• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 199
  • 83
  • 55
  • 18
  • Tagged with
  • 363
  • 363
  • 317
  • 130
  • 130
  • 112
  • 107
  • 56
  • 44
  • 34
  • 34
  • 33
  • 30
  • 29
  • 28
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
51

Adolescent offenders’ perceptions regarding restorative justice

Janse van Rensburg, Joanna 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The Department of Correctional Services (DCS) has adopted an approach to corrections based on the principle of restoration. This restoration takes place between the offender and the victim, the community and their own family and within themselves. According to DCS, rehabilitation can not take place without restoration (The White Paper on Corrections in South Africa, 2005). For this reason the DCS has shown a concerted commitment to the promotion of restorative justice programmes as part of offender rehabilitation. The aim of the study is to assess the perception that juvenile offenders, who were in prison at the time of the study, have of restorative justice in prison. The findings obtained in this regard could be used to contribute to various aspects of restorative justice in prisons such as what offenders perceive to be indications of readiness to participate in such programmes; the perceived effect of restorative justice programmes on the offender; what facilitative mechanisms can be used, and the extent of the need to educate offenders with regard to restorative justice. The findings could be used to contribute to programme presentation and ultimately to the outcomes of restorative justice programmes in prison. Twenty three participants that were selected were juvenile offenders aged between 18 and 20. They were all serving sentences of more than 2 years, and had served at least 2/3 of their sentence and/or are about to be released. The offences of the participants included economic, violent, sexual and homicide crimes. The DVD titled Burning Bridges was used as a research stimulus and data was gathered by means of individual interviews and a focus group discussion. The data revealed that offenders need to be educated about the principles and practices of restorative justice programmes. The offenders’ ability to address the victim and the community needs to be assessed, as well as their ability to recall and talk about their crime. There should also be a focus on the offender’s general behaviour in prison, which includes their willingness to use the opportunities that they receive in prison. Knowledgeable personnel should be become more involved with the selection of suitable candidates, as they will be able to give a rich description of the offender that is being assessed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se benadering tot korreksies is gebasseer op restorasie. Hierdie restorasie vind plaas tussen die oortreder en die slagoffer, die gemeenskap, sy/haar eie familie en ook binne die oortreder self. Volgens die DKD kan rehabilitasie van die oortreder nie plaasvind indien restorasie nie plaasgevind het nie (The White Paper on Corrections in South Africa, 2005). Vir hierdie rede het die DKD `n verbintenis gemaak om regstellende geregtigheid programme deel te maak van die oortreder se rehabilitasie. Die doel van die studie is om vas te stel wat jeug oortreders se persepsie van regstellende geregtigheid in tronke is. Die bevindings wat op hierdie manier verkry word kan gebruik word om `n bydrae te lewer tot verskeie aspekte van restellende geregtigheid in tronke. Die data wat verkry word sal aandui wat jeug oortreders beskou as gereedheid om deel te neem aan sulke programme en watter voorsorgmaatreëls in plek gestel kan word om die doelwitte van die program te bereik. Die bevindings kan ook as aanduiding gebruik word of daar `n behoefte aan onderrig aangaande regstellende geregtigheid bestaan. Die studie kan dus gebruik word om by te dra tot die aanbieding van restellende geregtigheid programme, sowel as die uitkomste van die programmme in tronke. Die 23 deelnemers wat geselekteer was, was tussen die ouderdom van 18 en 20. Hulle was almal gevonnisde oortreders wat vir meer as 2 jaar gevonnis was, wat ten minste 2/3 van hul vonnis voltooi het en/of wat binnekort vrygelaat sou word. Die deelnemers was gevonnis vir ekonomiese misdade, geweldsmisdade, seksuele oortredings en moord. Die DVD ’Burning Bridges’ was as navorsing stimulus gebruik en data is gegenereer deur middel van individuele onderhoude en fokus-groep besprekings. Die data het aangetoon dat oortreder opgevoed moet word in verband met die beginsels en die toepassings van regstellende geregtigheid programme. Die oortreder se vermoë om met die slagoffer en die gemeenskap te praat moet geassesseer word, sowel as sy/haar vermoë om die misdaad te herroep en daaroor te praat. Daar moet ook gekyk word na die oortreder se algemene gedrag in die tronk. Dit sluit in sy/haar bereidwilligheid om die geleenthede wat in die tronk aangebied word te gebruik. Personeel wat die nodige kennis en ervaring het moet meer betrokke raak in die seleksie van geskikde kandidate, aangesien hulle instaat sal wees om `n indiepte beskrywing te gee van die oortreder wat geassesseer word.
52

Mothers who kill their children : a literature review

Davies, Leisha 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Psychology))--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Maternal filicide, the murder of a child by its mother, is a complex phenomenon with various causes and characteristics. Research, by means of the development of several classification systems and in identifying particular risk factors, has been conducted with the aim of better prevention of this emotionally evocative crime. Various disciplines have offered a wide range of perspectives on why women kill their biological children. These are intended to yield a better understanding of the aetiology of this crime. This literature review delineates three dominant perspectives: psychiatric, psychological, and sociological. The main findings of each perspective are discussed. However, these three perspectives frequently operate in conjunction with each other in that both intrapsychic and interpersonal dynamics play a role in acts of maternal filicide. The most vulnerable women appear to be those who have had a severely deficient developmental history (trauma and/or grossly inadequate parenting), those who experience current difficult psychosocial circumstances, and those who have been diagnosed with a psychiatric illness. However, not all women who experience such problems kill their children. In this regard, individual differences have an important role to play and more carefully delineated future research is suggested. One of the most significant findings of this literature review is that there appears to be a paucity of systematic research on the South African phenomenon of parental child homicide. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Moedermoord, die moord van ’n kind deur sy of haar moeder, is ’n komplekse verskynsel met verskeie oorsake en karaktereienskappe. Navorsing deur die ontwikkeling van verskeie klassifikasiestelsels en die identifisering van spesifieke risikofaktore is uitgevoer met die doel om hierdie misdaad, wat soveel emosies ontlok, beter te voorkom. Verskeie dissiplines bied ’n wye verskeidenheid perspektiewe oor die redes waarom vroue hul biologiese kinders vermoor. Die doel van hierdie perspektiewe is om ’n beter etiologiese begrip van hierdie vorm van misdaad te verkry. Die literatuurstudie dui drie dominante perspektiewe aan: psigiatries, psigologies en sosiologies. Die hoofbevindinge van elke perspektief word bespreek. Hierdie drie perspektiewe werk dikwels saam aangesien sowel intrapsigiese en interpersoonlike dinamiek ’n rol in moedermoorddade speel. Die kwesbaarste vroue blyk dié te wees met ’n ernstig gebrekkige ontwikkelingsgeskiedenis (trauma en/of ernstig onvoldoende ouerskap), diegene wat hulle in moeilike psigososiale omstandighede bevind, en dié wat met ’n psigiatriese siekte gediagnoseer is. Nie alle vroue wat hierdie probleme ervaar, vermoor egter hulle kinders nie. In hierdie opsig speel individuele verskille ’n belangrike rol en word versigtig afgebakende toekomstige navorsing voorgestel. Een van die belangrikste bevindinge van hierdie literatuuroorsig is dat daar ’n gebrek aan sistematiese navorsing oor die Suid-Afrikaanse verskynsel van kindermoord deur ouers blyk te wees.
53

Racism reduction in South Africa : a framework for understanding and designing an intervention program

Rogatschnig, Marc Johann 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This review explores the availability of programs aimed at reducing racism in South Africa. A summary of legislation and policy directives is included to provide clarity and inject impetus into the need for such programs. There were difficulties in receiving information and reviewing such programs and therefore a conceptualisation of racism is provided along with an examination of current manifestations thereof. To assist in the future design of racism reduction programs a detailed exposition of principles shown to be crucial to racism reduction is also provided. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie literatuur oorsig ondersoek die beskikbaarheid van programme wat daarop gemik is om rassisme in Suid-Afrika te verminder. 'n Opsomming van wetgewing en staatsbeleid word as verklaring en motivering vir die behoefte aan sodanige programme ingesluit. Aangesien daar sekere probleme ondervind is tydens die insameling van inligting, asook by die ontleding van sodanige programme, word daar gefokus op die konsep van rassisme, asook op die huidige voorkoms daarvan. In 'n poging om die ontwikkeling van toekomstige programme wat daarop gerig is om rassisme te verminder, te vergemaklik, word daar 'n gedetailleerde uiteensetting van sekere beginsels wat onteenseglik verwant is aan die vermindering van rassissme, ook weergegee.
54

An exploratory study of the use of metaphor in the practice of ecotherapy

Van der Heyden, Yoav 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to explore the underlying mechanisms inherent to the interaction between human beings and the natural environment. Using an exploratory approach, the study aimed to uncover conceptual understandings of the Ecotherapy process. As a platform for deeper investigation, the metaphor as a narrative symbol presented by participants was offered for interpretation. Using the transcript of an anonymous participant's experience during an ecotherapy trail, four trained ecotherapy facilitators from the National Peace Accord Trust provided open interpretations of the underlying mechanisms of the process. From an analysis of selected excerpts presented by participating facilitators, key themes are introduced and discussed as source of interest for future research. Predominant themes that emerge from the study are the significance of symbolism, the notion of embodiment, the continuum in the process of connection as well as existence of a spiritual dimensions to the healing process in the natural environment. A number of the shortcomings of previous research, as well as within this investigation are discussed. This study suggests that there is a definite need for further qualitative and emperical investigation of the ecotherapy process as a therapeutic intervention. The findings of this study are intended both as a platform for future research initiatives as well as a resource for ecotherapy facilitators and participants. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die onderliggende meganismes inherent aan die interaksie tussen die mens en die natuurlike omgewing te ondersoek. Die studie het beaag om met 'n eksploratiewe benadering die konseptuele beginsels van die Ekoterapie proses bloot te lê. As vertrekpunt is die metafoer, soss beskrywe deur die deelnemers, as narratiewe simbool beskou vir meer dieperliggende interpretasie. Die transkripsies van die deelnemers se ervarings gedurende die ekoterapeutiese staptog is deur vier professionele ekoterapeutiese fasiliteerders van die "National Peace Accord Trust" geïnterpreteerom die onderliggende meganismes van die proses te identifiseer. As verwysingsbron vir verdere navorsing is die gereduseerde opsommings van die betrokke fasiliteerders geanaliseer, sentrale temas geïdentifiseer en bespreek. Sentrale temas wat uit die studie na vore gekom het, was die betekenisvolheid van simboliek, die besef van liggaamlikheid, die kontinuum in die proses van konneksie-vorming, sowel as die voorkoms van spirituele dimensies geduurende die helingsproses in die natuurlike omgewing. Tekortkominge van vorige, sowel as die huidige navorsing, is ook aangespreek. Dit blyk uit die studie dat In defnitiewe behoefte aan verdere kwalitatiewe en empmese navorsing rondom die ekoterapie proses as terapeutiese intervensie, bestaan. Die bevindinge van hierdie studie behoort te dien as 'n vertrekpunt vir toekomstige navorsing, sowel as 'n verwysingsbron vir ekoterapeutiese fasiliteerders en deelnemers.
55

Die verband tussen stadium van morele ontwikkeling en lokus van kontrole by 'n groep Afrikaanssprekende adolessente

