Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- mpsychology"" "subject:"dissertations -- bpsychology""
71 |
A psychological inquiry into the relationship between people and the natural environmentConradie, Petra Stefanie 12 1900 (has links)
Thesis (Msc)--Stellenbosch University, 2001 / ENGLISH ABSTRACT: There has been a growing awareness of nature among psychologists in recent years,
both in terms of how psychology can contribute to the preservation of nature, and utilise
its benefits for human beings. In this paper both these aspects of the human-nature
relationship are explored. The sense of connectedness between people and nature
appears to be the common ground between these two approaches, and it is
recommended that experiential as well as cognitive elements of the relationship should
be recognised. A limited qualitative pilot study was conducted with five participants of
a weekend wilderness experience. All the participants were female first year psychology
students. Confirming previous research, this study found that the experience of nature
is highly individualised, and includes heightened self-awareness, relaxation, social
relationships, spiritual elements, and a sense of connectedness to nature. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sielkundiges raak toenemend bewus van die natuur, in terme van die wyses waarop
sielkunde kan bydra tot die beskerming van die omgewing, asook waarop die voordele
wat dit vir die mens inhou, benut kan word. Beide aspekte van die verhouding tussen
mens en natuur word in hierdie studie ondersoek. Die noue verbintenis tussen mens en
natuur blyk die onderliggende faktor tot beide benaderings te wees, en dit word
aanbeveel dat die eksperiënsiële sowel as kognitiewe elemente van hierdie verhouding
in ag geneem moet word. 'n Beperkte kwalitatiewe loods-studie is uitgevoer met vyf
deelnemers van 'n wildemes-ervaring, almal vroulike eerste-jaar sielkunde studente. In
ooreenstemming met vorige navorsing het hierdie studie bevind dat die ervaring van die
natuur hoogs geïndividualiseerd is, en verhoogde self-gewaarwording, ontspanning,
sosiale verhoudings, spirituale elemente, en 'n sin van verbintenis aan die natuur,
insluit.
|
72 |
Faktore wat veerkragtigheid in enkelouergesinne bevorderVan der Merwe, Stephanus 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The present study focuses on the salutogenic properties of families and attempted to
identify factors that promote resilience in post-divorce families. McCubbin and
Patterson's (1983) double ABCX model explains how families adapt to crises
(divorce), and takes into account other life events that also impact on the family's
resources. A cross-sectional research design was chosen to identify factors related
to family resilience. The 98 participating families were identified on the grounds of the
nature of the crisis and the developmental phase of the family. Self-report
questionnaires were completed by the parent and a child acting as representatives of
the family. These questionnaires consisted of a biographical questionnaire, the
Relative and Friend Support Index, the Social Support Index, Family Crises Oriented
Personal Evaluation Scales, Family Sense of Coherence Scale, and the Family
Hardiness Index. Intra-family support, support of the extended family, support of
friends, religion, open communication amongst family members, and work- and
financial security were identified as factors promoting resilience in these post-divorce
families. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op salutogenetiese eienskappe van gesinne en poog am faktore
wat verband hou met veerkragtigheid in enkelouergesinne te identifiseer. McCubbin
en Patterson (1983) se dubbele ABCX-model verduidelik gesinne se aanpassing na
'n krisis (egskeiding) en neem oak ander lewensgebeure in ag wat terselfdertyd op
die gesin se hulpbranne begin staatmaak. 'n Dwarssnit navorsingsontwerp is gebruik
am faktore te identifiseer en te beskryf wat met gesinsveerkragtigheid verband hou.
Die 98 gesinne wat aan hierdie ondersoek deelgeneem het, is ge"ldentifiseer op
grand van die aard van die krisis en ontwikkelingstadium van die gesinne. Selfrapporteringsvraelyste
is deur die ouer en In kind, as verteenwoordigers van die
gesin, voltooi. Die vraelyste het bestaan uit 'n biografiese vraelys (wat oak 'n oopend
vraag ingesluit het), Relative and Friend Support Index, Social Support Index;
Family Crises Oriented Personal Evaluation Scales, Family Sense of Coherence
Scale, en die Family Hardiness Index. Intra- gesinsondersteuning, ondersteuning
deur die uitgebreide familie, ondersteuning van vriende, geloof, oop kommunikasie
onder gesinslede, positiewe gesindheid rakend hulle toekoms, en finansiele- en
werksekuritiet, is ge"ldentifiseer as faktore wat bydra tot veerkragtigheid in
enkelouergesinne.
