Spelling suggestions: "subject:"biokinetika"" "subject:"biokinetik""
1 |
Biokinetic rehabilitation of scoliosis subjectsGrobler, Dan 06 December 2011 (has links)
Of back problems experienced in adolescence, scoliosis is the most frequent (Bradford et al, 1987; Lancard-Dusek et al, 1991). Several studies have been conducted to determine the effect of exercise on back pain. The results indicated that certain regimes are more successful than others. The purpose of this study was to determine wether a corrective exercise programme, which was intensively and aggressively applied, will have a positive effect on adolescent scoliosis subjects. The subjects were divided, randomly, into a control and rehabilitation group. The rehabilitation group followed an eight week programme comprising 24 sessions. Both groups were evaluated at session zero (0) and session twenty four (24). A t-test for homogeneity was done at day zero, between the two groups for the variables V3 to V8. The results indicated homogeneity (P>0-05). A paired t-test was done for group one; indicating that there was a meaningful difference in all the variables; except for standing height (P>0*05). For group two the test indicates a meaningful difference for degrees, standing height and lateral flexion. A t-test at day 24 indicated a meaningful difference for degrees and lateral flexion. This indicates that the group which had followed the programme had improved whilst the control group had deteriorated. AFRIKAANS : Van die rug probleme ondervind by jeugdiges,, is skoliose die mees veelvuldig (Bradford et al, 1987; Lancas-Dusek et al, 1991). Verskeie studies is reeds gedoen wat die effek van oefening op die rug evalueer. Die resultate dui aan dat van die programme meer suksesvol is as ander. Die doel van die studie was om te bepaal of 'n korrektiewe oefenings program, wat intensief en aggresief toegepas is, 'n positiewe effek op geringe ado1essent skoliose individue sal hê. Die individue was willekeurig ingedeel in 'n kontrole en 'n rehabilitasie groep. Die rehabilitasie groep het 'n agt weke program gevolg van 24 sessies. Beide groepe was tydens sessie nul en sessie 24 ge-evalueer. 'n Toets vir homogeniteit was gedoen by dag nul, tussen die twee groepe, vir die veranderlikes V3 tat V8. Die resultate was homogeen (p>0-05). 'n Gepaarde t-toets vir groep een het aangedui dat daar 'n betekenisvolle verskil vir al die verander1ikes was; behalwe staande 1engte (p>0-05). Vir groep twee was daar 'n betekenisvolle verskil in grade, staande lengte en laterale fleksie. 'n T-toets op dag 24 het 'n betekenisvolle verskil vir laterale fleksie aangedui. Dit dui aan dat die groep wat die program gevolg het verbeter het, terwyl die kontrole groep agteruit gegaan het. Copyright / Dissertation (MA (MHS))--University of Pretoria, 2011. / Arts, Languages and Human Movement Studies Education / unrestricted
|
2 |
Die rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)Calitz, Margaretha January 2013 (has links)
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is een van die deeglikste
nagevorste opvoedkundig-sielkundige versteurings. Dit is ook een van die
versteurings waarvan die voorkoms drasties vermeerder het oor die laaste
drie dekades, met ʼn voorkoms by skoolkinders van 3 tot 17%. Dit kom ook by
volwassenes voor.
Stimulantmedikasie word algemeen in die behandeling van ATHV
voorgeskryf. Ander algemene behandelingsmodaliteite sluit onder andere
gedragsterapie, dieët aanpassings en arbeidsterapie in.
Oefening as hulpmiddel in die bestuur van ATHV, word goed in die literatuur
beskryf, maar word ten spyte hiervan nie algemeen voorgeskryf in die
behandeling van ATHV nie. Die primêre doel van die studie was om die rol
wat die biokinetikus as oefenkundige te speel het in die bestuur van ATHV, te
ondersoek. Die hipotese was dat ATHV-pasiënte wat deelneem aan ʼn
oefenprogram onder leiding van ʼn biokinetikus, ʼn verbetering sal toon in
akademiese prestasie en gedrag. Die verband tussen ATHV-simptome,
aërobiese fiksheid, soepelheid, liggaamsamestelling en balans is ook
ondersoek.
Deur middel van ʼn meervuldige gevallestudieontwerp is die rol van die
biokinetikus in dié verband ondersoek. ʼn Gemengde benadering, met
kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe elemente, is gebruik ten einde ʼn ryk en
omvattende studie te kon doen.
Riglyne vir die assessering van ATHV-pasiënte, asook beste oefenpraktyke,
is uit die literatuur afgelei.
Vyf deelnemers het vir ʼn tydperk van twee tot drie skoolkwartale aan die
studie deelgeneem. Die intervensie het bestaan uit ʼn oefenprogram van
ongeveer 30 minute per dag, vyf dae per week.
Al die deelnemers is vooraf, asook tydens en na die studie getoets aan die
hand van die volgende: Liggaamsamestelling, aërobiese fiksheid, soepelheid
en balans. Onderhoude met onderwyseresse en ouers, skoolrapporte en
vraelyste is verder gebruik om inligting in te samel. Deelnemers het ook
narratiewe verslae gelewer oor die belewenis van hulle deelname.
Die resultate van hierdie studie het die hipotese ondersteun. Die deelnemers
het verbeterings ten opsigte van akademiese prestasie en gedrag getoon.
Hulle aërobiese kapasiteit, liggaamsamestelling, soepelheid en balans het
ook verbeter en die verband tussen die onderskeie parameters en die ATHVsimptome
van elke deelnemer, is aangetoon en individueel bespreek. ʼn
Gedeelde sorgooreenkomsmodel is ontwikkel om die rol van die biokinetikus
duidelik aan te dui. ʼn Evaluasieprotokol vir gebruik deur biokinetici is
ontwikkel en riglyne vir programontwerp vir die ATHV-pasiënt is saamgestel.
Die gevolgtrekking van die studie is dat die biokinetikus ʼn besliste rol te speel
het in die bestuur van ATHV. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Biokinetics, Sport and Leisure Sciences / unrestricted
|
Page generated in 0.0504 seconds