Text in Afrikaans / Skeidingsangs is 'n angsversteuring by kinders weens die onvermoe om van die
moeder te skei. Skeidingsangs is by die meeste jong kinders 'n realiteit wanneer
hulle van hul moeders geskei word. Die intensiteit van die angservaring van die
kind by skeiding word meestal onderskat.
Skeidingsangs manifesteer by skooltoetrede. Dit is die kind se eerste formele
toetrede tot die leefwereld waar eise aan horn gestel word. Skeidingsangs het
'n negatiewe invloed op die kind se totale leefwereld, sy relasies, skolastiese funksionering
en sosiale verhoudinge.
Vir die doel van hierdie navorsing word daar gefokus op die junior-primere leerling
(Sub A tot Standerd een). Daar is geen differensiasie ten opsigte van geslag
nie. 'n Diagnoseringslys, die idiografiese navorsings- en diagnoseringsmodel en
pedoterapieprogram (Jacobs: 1980, 1981) is gebruik vir diagnose en terapie van
skeidingsangs. Die effektiwiteit en bruikbaarheid van die terapeutiese tegnieke
en riglyne vir die ko-terapeute is empiries getoets vanuit 'n sielkundig opvoedkundige
perspektief. / Separation anxiety is an anxiety disorder in children as a result of their inability to
separate from their mothers. The intensity of the anxiety experience in the child
is generally underestimated.
Separation anxiety manifests itself when the child enters school. This experience
presents in the child's formal entry into the field of experience where personal individual
demands are made. Separation anxiety presents a negative influence on
the total field of experience, his relations to it, encompassing scholastic
functioning and social relationships.
The research is focused on the junior primary pupil (Sub A up to Stan de rd 1).
There is no differentiation regarding sex. A list of diagnosis, the idiographic research
and diagnostic model, and the pedotherapy programme (Jacobs: 1980, ·
1981) are all used, to diagnose separation anxiety and for the treatment of this
condition. The effectiveness and usefulness of these therapeutic techniques and
guidelines for the co-therapists were empirically tested from a psychological educational
point of view. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16928 |
Date | 02 1900 |
Creators | Hefer, Elizabeth |
Contributors | Roets, H. E. (Hester Elizabeth) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xiv, 186 leaves) |
Page generated in 0.002 seconds