|
73 |
Psychodynamic therapy with low-income women : the 'talking cure' as a desirable and alternative interventionDruiff, Philippa January 2001 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study reviews the literature regarding psychodynamic therapy with low-income
women. Low-income women are at psychological risk for developing emotional distress
as a result of their deprived living circumstances. They have, however, received little
attention from psychological research and practice. This literature review explores what
psychological interventions are available for low-income women. It is found that
psychodynamic therapy is largely unavailable to low-income women for a variety of
reasons, which range from classism, sexism and ignorance to the cogent feminist and
cross cultural critiques. It is argued that psychodynamic therapy should be more
available to low-income women as it provides a sophisticated understanding of how
oppressive social ideologies are internalized in the unconscious, thus facilitating, through
therapy, a process of deconstruction and political subversion. Suggestions are also
offered as to how to make psychodynamic therapy more accessible to low-income
women. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bied 'n oorsig van die beskikbare literatuur aangaande psigodinamiese
terapie vir laer inkomste vrouens. Die groep is tot 'n meerdere mate blootgestel aan die
ontwikkeling van emosionele stress trauma weens hul ontneemde
lewensomstandighede. Laer inkomste vrouens het tot hede min aandag geniet met
betrekking tot psigologiese navorsing en praktyk. Hierdie literatuur oorsig fokus op
gepaste psigologiese ingryping wat beskikbaar is vir die spesifieke groep. Die
ontoeganklikheid van psigodinamiese terapie beskikbaar, vir laer inkomste vrouens, kan
toegeskryf word aan 'n verskeidenheid faktore: die strek van klassisme, seksisme en
onkunde tot oortuigende feministiese en kruis kulturele beoordeling en debat. Hierdie
verhandeling stel voor dat psigodinamiese terapie meer beskikbar moet wees tot laer
inkomste vrouens, want dit stel 'n gesofisikeerde begrip, ten doel van hoe
onderdrukkende sosiale ideologie geinternaliseer word in die onderbewussyn en die
teenwerking daarvan. Die geskrif beredeneer hoe terapie kan fasiliteer in die proses van
de-konstruksie en politieke subversie. Dit word ook voorgestel hoe om
psigodinamiese terapie toeganklik to maak vir laer inkomste vrouens.
|
74 |
Resilience in families in which a parent has diedHuman, Berquin 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The death of a parent calls on the family to utilize all its resources in order to adapt
successfully and maintain normal family functioning. Within the mental health field a
paradigm-shift from pathology-based to health-oriented is underway. Integral to this
health-oriented paradigm is resilience, the ability to rebound after being stressed or
challenged, as well as being able to rise above adversity and to survive stress. Family
resilience theory emphasizes the role that family characteristics, behaviour patterns and
capabilities play in cushioning the impact of stressful life events and in assisting the family
in recovering from crises (McCubbin, Thompson, & McCubbin, 1996). Using a crosssectional
survey research design, the present study aimed to explore and explicate those
resiliency factors which enable families to adjust and adapt successfully after the loss of a
parent. Families in which the death of a parent took place 1 to 3 years ago, and in which
the eldest child was between 12 and 19 years old were approached to take part in this
study. Thirty nine families completed questionnaires, as well as an open-ended question
in which they were asked to report the most important factors or strengths which they felt
helped their family through the stressful period. Results indicate that intrafamilial support
such as emotional and practical support amongst family members, and family hardiness
characteristics such as the internal strengths and durability of the family unit, contribute to
resilience within the family. Individual characteristics, such as positive personality
characteristics like optimism, are as important. Support from extended family and friends,
as well as support obtained from religious and spiritual beliefs and activities, were reported
as facilitating successful adjustment to the loss. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die dood van 'n ouer vereis dat 'n gesin alle bronne moet benut ten einde suksesvolle
