Return to search

Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes–Kaap / Swanepoel L.

Twee navorsingsvrae word deur hierdie studie beantwoord, naamlik “Wat is die
Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in ’n landelike
gebied in die Wes–Kaap vanuit die perspektief van oud–bendelede?” en “Watter
riglyne kan daar gestel word ter voorkoming van bende–betrokkenheid by jonger
kinders in Sir Lowry’s Pass Village, gebaseer op die chronosisteemverwante faktore
wat geïdentifiseer word?” ’n Gevallestudie–ontwerp is gevolg waar retrospektiewe
beskrywings van oorsaaklike faktore deur oud–bendelede lig gewerp het op aspekte
wat relevant is in die voorkoming van bende–betrokkenheid by jonger kinders in ’n
kwesbare landelike gebied, naamlik Sir Lowry’s Pass Village in die Wes–Kaap.
Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in ’n landelike
gebied in die Wes–Kaap, naamlik Sir Lowry’s Pass Village, moet vasgestel word
aangesien dit ’n kettingreaksie tot gevolg het. Sir Lowry’s Pass Village is ’n
gevaarsone vir kinders wat bende–betrokkenheid betref. Indien die faktore vasgestel
kan word, kan dit as ’n riglyn vir die bekamping van bende–betrokkenheid dien.
Hierdie studie poog om riglyne daar te stel gebaseer op die bevindinge sodat kinders teen bende–betrokkenheid beskerm kan word. / Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/7559
Date January 2011
CreatorsSwanepoel, Lizanne
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0027 seconds