Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- music"" "subject:"dissertations -- nusic""
21 |
Aspekte van stemontwikkeling : 'n psigo-fisiese benaderingTheron, Marie Antoinette 03 1900 (has links)
Thesis(M. Mus.) -- Stellenbosch University, 1994. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate the relationship between developing the voice
and freeing the voice. The ultimate aim of developing the singing voice is expression
through the medium of sound. For this to happen, a singer's voice has to function free
and resonant. Every song demands certain expressive qualities, and the singing
instrument should be able to react to a wide range of impulses. The singing instrument
should be freed to enable optimal functioning, while authentically conveying powerful
emotions. Developing and freeing the voice is a psycho-physical process.
A person's psycho-physical functioning is manifested in body posture. As it were, the
body conforms to a person's predisposition and muscle use. Muscle condition, muscle
use and the singer's psychological state of mind influence the way in which sound is
produced. Sensory perception, the body and breathing in balance, and the use of the
body as singing instrument is discussed in chapter two.
During the teaching of singing it is imperative that singers develop free habits and
expectations. A process of releasing the voice is needed, because stressful habits and
distorted sound-expectations have become part of the singer's performance. This
inhibits expression in sound and causes the singing apparatus to operate ineffectively.
The proper balance between effort and result is often disturbed. In chapter three it is
pointed out that more attention should be paid to psycho-physical aspects, including
psychological hindrances, the mind, motivation and body language. The teacher-pupil
relationship and fear can also influence the development of the voice. In the process of
freeing the voice, the Alexander technique can contribute to recognition of
malfunctioning and tension in the body. A new and expanded approach to teaching and
learning is needed - this will enable the singer to fully participate through thought,
physical sensing, feeling and intuitive functions during teaching sessions. All these
components interact with each other to support the singing process and develop good
technical skills.
In chapter four activities which can contribute to the freeing process of the voice and
psycho-physical development are discussed. Activities used to promote the integration
of all components are game playing as aid to singing development, characterisation as
tool for personality and emotional development, imagery and imagination, and voice
and movement. In the final chapter some conclusions and directives are given for
future teaching of singing, with recommendations about areas in which more research
is needed, including development of mental concepts in singing, sound and movement,
and the role and influence of feeling and emotion during the singing process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is 'n ondersoek na die verband tussen stemontwikkeling en
stembevryding. Tydens sangstemontwikkeling is die uiteindelike doelwit ekspressie -
om deur middel van klank uitdrukking te kan gee. Om dit te laat gebeur moet 'n
sanger se stem vry en resonant klink. Elke lied stel sekere vereistes ten opsigte van
uitdrukking en die sangapparaat behoort te kan reageer op 'n verskeidenheid van
impulse. Die sangapparaat moet vry wees om optimaal te funksioneer en kragtige
emosies getrou te verklank. Stemontwikkeling en stembevryding is 'n psigo-fisiese
proses.
Liggaamshouding IS 'n uiting of manifestasie van die mens se psigo-fisiese
funksionering. Die liggaam neem as 't ware die vorm van die persoon se ingesteldheid
en spiergebruik aan. Die toestand van spiere, die funksionering van spiere en die
persoon se psigiese toestand het 'n invloed op die klank. Sensoriese waarneming, die
liggaam en asemhaling in balans en die gebruik van die liggaam as sanginstrument
word in hoofstuk twee bespreek.
In sangonderrig is dit noodsaaklik dat sangers vrye gewoontes en verwagtinge sal
ontwikkel. In Bevrydingsproses is dus nodig omdat spanningsvolle gewoontes en
verwronge klankverwagtinge deel geword het van die sanger se denkwyse as gevolg
van wanbegrippe oor sang. Dit inhibeer klankuitdrukking en laat die sangapparaat
oneffektief funksioneer. Die korrekte verhouding tussen inspanning en resultaat is
dikwels versteur. In hoofstuk drie word aangetoon dat in sangonderrig meer aandag
gegee behoort te word aan psigo-fisiese aspekte, waaronder psigiese blokkerings, die
denke, motivering en liggaamstaal. Ook die onderwyser-sanger-verhouding en vrees
kan stemontwikkeling beinvloed. In die stembevrydingsproses kan lesse in die
Alexandertegniek heelwat bydra tot die herkenning van wanfunksionering en spanning
in die liggaam. 'n Nuwe en uitgebreide benadering tot onderrig en leer is dus wenslik,
sodat die sanger tydens sangonderrig in sy totaliteit betrek kan word in sy denk-, fisiessintuiglike, gevoels- en intultiewe funksies. Al hierdie komponente werk interafhanklik
saam om die sangproses te onderhou en goeie tegniese vaardighede te laat ontwikkel.
In hoofstuk vier word aktiwiteite bespreek wat kan help met stembevryding en psigofisiese
ontwikkeling. Die aktiwiteite wat integrasie van alle komponente bevorder, sluit
in spel as hulpmiddel vir sangontwikkeling, karakterisering as middel tot
persoonlikheids- en emosionele ontwikkeling, beeldingspel en verbeelding, en stem en
beweging. In die finale hoofstuk word gevolgtrekkings en rigtingwysers vir
toekomstige sangonderrig gemaak, met aanbevelings oor areas waaroor meer navorsing
nodig is soos denkontwikkeling vir sangers, stem en beweging, en die funksionering en
invloed van gevoel en emosie tydens die sangproses.
|
22 |
Gehooropleiding in die twintigste eeu met spesiale verwysing na nuwe musiekBester, Hilda Johanna 12 1900 (has links)
Theis(MMus) -- Stellenbosch University, 1983. / No Abstract Available
|
23 |
'n Ondersoek na die geskiktheid van sillabi vir gehoortoetse in gegradeerde musiekeksamensNaude, Anna Catharina 12 1900 (has links)
Thesis (MMus) -- Stellenbosch University, 1987. / VOORWOORD: Gedurende my tydperk as musiekonderwyseres het ek toenemend bewus geword van die
belangrikheid van gehooropleiding in die musiekopleidingsprogram enersyds, en die gebrek aan
motivering en 'n voldoende metodiek andersyds. Hierdie lewendige belangstelling in
gehooropleiding en die probleme wat die vakgebied omring, het aanleiding gegee tot 'n ondersoek
na die geskiktheid van die gehoortoetse soos dit voorkom in gegradeerde musiekeksamens.
Die hoë standaard van gehooropleiding wat Dr. P.E.O.F. Loeb van Zuilenburg aan die Universiteit
van Stellenbosch daargestel het, en die groot hoeveelheid bronne oor die onderwerp wat in die
Musiekbiblioteek beskikbaar was, was die hoofredes vir my keuse van hierdie Universiteit vir
nagraadse studiedoeleindes.
|
24 |
Naivety as an aesthetic factor in Gustav Mahler's Wunderhorn songsCoetzee, Caroline 12 1900 (has links)
Thesis (MMus) -- Stellenbosch University, 1997. / AFRIKAANSE OPSOMMING:Hierdie tesif ondersoek die estetiese begrip nai"witeit met spesifieke verwysing na die Wunderllc:-n-t...;•r.••:ngs van Gustav Mahler. Die term nai'witr .L kom dikwels in die vroee literatwJr : '1r Mahler voor, trouens, Mahler het die term ook self gebruik. Vir die hedendaagse waarnemer is dit nie meer onmiddellik duidelik wat met hierdie term
bedoel word nie. Die bekende aanwending daarvan op die terrein van die beeldende kuns is in die verband van beperkte waarde. Daarom word daar in hierdie tesis gepoog om die term in sy historiese konteks tot so ver terug as die sewentiende en agtiende eeu te verstaan. Dit blyk dat Schiller die belangrikste bydrae tot die onderwerp gelewer
het, trouens, hy het die term tot 'n belangrike estetiese begrip ontwikkel in sy Ober
naive und sentimentalische Dichtung. Verder word Des Knaben Wunderhorn, die belangrikste versameling van Duitse volkspoesie, in die konteks van die intellektuele klimaat van die vroee Duitse Romantiek geplaas. Mahler se "ontdekking" van die versameling en sy groot belangstelling in volksmusiek word ook ondr die loep geneem. Die hoofdeel van die tesis ondersoek die vraag in watter mate die begrip, soos deur Schiller ontwikkel, op die musiek en dan spesifiek op Mahler se toonsettings van Wunderhorn-tekste toegepas kan word. Dit word aangetoon dat die begrip in 'n algemene sin aangewend kan word op voorbeelde van natuurklanke, kindermusiek en volksmusiek. Hierdie voorbeelde het alma! 'n sterk invloed op Mahler en word in sy Wunderhorn-styl ge'integreer saam met 'n baie persoonlike benadering tot realisme, insluitende sulke middele soos die nabootsing van nie-musikale klanke, ruimtelike beweging, spraakintonasie en emosies of "innerlike natuur". Mahler se idee van musiek as 'n atbeeld van die natuur of van die struktuur van die wereld as geheel word ook bespreek. Vervolgens word hierdie kenmerke op uitgebreide wyse aan die hand
van voorbeelde uit die toonsettings self gei'llustreer. Laastens word al die bevindings tot 'n omvangryke reeks gevolgtrekkings saamgevoeg. / ENGLISH ABSTRACT:This thesis sets out to investigate the aesthetic concept of naivety with specific reference to the Wunderhom Songs of Gustav Mahler. The term naivety is found frequently in the early literature on Mahler, in fact Mahler even used it himself. To the present-day observer, however, it is not immediately obvious what the full meaning of the term is as used by these authors. The well known use of the term in the field of visual art proves to be of only limited help. Therefore the thesb. ...ttempts to trace the historical context of the term as far back as the seventeenth and eighteenth
centuries. Schiller is shown to be the most important author on the subject, he in fact develops the term to an aesthetic concept of great significance in his Uber naive und sentimentalische Dichtung. Besides, the thesis examines the context in which Des Knaben Wunderhorn, the most important anthology of German folk poetry, should be seen, placing it in the intellectual climate of early German Romanticism. Mahler's
"discovery" of the anthology and his passionate interest in folk music are also investigated. The main body of the thesis concerns itself with the question of the applicability of the concept, as developed by Schiller, to music and specifically to Mahler's composition of Wunderhorn texts, which occupied the composer for the best part of his early career. It is shown that, in a general sense, the concept can be applied to instances of natural sound, children's music and folk music. These instances all
have a strong influence on Mahler and are intergrated into his Wunderhorn style
together with a very personal kind of realism, including such devices as the imitation of non-musical sounds, spatial movement, speech intonations and emotions or "inner nature". Mahler's idea of music as an image of nature or the structure of the world as
a whole is also discussed. Subsequently, these characteristics are illustrated extensively by examples from the songs themselves. Finally, all the findings are drawn together in a lengthy concluding section.
