• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

’n Sisteemteoretiese kartering van die Afrikaanse literatuur vir die tydperk 2000–2009 : kanonisering in die Afrikaanse literatuur

Kleyn, Leti January 2013 (has links)
In hierdie studie word ondersoek ingestel na die rolspelers in die Afrikaanse literêre sisteem wat tot kanonisering aanleiding gee. Die literêre sisteem word gekarteer deur die publikasies, resepsie daarvan en openbare debatte daaroor vir die tydperk 2000–2009 te ondersoek. Daar word aandag gegee aan die uitgewersbedryf; mediapraktyke; literêre pryse; vertalings; bloemlesings; literatuurgeskiedenisse; skryfskole; verwerking van literêre werke vir film en die uitvoerende kunste; die impak wat die sensuurwetgewing op die status van skrywers en die bedryf gehad het; leeskringe en ’n aantal kleiner rolspelers soos boeksubsidies, biblioteke, literêre tydskrifte, skrywersverenigings en literêre toerisme. Daar word verder ook aandag gegee aan die wyse waarop hiërargieë in die sisteem tot stand kom, kanonisering bewerkstellig word, knelpunte in die magspel tot uiting kom in veral openbare debatte, en die wyse waarop eksterne faktore op die sisteem inspeel. Die studie wys op die fyn netwerk wat onstaan as verbande tussen verskillende rolspelers in die literêre sisteem van nader ondersoek word. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / gm2013 / Information Science / unrestricted

Page generated in 0.0628 seconds