141 |
N-shares versus ordinary sharesVan der Vyver, Anton Hendrik 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The mini study project attempted to answer questions relating to the relationship
between N-ordinary shares (N-shares) and ordinary shares of the same company.
Questions relating to the movement in share prices of the two types of shares were
formulated.
Various statistical data was used to compare the two types of shares. The study
identified sixteen (16) N-share listed companies as at 12 July 2002. The results indicate
that the N-shares, compared to the ordinary shares, trade at a considerable discount.
Certain N- shares, on the other hand, trade at almost no discount.
It was concluded that when control in a specific company is not an issue and the
N-shares trade at a discount of more than three percent (3%) to the ordinary shares, the
N-shares should be bought. The choice is between the two types of shares and not
whether one should invest in the specific company or not. The discount should however
be more than the cost of transferring from one share to another. The cost of the transfer
was taken as three percent (3%) of cost. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die mini werkstuk probeer om die vrae rondom N-gewone aandele (N-aandele) en
gewone aandele van dieselfde maatskappy te beantwoord. Vrae oor die beweging van
aandeelpryse van die twee tipe aandele is saamgestel.
Verskeie statistiese data is gebruik om die twee tipe aandele te vergelyk. Die werkstuk
het sestien (16) N-aandeel genoteerde maatskappye soos op 12 Julie 2002 geïdentifiseer.
Die resultate wys dat N-aandele in vergelyking met gewone aandele teen 'n aansienlike
diskonto verhandel. Sekere N-aandele, aan die anderkant, verhandel teen feitlik geen
diskonto nie.
Daar is tot die slotsom gekom dat indien beheer van 'n spesifieke maatskappy nie 'n
voorvereiste is nie en dat die N-aandele teen 'n diskonto van meer as drie persent (3%)
verhandel, die N-aandele gekoop moet word. Die keuse is tussen twee tipe aandele en
nie of daar in die spesifieke maatskappy belê moet word of nie. Die diskonto moet egter
meer wees as die koste van die omskakeling van die een aandeel na die ander. Die
omskakelingskoste is geraam teen drie persent (3%) van koste.
|
142 |
Privatisation in Africa : a case for BotswanaMamelodi, Anastasia Nkhumo 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: In many countries privatisation has been embraced as an economic policy that
serves almost as a panacea for many economic problems. In general the
rationale is assumed to be that of welfare improvement. It is also expected to
improve governments' macroeconomic position because state enterprises are
frequently loss making and hence receivers of government funds. Privatisation is
also perceived to contribute to the development of weak or non-existent capital
markets to enhance domestic savings mobilization.
Africa's investment climate and potential for economic growth have improved
remarkably and although Africa accounts for only a small fraction of worldwide
privatisation activities, privatisation is on the increase as more governments
realize that the old ways of state ownership have failed to deliver the goods.
Hardly any African country does not have some sort of privatisation in the
pipeline. Botswana, which is the main focus of this paper, launched its
privatisation programme in 1998, when the Cabinet adopted the privatisation
policy.
Privatisation has also been triggered by the increasing globalization of the world
economy. Rapid growth in international trade and investment has made
competitiveness in international trade an essential factor in a nation's ability to
create jobs, raise real wages and generate wealth. For many African countries,
privatisation has become the only effective method of raising investment capital
on favourable terms. High levels of past public sector borrowing have burdened
many nations with large levels of debt.
Although privatisation efforts differ substantially from country to country, there is
a strong common economic rationale underlying the various decisions to privatise. African countries privatise for solutions to immediate financial,
economic or political crises and due to the demands of International Donor
Agencies, such as the World Bank and the International Monetary Fund.
Privatisation in Botswana is different in the sense that it has come from the
desire to improve efficiency in the delivery of services, promote competition and
increase productivity of enterprises.
Advocates of globalization promote the efficiencies of speed and technology and
the benefits of privatisation as the best approach to economic development,
based on an assumption that it is better for all nations to have a well-connected
international network to achieve goals of economic development. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In baie lande word privatisering as 'n ekonomiese beleid aangegryp as 'n
wondermiddel vir talle ekonomiese probleme. Oor die algemeen word
aangeneem dat die grondrede hiervoor die verbetering van welsyn is. Daar word
ook verwag dat dit die regering se makro-ekonomiese posisie sal verbeter,
aangesien staatsondernemings dikwels verliese ly en dus ontvangers van
staatsfondse is. Privatisering dra klaarblyklik ook by tot die ontwikkeling van
swak of nie-bestaande kapitaalmarkte ten einde plaaslike spaarpogings aan te
moedig.
Afrika se beleggingsklimaat en potensiaal vir ekonomiese groei het merkwaardig
verbeter en alhoewel Afrika vir slegs 'n geringe gedeelte van wêreldwye
privatiseringsaktiwiteite verantwoordelik is, is privatisering aan die toeneem
namate regerings besef dat die ou stelsel van staatseienaarskap nie suksesvol is
nie. Byna alle Afrikalande het een of ander vorm van privatisering aan die kom.
Botswana, wat die hooffokus van hierdie studieprojek is, het in 1998 sy
privatiseringsprogramme van stapel gestuur toe die Kabinet die
privatiseringsbeleid goedgekeur het.
Privatisering word ook aangehelp deur die toenemende globalisering van die
wêreldekonomie. Snelle groei in internasionale handel en investering maak
mededingendheid in internasionale handel 'n noodsaaklike faktor in 'n land se vermoë om werk te skep, reële lone te verhoog en welvaart te genereer. Vir baie
Afrikalande het privatisering die enigste doeltreffende manier geword om
beleggingkapitaal op gunstige voorwaardes te verkry. As gevolg van hoë vlakke
van openbaresektorlenings in die verlede sit talle nasies opgesaal met groot
skuldvlakke.
Alhoewel privatiseringspogings aansienlik van land tot land verskil, is daar 'n
sterk onderliggende gemeenskaplike ekonomiese grondrede vir die onderskeie
besluite om te privatiseer. Afrikalande privatiseer as 'n oplossing vir onmiddellike
finansiële, ekonomiese of politieke krisisse en weens die eise van internasionale
skenkerorganisasies soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre
Fonds. Privatisering in Botswana verskil in dié opsig dat dit spruit uit die
behoefte om doeltreffendheid te verbeter in die lewering van dienste,
mededinging aan te moedig en die produktiwiteit van ondernemings te verhoog.
Voorstanders van globalisering ondersteun die doeltreffendheid van spoed en
tegnologie en die voordele van privatisering as die beste benadering vir
ekonomiese ontwikkeling, gegrond op die aanname dat dit vir alle nasies beter is
om 'n effektiewe internasionale netwerk te hê om doelwitte van ekonomiese
ontwikkeling te bereik.
|
143 |
The strategic impact of outsourcing as applied to a facilities management companyArendse, Sedick 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This study project focuses on the relevance of outsourcing in the facilities management industry,
and will be conducted in the field of facilities management, for it is closely related to outsourcing
and business process outsourcing.
The primary aim of this study is to review and summarise some of the more important literature
on outsourcing, published in various sources during the past decade. Similar literature related to
facilities management will also be studied in order to relate the most generic articles on
outsourcing to the field of facilities management. A number of general conclusions will be drawn
on the basis of similarities encountered in the various published works.
The research is divided into the following sections:
• An introduction, explaining the various forms of outsourcing and the relationship between
outsourcing and facilities management.
• The definition of facilities management. This entails a description of facilities management,
typical facilities services and the facilities management company structure. The international
facilities management market is also discussed together with facilities management decisions.
• The definition of outsourcing, to enable the reader to comprehend this research report. The
different types of outsourcing, business processes outsourcing and the shared-services
methodology is explained. Drivers of the outsourcing process are identified and supported
with comments from top executives.
• The strategic impact of outsourcing is outlined, identifying the market value of outsourcing,
defining core competencies, establishing core and non-core activities and investigating the
formulation and implementation of a successful outsourcing strategy.
• Approaches to outsourcing are then investigated. This involves establishing an outsourcing
context, selection of service providers, managing an outsourcing relationship, building
strategic alliances and the South African legislation impacting on outsourcing, together with
advantages and disadvantages of outsourcing.
• The Sanlam LTD (Pty) case study captures the outsourcing theory in the South African
context, and identifies a local success story with international recognition. In conclusion, emphasis is placed on the fact that outsourcing trends throughout the world is
booming through strategic alliances with facilities management companies, with greater
emphasis and effort in establishing a successful relationship to sustain and enhance the
enormous value-add that outsourcing offers to both parties. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studieprojek fokus op die relevansie van uitkontraktering in die fasiliteitebestuursbedryf
en is op die gebied van fasiliteitebestuur gedoen, aangesien dit noue verband hou met
uitkontraktering en besigheidsprosesuitkontrakterings-elemente.
Die primêre doel van hierdie studieprojek is om sommige van die belangrikste literatuur oor
uitkontrak-tering, wat gedurende die afgelope dekade in verskeie bronne gepubliseer is, na te
gaan en op te som. Soortgelyke literatuur met betrekking tot fasiliteitebestuur is ook bestudeer
ten einde die mees generiese artikels oor uitkontraktering in die gebied van fasiliteitebestuur in
verband te bring. 'n Aantal algemene gevolgtrekkings sal gedoen word op grond van
ooreenkomste wat in die onderskeie publikasies aangetref is.
Die navorsing is in die volgende afdelings opgedeel:
• 'n Inleiding wat die onderskeie vorms van uitkontraktering en die verband tussen uitkontraktering
en fasiliteitebestuur verduidelik.
• Die definisie van fasiliteitebestuur. Dit behels 'n beskrywing van fasiliteitebestuur, tipiese
fasiliteitedienste en die fasiliteitebestuur-maatskappystruktuur. Die internasionale
fasiliteitebestuursmark word ook bespreek en dit sluit af met fasiliteitebestuursbesluite en
maatskappy-ondervinding.
• Die definisie van uitkontraktering, om die leser in staat te stel om hierdie studieprojek te
begryp. Die verskillende tipes uitkontraktering, besigheidsprosesuitkontrak-tering, en die
gedeeldedienstemetodologie word verduidelik. Drywers van die uitkontrakteringsproses word
geïdentifiseer en daar word afgesluit met kommentaar deur top uitvoerende amptenare.
• Die strategiese impak van uitkontraktering word geskets om die markwaarde van
uitkontraktering te identifiseer, kernbevoegdhede te definieer, kern- en nie-kernaktiwiteite vas
te stel en die formulering en implementering van 'n suksesvolle uitkontrakteringstrategie te
ondersoek.
• Benaderings tot uitkontraktering word dan ondersoek. Dit behels die vasstelling van 'n
uitkontrakteringskonteks, selektering van diensverskaffers, die bestuur van 'n uitkontrak- teringsverbintenis, die bou van strategiese alliansies, en Suid-Afrikaanse wetgewing wat 'n
impak op uitkontraktering het, tesame met die voordele en nadele.
• Die Sanlam Bpk. (Edms.)-gevallestudie ondervang die uitkontrakteringsteorie in die Suid-
Afrikaanse konteks, en identifiseer 'n plaaslike suksesverhaal met internasionale erkenning.
• Ten slotte word nadruk geplaas op die feit dat uitkontrakteringstendense wêreldwyd 'n
bloeitydperk beleef as gevolg van strategiese alliansies met fasiliteitebestuursmaatskappye,
met groter beklemtoning van en moeite om 'n suksesvolle verbintenis te skep om die enorme
toevoeging van waarde, wat uitkontraktering aan beide partye bied, te handhaaf en te
versterk.
|
144 |
What project managers do : where they succeed and where they fall shortVan Rensburg, J. L. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Project management is about the art of converting vision into
reality. Projects and project managers were traditionally
evaluated on time, cost and quality aspects. This has evolved
over time into nine project management knowledge areas. The
nine knowledge areas are also the basis on which project A successful project manager has a positive attitude and can
get the work done through his project team, to meet the
project objectives. The main shortfalls as indicated in the
literature are clarity of roles and responsibilities, planning and
scheduling as well as cost and financial control. Other
shortfalls include procurements and contract negotiations and
the managing of time and budget constraints. The way to fix it
is to put a lot of focus into that area and assign extra people if
you have to. The project manager must still maintain the
balance with the other areas. Proper up front planning is the
best remedial measure to ensure success.
Success breeds success and there are no shortcuts in project
management. Project quality and project scope management is
generally the two areas where project managers are successful
all over the world according to literature. Constant evaluation
is the key to being successful as a project manager. Project
managers must benchmark themselves against other good
project managers to measure themselves and to work on the
areas, which needs more attention.
It is imperative that project managers understand the expected
outcome of the project and what is expected from him. Project
management cannot run without good systems in place to
monitor the whole project life cycle. The project manager
should have the say in the selection of the project team as his
ultimate success or failure is dependent on the people that he
is going to work with. You must plan out the whole process
before you start. If you fail to plan, you plan to fail.
managers are evaluated for being successful or failing.
All people have the tendency to favor certain areas more than
other areas and hence they excel in those areas. Literature
indicates that project managers still focus largely on quality. It
is important for the project manager to maintain a balance
amongst the nine knowledge areas. Constant evaluation of the
project manager throughout the life cycle of the project is
important and must be used as early warning devices to
indicate when things are going wrong.
The nine areas include cost, time, and quality and scope
management. It further involves risk management, human
resou rces ma nagement, procu remen.t, com munications
management and integration of all the areas into the project
life cycle. Project managers must have exceptional human
resource skills. Project management is not about managing the
work, but about managing the people to deliver the results.
The project manager must be a leader and is only as successful
as the team he leads. All nine project management knowledge
areas are important, and the integration process must be
managed carefully to be successful as a project manager. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Projek bestuur gaan oor die kuns om 'n idee in realiteit te
omskep. Projekte en projek bestuurders is tradisioneel
beoordeel ten opsigte van tyd, koste en kwaliteit. Dit het met
tyd ontwikkel tot die huidige nege kennis areas van projek
bestuur. Die nege kennis areas, is dan ook die areas waarop
projek bestuurders beoordeeI word om te sien of hulle
suksesvol is al dan nie.
Alle mense het die geneigdheid om beter te doen in sekere
areas as in ander, omdat hulle meer daarin belang stel. Die
literatuur dui aan dat projek bestuurders steeds baie fokus op
kwaliteit. Dit is egter belangrik vir die projek bestuurder om 'n
balans te handhaaf tussen die nege kennis areas. Gereelde
evaluering van die projek bestuurder gedurende die lewensiklus
van die projek is belangrik. Dit kan ook dien as vroegtydige
waarskuwings tekens dat dinge moontlik kan verkeerd loop.
Die nege areas sluit in, koste, tyd, kwaliteit en bestuur van die
omvang van die projek. Verder sluit dit risiko bestuur,
personeel bestuur, aankope, kommunikasie bestuur en
integrasie van al die areas in die lewensiklus in. Projek
bestuurders het hoë vlakke van vaardigheid nodig in die
bestuur van mense. Projek bestuur gaan nie oor die bestuur
van die werk nie, maar oor die bestuur van die mense wat
verantwoordelik is vir die werk. Die projek bestuurder moet 'n
ware leier wees en kan slegs suksesvol wees as die span wat
hy lei suksesvol is. AI nege kennis areas is belangrik en die sukses van die projek bestuurder hang af van die mate wat die
integrasie proses suksesvol toegepas word.
'n Suksesvolle projek bestuurder moet 'n positiewe houding hê.
Hy sal dan daarin slaag om die doelwitte suksesvol te behaal
deur die gebruik van sy projek span se vaardighede. Die groot
tekortkominge soos aangedui in die literatuur is die verstaan
van rolle en die verantwoordelikheid van elke rolspeler,
beplanning en skedulering, sowel as koste en finansiële
bestuur. Ander tekortkominge sluit in aankope en kontrak
bestuur, asook die bestuur van tyd en begrotings. Die manier
om tekortkominge uit te sorteer is om ten volle aandag daaraan
te gee, sonder om die balans te versteur tussen die nege
kennis areas. Ken meer mense toe om die probleem aan te
spreek. Die beste kuur is om seker te maak dat die vooruit
beplanning reg is.
Sukses skep meer sukses en daar is geen kortpaaie in projek
bestuur nie. Volgens literatuur is daar twee areas waarin
projek bestuurders uitblink. Die kwaliteit van die projek en die
bestuur van die omvang van die projek word deur die wêreld
heen as suksesvolle areas van projek bestuur gesien. Gereelde
evaluasie is die sleutel tot sukses as projek bestuurder. Projek
bestuurders moet hulle self vergelyk met ander goeie projek
bestuurders en areas waarin hulle onderpresteer onder die knie
kry.
Dit is belangrik vir die projek bestuurder om voor die tyd seker
te maak wat die verwagte uitkoms van die projek behels en wat
presies van hom verwag word. Projek bestuur kan nie bedryf word en gemonitor word sonder om goeie sisteme in plek te hê
nie. Dit is belangrik om die hele lewensiklus van die projek te
monitor. Gegewe die belangrikheid van die projek bestuur span
is dit van uiterste belang dat die projek bestuurder toegelaat
word om sy eie span te kies. Die sukses van die projek
bestuurder hang af van die sukses van sy span. Die hele proses
moet vooruit beplan word voordat die projek eens 'n aanvang
neem. As jy faal om te beplan, dan beplan jy om te faal.
|
145 |
A conceptual framework of critical success factors for organisations to consider as they move towards full-scale B2B e-commerceVosloo, Gideon John 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Corporate alliances have never been stronger than in the current environment. The more people that have access to the organisation’s products and services the better. Success is achieved through alliances with partners, direct contact with customers and collaboration with competitors. Today the focus is on identifying customer demands and integrating those demands across all business processes. Based on the above statements it is clearly evident that forward thinking organisations must develop deeper relationships with strategically identified customers. For organisations in general (buyers and suppliers) B2B e-commerce potentially offer the solution to strengthened customer relationships.
The main aim of the study is to provide organisations entering the world of B2B collaborative commerce with a high level business orientated framework of the many and varied factors that influence a B2B journey. The study provides an understanding of global themes influencing e-business development such as globalisation, innovation and increased customer demands and relates these themes to current technology trends facing the buyers and suppliers of goods or services. Without such high level indicators organisations would lack a “compass” by which to navigate the treacherous waters of a B2B e-commerce journey.
To create a deeper understanding of the B2B environment the study project discusses a concept coined by Oracle Corporation that breaks B2B relationships into four functional domains, modes or “sides”. They are the buy and sell sides, inside-common and infrastructure. The concept focuses on application functions, interfaces, and technical architecture and design. This is followed by an assessment of B2B operating models, a definition of B2B e-commerce and its association with Electronic Data Interchange (EDI) and Electronic Funds Transfer (EFT).
Risk management is an ongoing issue in the e-landscape. Understanding e-business risks and creating trading environments that limit these risk factors are key considerations. Developing e-trust principles, information management and a security framework are the topics under discussion in chapter four.
The Chapter five starts with a comparative review of a study indicating that most organisations go through four stages prior to reaching the Internet endgame. Organisations keen to develop B2B e-commerce solutions should have a thorough understanding of where in the e-lifecycle the organisation is. This is followed by a discussion on how a KPMG Consulting methodology can chart organisational NetReadiness. The NetReadiness Score Card is a tool utilised to test four parameters within the organisation, namely leadership, governance, organizational competencies and technology. The analysis of the parameters provides prescriptive recommendations that can easily be practically applied. The writer is of the opinion that with clear indications of major growth in B2B e-commerce volumes and the substantial resources that organisation are investing in the e-business environment, the study’s relevance is unquestionable. Given the current environment, the study forms the foundation for explorative, qualitative research in the field of B2B e-commerce. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Korporatiewe alliansies was nog nooit so sterk soos in die huidige omgewing nie. Hoe meer mense toegang tot ‘n organisasie se produkte en dienste het, hoe beter. Sukses word bewerkstellig deur alliansies met vennote, regstreekse kontak met kliënte en samewerking met mededingers. Vandag is die fokus op die identifisering van kliëntevereistes en die integrasie van daardie vereistes oor alle sakeprosesse heen. Gegrond op bogenoemde stellings is dit duidelik dat progressiewe organisasies sterker verhoudings met strategies geïdentifiseerde kliënte moet ontwikkel. Vir organisasies oor die algemeen (kopers en verskaffers) bied besigheid-tot-besigheid-e-handel potensieel die oplossing tot sterker kliënteverhoudings.
Die hoofdoel van die studie is om organisasies wat die wêreld van besigheid-tot-besigheid medewerkende handel betree ‘n hoëvlakbesigheidsgerigte raamwerk te bied van die talle verskillende faktore wat ‘n besigheid-tot-besigheid-proses beïnvloed. Die studie verskaf ‘n begrip van internasionale temas, soos globalisering, innovasie en groter kliëntevereistes, wat die ontwikkeling van e-handel beïnvloed, en bring hierdie temas in verband met huidige tegnologietendense waarmee die kopers en verskaffers van goedere en dienste te kampe het. Sonder sulke hoëvlakaanwysers sal organisasies nie ‘n “kompas” hê waarmee hulle die gevaarlike waters van ‘n besigheid-tot-besigheid-e-handelsreis kan aandurf nie.
Ten einde ‘n beter begrip van die besigheid-tot-besigheid-omgewing te bewerkstellig, word ‘n begrip bespreek wat deur Oracle Corporation geskep is en wat besigheid-tot-besigheid-verhoudings in vier funksionele domeine, modusse of “kante” opdeel, naamlik die koop- en verkoopkante, interne gemeenskaplike domein en infrastruktuur. Die begrip fokus op toepassingsfunksies, koppelvlakke en tegniese argitektuur en ontwerp. Dit word gevolg deur ‘n evaluering van besigheid-tot-besigheid-bedryfsmodelle, ‘n omskrywing van besigheid-tot-besigheid-e-handel en die verbinding daarmee met Elektroniese Data-uitruiling (EDI) en Elektroniese Fondsoorplasing (EFT).
Risikobestuur is ‘n deurlopende vraagstuk in die e-omgewing. ‘n Begrip van e-handels-risiko’s en die skepping van handelsomgewings wat hierdie risikofaktore beperk, is belangrike oorwegings. Die ontwikkeling van e-vertrouensbeginsels, inligtingsbestuur en ‘n sekuriteitsraamwerk is die onderwerpe wat in Hoofstuk 4 bespreek word.
Hoofstuk 5 begin met ‘n vergelykende oorsig van ‘n studie wat aantoon dat die meeste organisasies deur vier stadiums gaan voordat die Internet-eindspel bereik word. Organisasie wat gretig is om besigheid-tot-besigheid-e-handelsoplossings te ontwikkel, behoort ‘n deeglike begrip te hê van waar in die e-lewensiklus die organisasie is. Dit word gevolg deur ‘n bespreking oor hoe ‘n KPMG-konsultasiemetodologie organisatoriese NetGereedheid kan bepaal. Die NetGereedheidstelkaart is ‘n instrument wat gebruik word om vier parameters binne die organisasie, naamlik leierskap, regering, organisasiebevoegdhede en tegnologie, te toets. Die ontleding van die parameters verskaf voorskriftelike aanbevelings wat maklik in die praktyk toegepas kan word. Die skrywer is van mening dat met duidelike aanduidings van sterk groei in besigheid-tot-besigheid-e-handelsvolumes en die aansienlike hulpbronne wat organisasies in die e-handelsomgewing belê, die relevansie van die studie onbetwisbaar is. Gegewe die huidige omgewing vorm die studie die fondament vir ondersoekende, kwalitatiewe navorsing op die gebied van besigheid-tot-besigheid-e-handel.
|
146 |
Determine the dimensions for successful matrix management as applied to project managementVan Vuuren, Petra J. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Matrix organizations still remain a successful competitor in a hyper networked and
borderless world. Matrix organizations are a multidimensional structure that tries to
maximize the strength of a functional organization and minimize the weaknesses of both
the project and functional organizations. It combines the vertical hierarchical structure
with a horizontal structure of an input coordinator and provides advantages in terms of
creativity, innovation, integration of knowledge and responsiveness to customer needs
(Stebbins, Sena & Shani, 1997: 1).
Project managers in a matrix organization have control over three factors: what has to
be done, when it must be done, and how much in terms of resources must be dedicated
to the project. The probable risk here is that the project manager may become isolated
from a technical foundation and loss the technical skills that is needed to manage the
matrix organization effectively. Some of the other key issues in a matrix organization is
the "two bosses" or sharing of authority, the difficult balance between the organizations
need for cost effectiveness and the project manager's need to achieve perfection and
the problems associated with the resources and functional managers' reluctance to give
up these resources. The solution for most of these problems is that the project manager
should have sufficient authority in the organization and the back up and support of top
management. The project manager of the matrix organization needs the personal skills
to effectively communicate and motivate the project team and allow for greater collaboration among differing functional specialties, and political skills to handle all the
relevant stakeholders.
The transition into a predominantly knowledge-based economy with knowledge workers
manning the workstations, the need for managing interpersonal complexity at work is
also driving the matrix. The discipline of matrix management, however, remains more
an art than a science. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Matriks organisasies is nog steeds 'n suksesvolle mededinger in 'n wereld met netwerke
sonder grense. Matriks organisasies is multi-dimensionele strukture wat probeer om
die sterk punte van funksionel organisasies te maksimaliseer en die swak punte te
minimaliseer van beids projek en funksionele organisasies. Dit kombineer die vertikale
hierargiese strukture met die horisontale strukture van 'n koordineerder wat
verantwoordelik is vir insette, en voorsien voordele in terme van kreatiwiteit, innovering,
integrasie van kennis en reaksie op wat kliente benodig (Stebbins, Sena & Shani, 1997:
1 ).
Projekbestuurders in 'n matriks organisasie het beheer oor drie faktore: wat moet
gedoen word, wanneer moet dit gedoen word en hoeveel, in terme van hulpbronne,
moet toegewys word aan die projek. Die moontlike risiko is dat die projekbestuurder
geisoleer kan word van 'n tegniese grondslag en die tegniese vaardigheid, wat nodig is
om die matriks organisasie effektief te bestuur, verloor. Sommige van die ander
belangrike punte in 'n matriks organisasie is die "twee hoofde"of die gedeelde autoriteit,
die moeilike balans tussen die organisasie se noodsaaklikheid van koste effektiwiteit en
die projek bestuurder se strewe na volmaakheid, asook die probleme wat geassosieer
word met die hulpbronne en die funksionele bestuurder se huiwering om dit op te gee.
Die oplossing van die meeste van hierdie probleme is dat die projekbestuurder
voldoende autoriteit moet hê in die organisasie en die ondersteuning van die top
bestuur. Die projekbestuurder van die matriks organisasie benodig die persoonlike
vaardigheid om effektief met die projekspan te kommunikeer en hul te motiveer. Groter samewerking tussen die verskillende funksionele spesialiteite moet toe gelaat word en
die projek bestuurder benodig ook die politieke vaardigheid om alle relevante
insethouers te hanteer.
Soos die verandering plaasvind in 'n hoofsaaklike kennis gebaseerde ekonomie met
opgeleide werkers wat die werkstasies beman, word die matriks ook gedryf deur die
behoefte om interpersoonlike gekompliseerdheid te bestuur.
Die disipline van matriksbestuur is meer 'n kuns, as 'n wetenskap.
|
147 |
Entrepreneurship and emotional intelligence as components for leadership successVan Zyl, Hendrik Johannes Christoffel 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Presents an empirical investigation into the nature of entrepreneurship and emotional
intelligence components of leadership. Describes relationship between entrepreneurship
and emotional intelligence as perceived by middle management Sales Managers.
Relationships between key performance indicators (sales turnover, sales growth, debtors
days and years' experience) and respective entrepreneurship/emotional intelligence
constructs are defined.
By applying statistical evaluation methods (reliability analyses, correlation analyses and
comparative analyses) this research adds to existing knowledge in this field by defining
middle management perspectives of the entrepreneurship and emotional intelligence
components of leadership.
Analysis shows a highly significant correlation between the entrepreneurship and
emotional intelligence constructs of leadership, which emphasises the importance of
entrepreneurship and emotional intelligence in the business environment. Emotional
intelligence construct correlates significantly with sales turnover. Draws implications for
training and development of emotional intelligence characteristics of sales leaders.
Analysis shows no significant relationships between entrepreneurship and emotional
intelligence constructs and sales growth or debtors days.
Concludes with recommendations for emotional intelligence and entrepreneurship
training and development.
Keywords: Entrepreneurship
Emotional intelligence
Leadership / AFRIKAANSE OPSOMMING: Empiriese navorsing wat die aard en wese van entrepreneurskap en emosionele
intelligensie as komponente van leierskap beskryf, word aangebied. Perspektiewe van
middelvlak Verkoopsbestuurders rakende die verwantskap tussen entrepreneurskap en
emosionele intelligensie word beskryf. Verwantskappe tussen sleutel prestasie
aanwysers (verkoopsomset, groei in verkope, debiteure dae en jare ervaring) en
entrepreneurskap/emosionele intelligensie konstrukte word gedefinieer.
Deur middel van statistiese evaluasie tegnieke (betroubaarheidsanalise, korrelasie
analise en vergelykende analise) dra hierdie navorsing by tot bestaande kennis in hierdie
domein deur die persepsies van middelbestuur rakende die entrepreneurskap en
emosionele intelligensie komponente van leierskap te beskryf.
Die resultate beskryf In hoogs betekenisvolle verwantskap tussen die entrepreneurskap
en emosionele intelligensie konstrukte van leierskap. Die resultate beklemtoon dus die
belangrikheid van entrepreneurskap en emosionele intelligensie in die sake omgewing.
Emosionele intelligensie korreleer betekenisvol met verkoopsomset. Dui op implikasies
vir die opleiding en ontwikkeling van emosionele intelligensie eienskappe van leiers in
verkope.
Studie toon geen betekenisvolle verwantskappe tussen entrepreneurskap en emosionele
intelligensie konstrukte en groei in verkope of debiteure dae nie.
Ten slotte word aanbevelings gemaak rakende opleiding en ontwikkeling van
entrepreneurskap en emosionele intelligensie eienskappe.
Sleutelwoorde: Entrepreneurskap
Emosionele intelligensie
Leierskap
|
148 |
Information technology outsourcingDe Jongh, Henk 03 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The study project examines the concept of information technology (IT) outsourcing to
external service providers. It is a relatively new concept in the South African scenario and
there are many risks associated with the process that can cause a company to loose large
amounts of money if outsourcing is not done right. The study project will aim to examine the
most important aspects regarding IT outsourcing in order to reduce the risks associated with
the process.
The definition of IT outsourcing is the practice of transferring an organisation's computer
centre operations, telecommunications networks, or applications development to external
vendors of these services. There are different variations of outsourcing applicable to IT, for
example: contracting out, outsourcing, in sourcing and co-sourcing. Companies have different
reasons for outsourcing and the risks associated with the process have to be taken into account
when embarking on an outsourcing initiative.
With IT outsourcing there are different services that can be outsourced, for example:
mainframe services, desktop computer services, security services and different application
services. The decision to outsource a specific area of IT is a strategic issue and the risks,
costs, and selection of the service provider are all very important factors to take into account.
One of the main factors that any company should take into account when embarking on a big
initiative is of course costs. The aim is the reduction of costs of the specific outsourced area.
Therefore the necessary measures need to be in place to measure costs before and after the
outsourcing process. It could happen that the outsourcing process do not provide the reduced
cost benefits envisaged initially. This could be due to hidden costs that were not taken into
account when the outsourcing initiative was planned.
Normally the outsourcing process is driven by a structured project and numerous important
factors need to be taken into account when managing the whole process. The factors include:
the vendor evaluation process, setup of the service level agreement, the request for proposal,
relationship with the supplier, communication of the whole process inside the company, the
contract between the two parties, and the transition period with the measuring of results
thereafter. The current IT skills shortage in South Africa is causing companies to rethink their IT
strategies and make use of external service providers to supply them with the necessary skills
to get the job done. The research illustrates this fact that IT consulting has one of the highest
adoption rates currently and with regard to the future. Full blown outsourcing is still a
relatively new concept in South Africa and companies will only adopt the concept as soon as
it has proved to be successful and cost effective.
As mentioned it is important that a structured methodology should be used to drive an
outsourcing process. It is important that the approach is structured around proven project
management principles with the correct measures in place to support and sustain the whole
process.
Outsourcing of IT services is a strategic decision that a company must take and the risks
associated with the process mean that it must be planned and executed very carefully.
Outsourcing has various risks associated with it like the appointment of the wrong service
provider. However, the outsourcing process can also have its merits and the most important of
these are most probably lower costs, new IT skills, and better service. The shortage of IT
skills in South Africa makes the idea of outsourcing more and more attractive because of the
fact that companies can now "buy" the skills without having to commit to long term
permanent employment contracts for permanent staff. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsverslag handel oor die konsep van uitkontraktering van
inligtingstegnologie(IT) dienste aan eksterne diensverskaffers. Aangesien dit 'n relatiewe
nuwe tendens in Suid Afrika se IT bedryf is, en die risiko bestaan dat 'n maatskappy groot
geldelike verliese kan ly indien dit nie reg aangepak word nie, word daar gepoog om na die
belangrikste aspekte van uitkontraktering te kyk om die risikos daaraan verbonde so laag as
moontlik te hou.
Die definisie van IT uitkontraktering is die oordrag van 'n organisasie se rekenaar sentrum
operasies, telekommunikasie netwerk, of toepassing ontwikkeling na 'n eksterne verskaffer
van hierdie dienste. Daar is verskillende variasies van uitkontraktering van toepassing op IT
soos byvoorbeeld: uitkontraktering, inkontraktering, en gesamentlike kontraktering.
Maatskappye het verskillende redes om 'n diens uit te kontrakteer en die risikos verbonde aan
die proses moet sorgvuldig in gedagte gehou word wanneer die uitkontrakteringsproses
aangepak word.
Met IT uitkontraktering is daar verskillende dienste wat uitgekontrakteer kan word soos
byvoorbeeld: hoofraam dienste, persoonlike rekenaar dienste, sekuriteitsdienste en verskeie
rekenaar applikasie dienste. Die besluit om 'n spesifieke area van IT uit te kontrakteer is 'n
strategiese kwessie vir die maatskappy en die risikos, kostes en keuse van eksterne
diensverskaffer is almal baie belangrike faktore wat in gedagte gehou moet word.
Een van die vernaamste faktore wat enige maatskappy in ag behoort te neem wanneer 'n groot
inisiatief aangepak word, is natuurlik kostes. Die doel van uitkontraktering is om die kostes
van die spesifieke area te verlaag. Daarom moet die nodige maatreëls in plek wees om die
kostes vooraf en na die uitkontrakteringsproses te meet. Die uitkontraktering inisiatief kan die
maatskappy egter baie duur te staan kom en glad nie die koste voordele bied wat aanvanklik
beplan is nie. Dit kan wees as gevolg van verskuilde kostes wat nie met die beplanning van
die proses in ag geneem is nie.
Gewoonlik word die uitkontrakteringsproses gedryf deur 'n gestruktureerde projek en
verskeie belangrike faktore moet in ag geneem word vir die hele proses. Die faktore sluit in:
die evaluasieproses om die regte diensverskaffer aan te stel, die opstel van die regte dokumentasie in terme van die diensvoorstel voorlegging, verhouding met die
diensverskaffer, die opstel van die diensvlak ooreenkoms, kommunikasie oor die hele proses
binne die maatskappy, die kontrak tussen die twee partye, oorgangstadium en die meting van
voordele daarna.
Die huidige tekort aan IT vaardighede in Suid Afrika veroorsaak dat maatskappye hul IT
strategie moet herdink en die opsie van eksterna diensverskaffers wat die nodige vaardighede
kan verskaf, oorweeg word. Die studie illustreer hierdie feit dat IT konsultasie een van die
hoogste vlakke van ingebruikneming tans en vir die toekoms het. Volledige IT funksie
uitkontraktering is nog 'n relatiewe nuwe konsep in Suid Afrika en maatskappye sal slegs die
idee aanneem sodra uitkontraktering as suksesvol en koste effektief bewys is.
Soos reeds genoem is dit belangrik dat 'n gestruktureerde metodologie gebruik word om 'n
uitkontrakteringsinisiatief te dryf. Dit is belangrik dat die aanslag geskoei is rondom bewese
projekbestuursbeginsels en dat die regte maatreëls getref is om die proses te ondersteun.
Uitkontraktering van IT dienste is 'n strategiese besluit wat 'n maatskappy moet neem. Die
risikos daaraan verbonde veroorsaak dat die beplanning en aanpak van die proses baie deeglik
en noukeurig gedoen moet word. Uitkontraktering het verskeie risikos soos om die verkeerde
eksterne diensverskaffer te kies, maar kan ook voordelig vir die maatskappy wees en die
grootste voordele wat 'n maatskappy kan verwag is verlaagde kostes en nuwe IT vaardighede.
Die probleem van 'n tekort aan goed opgeleide IT personeel in Suid Afrika maak die idee van
uitkontraktering al meer aanlokliker omdat dit 'n goeie manier is om goeie vaardighede in te
"koop".
|
149 |
'n Verkennende ondersoek na die belangrikheid van organisasiekultuur in 'n projekbestuursomgewingDu Plessis, Andre 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of the study is to determine whether organisational culture has an effect
on the effectiveness of project management, and if project managers have a specific
preference in terms of organizational culture in order to enable them to be successful.
The empirical research was done by sending questionnaires to practising project
managers who passed a course in project management at the University of Stellenbosch
Business School in the period 2000 to 2003. The questionnaire is based on the
Competing Values Framework (Cameron & Quinn, 1999: 20).
The findings show that different organisation cultures do exist in organisations that
experience different levels of effectiveness in project management. Furthermore the
preferred culture appears to be a combination of clan-, adhocracy-, market- and to a
lesser extent hierarchy cultures (the four quadrants in the Competing Values
Framework).
The presence of clan culture indicates a strong need for loyalty and support, cohesion
and high morale, sensitivity towards clients and colleagues, teamwork, participation and
consensus. In the tendency towards adhocracy culture there is a need for flexibility,
individual initiative, risk taking, experimentation, innovation and freedom. The strong
tendency towards market culture indicates an external focus with a high measure of
stability and control, as well as a goal and results orientation, an emphasis on winning
and hard-driving competitiveness. The relatively low score in hierarchy culture indicates
a limited need for stability and control by means of structure, policies, procedures and
dependable delivery.
The conclusion is that there is a relationship between organisation culture and the
effectiveness of project management, and that there are specific preferences for an
organizational culture that will, in the perception of project managers, positively impact
on project management. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om te bepaal of organisasiekultuur wel die effektiwiteit van
projekbestuur beïnvloed, en of projekbestuurders 'n sekere voorkeur het in terme van
die organisasiekultuur ten einde hulle in staat te stel om suksesvol te wees.
Die empiriese ondersoek is gedoen deur vraelyste te stuur aan praktiserende
projekbestuurders wat 'n kursus in projekbestuur aan die Universiteit Stellenbosch
Bestuurskool geslaag het in die periode 2000 tot 2003. Die vraelys gebruik is gebaseer
op die Competing Values Framework (Cameron & Quinn, 1999: 20).
Die bevindings is dat verskille in organisasiekulture bestaan in organisasies wat
verskillende mates van effektiwiteit in projekbestuur ervaar. Verder blyk die kultuur van
voorkeur 'n kombinasie van clan -, adhocracy-, market- en in 'n minder mate hierarchy
kulture (die vier kwadrante binne die Competing Values FrameworK) te wees.
Die teenwoordigheid van clan kultuur dui op 'n sterk behoefte na onderlinge lojaliteit en
ondersteuning, sterk samehorigheidsgevoel en hoë moraal, sensitiwiteit teenoor kliënte
en kollegas, goeie spanwerk, deelname en konsensus. In die geneigdheid na adhocracy
kultuur is daar 'n behoefte na 'n hoë mate van buigbaarheid, ruimte vir kreatiewe
individualiteit, die neem van risiko's, eksperimentering, innovasie en 'n mate van
vryheid. Die sterk neiging na market kultuur dui op 'n eksterne fokus met 'n mate van
stabiliteit en beheer, sowel as 'n sterk behoefte na 'n doelwit en resultate oriëntasie, 'n
sterk behoefte na sukses en oorwinning en ongenaakbare kompetisie. Die relatiewe lae
telling in hierarchy kultuur dui op 'n beperkte behoefte aan stabiliteit en beheer deur
middel van struktuur, beleid, prosedures en betroubare lewering.
Dit blyk uit die ondersoek dat organisasiekultuur wel die effektiwiteit van projekbestuur
beïnvloed, en dat 'n spesifieke kultuur van voorkeur wel bestaan ten einde effektiwiteit
van projekbestuur te verbeter.
|
150 |
The hedging effectiveness of futures contracts : comparison of the Mean Gini and Mean Variance frameworksVan Niekerk, Leon 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: When hedging with futures contracts the hedge ratio is one of the fundamental figures needed
to set up a successful hedging strategy. The Mean Variance framework has been used for
some time to calculate hedge ratios for this exact purpose.
Certain assumptions are implicit in the Mean Variance framework such as the assumed
normality of returns and assumed quadratic utility functions of investors. The validity of these
assumptions has been questioned in the literature. The Mean Gini framework is first and
second order stochastically dominant implying that there is no assumption regarding the
return process or the utility function of investors. This study compares these two frameworks
regarding the hedge ratios generated by each and their subsequent hedging effectiveness.
The results indicate that neither one of the two frameworks generate the most effective hedge
ratios all the time. The Mean Gini framework is, however, preferred above the Mean Variance
framework for a significant number of futures contracts evaluated.
It can therefore be concluded that making use of the Mean Variance framework for all futures
contracts would have resulted in numerous ineffective hedging situations. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer verskansing met termynkontrakte gedoen word is, die verskansingsverhouding een
van die fundamentele veranderlikes waaroor 'n besluit geneem moet word. Vir 'n geruime tyd
word die Minimum Variansie verskansingsverhouding vir hierdie doel gebruik.
Implisiet in die Minimum Variansie raamwerk is die aannames dat opbrengste normaal
verdeel is en dat die beleggersnutsfunksie kwadraties van aard is. Die geldigheid van hierdie
aannames het reeds heelwat kritiek in die literatuur ontlok. Die Gemiddelde Gini raamwerk is
eerste en tweede graads stochasties dominant, wat impliseer dat geen aannames aangaande die
opbrengs of die beleggersnutsfunksie gemaak word nie. Die studie vergelyk beide raamwerke
rakende die verskansingsverhoudings deur elk gegenereer en die gepaardgaande
verskansingdoeltreffendheid.
Die resultate toon dat nie een van die twee raamwerke vir alle kontrakte die mees effektiewe
verskansingsverhouding genereer nie. Die Gemiddelde Gini raamwerk word egter vir 'n
beduidende aantal van die termynkontrakte bestudeer bo die Minimum Variansie raamwerk
verkies.
|
Page generated in 0.0409 seconds