• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)

Calitz, Margaretha January 2013 (has links)
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is een van die deeglikste nagevorste opvoedkundig-sielkundige versteurings. Dit is ook een van die versteurings waarvan die voorkoms drasties vermeerder het oor die laaste drie dekades, met ʼn voorkoms by skoolkinders van 3 tot 17%. Dit kom ook by volwassenes voor. Stimulantmedikasie word algemeen in die behandeling van ATHV voorgeskryf. Ander algemene behandelingsmodaliteite sluit onder andere gedragsterapie, dieët aanpassings en arbeidsterapie in. Oefening as hulpmiddel in die bestuur van ATHV, word goed in die literatuur beskryf, maar word ten spyte hiervan nie algemeen voorgeskryf in die behandeling van ATHV nie. Die primêre doel van die studie was om die rol wat die biokinetikus as oefenkundige te speel het in die bestuur van ATHV, te ondersoek. Die hipotese was dat ATHV-pasiënte wat deelneem aan ʼn oefenprogram onder leiding van ʼn biokinetikus, ʼn verbetering sal toon in akademiese prestasie en gedrag. Die verband tussen ATHV-simptome, aërobiese fiksheid, soepelheid, liggaamsamestelling en balans is ook ondersoek. Deur middel van ʼn meervuldige gevallestudieontwerp is die rol van die biokinetikus in dié verband ondersoek. ʼn Gemengde benadering, met kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe elemente, is gebruik ten einde ʼn ryk en omvattende studie te kon doen. Riglyne vir die assessering van ATHV-pasiënte, asook beste oefenpraktyke, is uit die literatuur afgelei. Vyf deelnemers het vir ʼn tydperk van twee tot drie skoolkwartale aan die studie deelgeneem. Die intervensie het bestaan uit ʼn oefenprogram van ongeveer 30 minute per dag, vyf dae per week. Al die deelnemers is vooraf, asook tydens en na die studie getoets aan die hand van die volgende: Liggaamsamestelling, aërobiese fiksheid, soepelheid en balans. Onderhoude met onderwyseresse en ouers, skoolrapporte en vraelyste is verder gebruik om inligting in te samel. Deelnemers het ook narratiewe verslae gelewer oor die belewenis van hulle deelname. Die resultate van hierdie studie het die hipotese ondersteun. Die deelnemers het verbeterings ten opsigte van akademiese prestasie en gedrag getoon. Hulle aërobiese kapasiteit, liggaamsamestelling, soepelheid en balans het ook verbeter en die verband tussen die onderskeie parameters en die ATHVsimptome van elke deelnemer, is aangetoon en individueel bespreek. ʼn Gedeelde sorgooreenkomsmodel is ontwikkel om die rol van die biokinetikus duidelik aan te dui. ʼn Evaluasieprotokol vir gebruik deur biokinetici is ontwikkel en riglyne vir programontwerp vir die ATHV-pasiënt is saamgestel. Die gevolgtrekking van die studie is dat die biokinetikus ʼn besliste rol te speel het in die bestuur van ATHV. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Biokinetics, Sport and Leisure Sciences / unrestricted

Page generated in 0.0779 seconds