Return to search

Experiences and perceptions of primary health care students utilizing simulation laboratories

Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Simulation refers to a teaching method that is used to teach students clinical skills. The
use of mannequins is the most common type of simulation. Given the pivotal role that
simulation plays in teaching students clinical skills, it is important to understand the
experience and perceptions students have utilizing simulation laboratories. The aim of the
study was to explore the experience and perceptions of primary health care students
utilizing simulation laboratories.
The researcher posed the following research question as a guide for this study: “What are
the experiences and perceptions of primary health care students utilizing simulation
laboratories?” A qualitative approach with a phenomenological research design was
applied. A purposive sample of n=10 and a focus group of 7 participants was drawn from a
total population of 232 primary health care students. An interview guide was designed
based on the objectives of the study and validated by experts in Nursing, Education and
the Ethics Committee at the Faculty of Health Sciences, Stellenbosch University. Experts
in the field of teaching and learning, nursing and research methodology were consulted to
determine the feasibility and content of the study, to evaluate the research process and
outcome. Two (2) trained fieldworkers were responsible for collecting the data. Data was
collected by means of individual interviews and by interviewing a focus group. The
transcription of the interviews was done by the researcher.
The data that emerged from the data analysis was coded and categorised into themes and
subthemes. The five themes that emerged were simulation as a teaching method; a
mannequin offering effective learning; confidence in clinical practice; structure of the
course; and a support system. The researcher compiled a written account of the
interpretations that emerged from the data analysis and verified this with the fieldworkers.
In addition, member checking was done on two (2) of the participants from the focus group
as well as two (2) of the participants from the individual interviews, to validate the
transcribed data.
The Conceptual Theoretical Framework of Bloom supports the findings of this study. The
findings suggest that the mannequins should be upgraded regularly and should be able to
register a response. It is recommended that a mannequin should be designed which is
computer programmed according to different conditions which will include the signs and
symptoms of those diseases for example tuberculosis. The participants need to be placed
in the clinical environment at a much earlier stage in their programme. Peer group
teaching and assessment should be introduced in the programme. Further research is
recommended since institutions and disciplinaries working with simulation were not
included in the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Simulasie verwys na ’n onderrigmetode wat gebruik word om studente kliniese
vaardighede aan te leer. Die gebruik van mannekyne is die mees algemene vorm van
simulasie. Gegee die deurslaggewende rol wat simulasie speel in die onderrig van kliniese
vaardighede aan studente, is dit belangrik om die ervaring en persepsies van studente wat
gebruik maak van simulasie-laboratoriums, te wete te kom. Die doel van hierdie studie
was om die ervaring en persepsies van primêre gesondheidssorgstudente wat van
simulasie-laboratoriums gebruik maak, te ondersoek.
Die navorser het die volgende navorsingsvraag as ’n riglyn vir hierdie studie gestel: “Wat
is die ervaringe en persepsies van primêre gesondheidssorgstudente wat simulasielaboratoriums
gebruik?” ’n Kwalitatiewe benadering met ’n fenomenologiese
navorsingsontwerp is toegepas. ’n Doelbewuste steekproef van n=10 en ’n fokusgroep
van 7 deelnemers is geneem vanuit ’n totale bevolking van 232 primêre
gesondheidsorgstudente. ’n Onderhoudgids is ontwerp, gebaseer op die doelwitte van die
studie en gevalideer deur kundiges in Verpleging, Opvoedkunde en die Etiese Komitee
van die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.
Kundiges op die gebied van onderrig en leer, verpleging en navorsingsmetodologie is
geraadpleeg om die haalbaarheid en inhoud van die studie te bepaal vir die evaluering
van die navorsingsprosedure en uitkomste. Twee (2) opgeleide veldwerkers was
verantwoordelik om die data te versamel. Die data was versamel deur middel van
individuele onderhoude en ‘n onderhoud met ‘n fokus groep. Die onderhoude was
getranskribeer deur die navorser.
Die data wat uit die analise gekom het, is geënkodeer en gekategoriseer in temas en
subtemas. Die vyf temas wat hieruit voortgespruit het, is simulasie as ’n onderrigmetode;
’n mannekyn wat effektiewe leer bied; vertroue in die kliniese praktyk; die struktuur van die
kursus; en ’n ondersteuningssisteem. Die navorser het ’n geskrewe verslag saamgestel
van die weergawe van die data-analise wat saamgestel en deur die veldwerker geverifieer
is. Bykomend is die kontrole van lede van twee (2) van die deelnemers van die
fokusgroep, asook twee (2) van die deelnemers vanuit die individuele onderhoude
gedoen, om die getranskribeerde data se geldigheid te verklaar.
Die Konseptuele Teoretiese Raamwerk van Bloom rugsteun die bevindinge van hierdie
studie. Die bevindinge beveel aan dat die mannekyne gereeld opgegradeer behoort te
word en dat hulle ’n respons moet kan registreer. Dit word aanbeveel dat ’n mannekyn
ontwerp behoort te word wat rekenaar geprogrammeerd is volgens die verskillende
toestande wat die tekens en simptome van siektes soos tuberkulose insluit. Die
deelnemers behoort in ’n baie vroeë stadium van die program in die kliniese omgewing geplaas te word. Verdere navorsing word aanbeveel, aangesien inrigtings en dissiplines
wat met simulasie gemoeid is, nie in hierdie studie ingesluit is nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17814
Date12 1900
CreatorsNel, Natalie
ContributorsStellenberg, E. L., Stellenbosch University. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Nursing Science., Van der Merwe, Natalie
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format78 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0223 seconds