aanpassing en gewone gesinsfunksionering te handhaaf. Binne die geestesgesondheidsveld
is daar 'n paradigma-verskuiwing vanaf patologie-gebaseerd na
gesondheidsgeoriënteerd. Integraal tot hierdie gesondheidsgeoriënteerde paradigma is
veerkragtigheid, die vermoë om terug te bons, uit te styg, en te oorleef nadat teëspoed
ervaar is. Gesinsveerkragtigheidsteorieë beklemtoon die rol wat gesinseienskappe,
gedragspatrone en bekwaamhede speel met betrekking tot die versagting van die impak
van stresvolle lewenservaringe, asook die gesin se herstel na die krisis (McCubbin,
Thompson, & McCubbin, 1996). 'n Dwarssnit opname-navorsingsontwerp is gebruik om
die veerkragtigheidsfaktore te identifiseer en te beskryf wat gesinne help om suksesvol na
die dood van 'n ouer aan te pas. Gesinne waar 'n ouer tussen een en drie jaar vantevore
gesterf het, en die oudste kind tussen 12 en 19 jaar oud is, is genader vir deelname aan
hierdie ondersoek. Nege-en-dertig gesinne het vraelyste sowel as 'n oop-end vraag
voltooi waarin hulle gevra is om die belangrikste faktore te beskryf wat hul gesin deur die
stresvolle periode gehelp het. Resultate dui daarop dat intragesinsondersteuning soos
emosionele en praktiese ondersteuning, en gesinsgehardheid met kenmerke van interne
sterkte en die volhoubaarheid van die gesin as eenheid, bygedra het tot
gesinsveerkragtigheid. Individuele eienskappe soos optimisme het net so 'n essensiële rol
gespeel. Ondersteuning van familie en vriende, asook ondersteuning as gevolg van
godsdienstige en spirituele oortuigings en aktiwiteite, was fasiliterend in die suksesvolle
aanpassing na die dood van 'n ouer.
|
75 |
Selfgerapporteerde vrese van 'n geselekteerde groep voorskoolse kinders in 'n lae tot middel sosio-ekonomiese statusgebiedKeller, Suzaan R. 04 1900 (has links)
Thesis (M.A.) -- Stellenbosch University , 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The primary aim of this study was to establish the content and number of the fears expressed by
pre-school children in a low to middle class socio-economic area. In South Africa, a similar study
has only been undertaken in a high class socio-economic area (Martalas, 1999).
A further aim of this study was to establish whether there were differences in the fears expressed by
the participants and, if so, whether these differences correlate with specific biographical variables.
A predominantly qualitative method of data collection was used in this research. The data was
collected by conducting a semi-structured interview with the participants and obtaining drawings of
their fears. The sample included 50 pre-school children between the ages of 5 and 7 years attending
3 preschools in a low to middle class socio-economic area. The broad non-verbal intelligence
functioning of the participants were measured by the Goodenough-Harris-Draw-a-Man test
(Richter, Griesel en Wortley, 1989). The average non-verbal intelligence functioning of the
participants was low average according to the DAM norms.
The data was analysed quantitatively. The content and number of fears, as reported by the
selected group of pre-school children in the low to middle class socio-economic area, were
established and grouped into existing categories. Furthermore the relationship between the number
of expressed fears, with regard to content and number, and the three biographical variables, gender,
socio-economic status and parent report, was established. Accordingly, differences between and
correlations with biographical variables regarding race, parental marital positions, sibling structures,
education of parents, their working patterns and the fears reported by parents, as well as by the
participants were calculated quantitatively.
The method of combining a semi-structured interview with participants and drawings of their fears
proved to be successful, as none of the participants reported no fears.
The results of this research showed that the content of the fears was similar in many ways to that of
previous research results. Animal fears, at 57,24 % of all the fears expressed by the participants,
comprised by far the largest category of fears. The number of the expressed fears ranged from 1 to 10 per participant, and the average number of fears per participant was 2,9. This figure was lower
than the average number of fears found in previous South African research (Martalas, 1999).
Consistent with previous research, the current study showed that girls (63,45 %) had reported more
fears than boys (36,55 %). In the current study however, this difference was not statistically
significant. Some gender differences were statistically significant in that girls reported more fears
of wild animals than boys and boys reported more fears in the category "other" fears (for example a
fan, a brick, a bomb, an accident and videos) than girls. Although these results differ from South
African research by Martalas (1999) research, it is similar to most other research results.
Parents reported fewer fears than the participants and they also reported the category "medical",
which the participants did not mention. Parents also reported more fears for girls than for the boys.
The researcher concludes with some recommendations for further studies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die primêre doel van die onderhawige studie was om die inhoud en aantal vrese soos
uitgedruk deur voorskoolse kinders in 'n lae tot middel sosio-ekonomiese statusgebied
te bepaal. So 'n studie is in die verlede slegs in 'n hoë sosio-ekonomiese statusgebied
in Suid-Afrika gedoen (Martalas, 1999).
'n Newe-doelstelling van die onderhawige studie was om vas te stelof daar verskille
is tussen die vrese soos uitgedruk deur die deelnemers en, indien wel, of hierdie
verskille verband hou met sekere biografiese veranderlikes.
In die onderhawige navorsing is 'n oorwegend kwalitatiewe metode van datainsameling
gebruik. Die data is ingesamel deur gebruik te maak van 'n semigestruktureerde
onderhoud met die deelnemers, terwyl hulle terselfdertyd tekeninge
gemaak het van dit wat hulle vrees. Die teikengroep was 50 voorskoolse kinders
tussen die ouderdomme van 5 en 7 jaar wat drie kleuterskole in 'n lae tot middel sosioekonomiese
status gebied bygewoon het. Die deelnemers se benaderde nie-verbale
intellektuele funksionering is met behulp van die Goodenough-Harris-Draw-a-Man
toets (Richter, Griesel en Wortley, 1989) bepaal. Die deelnemers het In oorwegend
laag gemiddelde skaaltelling volgens die DAM norms (Harris, 1963) getoon.
Die data is kwantitatief geanaliseer. Die inhoud en aantal vrese, soos deur die
geselekteerde groep voorskoolse kinders in 'n lae tot middel sosio-ekonomiese
statusgebied gerapporteer, is bepaal. Dit is in samehang met veranderlikes naamlik
geslag, sosio-ekonomiese status en ouerrapportering gedoen. Die inhoud en aantal
vrese, soos deur die deelnemers gerapporteer, is daarna volgens bestaande kategorieë
ingedeel. Vervolgens is verskille tussen, en korrelasies met biografiese veranderlikes,
soos geslag, huwelikstatus, sibbestruktuur, opvoeding en werkpatroon van ouers,
ouerrapportering van vrese by hul kinders en die vrese wat die deelnemers
gerapporteer het, kwantitatief bepaal.
http://scholar.sun.ac.za/
IV
Die metode om gebruik te maak van 'n kombinasie van die teken van vrese en 'n semigestruktureerde
onderhoud met die deelnemers was suksesvol, aangesien daar geen
deelnemers was wat nie gerespondeer het nie.
Die resultate van die onderhawige navorsing het getoon dat die inhoud van die vrese
in baie opsigte ooreengestem het met die van ander navorsingsbevindings.
Gerapporteerde vrese vir diere, wat 57,24 % van al die genoemde vrese
verteenwoordig het, was by uitstek die grootste kategorie van vrese. Die aantal vrese
wat genoem is, het gestrek van 1 tot lOper deelnemer en die gemiddelde aantal vrese
per deelnemer was 2,9. Dit was egter minder as by vorige Suid-Afrikaanse navorsing
van dieselfde ouderdomsgroep volgens die navorsing van Martalas (1999).
In ooreenstemming met die meeste navorsingsresultate, het meisies In die
onderhawige studie meer vrese (63,45 %) as 'seuns (36,55 %) gerapporteer, hoewel
hierdie verskil nie statisties beduidend was nie. Sommige geslagverskille was
statisties beduidend in die sin dat meisies meer vrese vir wilde diere as seuns en seuns
meer in die kategorie "ander" vrese, soos byvoorbeeld vir 'n waaier, 'n baksteen,
bomme, om omgery te word en videos, as meisies gerapporteer het. Hoewel dit van
Martalas (1999) se navorsingsresultate verskil, is dit in ooreenstemming met die
meeste ander navorsingsbevindinge.