|
25 |
Developing an electronic resource for Kwaito Music in the Further Education and Training (FET) band (Grades 10 - 12)Crouch, Lynnette 27 February 2013 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Kwaito music, pronounced either as kwhy-toh, or quite-oh, is an indigenous South
African music style which came into existence after the apartheid era was abolished.
It was created by the black South African youth at the time when everyone was
looking forward to embrace the new South Africa as well as a new music style.
The people in the Gauteng ghetto/townships called it KWAITO after the Afrikaans
isicamtho (slang) word "kwai" which means "good" or "hot." It also stems from the
Afrikaans word 'kwaai" meaning "angry." It can also mean that "the guys are hot."
Kwaito is a distinctly home-grown music style, reflecting life in South Africa in the
local languages and urban slang. It also has its own style of dancing, speaking,
dress code and performing. It includes kwaito genres ranging from guz (meaning to
show a sign of affection for your fellow human beings) d'gong (meaning "out of
control") and isgubhu "drum" to swaito (an improved term for kwaito). The music is
basically dance music and the lyrics are in many cases unsubstantial or even nonsensible
for example in the kwaito artist, Mandoza's song, Godoba, the words
"Cyborg/Move your skeleton" are being repeated throughout the song. Kwaito is
normally not sung, but chanted or spoken rhythmically over the music.
Kwaito music has a very high impact on many young people's lives because many
young kwaito music artists have become very rich almost overnight. Black youth see
the kwaito trend as a way out of their poor existence within the townships/ghettos.
This study aims to divert the focus from the kwaito lifestyle (clothing, glamour,
materialism) and instead concentrates on the musical aspects thereof. Many
classically trained musicians and music teachers frown upon the kwaito music style
and regard it as being senseless, unsophisticated and of a lower quality than the
popular music that they are used to listening to. As with all other South African music styles such as mbaqanga, kwela, Afrikaans
music, township jazz, Kwaito music is introduced into the secondary school subject
music curriculum for grades 10- 12.
Many schools in South Africa have installed computer laboratories for effective
teaching and learning to take place. Schools also have music keyboard laboratories
where learners are taught to compose electronic computer music. In view of the fact
that almost all learners are computer literate the author has designed this electronic
resource with lesson plans for teachers to be used in the secondary school on kwaito
music specifically.
One lesson plan is an example where kwaito music is notated and used in a four part
harmony exercise. This resource is not geared towards the marketing of kwaito as a music style but is
geared to make it substantial to be used as lesson material for secondary school
subject music.
A further aim is to sensitise the more musically educated ear to the musical qualities
of the kwaito music style because in many cases it is being ignored by both learners
and educators.
This study is based on literature studies, empirical study. A website on kwaito music
is designed and developed which contains information on the history of kwaito, the
cultural democracy of kwaito, various artists, recording and marketing thereof.
Sample lesson plans are also developed as part of the resource. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kwaito musiek, uitgespreek as kwy-toh of kwaai-toh, is 'n inheemse Suid-Afrikaanse
musiekstyl wat na die apartheid era tot stand gekom het. Dit was deur die swart Suid
Afrikaanse jeug geskep in die tyd toe almal daarna uitgesien het na 'n nuwe Suid
Afrika sowel as 'n nuwe musiekstyl.
Mense in die agter-geblewe gemeenskappe (ghettos) van Gauteng het hierdie
musiekstyl KWAITO genoem afgelei van die Afrikaans "isicamtho" (gemengde tale)
woord 'kwai' wat 'goed' of 'warm' beteken. Dit hou ook verband met die Afrikaanse
woord 'kwaai' wat 'kwaad' beteken. Daar word ook geinsinueer dat 'die ouens goed
of warm voorkom.'
Kwaito is 'n kenmerkende plaaslike musiekstyl wat die alledaagse bestaanslewe in
Suid Afrika deur middel van plaaslike tale en stedelike spreektale weerspieel. Dit het
sy eie dansstyl, manier van praat, klere-modes en verhoog optredes. Dit sluit kwaito
style soos Guz (wat beteken om vir jou medemens om te gee), D'gong (om buite
beheer te wees),isgubhu (trom) en Swaito ('n verbeterde vorm van kwaito) in. Die
musiek is basies dansmusiek en die lirieke is baie keer oppervlakkig of dit maak in
sommige gevalle selfs nie sin nie soos byvoorbeeld in die kwaito kunstenaar,
Mandoza, se lied Godoba, word die woorde 'Cyborg, beweeg jou geraamte'
aanhoudend herhaal. Kwaito word gewoonlik nie gesing nie, maar ge'rap' wat
beteken dat die woorde ritmies met klankbegeleiding gese word.
Kwaito het 'n baie groot invloed op baie jongmense se lewens aangesien heelwat
van die jong kwaito kunstenaars feitlik oornag baie beroemd en skatryk geword het e
Die jeug dit as 'n uitweg beskou om hulself uit hul ellende en armoede te verhef
Die doel van hierdie studie is om die fokus vanaf die kwaito leefstyl (kleredrag, glans
en materialisme) te skuif en liewer op die musikale aspekte daarvan te konsentreer.
Heelwat musikante en musiek onderwysers wat in klassieke musiek geskool is,stel
nie in hierdie musiekstyl belang nie omdat hulle dit as sinneloos, ongesofistikeerd en
van 'n lae gehalte as die bekende populere musiek beskou.
Kwaito musiek is net soos aile ander Suid- Afrikaanse musiekstyle soos mbaqanga,
kwela, Afrikaanse musiek, Afrika jazz by die vakmusiek leerplan vir sekondere
skole, ingesluit vir grade 10- 12. Heelwat skole het rekenaar laboratoriums geinstalleer om effektiewe onderrig en leer
te verskaf. Verskeie skole het selfs musiek klawerbord laboratoriums waar leerders
geleer word om elektroniese rekenaarmusiek te komponeer. Weens die feit dat
amper aile leerders rekenaar geletterd is, het die skrywer hierdie elektroniese kwaito
hulpbron met lesplanne vir sekondere skool musiekonderwysers ontwikkel. Een lesplan is 'n voorbeeld waar kwaito musiek genoteer is en in 'n vierstemmige
harmonie oefening gebruik word.
Hierdie hulpbron is geensins daarop gemik om kwaito as 'n musiekstyl te bemark
nie, maar om dit substantief te maak as lesmateriaal vir sekondere skool gebruik.
'n Verdere doel is om die musikale oor vir kwaito klank sensitief te maak aangesien
dit baie kere deur beide leerkragte en leerders geignoreer word.
Hierdie studie is gebasseer op literatuurstudies en empiriese studie. 'n Webblad is
ontwikkel wat inligting oor die geskiedenis van kwaito, die kulturele demokrasie van
kwaito, verskeie kunstenaars, asook die klankopnames en bemarking daarvan.
Lesplanvoorbeelde is ook ontwikkel as deel van die hulpbron.
|
26 |
Afrikaanse liederwysies : 'n bestekopnameSmith, Aletta Margaretha 03 1900 (has links)
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: “Liederwysies” (folk hymns) are spiritual folk songs that emerged in the Afrikaans culture at
the beginning of the 19th century, and were used in isolated cases until the late 20th century.
These hymn tunes were sung by isolated rural families during their family worship and were
passed on via oral tradition. The origin of such melodies can be traced to various sources, and
like the similar process affecting folk music traditions all over the world, they emerged as
variations of official settings of psalms, hymns and other spiritual songs as well as secular
melodies. The process is comparable with the medieval centonization and contrafacta: in the
first case fragments of typical melodic contours may be used, and in the second, secular
melodies are appropriated for spiritual texts. (In the latter case the 19th century Anglicisation
policy and the influence of American revival hymns probably occasioned e.g. the American
folk song Clementine to be used as the basis of a folk hymn.) In some instances specially
composed melodies which had become obsolete, were retained as “liederwysies”, as
happened with F.W. Jannasch's setting of Psalm 130.
The demands of performance practice called for melodic variation, and one might even
identify instances of elementary neologism. Much of the variation draw upon extensive
decoration, such as melodic and rhythmic deviation, often by means of auxilliary notes,
passing notes (known as “draaiers” (“turns”) in the vernacular), and apparently random
rhythmic adaptations of unknown sources of melody.
Dutch researchers led research into this folk music genre at the beginning of the 20th century.
The first known notation of “liederwijzen” was done by Hendrik Vischer in 1896, followed
by two booklets by Willem van Warmelo published in 1948 and 1958. These excited much
interest, and G.G. (Gawie) Cillié stepped forward as Van Warmelo's avid (if musicologically
less erudite) successor. Although Cillié opposed the folk hymns originally from church
musical convictions, since he saw them as jeopardizing the “purity” of Afrikaans church
music, he did collaborate with the inclusion of some such tunes in the Liedboek van die Kerk
(2001). His last publication, reviewing 70 folk hymns, appeared in print in 1993.
For the purposes of this thesis all known research on the topic was collected and evaluated
critically. The researcher provides the broad historical background to the development of
spiritual folk songs and identifies problems involved in such research. A total of 176 melodies (including variants) are examined and described individually, and
where possible, they are placed in context with regard to their origin and composition. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Liederwysies is geestelike volksliedere wat sedert die begin van die 19de eeu in die
Afrikaanse volksmond ontstaan het, en in geïsoleerde gebruik was tot die laat 20ste eeu.
Hierdie liedere is deur geïsoleerde (plattelandse) families tydens huisgodsdiens gesing en
deur mondelinge tradisie oorgedra. Die herkoms van sulke melodieë kan aan ’n
verskeidenheid bronne toegeskryf word, en ooreenkomstig ’n proses eie aan volksmusikale
tradisies wêreldwyd, dit wil sê variante van offisiële melodieë vir Psalms, Gesange, ander
geestelike liedere, asook sekulêre melodieë. Die proses is in baie gevalle vergelykbaar met
die Middeleeuse sentonisasie en kontrafaktuur: in die eerste geval kan fragmente of tipiese
melodiese wendings van bekende melodieë diens doen, en in die tweede geval word sekulêre
melodieë aangewend vir geestelike tekste. (In laasgenoemde geval het die negentiende-eeuse
anglisasiebeleid en die invloed van Amerikaanse opwekkingsliedere waarskynlik bygedra tot
die wye gebruik van byvoorbeeld die Amerikaanse liedjie Clementine as basis vir ’n
liederwysie.) Enkele gevalle van gekomponeerde melodieë wat egter in onbruik geraak het,
maar in die geheue bly vassteek het as “liederwysie” is ook bekend, soos F.W Jannasch se
melodie vir Psalm 130.
By wyse van ’n deels unieke uitvoeringspraktiese benadering het verskeie melodievariante
ontstaan, en in enkele gevalle kan daar selfs sprake wees van elementêre nuutskeppings. Die
element van variëring berus grotendeels op die gebruik van soms uitvoerige “versierings”, dit
wil sê melodiese en ritmiese afwykings, meestal by wyse van wisselnote, deurgangsnote (in
die volksmond bekend as “draaiers”), en oënskynlik willekeurige ritmiese “aanpassings” van
die meestal onbekende melodiebronne.
Die navorsing van hierdie volksmusikale genre is hoofsaaklik deur Nederlanders aan die
begin van die 20ste eeu onderneem. Die eerste notasie van “liederwijzen” is (sover bekend)
in 1896 deur Hendrik Visscher gedoen. Willem van Warmelo se navorsing is in twee klein
boekpublikasies in 1948 en 1958 gepubliseer. Dit het baie belangstelling uitgelok, en Van
Warmelo het ’n ywerige (hoewel musiekwetenskaplik minder onderlegde) opvolger gehad in
G.G (Gawie) Cillié. Alhoewel Cillié weens kerkmusikale oortuigings hom aanvanklik teen
die liederwysies uitgespreek het, en dit as ’n bedreiging vir die “suiwer” Afrikaanse kerklied
beskou het, het hy meegewerk aan die insluiting van enkele van die melodieë in die Liedboek
van die Kerk (2001). Sy laaste publikasie oor die onderwerp, met ’n oorsig oor 70
liederwysies, het in 1993 verskyn. Vir hierdie studie is alle bekende navorsing oor die onderwerp versamel en krities geëvalueer.
’n Breë historiese agtergrond van die ontwikkeling van die geestelike volkslied, en die
probleme wat met die navorsing daarvan gepaard gaan is uitgelig. Die totaal van 176
melodieë (insluitend variante) is individueel ondersoek en beskryf, en waar moontlik in
konteks geplaas ten opsigte oorsprong en samestelling.
|
27 |
Exploring pluralism and musical meaning in the compositions of Hans RoosenschoonFraser, Melissa Jane 12 1900 (has links)
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis, the term pluralism is used to refer to the different musical and non-musical aspects that form part of a musical composition. Hans Roosenschoon, whose work is the focus of this study, is open about the fact that there are many pluralistic elements in his compositions and he admits to borrowing from others in his music. The thesis provides a short overview of techniques used when borrowing music with the focus on techniques used after 1950. This initial section also includes a short biography of Hans Roosenschoon with a broad overview of his compositional techniques.
In the next section, selected works of Roosenschoon are approached in two ways. First, an article by Christopher Ballantine on the compositions of Charles Ives serves to launch a discussion on meaning in borrowed music. When Ballantine wrote about the works of Ives, he focused on the meaning that quotations possess rather than on giving comprehensive analyses of the works. Consequently Ballantine’s focus on musical meaning in Ives’s works is compared to musical meaning generated in Roosenschoon’s work, bearing in mind that Ballantine focuses on Ives's collages, and the majority of Roosenschoon's compositions are technically not collages. Roosenschoon’s use of canonical works from Beethoven and Mozart and the subsequent construction of new musical contexts is explored. ‘New musical contexts’ are differentiated to include a discussion on the difference of borrowing music accompanied by text compared to music without text, using five different compositions as examples.
In the third chapter pluralism is extended further to include non-musical influences, with specific focus on possible political undercurrents in Roosenschoon’s compositions. All examples of political impulses in Roosenschoon’s compositions and writings are based on specific text examples written by Roosenschoon as well as personal interviews, and not inferences. Three compositions serve as examples of potentially political works, although not all of the political gestures are visible in the music itself, but were discovered through documents and discussions with the composer. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die term pluralisme gebruik word om te verwys na die verskillende musikale en nie-musikale aspekte wat deel vorm van 'n musikale komposisie. Hans Roosenschoon, wie se werk die fokus van hierdie studie is, is openhartig oor die feit dat daar baie pluralistiese elemente in sy komposisies is. Hy erken verder dat hy van ander komponiste se musiek gebruik maak in sy eie komposisies. Na 'n kort oorsig van die tegnieke wat gebruik word wanneer musiek geleen word, verskuif die fokus na die tegnieke wat gebruik is na 1950. Hierdie afdeling sluit ook 'n kort biografie van Hans Roosenschoon in met 'n breë oorsig van sy komposisietegnieke.
In die volgende afdeling word geselekteerde werke van Roosenschoon op twee maniere benader. Eerstens dien 'n artikel deur Christopher Ballantine oor die komposisies van Charles Ives as beginpunt van 'n bespreking oor die betekenis wat geleende musiek moontlik inhou. Wanneer Ballantine skryf oor die komposisies van Ives, fokus hy op die betekenis van aangehaalde musiek eerder as op omvattende ontleding van die werke. Vervolgens word Ballantine se fokus op musikale betekenis in Ives se komposisies vergelyk met die musikale betekenis wat gegenereer word in Roosenschoon se werk, met die verstaan dat Ballantine gefokus het op Ives se collages, en die meerderheid van Roosenschoon se komposisies tegnies nie collages is nie. Roosenschoon se gebruik van die kanoniese werke van Beethoven en Mozart en die daaropvolgende konstruksie van nuwe musikale kontekste word ondersoek. In hierdie ondersoek word daar ‘n onderskeid getref wanneer teks by die musiek betrokke is en wanneer dit nie 'n faktor is nie. Vyf verskillende komposisies word in hierdie afdeling bespreek.
In die derde hoofstuk word pluralisme verder uitgebrei om nie-musikale invloede in te sluit, met 'n spesifieke fokus op die moontlike politieke ondertone in Roosenschoon se komposisies. Alle voorbeelde van politieke impulse in Roosenschoon se komposisies en geskrifte word gebaseer op spesifieke tekste wat deur Roosenschoon geskryf is, sowel as persoonlike onderhoude, en nie blote afleidings nie. Drie komposisies dien as voorbeelde van potensiële politiese werke.
|
28 |
Aviva Pelham : die sanger as crossover-kunstenaar - 'n ondersoek na die verskynselVan Der Westhuizen, Barend Nicolaas 12 1900 (has links)
Thesis (MMus)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: It is ironic that with so much interest in singing as a career, the possiblities for trained singers are getting less and less, especially in South Africa. With reality programmes such as Idols and Superstars, the popular music world is overflowed with singers with little, if any, voice training. Then there are also singers who try to establish themselves as crossover artists and perform opera arias on stages such as the KKNK Classic Pops and Die Burger’s Afri-Klassiek concerts accompanied by South Africa’s foremost symphony and philharmonic orchestras. But what about the classical singer who cross over into other genres of singing and like some local and international artists have proved to us, musicals could be a genre to explore.
This study explore the possiblity of this type of crossover from classical singing to musical singing. By listening to sound recordings and using a series of musical volumes, songs were identified that the classical singer could sing without harming his or her voice technique.
One of the success stories of this type of crossover is the Capetonian soprano, Aviva Pelham. In 1972 Pelham established herself as an opera singer in Cape Town and then confused the classical world with her appearance as Eliza Doolittle in 1978. After that she had a successful career on both classical and musical stages. During her career of nearly 40 years as performing artist, Pelham appeared in 28 different opera roles, 11 different operetta roles and 10 musical roles.
Aviva Pelham’s achievements were laureated with a Cape Nederburg Opera Prize, four FNB Vita Awards and in 2000 an Arts, Culture and Heritage Award from the Western Cape Minister for Environment and Culture / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is ironies dat, terwyl daar soveel belangstelling in sang as loopbaan heers, word die geleenthede vir opgeleide sangers meer beperk. In Suid-Afrika veral is die moontlikhede beperk vir klassieke sangers. Met realiteitsprogramme soos Idols en Supersterre is die populêre musiekwêreld vol van sangers met geen of baie min sangopleiding. Daar is dan ook van dié sangers wat probeer om hulself te vestig as crossover-kunstenaars en opera-arias uit te voer op die konsertverhoë, soos bv. die KKNK Classic Pops- en Die Burger se Afri-Klassiek-konserte saam met van Suid-Afrika se voorste simfonie- of filharmoniese orkeste. Maar wat van die die klassieke sanger wat “crossover” in ‘n ander tipe styl van sang en soos deur ‘n paar plaaslike en internasionale kunstenaars al bewys, is musiekblyspele ‘n genre om te ondersoek.
Hierdie studie ondersoek dus die moontlikheid van hierdie tipe “crossover” van klassieke sang na musiekblyspele. Daar word deur middel van klankopnames en ‘n reeks volumes van musiekblyspel-liedere, liedere geklassifiseer wat die klassieke sanger kan sing sonder om sogenaamde skade aan sy of haar sangtegniek te doen.
Een van die sukses-stories van hierdie tipe “crossover” is die Kaapse sopraan, Aviva Pelham. Pelham het haarself as ‘n operasangeres gevestig in 1972 in Kaapstad en die klassieke wêreld ophol gejaag met haar verskyning as Eliza Doolittle in 1978. Vandaar het sy ‘n suksesvolle loopbaan op beide die klassieke en musiekblyspelverhoë gehad. Pelham het gedurende haar loopbaan, van ongeveer 40 jaar as uitvoerende kunstenaar, 28 verskillende operarolle, 11 verskillende operette-rolle en 10 musiekblyspelrolle vertolk.
Aviva Pelham se prestasies is bekroon met ‘n Kaapse Nederburg Operaprys, vier FNB Vita-toekennings en sy is in 2000 vereer deur die Wes-Kaapse Minister vir Omgewings- en Kultuursake met ‘n Kunste, Kultuur en Erfenis-toekenning vir haar bydrae tot die Uitvoerende Kunste.
|
29 |
Die Instrumentalwerke Hugo Distlers : ein Beitrag zu ihrer StilbestimmungLüdemann, Winfried August 12 1900 (has links)
Thesis (PhD) -- Stellenbosch University, 1988. / This dissertation analyses the style of the published instrumental works
of Hugo Distler (1908-1942). Emphasis is placed on the innovative
aspects of the style rather than on the rejuvenation of older stylistic
models, this latter feature having up to the present received more
attention than any other. An examination of the concept of style
analysis in general as well as the problems arising from its application
specifically to the instrumental works of Distler prepares the ground
for an investigation of the principles on which the style is based. To
begin with these principles are presented hypothetically and then verified by way of detailed discussion and numerous examples from the music itself. It is argued that they result from a style of remarkable integrity. A distinction is made between general stylistic principles
(which include a linear-additive principle, a vocal principle and the principle of play) and specific structural principles. The latter are explained as specific realizations of the former on a structural level.
Consequently the innovations on this level are described in great detail. This forms the main body of the dissertation. The terminology
thus developed is then applied to an examination of melodic, harmonic, rhythmical and formal characteristics. It is found that an appropriate analysis and apt description of the style is possible in this way. The most important result of the investigation is the finding that Distler's
style represents a highly original contribution to the search 'for a way
to overcome the conventional tonal style without, however, resorting to
atonality.
|
30 |
In search of the "true" sound of an artist : a study of recordings by Maria CallasFuchs, Adriaan 04 1900 (has links)
Thesis (M. Phil. (Music Technology)) -- University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Modern digital signal processing, allowing a much greater degree of flexibility in audio processing and
therefore greater potential for noise removal, pitch correction, filtering and editing, has allowed transfer
and audio restoration engineers a diversity of ways in which to “improve” or “reinterpret” (in some
cases even drastically altering) the original sound of recordings. This has lead to contrasting views
regarding the role of the remastering engineer, the nature and purpose of audio restoration and the
ethical implications of the restoration process.
The influence of audio restoration on the recorded legacy of a performing artist is clearly illustrated in
the case of Maria Callas (1923 - 1977), widely regarded not only as one of the most influential and
prolific of opera singers, but also one of the greatest classical musicians of all time. EMI, for whom
Callas recorded almost exclusively from 1953 - 1969, has reissued her recordings repeatedly,
continually adapting their sound “to the perceived preferences of the record-buying public” (Seletsky
2000: 240). Their attempts at improving the sound of Callas’s recordings to meet with the sonic quality
expected of modern recordings, as reissued in the latest releases that form part of EMI’s Callas
Edition, Great Recordings of the Century (GROTC) and Historical Series, have resulted in often
staggeringly different reinterpretations of the same audio material that bear no resemblance to
previous CD or LP incarnations or “evince no consolidated conviction about exactly how Callas’s voice
should sound.” In essence, some commentators argue that the “Callas sound” we hear on recent CD
releases is not necessarily exactly as the great diva might have sounded.
The purpose of this study is to consider the influence of audio restoration and remastering techniques
on the recorded legacy of Callas, by illustrating the sometimes startlingly different ways in which her
voice has been made to sound, examining and comparing the way in which different remasterings of
the same audio material can vary in quality, as well as demonstrating how vastly different sonic
reinterpretations of a single recording can affect our perception of an artist’s “true” sound. To this end,
various reissues of six different complete opera recordings, including four studio recordings: Tosca
(1953), Lucia di Lammermoor (1953), Norma (1954), Madama Butterfly (1955), as well as two “live”
performances of Macbeth (1953) and La Traviata (1958), have been evaluated and compared, using
the “true” sound of Callas’s voice as reference in comparing the different remasterings. Pitch and
frequency spectrum analysis was used to confirm or support any subjective claims and observations
and further analysis performed with the aid of a specialised Matlab algorithm. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Moderne digitale seinprossesering bied kragtige en veelsydige moontlikhede vir die verwerking van
klankseine. Die groter potensiaal vir ruisverwydering, toonhoogte verstelling, filtrering en redigering
van opnames bied klankingenieurs ‘n wye verskeidenheid van maniere om die oorspronklike klank van
opnames te verbeter, te interpreteer en soms ingrypend te verander. Dit het aanleiding gegee tot
teenstrydige en uiteenlopende menings oor die funksie van die klankrestourasie-ingenieur, die aard en
doel van klankrestourasie en die etiese gevolge van die restourasieproses.
Die invloed van klankrestourasie op die klanknalatenskap van ‘n uitvoerende kunstenaar kan duidelik
bestudeer word in die geval van Maria Callas (1923 – 1977), algemeen aanvaar as een van die mees
invloedryke en grootse klassieke musici van alle tye. Die platemaatskappy EMI, vir wie Callas feitlik
uitsluitlik vanaf 1953 tot 1969 opgeneem het, het haar klankopnames reeds verskeie kere heruitgereik
en die klank daarvan deurlopend aangepas om aanklank te vind by die “veronderstelde voorkeure van
die publiek” (Seletsky 2000: 240). EMI se pogings om die klank van Callas se opnames te verbeter om
aan die klankvereistes van moderne opnames te voldoen, het ontaard in dikwels aangrypend
verskillende interpretasies van dieselfde audio materiaal wat geen ooreenkomste toon met vorige
laserskyf of langspeelplaat uitgawes nie, asook “geen vasgestelde oortuigings openbaar oor hoe
Callas se stem presies moet klink nie.” Sommige critici argumenteer dat die “Callas klank” wat ons op
hedendaagse CD uitgawes hoor, nie noodwendig klink soos wat Callas werklik geklink het nie.
Die doel van hierdie studie is om die invloed van klankrestourasie op die klanknalatenskap van Callas
te bestudeer deur die verskillende wyses waarop die klank van haar stem aangepas is te illustreer, die
verskille in klankkwaliteit tussen verskillende uitgawes van dieselfde materiaal te ondersoek en te
vergelyk, asook te demonstreer hoe uiteenlopend verskillende interpretasies van ‘n enkele opname
die persepsie van ‘n kunstenaar se “ware” klank kan affekteer. Vir hierdie doel is verkeie uitgawes van
ses verskillende volledige opera opnames, insluitend vier studio opnames van onderskeidelik Tosca
(1953), Lucia di Lammermoor (1953), Norma (1954) en Madama Butterfly (1955), asook twee
“lewendige” opnames van Macbeth (1952) en La Traviata (1958) bestudeer deur Callas se “ware”
klank as maatstaf te gebruik om die onderskeie opnames te vergelyk. Toonhoogte- en frekwensie
spektrum analise, asook analise deur middel van ‘n gespesialiseerde Matlab algoritme, is deurlopend
gebruik om enige subjektiewe gevolgtrekkings en waarnemings te staaf.
|
Page generated in 0.1019 seconds