Swart, Bert 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: According to Hurlock ( in Louw, Gerdes & Meyer, 1985), traditional society has a larger number of prescribed values and rules of behaviour than is the case in modern society. In modern society the onus rests on the individual who is expected to direct his behaviour in accordance with the values of his choice. The individual has to accept responsibility for determining his own values. This may create problems for the adolescent because he will be confronted by a wide range of diverse values without the benefit of guidelines or rules to tell him which of those values should be accepted and which should rather be avoided. Against this background it becomes clear why the internalization of moral values, as they develop, is of utmost importance to the adolescent. In this study an attempt has been made to investigate the relationship between stage of moral development and locus of control within a group of Afrikaans-speaking adolescents. The study has further attempted to determine the influence of intellectual ability on the relationship between stage of moral development and locus of control. Males and females were also compared with respect to moral development and locus of control. The sample comprised 193 white, Afrikaans-speaking grade eleven pupils. Seventy-six were boys and 117 girls. The subjects were selected from three high schools situated in three different towns and/or cities. All the subjects came from complete families in which both biological parents were present. Taylor's Reasons for Action Questionnaire (1978) was used to determine the stage of moral development. This questionnaire is based on Lawrence Kohlberg's six stages of moral development which in itself developed from the cognitive-developmental structural approach to moral development. The Rotter Internal-External Locus of Control Questionnaire was used to measure the level of locus of control. Intelligence test scores, as measured by the New South African Group Test, were obtained from the E119 records at the various schools. The responses to a biographical questionnaire were used to facilitate the demarcation of the sample. The results of the study indicated that on average the sample as a whole, functions on a conventional moral level. A significantly negative correlation (r(193) = -,28; P < ,001) was found between locus of control and level of moral developement. This indicates that within this group of Afrikaans-speaking adolescents an internal locus of control is associated with a higher level of moral development whilst and external locus of control is associated with a lower level of moral development. In this study intelligence had little or no influence on the relationship between level of moral development and locus of control. This supports the view of Kohlberg (1969) that there is a curved line relationship between the level of moral judgement and intellectual ability. Finally it may be said with a 95% degree of certainty, that there is a significant gender difference in respect of the construct of moral development. The girls used in this sample displayed a more developed level of moral development than the boys. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In tradisionele samelewings is daar, volgens Hurlock (aangehaal in Louw, Gerdes & Meyer, 1985), meer waardes en reëls vir gedrag voorgeskryf as in die moderne samelewing. In die moderne samelewing rus die onus op die individu om sy gedrag volgens die waardes van sy keuse in te rig. Hierdie verantwoordelikheid wat op die individu rus om self sy waardes te bepaal, kan vir die adolessent probleme skep aangesien hy deur 'n groot verskeidenheid waardes konfronteer word sonder riglyne of reëls oor watter waardes aanvaar en watter liefs vermy moet word. Teen hierdie agtergrond is dit duidelik waarom die internalisering van morele waardes, soos dit ontwikkel, van uiterste belang is vir die adolessent. Die onderhawige studie poog om die verband tussen die stadium van morele ontwikkeling en lokus van kontrole by 'n groep Afrikaanssprekende adolessente te ondersoek. Verder is probeer om die invloed van intellektuele vermoë op die verband tussen die stadium van morele ontwikkeling en lokus van kontrole te ondersoek. Laastens is die geslagte met mekaar vergelyk ten opsigte van die twee konstrukte, naamlik stadium van morele ontwikkeling en lokus van kontrole. Die ondersoekgroep het bestaan uit 193 blanke Afrikaanssprekende graad 11 leerlinge. Hiervan was 76 seuns en 117 meisies. Die toetslinge was afkomstig uit drie hoërskole wat in drie verskillende dorpe en/of stede geleë is. Die toetslinge het uit volledige gesinne gekom, dit wil sê, gesinne waar beide die biologiese ouers nog teenwoordig was in die huishouding. Die Redes vir Optrede Vraelys van Taylor (1978) is gebruik om die stadium van morele ontwikkeling vas te stel. Hierdie vraelys is gebaseer op Lawrence Kohlberg se ses stadia van morele ontwikkeling wat ontstaan het vanuit die kognitief-ontwikkelende strukturele benadering van morele ontwikkeling. Die Rotter Interne-Eksterne Lokus van Kontrole Vraelys is gebruik om die vlak van lokus van kontrole te bepaal. Verstandtoetstellings, soos gemeet deur die Nuwe Suid- Afrikaanse Groeptoets, is vanaf die E119-vorms by die onderskeie skole verkry. Die response op "n biografiese vraelys is benut ten einde die steekproef effektief at te baken. Die resultate van die ondersoek toon dat die totale steekproef wat gemiddeldes betref, op 'n konvensionele morele vlak redeneer. Daar is "n beduidende negatiewe verband r(193) = -,28; p< ,001) tussen lokus van kontrole en vlak van morele ontwikkeling gevind. Dit dui daarop dat, by hierdie groep Afrikaanssprekende adolessente, "n interne lokus van kontrole saamgaan met "n hoër vlak van morele ontwikkeling en "n eksterne lokus van kontrole met "n laer vlak van morele ontwikkeling saamgaan. In hierdie studie het intellektuele vermoë ook weinig tot geen invloed op die verband tussen vlak van morele ontwikkeling en lokus van kontrole gehad nie. Die bevinding ondersteun Kohlberg (1969) se siening dat die verband tussen vlak van morele oordeel en intellektuele vermoë kromlynig is. Laastens kan daar met 95% sekerheid gesê word dat die geslagte beduidend van mekaar verskil ten opsigte van die konstruk morele ontwikkeling. Dit blyk dat die meisies in hierdie steekproef moreel verder ontwikkel het as die seuns.
56

Posttraumatic stress disorder, its sequelae and cognitive behavioural therapy as an appropriate therapy

Steyn, Katharine Mary 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Posttraumatic stress Disorder (PTSD) has been researched and written about since its recognition as a disorder in the DSM-III in 1980. This study reviews the literature on PTSD and cognitive behavioural therapies, designed for its treatment. It covers the historical aspects of how the syndrome came to be identified, defined and recognized as a discrete disorder. The neurobiological features of the disorder, its cognitive processes, particularly those of dissociation and traumatic memory are dealt with. Cognitive behavioural therapies are reviewed, these include: relaxation; hypnosis; exposure; eye movement desensitization reprocessing; anxiety management training; cognitive therapy and combination therapies. Further areas for research are suggested based on the lacunae that have yet to be explored with regard to cognitive behavioral therapy treatments. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Posttraumatiesestressversteuring is nagevors en bespreek vandat dit in 1980 in die DSM-III as 'n versteuring herken is. Hierdie studie gee 'n oorsig van die literatuur oor PTSVen kognitiewe gedragsterapeutiese, ontwerp om dit te behandel. Dit gee 'n historiese oorsig van hoe dit geïdentifiseer, beskryf en gedefinieër is as 'n spesifieke gedragsversteuring. Die neurobiologiese implikasies van die versteuring, die kognitiewe kenmerke, veral die van dissosiasie en traumatiese geheue word ondersoek. Kognitiewe gedragsterapieword beskryf en sluit die volgende in: ontspanning; blootstelling, oogbewegingdesensiteringherprosering; angsbeheeropleiding; kognitiewe terapie en kombinasie terapie. Verdere areas vir navorsing word voorgestel en is gebasseer op die gebrekke wat bestaan in kognitiewebedragsterapie.
57

The neuropsychological effects of prenatal exposure to alcohol

Phillips, Leilanie Cashandra 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The objective of this thesis is to review and synthesize the scientific literature on cognitive and neuropsychological deficits associated with children who were exposed to alcohol prenatally and to highlight possible areas of future attention. High incidences of Fetal Alcohol Syndrome has been reported especially in patients from low socio-economic areas. The highest reported incidence is found in the Western Cape province in South Africa. The devastating part of FAS is that its affects are entirely preventable. Alcohol is a physical and a behavioural teratogen. Prenatal alcohol exposure causes structural damage to the central nervous system and the brain that is vulnerable throughout the pregnancy. A dose-response association exist as exposure to heavier amounts of alcohol can cause more harm. The timing and pattern of alcohol consumption also plays a role. To date though, no "safe" level of alcohol consumption during pregnancy can be advocated. Various neuropsychological decrements are found in individuals with fetal alcohol syndrome or alcohol related neuro-developmental deficits as evaluated on standardized tests. Mental retardation is commonly found and even individuals with normal IQ's still display other learning disabilities. IQ's remain stable over the life span. Along with impaired intellectual functioning they also struggle with mathematical tasks especially as their complexity increases. Speech and language development is also delayed in individuals with FAS. There is little variation in the pith and display poor language comprehension. Attentional deficits are also noted and especially impact on academic functioning. Clinically, children often present with ADHD but in-depth studies have revealed that neurobiologically there is some differences as children with FAS struggle more with encoding and shifting of attention as opposed to other patients with ADHD. Difficulties with visual-spatial functioning has also been found. Verbal learning and memory are also impaired in individuals with FAS. Their poor verbal learning are influenced by their shallow level of encoding. Problems with fine motor skills are also noted. It also appear that all executive functions are impaired. They demonstrate poor planning skills, initiation, cognitive shifting, slow information processing, their thinking is concrete and they have poor self-regulatory skills. Behavioural problems include impulsivity, hyperactivity, aggressiveness, poor social skills and impaired judgement. Early intervention is thus essential to lessen the impact of neuro-psychological deficits on functional adaptation. A sensitive battery of neuro-psychological tests are also required to identify all the impairments in affected individuals and to plan more focussed intervention strategies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word 'n oorsig aangebied van literatuur wat betrekking het op die disfunksie van kinders wie se moeders tydens swangerskap alkohol misbruik het. Leemtes asook moontlike areas van toekomstige navorsing, is bespreek. 'n Hoe voorkoms van fetale alkohol sindroom (FAS) word gerapporteer, pasiente uit die lae SES gebiede. Die hoogste voorkoms word gerapporteer in die Wes- Kaapse provinsie in Suid Afrika. Wat die probleem meer tragies maak, is die feit dat dit heeltemal voorkombaar is. Alkohol is 'n teratogeen wat fisieke, neurologiese en gedragsimplikasies het. Blootstelling aan alkohol voor geboorte veroorsaak strukturele veranderinge in die sentrale senuweestelsel en die brein. Blootstelling tot hoer volumes van alkohol veroorsaak noodwendig meer skade. Die spesifieke stadium van alkohol-inname tydens die swangerskap, en die moeder se drinkpatroon, speel 'n rol in die neurosielkundige uitkomste. Tot op hede kon geen veilige alkoholsvlak tydens swangerskap vasgestel word nie. Verskeie neurosielkundige uitvalle is gevind in kinders met FAS en ook kinders met alkohol-verwante neurologies ontwikkelings probleme, volgens neurosielkundige toetsing. Verstandelike gestremdheid kom algemeen voor in kinders met FAS. Kinders met FAS wat oor normale intellektuele vernoens beskik ervaar leerprobleme. Die intellektuele inkortings bly stabiel oor die lewenspan. Kinders met FAS ondervind erge probleme met wiskunde, veral wanneer die werk moeiliker raak. Die spraak-en taalontwikkeling wat kinders met FAS ervaar sluit in beperkte taalbegrip en intonasie. Hulle kort aandagspan affekteer veral hulle akademiese funksionering. Die aandagsteuring van kinders met FAS en kinders met aandagstekort-hiperaktiwiteit versteuring verskil neuro-biologies. Verdere verskille bestaan ook aangesien kinders met FAS spesifiek sukkel met swak enkoderingsvermoe en om kognitiewe aanpassings te maak. Visueel-ruimtelike verrnoe van kinders met FAS is ook benadeel. Hulle sukkel ook met verbale leer en hulle geheue is ook ingekort. Die inkortings dui op 'n oppervlakkige enkoderingsvermoe. Probleme met fyn-motoriese vaardighede is ook gevind, volgens toetseing. Toetse wat gemik is om uitvoerende funksies te evalueer, het verskeie uitvalle aan die lig gebring. Probleme in abstrakte redenering, beplanning, impulsiwiteit, self-regulering, en die lnlslerlnq en prosessering van informasie. Gedragsprobleme soos swak sosialiseringsvaardighede, aggresiwiteit, swak oordeel en hiperaktiwiteit. Die wye neurosielkundige uitvalle wat voorkom in kinders met FAS noodsaak vroee intervensie om die langtermyn-impak daarvan te verminder. Hiervoor word 'n sensitiewe battery neurosielkundige toetse benodig wat al die kognitiewe uitvalle kan identifiseer.
58

The psychological impact of Kangaroo Mother Care (KMC) : a review of the literature

O'Brien, Shannon 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: his review examines the literature on the psychological impact of Kangaroo Mother Care (KMC) on the mother, infant, support personnel and other caretakers. The paper summarizes the findings of the KMC research and considers the implications of it in light of high numbers of premature and low birth weight infants in South Africa. The review briefly considers theories of bonding and attachment adopted in the research and theories on why KMC is effective. The psychological impact of one component of KMC, Skin-to-Skin Care (SSC), used primarily in developed countries to supplement traditional care, has been extensively researched. In contrast, much less research has explored the psychological impact of full KMC programmes in developing countries. Our understanding of the psychological impact of KMC therefore relies predominantly on research from a very different context to the one in which KMC is used. As SSC has been utilised very differently to KMC and in first world settings, it cannot offer mothers or their family reliable information on the psychological demands and benefits ofKMC. Findings: Although KMC appears to offer invaluable physiological benefits and assists in 'humanising' neonatal care in important ways, there is currently very little published research on the short or long-term psychological impact of KMC on the mother, infant, support personnel and other caretakers. On the whole, research findings on the psychological impact of KMC were not conclusive but indicate some positive outcomes for increased maternal sensitivity and confidence, developmental benefits for the infant and an improvement in the clarity of infants' cues and communication with caregiver. Findings on the psychological impact of KMC for support personnel and other caretakers such as the family of the infant are also not conclusive and indicate that more research is necessary. Further research is required regarding cross-cultural experiences of KMC; maternal experiences of depression, anxiety and ambivalence; long-term developmental and attachment outcomes for the infant and the possible preventative value of KMC for maternal and infant mental health. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie hersiening ondersoek die literatuur aangaande die sielkundige uitwerking van Kangaroo Mother Care (KMC) op die ma, suigeling, ondersteunende personeel en ander opsigters. Die artikel is 'n opsomming van die uitspraak van KMC navorsing en oorweeg die gevolgtrekkings daarvan ten opsigte van die hoe getal vroeggebore en lae ligaamsgewig van suigelinge wat in Suid-Afrika gebore is. Die hersiening kyk kortliks na die teorie verbonde aan die binding en gehegtheid van die navorsing en teorie oor hoekom KMC doeltreffend is. Die sielkundige uitwerking van een onderdeel van KMC, Skin-to-Skin Care (SSC), wat meestal in gevorderde lande gebruik word om tradisionele versorg te verryk, is deeglik ondersoek. Inteendeel is ver minder navorsing op die sielkundige uitwerking van volle KMC programme in ontwikellende lande gedoen. Dus is ons begrip van die sielkundige uitwerking van KMC afhanklik op navorsing vanuit 'n ander konteks as die een waarin die eintlik gebruik is. SSC word baie anders benut as KMC, en in eerstewereldkontekste kan dit dus nie veel betroubare inligting op die sielkundige vereistes en voordele van KMC verskaf nie. Bevindings: Al kom dit voor dat KMC waardevolle sielkundige voordele verskaf en help in geboorte nasorg op belangrike maniere, is daar huidiglik baie min navorsing op druk oor die kort- of die langtermyn sielkundige uitwerking van KMC op die ma, suigeling, ondersteunende personeel en ander oppassers. In die algemeen, is die bevindings van navorsing oor die sielkundige uitwerking van KMC nie volkome nie, maar dui positiewe uitslae aan op verhoogde moederlike gevoelens en selfvertroue. Navorsing dui ook ontwikkelingsvoordele vir die suigeling, asook die bevordering van die duidelikheid van sy kommunikasie met die oppasser. Bevindings op die sielkundige uitwerking van KMC op die ondersteunende personeel en ander oppassers, byvoorbeeld familielede van die suigeling, is ook nie volkome nie, en dui die nodigheid van verdere navorsing aan. Verdere navorsing oor die kruiskulturele ervaring van KMC, moederlike ondervinding van moedeloosheid, angs en dubbelsinnigheid is benodig. Langtermyn ontwikkeling en gehegtigheidsake vir die suigeling en die moontlike voorkomende waarde van KMC vir moederlike en suigeling se geestelike gesondheid is ook wel benodig.
59

Resilience in remarried families

Du Toit-Gous, Carien 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Using a cross-sectional survey research design the present study aims to explore those resilience factors which enable remarried families to withstand and rebound from the disruptive challenges they face. Furthermore, recovery factors were examined which enabled remarried families to cope more effectively and to emerge har-dier___fr_om a crisis. Remarried families who were married between one to four years, with at least one family member presently in school, were approached to take part in this study. A parent and a child from 38 families independently completed six questionnaires and an open-ended question. It is proposed that the most important resilience factors identified in this study, through qualitative and quantitative measures, include (1) family relationships and support (mutual respect, cooperation and a loving bond), (2) family communication that is affirming, conveying care and support, as well as less incendiary communication that tends to exacerbate a stressful situation, (3) the ability to have a sense of control over outcomes in life by having a active orientation in adjusting to and managing stressful situations, (4) activities and routines that helps the family in spending time together and creating togetherness, (5) a strong marriage relationship (consisting of clearly defined roles, equality and support for each other), (6) support from family and friends, (7) internal and external handling of problems by redefining stressful events and acquiring and accepting social support, (8) spirituality and religion within the family that provides meaning and purpose beyond a crisis situation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Dwarssnit navorsingsontwerp is gebruik om veerkragtigheidsfaktore te identifiseer wat hersaamgestelde gesinne in staat stelom weerstand te bied in ontwrigtende uitdagings wat hulle in die gesig staar. Verder is herstellingsfaktore ondersoek wat hersaamgestelde gesinne in staat stelom 'n krisis effektief te hanteer. Hersaamgestelde gesinne wat tussen een tot vier jaar getroud is, met ten minste een gesinslid op skool, is genader om aan die studie deel te neem. 'n Ouer en 'n kind van 38 gesinne het onafhanklik ses vraelyste en 'n oop-end vraag beantwoord. Die volgende veerkragtigheidsfaktore is met behulp van kwalitatiewe en kwantitatiewe metings geïdentifiseer: (1) gesinsverhoudings en ondersteuning (wedersydse respek, samewerking en 'n liefdevolle band), (2) oop gesinskommunikasie wat bevestigend is en wat sorg en ondersteuning oordra, sowel as minder opruiende kommunikasie wat geneig is om stresvolle situasies te vererger, (3) die vermoë om 'n sin van kontrole oor uitkomste in die lewe te hê deur 'n aktiewe orientasie in aanpassing tot en die beheer van stresvolle situasies, (4) aktiwiteite en roetine wat gesinne help om tyd saam te spandeer en die skep van samesyn, (5) 'n sterk huweliksverhouding (bestaande uit duidelike gedefinieerde rolle, gelykheid en ondersteuning van mekaar), (6) ondersteuning van familie en vriende, (7) interne en eksterne hantering van probleme deur die herdefiniëring van stresvolle gebeure, sowel as die verkryging en aanvaarding van sosiale ondersteuning, (8) spiritualiteit en godsdiens in die gesin wat doel en betekenis verskaf wat verder gaan as die krisissituasie.
60

Aggression types and beliefs : a comparison of aggressive and non-aggressive male psychiatric in-patients

De Klerk, Anna Maria Elizabeth 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated aggression types and beliefs about aggression among male psychiatric in-patients, using the Aggression Questionnaire (AQ) and the Expagg Questionnaire (Expagg). Two groups were compared: an aggressive group (.0= 40) and a non-aggressive group (n = 44). As expected, the aggressive group displayed significantly higher levels of self-reported aggression, as reflected by their total scores on the AQ and its four subscales (anger, hostility, physical and verbal aggression). The non-aggressive group scored significantly higher on the Expagg than the aggressive group. This indicates a tendency towards expressive beliefs about aggression where aggression is being viewed as an expression of negative feelings and thus as a temporarily loss of control. The relatively lower Expagg scores for the aggressive group shows a tendency towards instrumental beliefs about aggression where aggression is seen as a means to reach a desired goal and thus as an effort to temporarily gain control over the situation. The total scores on the Expagg correlated negatively with self-reported aggression. The implications for prevention and intervention programs are discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie het verskillende aggressietipes asook oortuigings aangaande aggressie van manlike psigiatriese binnepasiënte ondersoek, deur gebruik te maak van die Aggression Questionnaire (AQ) en die Expagg Questionnaire (Expagg). Twee groepe is vergelyk: 'n aggressiewe groep (n=40) en 'n nie-aggressiewe groep (n=44). Die aggressiewe groep het, soos verwag, beduidend hoër vlakke van selfgerapporteerde aggressie behaal. Dit blyk uit die betrokke groep se totale tellings op die AQ en sy vier subskale (woede, vyandigheid, fisiese en verbale aggressie). Die nie-aggressiewe groep het beduidend hoër tellings as die aggressiewe groep op die Expagg behaal. Dit dui op 'n neiging tot die huldiging van 'n stel ekspressiewe oortuigings ten opsigte van aggressie by die nie-aggressiewe groep. Aggressie word dus beskou as die uitdrukking van negatiewe gevoelens en dus as 'n tydelike verlies van kontrole. By die aggressiewe groep dui die relatief laer Expagg-tellings op die huldiging van instrumentele oortuigings ten opsigte van aggressie. Aggressie word dus beskou as 'n poging om 'n verlangde doelwit te bereik en word ervaar as 'n poging om tydelike kontrole oor die situasie te verkry. Die Expagg-totaaltellings het negatief gekorreleer met selfgerapporteerde aggressie. Die implikasies vir voorkomende en intervensieprogramme word bespreek.

Page generated in 0.1598 seconds