Return to search

Harmonising the law of sale in the Southern African Development Community (SADC) : an analysis of selected models

Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: It is generally recognised that diversity of laws may act as a barrier to the development of trade, both at international and regional level. In a globalised era, trade is necessary for economic development and ultimately for the alleviation of poverty. Although the WTO has done extensive work towards the removal of tariff barriers, there is also a need to focus on addressing non-tariff barriers which include legal barriers to trade. Institutionalised legal harmonisation at an international level has provided the necessary impetus for the development of harmonised laws in the area of international trade. The creation of regional economic communities within the purview of the WTO has also given rise to the necessity of legal harmonisation to facilitate intra-regional trade. A number of regional economic communities and organisations have noted legal harmonisation as one of their areas of regional cooperation. This study focuses on the need to harmonise the law of international sale within the SADC region in order to facilitate cross-border trade. The study points out that the harmonisation of sales laws in SADC is important for the facilitation of both inter-regional and intra-regional trade with the aim of fostering regional integration, economic development and alleviating poverty. Although the necessity of harmonising sales laws has been identified, no effort to this end exists currently in the SADC region. This study addresses the mechanisms by which such harmonisation could be achieved by analysing three models which have been selected for this purpose, namely the CISG, the OHADA and the proposed CESL. The main issues addressed include whether SADC Member States should adopt the CISG, join OHADA, emulate the CESL or should use any of the other instruments as a model for creating a harmonised sales law for SADC. In conclusion, it is observed that SADC has its own institutional and operational mechanisms that require a process and instrument tailor-made for the unique needs of the region. It is recommended that SADC should create its own common sales law based on the CISG but taking into account lessons learnt from both the OHADA system and the CESL. A number of legislative, institutional and operational transformative and reform mechanisms are recommended to enable the creation of such a community law and ensure its uniform application and interpretation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit word algemeen aanvaar dat regsdiversiteit die ontwikkeling van internasionale en regionale handel kan strem. In 'n geglobaliseerde ekonomie is internasionale handel noodsaaklik vir ekonomiese onwikkeling en die uiteindelike verligting van armoede. Alhoewel die Wêreldhandelsorganisasie reeds belangrike werk doen om handelsbeperkinge te verlig, is daar ook 'n behoefte om, afgesien van tariewe, ook ander nie-tarief beperkinge op internasionale handel aan te spreek. Regsdiversiteit is een van hierdie beperkinge. Geïnstitusionaliseerde regsharmonisering op 'n internasionale vlak het reeds elders die nodige stukrag verleen vir die harmonisering van die reg van toepassing op internasionale handel. Die totstandkoming van regionale ekonomiese gemeenskappe binne die raamwerk van die Wêreldhandelsorganisasie noodsaak egter verdere regsharmonisering ten einde inter-regionale handel te kan bevorder. 'n Aantal streeksgemeenskappe en –organisasies hanteer reeds regsharmonisering as een van hul areas van samewerking op streeksvlak. Hierdie studie fokus op die behoefte om die internasionale koopreg binne die SAOG streek te harmoniseer ten einde oorgrenshandel te fasiliteer. Die studie toon aan dat harmonisering van die koopreg in die SAOG belangrik is ten einde beide inter-regionale asook intra-regionale handel te fasiliteer met die oog op die bevordering van streeksintegrasie, ekonomiese ontwikkeling en die verligting van armoede. Alhoewel die noodsaaklikheid van 'n geharmoniseerde koopreg geïdentifiseer is, is daar nog geen poging aangewend om dit binne die SAOG streek te bewerkstellig nie. Die studie spreek die meganismes aan waardeur harmonisering bereik kan word deur drie modelle wat vir hierdie doeleindes gekies is te ondersoek, naamlik die Internasionale Koopkonvensie (CISG), OHADA en die voorgestelde gemeenskaplike koopreg-regime van die Europese Unie (CESL). Van die kwessies wat aangespreek word is of the SAOG lidlande die Internasionale Koopkonvensie moet aanneem, by OHADA moet aansluit, alternatiewelik die Europese koopreg of enige van die ander instrumente as model gebruik vir die skep van ‟n geharmoniseerde SAOG koopreg. Ten slotte word daarop gewys dat die SAOG sy eie institusionele en operasionele meganismes het wat vereis dat die proses en instrument pas gemaak moet word vir die streek se unieke behoeftes. Dit word aanbeveel dat die SAOG sy eie gemeenskaplike koopreg moet skep wat op die CISG geskoei is, maar wat ook die lesse geleer uit die OHADA en die EU in ag neem. Ten einde so 'n gemeenskapsreg te kan skep en die uniforme toepassing en interpretasie daarvan te verseker, word 'n aantal wetgewende, institusionele en operasionele hervormingsmeganismes aan die hand gedoen.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86618
Date04 1900
CreatorsShumba, Tapiwa
ContributorsCoetzee, J., Ruppel, O. C., Stellenbosch University. Faculty of Law. Dept. of Mercantile Law.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxvi, 336 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds