Return to search

Ondersoek na 'n model vir die opleiding van leksikograwe vir verklarende woordeboeke

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: In the past work on theoretical lexicography was often done simply "incidentally",
usually flowing from research in pure linguistics. In the course of time theoretical
lexicography and the compilation of dictionaries developed into a fully fledged
discipline. The successful lexicographer requires particular characteristics and
skills of a high quality. It appears from discussions with editors of dictionaries
that even the best academic training does not necessarily produce an excellent
lexicographer, as the compilation of dictionaries is a process that requires the
skilful integration of theory, practice and language intuition.
This study has tried to identify the knowledge, characteristics and skills that are
necessary in order to train prospective lexicographers. An attempt has been
made, by way of a selective literature review and conducting interviews with
people engaged in the practice of lexicography, to design a model for the training
of lexicographers.
The study has shown that the training of lexicographers should not focus only on
the theoretical aspects, but that in-service training or experience with a publisher
of dictionaries is very important. A proposal is made on the subjects that should
receive attention in the training of lexicographers. As part of the training model
every prospective lexicographer should receive grounding in the development of
management skills. A model for the compilation of dictionaries should emphasise
the importance of a well thought-through conceptualisation of a plan for a
dictionary as part of the lexicographical process. Lexicographers should be
trained in the lexicographical process, from the collection of data to the
preparation of the dictionary for publication. The purpose of the dictionary should
also be identified as part of the planning phase. Prospective lexicographers must,
among other things, build up an extensive knowledge of metalexicography, the
general theory of lexicography, the management and planning of a dictionary
project, the lexicographical process (from the collection of data to the publication and evaluation of dictionaries), aspects regarding the theories of semantics,
morphology, phonology and syntax, and computer lexicography.
Finally, a recommendation is made that certain components of lexicography
training should also be undertaken at technikons rather than only at universities -
this proposition should be researched further. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Werk in die teoretiese leksikografie is in die verlede dikwels bloot "toevallig"
gedoen vanuit navorsing wat gewoonlik veral in die suiwer taalkunde gedoen is.
Die teoretiese leksikografie en die skryf van woordeboeke het mettertyd
ontwikkel tot 'n volwaardige dissipline. Sekere eienskappe en vaardighede van
hoogstaande gehalte word benodig om 'n suksesvolle leksikograaf te wees. Uit
gesprekke met woordeboekredakteurs blyk dit duidelik dat selfs die beste
akademiese opleiding nie noodwendig 'n voortreflike leksikograaf saloplewer nie,
aangesien die skryf van 'n woordeboek 'n proses is waardeur teorie, praktyk en
taalintuïsie vaardig ineengevleg moet word.
Hierdie studie het gepoog om die kennis, eienskappe en vaardighede te
identifiseer wat nodig is om 'n voornemende leksikograaf te onderrig. Deur
middel van 'n selektiewe literatuurstudie en persoonlike onderhoude met persone
in die praktyk, is gepoog om 'n model daar te stel vir die opleiding van
leksikograwe.
Die studie het getoon dat leksikograwe se opleiding nie net op die teoretiese
aspekte mag fokus nie, maar dat indiensopleiding of ondervinding by 'n
woordeboekuitgewer van groot belang is. 'n Voorstel word gemaak oor die
onderwerpe wat aandag behoort te geniet in die opleiding van 'n leksikograaf. As
deel van die opleidingsmodel behoort elke voornemende leksikograaf onderlê te
word in die ontwikkeling van bestuursvaardighede. 'n Model vir die samestelling
van woordeboeke behoort klem te lê op die belangrikheid van 'n weldeurdagte
woordeboekkonseptualiseringsplan as deel van die leksikografiese proses.
Leksikograwe behoort in die leksikografiese proses onderrig te word, vanaf die
verkryging van data tot die voorbereiding vir publikasie van die woordeboek. Die
doel van die woordeboek moet ook geïdentifiseer word as deel van die
beplanningsfase. Voornemende leksikograwe moet onder andere 'n deeglike
kennis opdoen van die metaleksikografie, algemene leksikografieteorie, bestuur
en beplanning van 'n woordeboekprojek, die leksikografiese proses (van die verkryging van data tot die uitgee van die woordeboek en die evaluering
daarvan), aspekte van die teorie van semantiek, morfologie, fonologie en
sintaksis en rekenaarleksikografie.
Ten slotte word 'n aanbeveling gemaak dat bepaalde komponente van
leksikografie-opleiding dalk ook by technikons en nie net by universiteite hoort
nie - hierdie opmerking behoort verder nagevors te word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53539
Date12 1900
CreatorsKeyser, Helane
ContributorsGouws, R. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format175 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds