Return to search

The medical profession in a transforming South Africa society : ideals, values and role

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: Medicine in our country is under severe stress, brought about by internal and external
forces that need a response from the medical profession. The profession's attempts and
response will fall short unless the profession itself is aligned with the new social ethos and
the responses are based on the profession's inherent values.
Problem Statement:
Medical doctors have always been highly valued in society because of the duty they have
when illness and disease set in. As individuals, doctors have fulfilled other important roles
in the communities where they work. These include giving advice to young people on
career choices, counseling on various matters and provision of material help where there is
need. This profession has for a long time been shrouded in mystery, being a trade learnt by
a few. All these factors contributed to their social standing increasing phenomenally.
There is a view that this has also led to public perceptions that doctors are the rich
untouchable elite who have no interest or are unconcerned about problems faced by
society. The medical profession faces a challenge that is more significant because of the
value placed on it by society. The numerous submissions by the victims of human rights
abuses to the Truth and Reconciliation Commission have cast a shadow of doubt on the
medical profession for its complicity in these acts. The present government has declared
transformation of health care as one of its top priorities. The response of the medical
profession to this initiative has so far not led to any significant changes of public
perception that the profession is unwilling to participate in the transformation of our
society.
The challenge and subject of discussion in this thesis therefore is:
"What is the ideal role of the medical profession in a transforming South African
society?"
The medical profession, being the nerve centre of health care, has a big responsibility in
social transformation. Doctors stand accused as a collective for failing to protect the
human rights of patients and not living up to the standards of ethics required of them when patients' rights were violated. The Truth and Reconciliation Commission record of the
hearings into the role of the professional organisations in health is used in this thesis to
illustrate how serious society views the medical profession's role in the human rights
abuses of the past.
Based on the T. R. C's report and the assumption that society traditionally places high
value on the medical profession, I conducted a survey among South African doctors to test
their attitudes towards a range of policy and transformational issues. The unit of analysis
was the medical doctors who are in active practice in South Africa in whatever mode of
practice. The survey sought to explore the awareness of the respondents about a range of
transformation policy changes and invite their comments on the role that they envisage for
the medical profession in the process of transformation of society. There is unfortunately
scarcity or a lack of applicable South African literature on this topic thus limiting local
material for referencing. The search of international literature only yielded the subject of
the study of professional values and not necessarily the role of a medical profession in a
transforming society.
The medical profession has to re-visit its foundations, analyse its history and map out its
future in the context of the South African realities. It must find a way of aligning itself
with the new ethos and diverse cultures South Africa possesses. Medicine has its own
traditional goals and values derived and adapted from society's diverse cultural value
systems. With its national and international networks, the inherent knowledge and skills
that it possesses, guided by an ethical code, the Hippocratic Oath that serves as a public
promise, it influences policy on the country's health care system - a mechanism that
government uses to provide a basic human need.
The medical profession therefore has to be responsive to the needs of society as much as
society needs to support the profession. This thesis explores the role that the profession
should play in a transforming South African society. The argument is that this can only be
done through the profession examining its values and aligning itself with broader societal
value systems, the moral and social norms. It is further argued that visible realistic
commitment by the profession to public health will lead to an improvement in its public
image. It is the actions or non-actions of the majority that the public notices. The majority
of respondents to the survey have indicated that they approve of the transformation
policies in health but that they may differ in the way they were introduced. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geneeskunde in ons land is onder geweldige druk as gevolg van interne en eksterne
faktore en dit is nodig dat die mediese beroep reageer. Dit sal die beroep egter nie help
om te reageer indien sy lede hulle nie met die nuwe maatskaplike etos vereenselwig nie en
die reaksie op die inherente waardes van die mediese beroep geskoei word nie.
Probleemstelling
Mediese dokters is nog altyd baie hoog geag deur die gemeenskap as gevolg van die
verpligting wat hulle het om na mense om te sien wanneer hulle siek word. In hulle
individuele hoedanigheid het dokters ook ander belangrike bydraes tot hulle
gemeenskappe gelewer. Dit sluit in: advies aan jong mense oor loopbaankeuses, berading
en die verskaffing van finansiele hulp waar nodig. Die beroep as sulks was egter vir baie
lank ietwat van 'n misterie omdat dit 'n vakrigting is waarin baie min mense hulle kon
bekwaam. Al hierdie faktore het die maatskaplike aansien/waarde van dokters geweldig
verhoog. Daar is ook diegene wat van mening is dat hierdie faktore aanleiding gegee het
tot die openbare mening dat dokters 'n ryk en onaantasbare elite is en glad nie in die
probleme van die gemeenskap belangstel nie. Die etlike voorleggings deur die slagoffers
van menseregtevergrype aan die Waarheids- en Versoeningskommissie het ook vrae
rondom die beroep se betrokkenheid by sodanige gevalle laat ontstaan. Die huidige
regering het die transformasie van gesondheidsorg as een van sy grootste prioriteite
verklaar. Die reaksie van die beroep hierop het tot dusver nie tot enige noemenswaardige
veranderinge in die openbare mening dat dokters nie bereid is om aan die transformasie
van ons gemeenskap deel te neem gelei nie.
Wat is die ideale rol van die mediese beroep in die transformasie van die Suid-
Afrikaanse gemeenskap?
As die senusentrum van gesondheidsorg het die mediese beroep 'n groot
verantwoordelikheid in maatskaplike transformasie. Dokters word kollektief beskuldig
dat hulle nagelaat het om die menseregte van pasiente te beskerm en nie voldoen het aan
die nodige etiese standaarde wat van hulle verwag word in die tyd toe pasienteregte
geskend is nie. Die rekord van die verhore van die Waarheids- en Versoeningskommissie
oor die rol van professionele gesondheidsorganisasies is vir die doeleindes van hierdie
tesis gebruik om te illustreer hoe ernstig die gemeenskap voeloor die mediese beroep se
rol in die menseregte vergrype van die verlede.
Gegrond op die WVK-verslag en die aanname dat die gemeenskap die mediese beroep
hoog ag, het ek 'n meningsopname onder 300 Suid-Afrikaanse dokters gedoen om hulle
houding jeens 'n aantal beleids- en transformasiekwessies te toets. Die eenheid van
analise was mediese dokters wat in die aktiewe praktyk staan, ongeag hulle praktykgebied.
Die opname het gepoog om te bepaal wat die vlak van bewustheid by die respondente oor
'n aantal beleidsveranderinge gerig op transformasie is, en hulle uit te nooi om
kommentaar te lewer op die rol wat hulle meen die mediese beroep behoort in die proses
te speel. Ongelukkig is daar nie toepaslike Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp
beskikbaar me. 'n Internasionale literatuursoektog het net studies rondom waardes
opgelewer, en nie oor die rol van 'n mediese beroep in die transformasie van 'n
gemeenskap nie.
Die mediese beroep moet die grondslag van sy wese in oenskou neem, die geskiedenis
analiseer en sy toekoms in die konteks van die Suid-Afrikaanse realiteite uitstippel. Die
beroep moet 'n manier vind om homself met die nuwe etos en uiteenlopende kulture van
Suid-Afrika te vereenselwig. Die geneeskunde het sy eie tradisionele doelwitte en waardes
gekry en aangepas vanuit die uiteenlopende kulturele waardestelsels van die gemeenskap.
Deur middel van sy nasionale en internasionale netwerke, inherente kennis en
vaardighede, die leiding van 'n etiese kode, die Eed van Hippokrates wat as 'n belofte aan
die publiek dien, beinvloed die mediese beroep die land se gesondheidsorgstelsel - 'n
meganisme van die regering om in 'n basiese menslike behoefte te voorsien.
Die mediese beroep moet daarom ingestel wees op die behoeftes van die gemeenskap in
dieselfde mate as wat die gemeenskap die beroep behoort te ondersteun. Hierdie tesis
ondersoek die rol wat die mediese beroep behoort te vervul in 'n Suid-Afrikaanse
gemeenskap waar transformasie besig is om plaas te vind. Daar word geargumenteer dat
dit net gedoen kan word indien die beroep sy waardes ondersoek en hom met die breer
maatskaplike waardestelsels vereenselwig. Daar word verder geargumenteer dat 'n
sigbare realistiese verbintenis van die mediese beroep tot openbare gesondheid tot die
verbetering van sy openbare beeld sal lei. Dit is die optrede of nie-optrede van die
meerderheid wat die publiek raaksien. Die meerderheid respondente in die
meningsopname het aangedui dat hulle die transformasiebeleid vir gesondheid ondersteun,
maar dat hulle verskil van die wyse waarop dit in werking gestel is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51996
Date04 1900
CreatorsMahlati, Malixole Percival
ContributorsVan Niekerk, A. A., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Philosophy.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format96 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0039 seconds