• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

’n Teologies-empiriese evaluering van ’n kerkgebouprojek as ‘n bediening van gemeentebou : ’n praktykmodel vir die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Afrikaans)

Truter, Jan Hendrik Lodewyk 23 May 2008 (has links)
Hierdie studie handel oor gemeentebou en kerkgeboue. Die doel van dié studie is om in die lig van gemeenteboubeginsels riglyne vir kerkgeboue binne die Suid-Afrikaanse kerklike opset op die tafel te plaas, wat missionêr in fokus is en dit voor te hou as 'n alternatief ten opsigte van die huidige verstaan oor die in- en oprigting van kerkgeboue. Die metodologie van praktiese teologie word in drie konsepte weergegee, naamlik: verstaan, verklaar en verandering. Hierdie studie fokus op al drie konsepte – uitgedruk as die hermeneutiese verstaan, die empiriese werklikheid en riglyne vir die praktyk. Die hermeneutiese verstaan of teorie is met twee fokuspunte in gedagte nagevors, naamlik: die teologiese perspektief – waarin daar eerstens op die identiteit van die Kerk in Christus en tweedens op die roeping van die Kerk, uitgedruk in die missio Dei en dissipelskap gekonsentreer is. Die tweede fokus is op die Bybelse ideaal – soos dit in die Skrif voorkom, deur teologiese tradisies geïnterpreteer is en hoe die kerk dit histories in sy geboue tot uitdrukking laat kom het. Die tweede konsep is die empiriese meting ten einde te toets en te verklaar in watter mate hierdie hermeneutiese verstaan in die werklikheid, binne die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, verdiskonteer is. Die derde konsep konsentreer op die verandering en is nagevors met die oog op die daarstel van teoretiese riglyne vir die praktyk. Hierdie riglyne is verwerk, tesame met wat die Bybel se siening oor die in- en oprigting van kerkgeboue is, sowel as die kerk se historiese verstaan daarvan. Die uiteinde is om nuwe riglyne vir die bedieningspraktyk daar te stel. / Thesis (PhD (Practical Theology))--University of Pretoria, 2008. / Practical Theology / unrestricted

Page generated in 0.0865 seconds