Return to search

An analysis of the residential user electricity market and the marketing of green electricity product solutions in the City of Cape Town

Thesis (MBA (Business Management)) -- University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie het ’n telefoniese vraelys behels wat aan die einde van 2007 deur
405 respondente voltooi is. Die doel van die vraelys was om die opinies van ’n
verteenwoordigende steekproef Kaapstadse residensiële elektrisiteitsverbruikers te bepaal
ten opsigte van kwessies wat verband hou met die opwekking, verkoop en gebruik van
hernubare of groen elektrisiteit. Dit is gedoen ten einde ’n ingeligte formulering te kan doen
van toepaslike groen elektrisiteitsprodukte vir verkoop aan die residensiële
elektrisiteitsmark. Response is op Likert-skale aangedui en is geanaliseer deur middel van
nie-parametriese statistiese metodologie.
Daar is bevind dat ’n groot proporsie (90.6 persent) van die Kaapstadse verbruikers bewus
is van en besorg is oor die huidige klimaats- en omgewingsuitdagings en dat ’n
soortgelyke proporsie (86.9 persent) bekommerd is oor die gevaar van aardse
verwarming. Daar is ook bevind dat 85.0 persent van respondente gebruik maak van
energiebesparende gloeilampies. Daar kon egter geen beduidende verwantskappe gevind
word tussen die algemeen-aanvaarbare groener tegnologieë en die verbruikers se
bereidheid om meer te betaal vir groen elektrisiteit nie.
Daar is bevind dat 61.7 persent van die respondente bereid sou wees om tot 15.4 persent
as ’n premie te betaal ten einde groen elektrisiteit te koop. Daar is verder bevind dat van
die drie voorgestelde aankoopmetodes, groen notas (green tags) of groen kwitansies vir
voorafbetaalde elektrisiteit die mees praktiese is en waarskynlik die mees algemeen
aanvaar sal word. Verbruikers verkies om elke keer wat hulle elektrisiteit koop die keuse te
kan uitoefen tussen groen elektrisiteit en konvensionele krag en dan is die voorafbetaalde
manier van koop die mees geskikte opsie om die aankoop van groen elektrisiteit te
bestuur.
ENGLISH ABSTRACT: This study comprised of a telephonic questionnaire conducted in late 2007 with 405
respondents. The aim of the questionnaire was to derive the opinions of a representative
sample of Cape Town’s residential electricity consumers on matters relating to the
generation, sale and use of renewable or green electricity. This was done in order to
inform the formulation of appropriate green electricity products for sale into the residential
electricity market. Responses were noted on Likert scales and were analysed using nonparametric
statistical methodology.
It was found that a high proportion (90.6 per cent) of the Capetonian consumers were
concerned about the environment and a similarly highly number (86.9 per cent) are
concerned about the environmental challenges that are currently faced as a result of
global warming. It was found that 85.0 per cent of households in the respondent population
currently make use of energy-saving light bulbs. However no significant links could be
found between the use of generally-accepted greener technologies and the consumers’
willingness to pay more for green electricity.
It was found that 61.7 per cent of the respondents were willing to spend an average of
15.4 per cent more as a premium in order to buy green electricity. It was further found that
of the three purchasing methods suggested that green tags, or green receipts for pre-paid
electricity were the most practical and the most likely to be widely accepted. Consumers
preferred the option of choosing at every purchase whether they opt for green electricity or
conventional power and this would be most easily managed via a pre-paid receipt system.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/927
Date12 1900
CreatorsKritzinger, Brian
ContributorsVolschenk, Jako, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0025 seconds