Return to search

The treatment of culture-bound lexical items in bilingual dictionaries intended for a multilingual environment

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Bilingual dictionaries play an extremely important role in a multilingual society; they
can be perceived as the key instruments in the communication between different
groups and speech communities. Efficient and active communication between
different cultural groups is essential in the South African environment. Culture-bound
lexical items and the way they are treated in bilingual dictionaries can have a great
influence on this process of communication. It is evident that the misrepresentation of
culture-bound lexical items in bilingual dictionaries could seriously impede
communication rather than enhance it. It is of great importance that lexicographers
should provide users of the dictionary with adequate guidance in their treatment of
these items. In order to equip the user with the necessary skills and knowledge, the
treatment of culture-bound items should go beyond the mere provision of a translation
equivalent. Translation equivalents should be supplemented and supported by
illustrative markers, labels, glosses, usage notes and pictorial illustrations could be of
use.
The particular needs of a multilingual society imply certain adaptations to the
structure and nature of a bilingual dictionary. The bilingual dictionary should be
adapted in terms of form, content as well as structure in order to be able to present and
treat a representative amount of cultural data in a comprehensive manner. The
material used for the dictionary basis should be representative of the culture of the
speakers; the linguistic and cultural reality that confronts the speakers daily should be
reflected in the dictionary, language contact and change should be acknowledged.
Many South African languages still have a strong tradition of oral literature and the
relation of oral and written texts should be represented realistically in the dictionary
basis. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Vertalende woordeboeke speel 'n sleutelrol in die veeltalige omgewing. Hulle is
naamlik van kamidale belang in die kommunikasie tussen verskillende
taalgemeenskappe. In die Suid-Afrikaanse konteks is effektiewe kommunikasie en
oop kanale tussen verskillende groepe van kardinale belang. Kultuurspesifieke
leksikale items en die opname en hantering van hierdie items in vertalende
woordeboeke kan 'n groot invloed uitoefen op die proses van kommunikasie tussen
verskillende taalgemeenskappe. Onakkurate of onvoldoende hantering van hierdie
items kan ernstige misverstande tot gevolg hĂȘ en sodoende skade doen aan die proses
van kommunikasie.
Leksikograwe moet die gebruiker van die woordeboek voldoende leiding gee rakende
die betekenis en gebruik van kultuurspesifieke leksikale items. Die gebruiker moet
ook in 'n woordeboek leiding kry om die kulturele konteks van 'n gespreksituasie te
kan begryp. Die hantering van kultuurspesifieke leksikale items in vertalende
woordeboeke moet meer behels as die voorsiening van vertaalekwivalente. Dit moet
vir die gebruiker van die woordeboek moontlik wees om kennis van die kultuur van 'n
ander taalgemeenskap op te doen, asook om sy of haar kommunikasievaardighede te
ontwikkel deur die gebruik van die woordeboek. Om dit te bewerkstellig, is dit nodig
dat die vertaalekwivalente wat vir kultuurspesifieke leksikale items voorsien word,
aangevul word deur onder andere merkers, etikette, glosse, gebruiksnotas en
illustrasies.
Die behoeftes van die gebruiker van die vertalende woordeboek in die veeltalige
omgewing impliseer dat daar sekere aanpassings gemaak moet word aan die aard en
struktuur van die vertalende woordeboek. Die vertalende woordeboek wat gemik is
op 'n gebruiker in 'n veeltalige en multikulturele omgewing, moet in terme van die
vorm, inhoud en struktuur aangepas word om sodoende 'n verteenwoordigende
hoeveelheid van kulturele data op 'n omvattende, sinvolle wyse te kan aanbied. Die
materiaal wat vir die basis van die woordeboek gebruik word, moet
verteenwoordigend wees van die kultuur van die sprekers. Die woordeboek moet die
werklikheid waarmee die gebruiker daagliks gekonfronteer word, in die aanbieding
van data en die samestelling van die sentrale woordelys reflekteer. Die tradisie van orale letterkunde speel vandag nog 'n daadwerklike rol in die lewe van baie Suid
Afrikaners en dit moet ook in die woordeboek verreken word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53691
Date12 1900
CreatorsHendriks, Karen
ContributorsGouws, R. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format142 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds