS), die Utrech Work
Engagement-Skaal (UWES), die COPE-Vraelys (COPE) en die Lokus van Kontrole-
Inventark (LOC). Beskrywende statistiek is gebruik om die data te analiseer.
Die resultate van die ondersoek dui daarop dat nagraadse studente 'n risiko loop vir
uitbranding. Die resultate wys verder daarop dat die meeste nagraadse studente intern
gemotiveer word en gebruik maak van aktiewe coping- strategieƫ om stres van die akademiese
lewe te kan hanteer. Die resultate dui verder ook daarop dat 'n eksterne lokus van kontrole
verband hou met hoe uitbrandingsimptome en passiewe coping- strategieƫ. Verdere
aanduidings is dat hoe uitputting met 'n eksterne lokus van kontrole en hoe vlakke van
sinisme korreleer. Toewyding en lewenskrag korreleer positief met interne lokus van kontrole
en outonomie, en voorspel ook lae vlakke van uitputting en sinisme.
Aanbevelings vir verdere navorsing is aan die hand gedoen. / Thesis (M.A. (Industrial Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/249
Date January 2003
CreatorsVan der Merwe, Margaret Elizabeth
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds