• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 10
  • 2
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 17
  • 17
  • 13
  • 11
  • 10
  • 8
  • 8
  • 5
  • 5
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Konsep volksmoeder soos dit in die Afrikaanse drama neerslag vind

Jacobs, Martha Christina 07 September 2009 (has links)
The central problem in this dissertation entails how the concept volksmoeder (mother of the nation) gradually developed to secure a place in the Afrikaans drama. Chapter 1 determines the hypothesis of this dissertation. Chapter 2 focusses on the volksmoeder characteristics. The conclusion reached in Chapter 2 is that Maria in Langenhoven’s Die vrou van Suid-Afrika (1918) reveals similarities and contrasts with female characters in Dutch plays. Chapter 3 ascertains that characteristics of female personages as mothers of the nation determine their positions in patriarch/volksmoeder relationships in W.A. de Klerk’s Die jaar van die vuur-os (1952). Different types of volksmoeder appear in the above-mentioned farm play and in H.A. Fagan’s Ousus (1934). Chapters 4 and 5 identify how the present day volksmoeder in recent plaasdramas such as Deon Opperman’s Donkerland (1996), André P. Brink’s Die jogger (1997), Ek, Anna van Wyk (1986) and Die koggelaar (1988) by Pieter Fourie, indicate a further development in the concepts patriarch and volksmoeder. In the latter’s Koggelmanderman (2003) the man and woman are removed from the idea of gender. / Die sentrale probleem in die verhandeling behels hoe die konsep volksmoeder met verloop van tyd in die Afrikaanse drama neerslag gevind het. Hoofstuk 1 bepaal die hipoteses van die verhandeling. Hoofstuk 2 fokus op die kenmerke van die volksmoeder. Die gevolgtrekking in hoofstuk 2 is dat Maria in Langenhoven se Die vrou van Suid-Afrika (1918) ooreenstem en kontrasteer met Nederlandse vrouefigure. Hoofstuk 3 stel vas dat vrouefigure se kenmerke as volksmoeders hul posisie binne die patriarg/volksmoederverhouding in W.A. de Klerk se Die jaar van die vuur-os (1952) bepaal. Verskillende soorte volksmoeder -verskyn in bogenoemde plaasdrama en in H.A. Fagan se Ousus (1934). Hoofstukke 4 en 5 identifiseer hoe hedendaagse volksmoeders in nuwe plaasdramas, soos Deon Opperman se Donkerland (1996), Andre P. Brink se Die jogger (1997), Ek, Anna van Wyk (1986) en Die koggelaar (1988) van Pieter Fourie, verder binne die patriarg/volksmoederverhouding ontwikkel. In laasgenoemde se Koggelmanderman (2003) beweeg die man en vrou weg van die konsepte patriarg en volksmoeder. / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
12

Konsep volksmoeder soos dit in die Afrikaanse drama neerslag vind

Jacobs, Martha Christina 07 September 2009 (has links)
The central problem in this dissertation entails how the concept volksmoeder (mother of the nation) gradually developed to secure a place in the Afrikaans drama. Chapter 1 determines the hypothesis of this dissertation. Chapter 2 focusses on the volksmoeder characteristics. The conclusion reached in Chapter 2 is that Maria in Langenhoven’s Die vrou van Suid-Afrika (1918) reveals similarities and contrasts with female characters in Dutch plays. Chapter 3 ascertains that characteristics of female personages as mothers of the nation determine their positions in patriarch/volksmoeder relationships in W.A. de Klerk’s Die jaar van die vuur-os (1952). Different types of volksmoeder appear in the above-mentioned farm play and in H.A. Fagan’s Ousus (1934). Chapters 4 and 5 identify how the present day volksmoeder in recent plaasdramas such as Deon Opperman’s Donkerland (1996), André P. Brink’s Die jogger (1997), Ek, Anna van Wyk (1986) and Die koggelaar (1988) by Pieter Fourie, indicate a further development in the concepts patriarch and volksmoeder. In the latter’s Koggelmanderman (2003) the man and woman are removed from the idea of gender. / Die sentrale probleem in die verhandeling behels hoe die konsep volksmoeder met verloop van tyd in die Afrikaanse drama neerslag gevind het. Hoofstuk 1 bepaal die hipoteses van die verhandeling. Hoofstuk 2 fokus op die kenmerke van die volksmoeder. Die gevolgtrekking in hoofstuk 2 is dat Maria in Langenhoven se Die vrou van Suid-Afrika (1918) ooreenstem en kontrasteer met Nederlandse vrouefigure. Hoofstuk 3 stel vas dat vrouefigure se kenmerke as volksmoeders hul posisie binne die patriarg/volksmoederverhouding in W.A. de Klerk se Die jaar van die vuur-os (1952) bepaal. Verskillende soorte volksmoeder -verskyn in bogenoemde plaasdrama en in H.A. Fagan se Ousus (1934). Hoofstukke 4 en 5 identifiseer hoe hedendaagse volksmoeders in nuwe plaasdramas, soos Deon Opperman se Donkerland (1996), Andre P. Brink se Die jogger (1997), Ek, Anna van Wyk (1986) en Die koggelaar (1988) van Pieter Fourie, verder binne die patriarg/volksmoederverhouding ontwikkel. In laasgenoemde se Koggelmanderman (2003) beweeg die man en vrou weg van die konsepte patriarg en volksmoeder. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
13

Breytenbach by die Afrikaanse kunstefeeste : karnaval en ritueel in sy dramatiese oeuvre

Van der Vyver, Louïne Marilize 31 January 2007 (has links)
This study examines carnival and ritual in Breyten Breytenbach's dramatic oeuvre and focuses on his Afrikaans drama texts Boklied (1998) and Die toneelstuk (2001). Seeing that these dramas had their debut performances at the Afrikaans national arts festival, the Afrikaans festival phenomenon, as well as Breytenbach's texts will be discussed as framed Events, within a carnival environment, as defined and described by Russian philosopher Bakhtin. The study evolves around three critical questions: 1. How does Bakhtin define the term "carnival" and could Afrikaans national arts festvals be seen as platforms for carnavalesque expression? 2. How does Professor Temple Hauptfleisch define an Event and why can the Afrikaans national arts festivals, as well as the drama texts under discussion, be seen as such Events? 3. How does Breyten Breytenbach's texts link up with Bakhtin's carnival theory and the ritual nature of the Dionysos festivals? / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
14

Die invloed van die Plautiniese klug op die moderne klug

Ponelis, Karlien 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The present thesis deals with the impact of the ancient Greek farce on modem literature with specific reference to the play Kinkels innie Kabel (1971) by the contemporary Afrikaans author André P. Brink. This play is loosely based on Shakespeare's The Comedy of Errors, which in tum derives from Plautus' Menaechmi. Brink's play thus resonates with an entire European tradition. The relationship between the modem and the ancient farce is studied with reference to the concept of comedy. Comic effects, the difference between comedy and tragedy in respect of the handling of vital issues and the comic vision of the playwright are all taken into account. The analysis of the development of Athenian Old Comedy to the Roman Comedy refers to the contribution of Plautus and Terence to the continuation and revitalisation of Greek New Comedy. A comparison of these two playwrights reveals the characteristics of the farce and the difference between farce and comedy. The modem relevance of the farce is studied on the basis of Brink's text. For this purpose Plautus' original plot, the Shakespearian version and Brink's rendition are discussed and compared. On the basis of the similarities and differences in plot, caricaturisation, misidentifications, politics, fantasy, coincidence, irony, farcical violence, mechanical structure, temporal structure and linguistic register, the influence of the ancient farce on its modem counterpart is demonstrated. In addition to farce, Brink employs the classical devices of satire and parody to drive home his (political) message. Finally it is shown that the farcical in Plautus, Shakespeare and Brink serves a significant and serious thematic purpose. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling handel oor die impak van 'n antieke Griekse komedievorm, die klug, op moderne werke en denke. A.P. Brink se verhoogstuk Kinkels innie Kabel (1971) is 'n vrye verwerking van William Shakespeare se The Comedy of Errors. Laasgenoemde werk is weer op sy beurt gebaseer op Plautus se Menaechmi. In sy verwerking van Plautus en Shakespeare laat A.P. Brink die hele Europese tradisie deurklink. Die verhouding tussen die moderne klug en die antieke klug word bestudeer deur te fokus op die term komedie: die verhouding daarvan met lag en hoe die komedie van die tragedie verskil ten opsigte van die hantering van lewensproblematiek en komiese visie van die komedieskrywer, maak deel uit van hierdie bespreking. Die komedie se herkoms en ontwikkeling vanaf die Ou Komedie tot die Romeinse Komedie, val ook onder die soeklig. In aansluiting hiermee word Plautus en Terentius bespreek as twee komedieskrywers wat 'n rol gespeel het in die oorlewering en verlewendiging van die Griekse Nuwe Komedie. Hierdie twee skrywers word ook met mekaar vergelyk sodat die eienskappe van die klug geïllustreer word, en hoe dit in wese verskil van komedie. Die relevansie van die klug in moderne denke word bestudeer aan die hand van Brink se teks. In hierdie verband word daar 'n uiteensetting gegee van die oorspronklike Plautiniese verhaal, die Shakespeariaanse weergawe en die Brinkiaanse teks. Aan die hand van die ooreenkomste en verskille in intrige, karikaturisering, identiteitsvergissings, politiek, die fantasie-element, toeval, ironie, klugtige geweld, die meganiese struktuur, die tydstruktuur en taalregister word die invloed van die antieke klug op die moderne klug geïllustreer. Benewens die klug word Brink se werk ook verder beïnvloed deur twee klassieke middele, met name satire en parodie. Hiermee bring Brink sy (politieke) boodskap tuis. Ten slotte word die dieperliggende temas in Plautus, Shakespeare en Brink se werk bespreek deur aan te toon dat die werk nie net om die klugtige gaan nie, maar ook die meer ernstige.
15

Breytenbach by die Afrikaanse kunstefeeste : karnaval en ritueel in sy dramatiese oeuvre

Van der Vyver, Louïne Marilize 31 January 2007 (has links)
This study examines carnival and ritual in Breyten Breytenbach's dramatic oeuvre and focuses on his Afrikaans drama texts Boklied (1998) and Die toneelstuk (2001). Seeing that these dramas had their debut performances at the Afrikaans national arts festival, the Afrikaans festival phenomenon, as well as Breytenbach's texts will be discussed as framed Events, within a carnival environment, as defined and described by Russian philosopher Bakhtin. The study evolves around three critical questions: 1. How does Bakhtin define the term "carnival" and could Afrikaans national arts festvals be seen as platforms for carnavalesque expression? 2. How does Professor Temple Hauptfleisch define an Event and why can the Afrikaans national arts festivals, as well as the drama texts under discussion, be seen as such Events? 3. How does Breyten Breytenbach's texts link up with Bakhtin's carnival theory and the ritual nature of the Dionysos festivals? / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
16

Verset in dramas deur Deon Opperman : Donkerland, Kruispad, Ons vir jou en Kaburu / Revolt in plays by Deon Opperman : Donkerland, Kruispad, Ons vir jou en Kaburu

Welgemoed, Leana 17 January 2014 (has links)
Die verhandeling ondersoek die wyse waarop Deon Opperman die versetmotief in sy Afrikanerdramas uitbeeld en vernuwe om die veranderende sosiale omgewing te weerspieël. Hoofstuk 1 verskaf ‘n oorsig oor verset as leefwyse en motief in die Afrikaanse drama. Hoofstuk 2 bied ‘n teoretiese ondersoek van The theatre of revolt (Brustein 1991), ’n bespreking van begrippe soos herskrywing, multikulturalisme, moderne diaspora en globalisasie sowel as ‘n kontekstuele studie van Deon Opperman se Afrikaanse oeuvre. Hoofstuk 3 (Donkerland) fokus op verset binne ‘n postkoloniale herskrywing van die Afrikanergeskiedenis. Hoofstuk 4 (Kruispad en Ons vir jou) sentreer rondom sosiale verset binne ‘n multikulturele omgewing, terwyl hoofstuk 5 Kaburu as weerkaatsende teks en die aktuele kwessie van die moderne diaspora as versetreaksie aanspreek. Die verhandeling kom tot die slotsom dat Opperman versetteater gebruik om kommentaar op aktuele probleme te lewer en om terselfdertyd‘n boodskap van transformasie oor te dra. / The dissertation examines how Deon Opperman portrays and regenerates the revolt motif in his Afrikaner dramas, in order to reflect the changing social environment. Chapter 1 provides an overview of revolt as lifestyle and as motif in Afrikaans drama. Chapter 2 offers a theoretical examination of The theatre of revolt (Brustein 1991), a discussion of concepts such as rewriting, multiculturalism, modern diaspora and globalization, as well as a contextual study of Deon Opperman’s Afrikaans oeuvre. Chapter 3 (Donkerland) focuses on revolt within the postcolonial rewriting of Afrikaner history. Chapter 4 (Kruispad and Ons vir jou) deals with social revolt within a multicultural milieu, whereas chapter 5 discusses Kaburu as a reflecting text and addresses the issue of the modern diaspora as a reaction to political transition. The dissertation reaches the conclusion that Opperman is using South African theatre as a platform for revolt as well as for transformation. / Afrikaans & theory of Literature / MA (Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap)
17

Verset in dramas deur Deon Opperman : Donkerland, Kruispad, Ons vir jou en Kaburu / Revolt in plays by Deon Opperman : Donkerland, Kruispad, Ons vir jou en Kaburu

Welgemoed, Leana 04 1900 (has links)
Die verhandeling ondersoek die wyse waarop Deon Opperman die versetmotief in sy Afrikanerdramas uitbeeld en vernuwe om die veranderende sosiale omgewing te weerspieël. Hoofstuk 1 verskaf ‘n oorsig oor verset as leefwyse en motief in die Afrikaanse drama. Hoofstuk 2 bied ‘n teoretiese ondersoek van The theatre of revolt (Brustein 1991), ’n bespreking van begrippe soos herskrywing, multikulturalisme, moderne diaspora en globalisasie sowel as ‘n kontekstuele studie van Deon Opperman se Afrikaanse oeuvre. Hoofstuk 3 (Donkerland) fokus op verset binne ‘n postkoloniale herskrywing van die Afrikanergeskiedenis. Hoofstuk 4 (Kruispad en Ons vir jou) sentreer rondom sosiale verset binne ‘n multikulturele omgewing, terwyl hoofstuk 5 Kaburu as weerkaatsende teks en die aktuele kwessie van die moderne diaspora as versetreaksie aanspreek. Die verhandeling kom tot die slotsom dat Opperman versetteater gebruik om kommentaar op aktuele probleme te lewer en om terselfdertyd‘n boodskap van transformasie oor te dra. / The dissertation examines how Deon Opperman portrays and regenerates the revolt motif in his Afrikaner dramas, in order to reflect the changing social environment. Chapter 1 provides an overview of revolt as lifestyle and as motif in Afrikaans drama. Chapter 2 offers a theoretical examination of The theatre of revolt (Brustein 1991), a discussion of concepts such as rewriting, multiculturalism, modern diaspora and globalization, as well as a contextual study of Deon Opperman’s Afrikaans oeuvre. Chapter 3 (Donkerland) focuses on revolt within the postcolonial rewriting of Afrikaner history. Chapter 4 (Kruispad and Ons vir jou) deals with social revolt within a multicultural milieu, whereas chapter 5 discusses Kaburu as a reflecting text and addresses the issue of the modern diaspora as a reaction to political transition. The dissertation reaches the conclusion that Opperman is using South African theatre as a platform for revolt as well as for transformation. / Afrikaans and theory of Literature / M. A. (Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap)

Page generated in 0.0664 seconds