• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ingrid Jonker : 'n psigologiese analise

Van der Merwe, Lucas Martinus January 1978 (has links)
In hierdie studie word gepoog om met behulp van die werktuie, deur die Sielkunde ontwikkel, 'n analise van Ingrid Jonker (1933-1965) te maak en sodoende meer oor die "kuns van menswees" te wete te kom. Dit geskied aan die hand van 'n ondersoek na haar lewe en werk, wat so gevoer word dat groter begrip vir die medemens in die algemeen en vir die skeppendbegaafde persoon in die besonder, daaruit voortspruit. In die inleiding tot die eerste hoofstuk word die probleemstelling uiteengesit. Daarna word daar op die wisselwerking tussen die Letterkunde en die Sielkunde ingegaan en aangetoon hoedat wedersydse bevrugting dikwels langs hierdie weg, wat oor baie jare strek, plaasgevind het. Vervolgens word die wyse waarop kuns deur sommige ondersoekers aan 'n psigopatologiese verskynsel gelykgestel word, krities ondersoek. Verskille word aangetoon en sowel die oorsprong van, as die gevare verbonde aan so 'n gelykstelling word blootgelê. Hierna word die verwantskap tussen skepper en skepping en die verskillende vorms wat dit mag aanneem, uiteengesit en ondersoek. Vervolgens word aangetoon waarom Ingrid Jonker tot onderwerp van studie gekies is. Die plek wat sy in die Afrikaanse Letterkunde inneem, haar invloed op ander kunstenaars, die omstandighede wat haar lewe gekenmerk het, die invloed van die era waarin sy geleef het en ander faktore, wat die keuse beinvloed het, word uiteengesit. In die laaste afdeling van hierdie hoofstuk word die wyse waarop daar in die analise te werk gegaan is, verantwoord. Die teoretiese raamwerk vir die studie word uiteengesit en daaruit blyk dat die analise beskou word as 'n poging tot doeltreffende begrip van 'n persoon wat nie in die hier-en-nou situasie aanwesig is nie. Hierdie sogenaamde "analise in absentia" is dan geskoei op die lees van daardie psigoterapeutiese pogings wat op empatiese begrip van die medemens gebaseer is. Besondere klem word gelê op die feit dat die sielkundige die terrein van die Kuns as sielkundige betree en dat kunskritiek en kunswaardering hoegenaamd nie aan die orde kom nie. Die analise is derhalwe uitsluitlik daarop afgestem om tot 'n ryker begrip van Ingrid Jonker se lewe te lei, om haar werk op so 'n wyse te ontsluit dat die mens daaragter vir sover moontlik kenbaar word en om idees wat andersins nie verband met mekaar sou hou nie en gedrag wat andersins onverklaarbaar sou wees, tot 'n sinvolle geheel saam te snoer. Om hiertoe te kan kom, word die begrippe waarvan daar gebruik gemaak word, onderskei en sowel die metodes wat gevolg as die beginsels wat toegepas word, uiteengesit. In die laaste instansie kom die wyse waarop daar in ander soortgelyke ondersoeke te werk gegaan is en die mate van ooreenkoms wat dit met hierdie studie vertoon, aan die orde. Ingrid Jonker se lewensloop word volledig in die eerste gedeelte van hoofstuk twee uiteengesit. Hierna word 'n aantal van haar werke wat sowel gedigte as sketse, kortverhale en 'n drama insluit, in chronologiese volgorde gerangskik en in ses afdelings, verteenwoordigend van verskillende tydperke in haar lewe, aangebied en ontleed. Aan die einde van elke afdeling word die belangrikste temas wat daarin voorkom, saamgevat. Ten slotte word 'n oorkoepelende uiteensetting van al die verskillende temas gegee. Sommige van die werke wat ontleed word is vry-algemeen bekend en is ook in haar gepubliseerde bundels opgeneem. Ander kom slegs in jeug- en populêre tydskrifte voor. In hoofstuk drie word die nuwe begrip vir die kunstenares as mens, waartoe daar uit die beskrywing van haar lewe en die ontleding van haar werk gekom is, opnuut saamgestel. Eers word sommige van haar persoonlikheidseienskappe beskryf, daarna word 'n uiteensetting van die verskillende gevoelens en behoeftes wat sy ervaar het, gegee. Dit word opgevolg deur 'n beskrywing van die houdings en gedrag wat sy openbaar het. In die laaste instansie word die aanpassingsprobleme wat sy ondervind het en die beskerrnings- en aanpassingsmeganisrnes waarvan sy gebruik gernaak het, weergegee. Omdat soveel wanopvattinge oor haar geestestoestand wêreldin gestuur is, word in die volgende afdeling hieraan aandag gegee. Die laaste afdeling van die hoofstuk word gewy aan 'n uiteensetting van die gevolgtrekkings, waartoe daar voortspruitend uit hierdie studie, geraak is. In hoofstuk vier kom die implikasies wat hierdie studie vir die Sielkunde inhou en die raakpunte tussen haar lewe en die werk van 'n psigoterapeut, aan die orde. Eerstens word die voorveronderstellings waarop die studie gebaseer is, herbevestig en daarna word aangetoon watter insigte dit opgelewer het. So beklemtoon dit, byvoorbeeld, dat die mens nie net in afsondering van sy medemens beskou en behandel kan word nie. Daar word dus aangetoon hoedat sy nie anders as teen die agtergrond van die gesinsdinamiek, waarvan sy deel gevorm het, begryp kon word nie en hoedat hierdie verbondenheid in die terapeutiese hulp wat sy ontvang het, ingeweef kon word. In dieselfde trant word aangetoon hoedat die tyd waarin sy geleef het en die samelewing waarvan sy deel gevorm het, 'n ewe belangrike invloed op haar uitgeoefen het. Haar vermoë om intens by 'n situasie betrokke te wees en tegelykertyd objektief daarteenoor te staan, kom as derde raakpunt met die werk van 'n psigoterapeut aan die orde. In die laaste instansie word aangetoon hoedat die Sielkunde, soos trouens ook elke ander dissipline, binne perke lê en hoedat dit, in 'n ondersoek van hierdie aard, nie alle antwoorde verskaf nie. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1978. / gm2013 / Psychology / unrestricted
2

’n Sisteemteoretiese kartering van die Afrikaanse literatuur vir die tydperk 2000–2009 : kanonisering in die Afrikaanse literatuur

Kleyn, Leti January 2013 (has links)
In hierdie studie word ondersoek ingestel na die rolspelers in die Afrikaanse literêre sisteem wat tot kanonisering aanleiding gee. Die literêre sisteem word gekarteer deur die publikasies, resepsie daarvan en openbare debatte daaroor vir die tydperk 2000–2009 te ondersoek. Daar word aandag gegee aan die uitgewersbedryf; mediapraktyke; literêre pryse; vertalings; bloemlesings; literatuurgeskiedenisse; skryfskole; verwerking van literêre werke vir film en die uitvoerende kunste; die impak wat die sensuurwetgewing op die status van skrywers en die bedryf gehad het; leeskringe en ’n aantal kleiner rolspelers soos boeksubsidies, biblioteke, literêre tydskrifte, skrywersverenigings en literêre toerisme. Daar word verder ook aandag gegee aan die wyse waarop hiërargieë in die sisteem tot stand kom, kanonisering bewerkstellig word, knelpunte in die magspel tot uiting kom in veral openbare debatte, en die wyse waarop eksterne faktore op die sisteem inspeel. Die studie wys op die fyn netwerk wat onstaan as verbande tussen verskillende rolspelers in die literêre sisteem van nader ondersoek word. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / gm2013 / Information Science / unrestricted
3

Die literêre biografie - 'n terreinverkenning (Afrikaans)

Pelser, Abraham Christoffel 27 August 2002 (has links)
This study endeavours to research the field of literary historiography in general and specifically biographic historiography. In South Africa this genre has a limited tradition. Apart from a few diffused contributions by specialists in technical and other publications, and the essays by Hennie Aucamp in Beeltenis verbode and J.C. Kannemeyer in Getuigskrifte and Ontsyferde stene, very little research has been done in South Africa in this field. Chapter one expounds the research methodology. It briefly states the definition of the problem, as well as the goal orientation and the delimitation of the field of study, actuality, hypotheses and structural development. Chapter two affords the theoretical foundation of literary and more specifically biographic historiography. The concept "biography" is defined. The modern biography and its characteristics and structure are scrutinized in terms of different theoretical criteria. Finally this chapter contem-plates some problems experienced by contemporary biographers. Chapter three is an overview which sets out the history of biographic historiography from the most ancient times, during the Middle Ages, the Renaissance, and the 16th to the 20th century. Biographic historiography in the USA is closely researched. Major achievements and the most important texts which influenced the genre are emphasized. The contributions of notable bio-graphers such as James Boswell and Lytton Strachey are highlighted. Chapter four is the core of this dissertation. Initially it contemplates biographic historiography in South Africa in general. Thereafter it researches literary biographies in depth. The earliest comprehensive literary biography in Afrikaans, Ds. S.J. du Toit in weg en werk by Totius, is discussed. Attention is drawn to Leon Rousseau's biography of Eugène N. Marais, which, in 1974, ushered in the true beginning of this tradition in Afrikaans. Subsequently the biographies of V.E. d'Assonville on Totius and S.J. du Toit are discussed. The major part of this chapter is devoted to the oeuvre of J.C. Kannemeyer, who probably made the most important contribution in this field with his comprehensive biographies on D.J. Opperman, C.J. Langenhoven, and C. Louis Leipoldt. Finally J.C. Steyn's monumental description of the life of N.P. van Wyk Louw, in two volumes, is discussed. The discussion and evaluation of these texts are set out narratively and comparatively. The said biographies are evaluated according to different biographic theories. Chapter five, a concise chapter, evaluates the hypotheses set out at the beginning of this research. Furthermore it is indicated that the field of biographic historiography in South Africa is still not properly exploited. Suggestions for further research are given. South Africa is a multi-ethnic country and contradictory political, cultural, socio-economic and language interests are not uncommon. Biographies could contribute to mutual understanding of these diversities, as manifested in J.C. Steyn's Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal. Perhaps at present research in this field is crucial. / Thesis (MA (Afrikaans))--University of Pretoria, 2003. / Afrikaans / unrestricted
4

Kultuurtekste oor verstedeliking : ’n vergelyking van Afrikaner- en swart verstedeliking in literêre tekste (Afrikaans)

Van Niekerk, Jacomien (Jacomina) 03 August 2009 (has links)
AFRIKAANS : Verstedeliking is ’n verskynsel wat sowel Afrikaners as swart mense in die twintigste eeu in Suid-Afrika geaffekteer het. In sommige opsigte was die traumatiese effek van hierdie gebeure vergelykbaar vir die twee groepe, maar in andere was dit ’n heel ander werklikheid vir Afrikaners om die platteland vir die stad te verruil as vir swart mense. Daar bestaan weinig studies wat ’n gesamentlike blik op die verstedeliking van die twee groepe werp. Hierdie studie doen juis dit deur die representasie in literêre tekste van die stad en die stadslewe deur Afrikaners en swart mense te ondersoek. Die welbekende stad/plattelandopposisie word verken, maar met die klem op die stad soos wat dit in literêre tekste gerepresenteer word. Die term “cultuurtekst” word in hierdie bestudering van representasie aangewend. Die term word deur Maaike Meijer gebruik vir die verskynsel waar bepaalde wyses van representasie rondom ’n onderwerp voortdurend herhaal. Die cultuurtekst is dus ’n denkbeeldige ‘teks’ wat bestaan uit verstarde kodes van representasie (of kulturele skemas, soos wat sy dit ook noem) wat steeds weer in individuele tekste herhaal word. Die doel van die studie is om die bestaan van kultuurtekste oor die verstedeliking van Afrikaners en swart mense aan te toon. Literêre tekste in Afrikaans word bestudeer om ’n stel kulturele skemas te identifiseer wat oor ’n verskeidenheid tekste aangetref word, wat aandui dat ’n kultuurteks oor Afrikanerverstedeliking in hierdie tekste herhaal word. Dieselfde werkwyse word betreffende swart verstedeliking gevolg: Engelse en Zulutekste word bestudeer om bewys te lewer van ’n kultuurteks oor verstedeliking. Laastens word hierdie kultuurtekste oor verstedeliking met mekaar vergelyk, aangesien bepaalde feite rondom Afrikaner/swart verstedeliking pas duidelik word wanneer ’n vergelykende benadering gevolg word. Deur hierdie vergelyking word gevolgtrekkings ENGLISH : Urbanization is a phenomenon that affected both Afrikaners and black people in twentieth century South Africa. In some respects the traumatic effect of these events are comparable for the two groups, but in others the experience of leaving the country for the city was a very different reality for Afrikaners and black people. Few studies have taken a simultaneous look at the urbanization undergone by the two groups. This study does this by investigating the representation in literary texts of the city and city life as experienced by black people and Afrikaners. The well-known opposition of city/country is explored, but with the emphasis on the city as it is represented in literary texts. In studying this representation, the term “cultuurtekst” (cultural text) is employed. The term is used by Maaike Meijer to describe the phenomenon of certain ways of representation around a specific topic being constantly repeated. The cultuurtekst is thus an imaginary ‘text’ consisting of fixed codes of representation (cultural schemes, as she also calls them) that we find being echoed anew in individual texts. The aim of the study is to prove the existence of such a cultuurtekst pertaining to the urbanization of both black people and Afrikaners. In order to achieve this, literary texts in Afrikaans are studied to identify a set of cultural schemes that are found across a variety of texts, thus indicating that a cultuurtekst about Afrikaner urbanization is being repeated in these texts. The same procedure is followed concerning black urbanization: English and Zulu texts are studied to establish evidence of a cultuurtekst about urbanization. Finally, these cultural texts about urbanization are compared with one another, seeing that certain facts about Afrikaner/black urbanization only become truly clear when a comparative approach is followed. From this comparison conclusions are drawn about the similar and different experiences of urbanization and city life for Afrikaners and black people. Copyright / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2009. / Afrikaans / unrestricted

Page generated in 0.2259 seconds