• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die rol van musiek in die uitbreiding van emotiewe konstrukte (Afrikaans)

De Beer, Sarina 20 March 2006 (has links)
Please read the abstract in the section 00front of this document / Dissertation (MA (Psychology))--University of Pretoria, 2006. / Psychology / unrestricted
2

Die rol van die klanke, klinkers en klawersprogram op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid

Faber, Heidi January 2013 (has links)
Die fokus van hierdie studie is ‘n intervensie deur middel van die Klanke, Klinkers en Klawersprogram op Afrikaanse Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording ten opsigte van leesgeletterdheidsvaardighede. Daar is gepoog om onderrig in fonologie te versterk en meer verrykend te maak deur middel van die integrering van musiekaktiwiteite. Die versterking van fonologiese bewuswording het leesgeletterdheidsvaardighede versterk. Tydens die aanleer van leesvaardighede is leerders aktief betrek deur na stories te luister, liedjies aan te leer en aan ander musiekaktiwiteite deel te neem. Volgens internasionale en nasionale leesstatistieke word leesgeletterdheids-vaardighede oral in die wêreld as ‘n probleem beskou, maar in Suid-Afrika neem dit kritieke afmetings aan waar die gemiddelde leerder in die grondslagfase groot probleme toon ten opsigte van lees. ‘n Moontlike rede vir hierdie probleem is dat fonologiesevaardighede nie onderrig word in Graad 1 nie. Weglating van die onderrig van sekere taalvaardighede soos fonologiese bewuswording lei tot swak leesprestasie by jong leerders. Oneffektiewe onderrigmetodes het ‘n beduidende negatiewe invloed op leerders se leesgeletterdheidsvaardighede. Hierdie agtergrond het my gelei tot die ondersoek van die navorsingsvraag naamlik: Tot watter mate sal ʼn Afrikaanse fonologiemusiekprogram ʼn invloed op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid hê? In hierdie navorsing is daar gebruik gemaak van ‘n konseptuele raamwerk gebaseer op Howard Gardner (1983:9) se multi-intelligensies, met die klem op musikale en linguistiese intelligensies. Gardner (1983) bevestig dat leerders baat daarby vind wanneer onderwysers verskeie intelligensies in hulle aanbiedinge betrek. Die integrasie van musiek met geletterdheid soos voorgestel deur Russell-Bowie, speel verder ook ‘n belangrike rol in die konseptuele raamwerk. Russell-Bowie (2006) beveel die integrasie van musiek en ander vakke ten sterkste aan. Musiek dra by tot die ontwikkeling van effektiewe leesvaardighede deur die deelname aan genotvolle aktiwiteite. Onderwysers met of sonder musiekkennis of -vaardighede kan musiek onderrig, maar onderwysers met gespesialiseerde vaardighede word benodig wanneer gevorderde musiekvaardighede en -konsepte vir leerders aangeleer word. ʼn Kwalitatiewe, interpretivistiese benadering tot ʼn gevallestudie is gebruik om die intervensieprogram en navorsingsvraag te verken, te verklaar en te beskryf. Data is ingesamel deur visuele bewysstukke, dokumente, waarneming, onderhoude en ‘n navorsingsjoernaal. Die data-analise het plaasgevind deur kodering en tematiese analise naamlik: Tema 1 Geletterdheidsvaardighede; Tema 2 Musiekvaardighede en Tema 3 Die rolspelers se ervaring van die intervensie. Onderwysers speel ‘n noemenswaardige rol in die aanleer van fonologiese bewuswording deur die korrekte uitspraak van fonologiese spraakklanke. Bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ‘n positiewe rol speel in fonologiese bewuswording van Graad 1-leerders se leesgeletterdheidsvaardigheid. Die intervensie program het duidelik die leerders se fonologiese bewuswording versterk wat weer hulle leesgeletterdheidsvaardighed bevorder het. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / 6 CDs available with the study. Kept at the Open Scholarship Office in the Embargo room. / gm2014 / Early Childhood Education / unrestricted
3

Bewuswording by die adolessente dwelmafhanklike tydens die terapeutiese proses: 'n gestaltbenadering

Mouton, Carel Petrus Jooste 30 November 2005 (has links)
Bestaande navorsing aangaande die terapeutiese intervensie met die dwelmafhanklike adolessent is beperk, veral navorsing wat fokus op die bewuswordingsproses tydens die terapeutiese intervensie. In hierdie studie is gepoog om die benuttingswaarde van Gestalthulpmiddels ten opsigte van die verhoging van bewuswording by die dwelmafhanklike adolessent, tydens die terapeutiese proses vas te stel. Die navorsingsproses is deur kwalitatiewe navorsing gering om in hierdie doel te slaag. Die navorsingsinligting is met behulp van 'n uitgebreide literatuurstudie, asook deur middel van die waarneming en bestudering van twaalf gevallestudies bekom. Die benuttingswaarde en die toepassingsmoontlikhede van die Gestalthulpmiddels binne die Gestaltterapeutiese proses met die dwelmafhanklike adolessent, is verken en beskryf. Deur middel van die prossesering en integrering van die bevindinge wat tydens die empiries ondersoek verkry is, kon die data vir praktiese doeleindes toegepas word. 'n Riglyn wat vir die verhoging van bewuswording by die dwelmafhanklike adolessent gebruik kan word is aanbeveel. SUMMARY Existing research on the therapeutic intervention with the drug-addicted adolescent is limited, especially research that focused on the awareness process during therapeutic involvement. This study attempt to determine the face value of Gestalt helping aids throughout the improved awareness of the drug-addicted adolescent during the therapeutic process. A qualitative research approach was followed to achieve this goal. The research data is gained by a detailed literature study, as well as by the observation and study of twelve case studies. The value and the possibilities of application of the Gestalt helping aids in the Gestalt therapeutic process with the drug-addicted adolescent, is examined and described. By processing and integrating the assumptions obtained during the empirical study, the data could have been practically applied. As suggested out of this study a guideline can be developed for the improvement of awareness of the drug addicted adolescent. / Social work / M.Diac (Play Therapy)
4

Page generated in 0.0671 seconds