Return to search

An investigation into the role of collectins in tuberculosis infection

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT:

Please see fulltext for abstract. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tuberkulose (TB) affekteer die hele wêreld, maar dit is veral in ontwikkelende lande 'n groot
probleem. In Suid-Afrika, soos in baie ander lande, veroorsaak die immuun-paraliserende
uitwerking van HIV -koïnfeksie dat die TB-epidemie voortwoeker. Daar is bewyse dat
genetiese faktore in die gasheer die uitkoms van die siekte bepaal, aangesien slegs 10% van
die individue wat deur Mycobacterium tuberculosis (M tuberculosis) geïnfekteer word,
uiteindelik die aktiewe siekte ontwikkel.
Die aangebore immuunsisteem is die liggaam se eerste verdedigingslinie, waarna die
verworwe immuunreaksie geïnisieer word. Die bakterium se lotgevalle word moontlik bepaal
in hierdie vroeë stadium pas nadat dit ingeasem is. Die kollektien-molekule is veral in die
long 'n belangrike deel van die aangebore immuunrespons en sluit die mannose-bindende
lektien en die surfaktantproteïene A (SP-A) en D (SP-D) in. Dit is al aangetoon dat hierdie
drie kollektien-molekule in die gasheer 'n rol speel in die verdediging teen M tuberculosis.
In hierdie ondersoek is veral klem gelê op die surfaktantproteïene, wat voorkom asof dit
belangrike en kenmerkende rolle speel in die reaksie teen die ingeasemde bakterieë. SP-A
versterk die aanhegting van M tuberculosis aan die alveolêre makrofage en verhoog
fagositose, terwyl SP-D die bakterieë agglutineer en so verhoed dat dit deur die makrofage
gefagositeer word.
Gekontroleerde assosiasiestudies in pasiënte is gedoen deur polimorfismes in hierdie gene,
wat geassosieer is met TB in ander bevolkings as ons eie, te bestudeer. 'n Polimorfisme in
die amino-terminaal area van die SP-D-geen is positief geassosieer met vatbaarheid vir TB.
'n Familie-gebaseerde studie is ook gedoen om die resultate van die gekontroleerde
assosiasiestudie te repliseer. Verskillende resultate is verkry en word moontlik bepaal deur
die familiestruktuur wat gebruik is. Die aantal families wat bestudeer is, was relatief min en
daarom kan daar nie afgelei word dat die assosiasie wat voorheen waargeneem is vals is nie.
'n Groter studie sal gedoen moet word. Die impak van hierdie polimorfisme is verder
ondersoek om te bepaal of dit die totale struktuur van die proteïen beïnvloed. Die effekte van
hierdie polimorfisme op die konsentrasie van SP-D in die serum van aktiewe TB-pasiënte is
ondersoek en vergelyk met die van kontroles. Ons kon nie vasstel watter rol, indien enige, die
polimorfisme in die totale struktuur van die SP-D-molekule speel nie, maar ons het bewys dat
die serumkonsentrasie van SP-D beduidend verhoog was in aktiewe TB-pasiënte in vergelyking met kontroles (p < 0.0001). Verder het ons ook gedemonstreer dat die
konsentrasie van SP-D beduidend verhoog was in die IT-genotipe van die aktiewe TB pasiënte
vergeleke met die kontroles (p < 0.0001). Die IT-genotipe is al voorheen positief
geassosieer met vatbaarheid vir TB (T. Roos, ongepubliseerde inligting).
Verskeie alleliese variante is geïdentifiseer in die SP-A-gene (SP-A1 en SP-A2) wat saam die
volle funksionele SP-A-proteïen vorm. Polimorfismes wat onlangs in die kollageen-agtige
area van SP-A 1 en SP-A2 gevind is (Madan et al., 2002) en een nuwe polimorfisme wat in
hierdie studie geïdentifiseer is, is ondersoek in 'n Suid-Afrikaanse bevolking. Ons het
beduidende positiewe assosiasie tussen 'n polimorfisme in die kollageen-agtige area van die
SP-A2 geen en vatbaarheid vir TB (p = 0.007) aangetoon.
Ons bevindinge bewys die belangrikheid van die bestudering van mensgenetika, wat die
immuunkompetensie rig, om vatbaarheid vir infektiewe siektes te verstaan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50269
Date03 1900
CreatorsLundwall-Roos, Theresa Anne
ContributorsHoal, E., Stellenbosch University. Faculty of Medicine & Health Sciences. Dept. of Biomedical Sciences. Molecular Biology and Human Genetics.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format163 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds