Return to search

Remedies van 'n versekeraar in geval van wanvoorstelling en waarborgbreuk deur 'n versekerde

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / In die skripsie word gekyk na die remedies van 'n versekeraar by
wanvoorstelling (nie-openbaring) en waarborgbreuk deur 'n versekerde
en veral die beperking van die versekeraar se kansellasiereg.
Die klem sal egter val op die remedies by waarborgbreuk
omdat versekeraars veel meer daarop steun.
Die volgende voorstelle word gemaak. 'n Kansellasiereg behoort
in die geval van wanvoorstelling (nie-openbaring) nie verleen te
word as die versekeraar nogtans, met kennis van die ware feite,
sou kontrakteer nie. By verbreking van bevestigende waarborge
behoort 'n kansellasiereg toegestaan te word as die waarborgbreuk
die betrokke versekeraar se berekening van die risiko redelikerwys
geraak het maar nie as die versekeraar nogtans sou kontrakteer
nie. By voortdurende waarborge behoort kansellasie beskikbaar
te wees as die waarborgbreuk die skade redelikerwys veroorsaak
het. 'n Skadevergoedingseis behoort beskikbaar te wees waar
'n versekeraar nie kan of wil kanselleer nie. / The remedies of an insurer, in the event of misrepresentation
(non-disclosure) and breach of warranty by an insured are
discussed, particularly limiting the insurer's right to cancel.
The emphasis is on the remedies applicable to breach of warranty
because insurers use these more frequently.
The following solutions are suggested. An insurer should not be
allowed to cancel in the event of misrepresentation (nondisclosure)
if it would still have concluded the contract,
knowing the truth. In the event of affirmative warranties a
right to cancel should be available if breach of warranty
reasonably affected the particular insurer's assessment of the
risk, but not if the contract would still have been concluded.
In the event of promissory warranties, cancellation should only
be available if breach of warranty reasonably caused the loss.
A claim for damages should be available if an insurer can not or
does not wish to cancel. / Private Law / LL.M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17820
Date11 1900
CreatorsVisser, Hendrik Matthys Pieter
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (iii, 78 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds