• Refine Query
• Source
• Publication year
• to
• Language
• No language data
• Tagged with
• 2
• 2
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• 1
• About
• The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

’n Teologies-empiriese evaluering van ’n kerkgebouprojek as ‘n bediening van gemeentebou : ’n praktykmodel vir die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Afrikaans)

Truter, Jan Hendrik Lodewyk 23 May 2008 (has links)
Hierdie studie handel oor gemeentebou en kerkgeboue. Die doel van dié studie is om in die lig van gemeenteboubeginsels riglyne vir kerkgeboue binne die Suid-Afrikaanse kerklike opset op die tafel te plaas, wat missionêr in fokus is en dit voor te hou as 'n alternatief ten opsigte van die huidige verstaan oor die in- en oprigting van kerkgeboue. Die metodologie van praktiese teologie word in drie konsepte weergegee, naamlik: verstaan, verklaar en verandering. Hierdie studie fokus op al drie konsepte – uitgedruk as die hermeneutiese verstaan, die empiriese werklikheid en riglyne vir die praktyk. Die hermeneutiese verstaan of teorie is met twee fokuspunte in gedagte nagevors, naamlik: die teologiese perspektief – waarin daar eerstens op die identiteit van die Kerk in Christus en tweedens op die roeping van die Kerk, uitgedruk in die missio Dei en dissipelskap gekonsentreer is. Die tweede fokus is op die Bybelse ideaal – soos dit in die Skrif voorkom, deur teologiese tradisies geïnterpreteer is en hoe die kerk dit histories in sy geboue tot uitdrukking laat kom het. Die tweede konsep is die empiriese meting ten einde te toets en te verklaar in watter mate hierdie hermeneutiese verstaan in die werklikheid, binne die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, verdiskonteer is. Die derde konsep konsentreer op die verandering en is nagevors met die oog op die daarstel van teoretiese riglyne vir die praktyk. Hierdie riglyne is verwerk, tesame met wat die Bybel se siening oor die in- en oprigting van kerkgeboue is, sowel as die kerk se historiese verstaan daarvan. Die uiteinde is om nuwe riglyne vir die bedieningspraktyk daar te stel. / Thesis (PhD (Practical Theology))--University of Pretoria, 2008. / Practical Theology / unrestricted
2

Praktiese ekklesiologie en bedieningspraktyk met verwysing na die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Afrikaans)

Dreyer, Willem Akkerhuys (Wim) 07 October 2011 (has links)
AFRIKAANS: In hierdie proefskrif is ‘n Praktiese Ekklesiologie ontwikkel op grond van vier perspektiewe:

‘n Historiese perspektief wat na vore kom in ‘n Histories-vergelykende Ekklesiologie.

‘n Empiriese perspektief wat na vore kom in ‘n Prakties-teologiese Ekklesiologie.

‘n Hermeneutiese perspektief wat na vore kom in ‘n Eksegetiessistematiese Ekklesiologie.

‘n Strategiese perspektief wat na vore kom in ‘n Missionale Ekklesiologie.

In die proefskrif toon die promovendus aan dat die kerk ‘n ernstige krisis beleef. Die krisis is grootliks te wyte aan ‘n proses van institusionalisering wat deur eeue heen plaasgevind het. Empiriese navorsing het aangetoon dat institusionalisering destruktiewe gevolge vir die kerk inhou. Die proefskrif toon verder aan dat ‘n radikale en omvattende transformasie van die kerk van uiterste belang is. Transformasie impliseer ‘n proses waarin die sisteemverhaal van die kerk verander, van ‘n institusionele benadering tot kerkwees tot ‘n meer organiese verstaan van kerkwees, gebou op Bybelse metafore. ‘n Organiese kerkbegrip en Missionale Ekklesiologie dien as basis vir die transformasie van die gemeentelike bedieningspraktyk, van ‘n pastorale bedieningspraktyk na ‘n missionale bedieningspraktyk. ENGLISH: In this dissertation a Practical Ecclesiology is developed based on four perspectives:

The historical perspective is reflected in an Historical-comparative Ecclesiology.

The empirical perspective is reflected in a Practical-theological Ecclesiology.

The hermeneutical perspective is reflected in an Exegetical-systematic Ecclesiology.

The strategic perspective is reflected in a Missional Ecclesiology.

The promovendus argues that the church is experiencing a severe crisis. This crisis is mainly due to a process of institutionalisation which had taken place over centuries. Empirical research had shown the destructive effects this process had on the church. The dissertation indicates that a radical and global transformation of the church is essential. Transformation implies a process in which the system story of the church need to change. This transformation could be regarded as a change from an institutional to a more organic functioning of the church, based on Biblical metaphors relating to the church. An organic understanding of the church will lead to a transformation of the congregational ministry, from a pastoral ministry to a missional ministry. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2011. / Practical Theology / unrestricted

Page generated in 0.0711 seconds