• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ingrid Jonker : 'n psigologiese analise

Van der Merwe, Lucas Martinus January 1978 (has links)
In hierdie studie word gepoog om met behulp van die werktuie, deur die Sielkunde ontwikkel, 'n analise van Ingrid Jonker (1933-1965) te maak en sodoende meer oor die "kuns van menswees" te wete te kom. Dit geskied aan die hand van 'n ondersoek na haar lewe en werk, wat so gevoer word dat groter begrip vir die medemens in die algemeen en vir die skeppendbegaafde persoon in die besonder, daaruit voortspruit. In die inleiding tot die eerste hoofstuk word die probleemstelling uiteengesit. Daarna word daar op die wisselwerking tussen die Letterkunde en die Sielkunde ingegaan en aangetoon hoedat wedersydse bevrugting dikwels langs hierdie weg, wat oor baie jare strek, plaasgevind het. Vervolgens word die wyse waarop kuns deur sommige ondersoekers aan 'n psigopatologiese verskynsel gelykgestel word, krities ondersoek. Verskille word aangetoon en sowel die oorsprong van, as die gevare verbonde aan so 'n gelykstelling word blootgelê. Hierna word die verwantskap tussen skepper en skepping en die verskillende vorms wat dit mag aanneem, uiteengesit en ondersoek. Vervolgens word aangetoon waarom Ingrid Jonker tot onderwerp van studie gekies is. Die plek wat sy in die Afrikaanse Letterkunde inneem, haar invloed op ander kunstenaars, die omstandighede wat haar lewe gekenmerk het, die invloed van die era waarin sy geleef het en ander faktore, wat die keuse beinvloed het, word uiteengesit. In die laaste afdeling van hierdie hoofstuk word die wyse waarop daar in die analise te werk gegaan is, verantwoord. Die teoretiese raamwerk vir die studie word uiteengesit en daaruit blyk dat die analise beskou word as 'n poging tot doeltreffende begrip van 'n persoon wat nie in die hier-en-nou situasie aanwesig is nie. Hierdie sogenaamde "analise in absentia" is dan geskoei op die lees van daardie psigoterapeutiese pogings wat op empatiese begrip van die medemens gebaseer is. Besondere klem word gelê op die feit dat die sielkundige die terrein van die Kuns as sielkundige betree en dat kunskritiek en kunswaardering hoegenaamd nie aan die orde kom nie. Die analise is derhalwe uitsluitlik daarop afgestem om tot 'n ryker begrip van Ingrid Jonker se lewe te lei, om haar werk op so 'n wyse te ontsluit dat die mens daaragter vir sover moontlik kenbaar word en om idees wat andersins nie verband met mekaar sou hou nie en gedrag wat andersins onverklaarbaar sou wees, tot 'n sinvolle geheel saam te snoer. Om hiertoe te kan kom, word die begrippe waarvan daar gebruik gemaak word, onderskei en sowel die metodes wat gevolg as die beginsels wat toegepas word, uiteengesit. In die laaste instansie kom die wyse waarop daar in ander soortgelyke ondersoeke te werk gegaan is en die mate van ooreenkoms wat dit met hierdie studie vertoon, aan die orde. Ingrid Jonker se lewensloop word volledig in die eerste gedeelte van hoofstuk twee uiteengesit. Hierna word 'n aantal van haar werke wat sowel gedigte as sketse, kortverhale en 'n drama insluit, in chronologiese volgorde gerangskik en in ses afdelings, verteenwoordigend van verskillende tydperke in haar lewe, aangebied en ontleed. Aan die einde van elke afdeling word die belangrikste temas wat daarin voorkom, saamgevat. Ten slotte word 'n oorkoepelende uiteensetting van al die verskillende temas gegee. Sommige van die werke wat ontleed word is vry-algemeen bekend en is ook in haar gepubliseerde bundels opgeneem. Ander kom slegs in jeug- en populêre tydskrifte voor. In hoofstuk drie word die nuwe begrip vir die kunstenares as mens, waartoe daar uit die beskrywing van haar lewe en die ontleding van haar werk gekom is, opnuut saamgestel. Eers word sommige van haar persoonlikheidseienskappe beskryf, daarna word 'n uiteensetting van die verskillende gevoelens en behoeftes wat sy ervaar het, gegee. Dit word opgevolg deur 'n beskrywing van die houdings en gedrag wat sy openbaar het. In die laaste instansie word die aanpassingsprobleme wat sy ondervind het en die beskerrnings- en aanpassingsmeganisrnes waarvan sy gebruik gernaak het, weergegee. Omdat soveel wanopvattinge oor haar geestestoestand wêreldin gestuur is, word in die volgende afdeling hieraan aandag gegee. Die laaste afdeling van die hoofstuk word gewy aan 'n uiteensetting van die gevolgtrekkings, waartoe daar voortspruitend uit hierdie studie, geraak is. In hoofstuk vier kom die implikasies wat hierdie studie vir die Sielkunde inhou en die raakpunte tussen haar lewe en die werk van 'n psigoterapeut, aan die orde. Eerstens word die voorveronderstellings waarop die studie gebaseer is, herbevestig en daarna word aangetoon watter insigte dit opgelewer het. So beklemtoon dit, byvoorbeeld, dat die mens nie net in afsondering van sy medemens beskou en behandel kan word nie. Daar word dus aangetoon hoedat sy nie anders as teen die agtergrond van die gesinsdinamiek, waarvan sy deel gevorm het, begryp kon word nie en hoedat hierdie verbondenheid in die terapeutiese hulp wat sy ontvang het, ingeweef kon word. In dieselfde trant word aangetoon hoedat die tyd waarin sy geleef het en die samelewing waarvan sy deel gevorm het, 'n ewe belangrike invloed op haar uitgeoefen het. Haar vermoë om intens by 'n situasie betrokke te wees en tegelykertyd objektief daarteenoor te staan, kom as derde raakpunt met die werk van 'n psigoterapeut aan die orde. In die laaste instansie word aangetoon hoedat die Sielkunde, soos trouens ook elke ander dissipline, binne perke lê en hoedat dit, in 'n ondersoek van hierdie aard, nie alle antwoorde verskaf nie. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1978. / gm2013 / Psychology / unrestricted
2

Bewuswording by die adolessente dwelmafhanklike tydens die terapeutiese proses: 'n gestaltbenadering

Mouton, Carel Petrus Jooste 30 November 2005 (has links)
Bestaande navorsing aangaande die terapeutiese intervensie met die dwelmafhanklike adolessent is beperk, veral navorsing wat fokus op die bewuswordingsproses tydens die terapeutiese intervensie. In hierdie studie is gepoog om die benuttingswaarde van Gestalthulpmiddels ten opsigte van die verhoging van bewuswording by die dwelmafhanklike adolessent, tydens die terapeutiese proses vas te stel. Die navorsingsproses is deur kwalitatiewe navorsing gering om in hierdie doel te slaag. Die navorsingsinligting is met behulp van 'n uitgebreide literatuurstudie, asook deur middel van die waarneming en bestudering van twaalf gevallestudies bekom. Die benuttingswaarde en die toepassingsmoontlikhede van die Gestalthulpmiddels binne die Gestaltterapeutiese proses met die dwelmafhanklike adolessent, is verken en beskryf. Deur middel van die prossesering en integrering van die bevindinge wat tydens die empiries ondersoek verkry is, kon die data vir praktiese doeleindes toegepas word. 'n Riglyn wat vir die verhoging van bewuswording by die dwelmafhanklike adolessent gebruik kan word is aanbeveel. SUMMARY Existing research on the therapeutic intervention with the drug-addicted adolescent is limited, especially research that focused on the awareness process during therapeutic involvement. This study attempt to determine the face value of Gestalt helping aids throughout the improved awareness of the drug-addicted adolescent during the therapeutic process. A qualitative research approach was followed to achieve this goal. The research data is gained by a detailed literature study, as well as by the observation and study of twelve case studies. The value and the possibilities of application of the Gestalt helping aids in the Gestalt therapeutic process with the drug-addicted adolescent, is examined and described. By processing and integrating the assumptions obtained during the empirical study, the data could have been practically applied. As suggested out of this study a guideline can be developed for the improvement of awareness of the drug addicted adolescent. / Social work / M.Diac (Play Therapy)
3

4

'n Sistemiese konstruksie van die gesinsdinamika van die laerskoolkind wat dwelmmiddels gebruik (Afrikaans)

Aucamp, Ella Josina 28 May 2008 (has links)
The use of drugs by children are increasing in all communities and children who are using drugs for the first time are getting younger. This contributes to the fact that the use of drugs by primary school children in the pre-adolescent developing phase is increasing. During this developmental phase, the family of the child in which he/she grows up, plays an important role in the socialization of the child. Early exposure of the child to dysfunctional patterns within the family may contribute to the possible experimentation with drugs as a way for the child to compensate for the loss of emotional security. Due to the increasing reports of the pre-adolescent who uses drugs, the researcher was motivated to explore the factors that probably maintain this phenomenon. A research question to guide this research was formulated as follow: To what extent can the family's dynamics and functioning contribute to the experimentation and upkeep of drug abuse by the child in the primary school? A qualitative research design was used in order to explore the research question. Findings showed that the quality of the family system and the way in which the family functions, may contribute to the drug use of the child who is in the pre-adolescent developmental phase. / Dissertation (MSD (Research))--University of Pretoria, 2008. / Social Work and Criminology / unrestricted

Page generated in 0.0452 seconds