• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The availability of historical data in wine cellars to construct a quantitative life cycle model

Lochner, Johan G. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy / ENGLISH ABSTRACT: What are the definite goals that organisations should strive for in modern-day business? How do we create sustainable competitive advantage in the world of business today? The ideal situation for an organisation is one in which it has important competitive advantages that are sustainable over time. This however is not as easy as a few years ago and the competition is more intense in basically every industry and business sector than it has ever been in the past. The last remaining source of truly sustainable competitive advantage lies in the unique ways in which each organisation structures its work and motivates its people to achieve clearly articulated strategic objectives - strategy is a company's formula for winning. An organisational life cycle model could be defined as a model that identifies a number of discreet stages that a firm goes through as it develops over time, following a growth strategy. Furthermore, the analysis of organisational life cycles, push us to ask new questions about organisations and lead us to take serious the proposition that history and prehistory powerfully shape organisations here and now. It also causes us to rethink the relationship between theory and methods. Despite some arguments on the relevancy of organisational life cycles, or the problems that may exist in the acceptance of organisational life cycle models, there is a strong belief that not only individual organisations, but industries as a whole may benefit from the identification of a valid organisational life cycle model, based on their business. The stages of an organisation's life cycle are predictable and repetitive, therefore enabling management to take proactive preventative measures, enabling them to deal with future problems earlier or avoid them altogether. It is thus evident that, if the life cycle of an organisation can be predicted, it is a right step towards creating a learning organisation, in turn, enhancing the possibility to achieve a higher level of success sooner in its life cycle. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wat is die doelwitte waarna 'n organisasie in die hedendaagse besigheidswêreld moet streef? Hoe ontwikkel ons vandag volhoubare kompeterende voordele in die besigheidswêreld? Die ideale situasie vir 'n organisasie is een waarin hy belangrike kompeterende voordele het wat oor tyd volgehou kan word. Dit is egter nie so maklik soos 'n paar jaar gelede nie en die kompetisie is meer intens in feitlik elke industrie en besigheids-sektor van die mark as ooit te vore. Die laaste oorblywende bron van ware volhoubare kompeterende voordeel, lê in die unieke manier waarop elke organisasie sy werk struktureer en die wyse waarop hy sy mense motiveer om duidelike uiteengesette strategiese doelwitte te bereik - strategie is 'n organisasie se formule vir oorwining. 'n Organisasie se lewensiklusmodel kan gedefiniëer word as 'n model waarvolgens 'n aantal diskrete stadiums, waardeur 'n firma beweeg soos hy oor tyd ontwikkel, indien 'n groeistrategie gevolg word, geïdentifiseer kan word. Verder forseer die analisering van organisasie-lewensiklusse ons om nuwe vrae te vra oor organisasies en skep dit die bewustheid dat die verlede sowel as die toekoms 'n groot rol speel in hoe 'n organisasie vandag daar uitsien. Ook dwing organisasie-lewensiklusse ons om die verhouding tussen teorie en metodes te heroorweeg. Afgesien van sommige redenasies oor die relevansie van organisasie-lewensiklusse, of die probleme wat mag bestaan in die aanvaarding van organisasie-lewensiklus modelle, is daar 'n sterk vertroue dat nie alleenlik individuele organisasies nie, maar industrieë as 'n geheel, kan baat vind by die identifisering van 'n relevante organisasie lewensiklusmodel, gebaseer op hul besondere tipe besigheid. Die stadiums van 'n organisasie se lewensiklus is voorspelbaar en repeterend, en skep dus vir die bestuur van 'n organisasie die geleentheid om proaktiewe maatreëls daar te stel, wat hulle dan in staat stel om toekomstige probleme vroeër te identifiseer of totaal te vermy. Dit is dus duidelik dat, indien die lewensiklus van 'n organisasie voorspel kan word, dit 'n stap in die regte rigting is om 'n dinamiese maatskappy daar te stel, wat op sy beurt dan hoër vlakke van sukses vroeër in sy lewensiklus behoort te bereik. In 'n poging om 'n relevante lewensiklusmodel vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf daar te stel, is die eerste vraag om jouself af te vra, "Beskik Suid-Afrikaanse wynkelders oor die historiese inligting benodig om 'n kwantitatiewe lewensiklusmodel saam te stel?" Hoewel nie altyd in die verlangde formaat nie, blyk dit uit die opname dat 'n hoë persentasie historiese data aangaande produksie-syfers (91%), bemarking-syfers (78%), finansiële-syfers (91%) en struktuur (81%) by wynkelders beskikbaar is. Die beskikbaarheid van bruikbare inligting, ouer as tien jaar, is: 65% vir produksie- syfers, 39% vir bemarking- syfers, 56% vir finansiële syfers en 57% vir strukture by wynkelders. lndien die behoefte ooit sou ontstaan om hierdie informasie te versamel, word daar voorgestel dat die vraelys (Byvoegsel B) gebruik word, gevolg deur 'n onderhoud gebaseer op die raamwerk soos aangedui in dieselfde byvoegsel. Die verantwoordelikheid om die vraelys te voltooi moet op die uitvoerder van die studie val. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die informasie nie dikwels beskikbaar sal wees vir die periode van tyd soos deur die vraelys verlang word nie. Tydens die periode van insameling van inligting sal die persoon bereid moet wees om ten minste 'n paar dae by elk van die kelders deur te bring. Realisties gesproke kan 'n paar dae, in sommige van die gevalle, selfs weke word.

Page generated in 0.0863 seconds