Return to search

Aspekte van regsbeheer in die konteks van die Internet / Aspects of legal regulation in the context of the Internet

Die wêreld soos dit vandag bestaan, is gebaseer op die Internasionaalregtelike
konsep van soewereiniteit. State het die bevoegdheid om hulle eie sake
te reël, maar die ontwikkeling van die Internet as ’n netwerk wat globaal
verspreid is, het hierdie beginsel verontagsaam. Dit wou voorkom asof die
Internet die einde van soewereiniteit en staatskap sou beteken.
’n Geskiedkundige oorsig toon dat reguleerders aanvanklik onseker was
oor hoe hierdie nuwe medium hanteer moes word. Dit het geblyk dat nuwe
tegnologieë wat fragmentasie van die Internet bewerkstellig, gebruik kon
word om staatsgebonde regsreëls af te dwing. Verskeie state van die wêreld
het uiteenlopende metodologieë gevolg om die Internet op staatsvlak te
probeer reguleer, en dit het tot die lukraak-wyse waarop die Internet tans
gereguleer word, aanleiding gegee.
Hierdie studie bespreek verskeie aspekte van regsbeheer in die konteks
van die Internet, en bepaal daardeur hoe die Internet tans gereguleer word.
Toepaslike wetgewing van verskeie state word regdeur die studie bespreek.
Vier prominente state, wat verskeie belangrike ingrepe ten aansien van
Internetregulering gemaak het, word verder uitgelig. Dit is die Verenigde
State van Amerika, die Volksrepubliek van Sjina, die Europese Unie as
verteenwoordiger van Europese state, en Suid-Afrika. Aspekte wat op
Internasionaalregtelike vlak aangespreek moet word, soos internasionale
organisasies en internasionale regsteorieë ten aansien van die regulering
van die Internet, word ook onder die loep geneem.
Die bevindings wat uit die studie volg, word gebruik om verskeie
aanbevelings te maak, en die aanbevelings word uiteindelik in ’n nuwe
model saamgevoegom’n sinvoller wyse van regulering van die Internet voor
te stel.
Aangesien die huidige studie in die konteks van die Internasionale
reg onderneem word, word die studie afgesluit met ’n bespreking van
kubersoewereiniteit, wat ’n uiteensetting is van hoe soewereiniteit ten
aansien van die Internet toegepas behoort te word. Die gevolgtrekking is
insiggewend — die ontwikkeling van die Internet het nie die einde van
soewereiniteit beteken nie, maar het dit juis bevestig. / The world is currently structured in different states, and this is premised
on the International law concept of sovereignty. States have the capacity
to structure their own affairs, but the development of the Internet as a
globally distributed network has violated this principle. It would seem that
the development of the Internet would mean the end of sovereignty and
statehood.
A historical overview shows that regulators were initially unsure of how
this new medium should be dealt with. It appeared that new technologies
that could fragment the Internet, could be used to enforce state bound
law. Several states of the world have used different methodologies trying to
regulate the Internet at state level, and this led to the random way in which
the Internet is currently regulated.
This study examines various aspects of legal regulation in the context
of the Internet, and determines how the Internet is currently regulated.
Appropriate legislation of several states are discussed throughout the
study. Four prominent states, which made several important interventions
regarding the regulation of the Internet, are highlighted further. It is the
United States, the People’s Republic of China, the European Union as the
representative of European countries, and South Africa. Aspects that need to
be addressed on International law level, such as international organizations
and international legal theories regarding the regulation of the Internet, are
also discussed.
The findings that follow from this study are used to make several
recommendations, which in turn are used to construct a new model for a
more meaningful way in which the Internet could be regulated.
Since the present study is undertaken in the context of the International
law, the study is concluded with a discussion of cyber sovereignty, which
is a discussion of how sovereignty should be applied with regards to the
Internet. The conclusion is enlightening—the development of the Internet
does not indicate the end of sovereignty, but rather confirms it. / Criminal and Procedural Law / LLD

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/21929
Date06 1900
CreatorsGordon, Barrie James
ContributorsNel, Susanna Sophia
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xix, 570 pages)

Page generated in 0.003 seconds