Ouers het minder vrese namens hulle kinders as die deelnemers self gerapporteer en
vrese is in die kategorie "medies" gerapporteer wat nie deur die deelnemers self
gerapporteer is nie. Ouers het ook meer vrese namens die meisies as namens die
seuns gerapporteer.
Enkele aanbevelings vir verdere navorsing word ten slotte gemaak.
|
76 |
Survivors' adjustment process to suicide in the nuclear familyNel, Janet 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Suicide is currently one of the leading causes of death in many countries, and is still
stigmatized to some extent in some cultures. As bereavement by suicide is a very
difficult loss to adjust to, this study aims at creating a better understanding of the
adjustment process that survivors of suicide have to go through. The study focuses on
the impact of this kind of bereavement on family members and other people touched
by the loss of someone to suicide. The needs of the bereaved have to be researched so
that a suitable intervention programme can be developed to lessen the severity of the
aftermath for survivors of suicide. Supportive aftercare (postvention) may also help
prevent further tragedies following in the wake of suicide.
The severity and stigma of suicide often contribute to the isolation of nuclear family
members in their grief at a time when societal support would have been most helpful.
Suicide touches the lives of people of all ages. Some may have special needs such as
parents who lose a child to suicide or children whose parent has committed suicide.
Better knowledge and understanding of the experiences of these survivors may guide
caregivers to assist them with their bereavement and adjustment process as well as
assist them in acquiring the necessary coping skills to work through the guilt, fears,
anger, regrets and sorrow associated with their tragic loss.
A review of the relevant literature is presented with pertinent hypotheses to inform
further research to develop a suitable intervention programme for survivors of suicide
in the nuclear family. A questionnaire is also presented that may guide interviewing of
people affected by suicide in the family. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Selfmoord lS tans een van die leidende oorsake van sterfte in baie lande van die
wereld. Die verlies van 'n geliefde aan selfmoord is baie moeilik om te verwerk, en
hierdie studie beoog om beter begrip vir hierdie proses te bewerkstellig. Daardeur kan
die samelewing meer bewus word van die impak van selfmoord op die naasbestaandes
van iemand wat as gevolg van selfrnoord gesterf het. Die spesifieke behoeftes van die
treurendes moet nagevors word sodat toepaslike intervensieprograrnme uitgewerk kan
word, wat kan bydra om die impak van selfmoord op naasbestaandes to help versag.
Ondersteuning aan naasbestaandes na selfmoord kan die voorkoms van verdere
tragedies in die gesin help voorkom.
Die geweldige impak asook die stigma van selfmoord van 'n gesinslid dra dikwels by
tot isolasie van die kemgesin tydens hul routydperk,juis terwyl hulle dit die nodigste
het. Selfrnoord raak mense van aile ouderdomme, elk met hul eiesoortige behoeftes,
soos ouers wie se kind selfmoord gepleeg het of kinders van wie 'n ouer gesterf het as
gevolg van selfmoord. Beter kennis en begrip van die ervarings van naasbestaandes
kan hulpverleners lei om bedroefdes te help met hul rouproses en aanpassing, asook
hulle bystaan om die nodige hanteringsvaardighede te verwerf sodat hulle die
samehangende skuldgevoelens, vrese, woe de, berou en verdriet kan verwerk.
'n Oorsig van die toepaslike literatuur word aangebied met pertinente hipoteses om
verdere navorsing toe te lig in die ontwikkeling van 'n toepaslike intervensieprogram
vir naasbestaandes na selfmoord in die kemgesin. 'n Vraelys word aangebied wat
onderhoudvoering met naasbestaandes kan lei.
|
77 |
The loneliness of HIV-infected low-income mothers : implications for health workersDe Villiers, Elsa Herbst 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In a qualitative study, a convenience sampling technique was used to ensure a
study population of eleven HIV-infected low-income women. These participants
were all direct referrals from municipal clinics and the provincial hospital. The
criteria for participation were HIV sero-positivity and being a mother of a child or
children. Semi-structured open-ended individual interviews were conducted,
transcribed and then analysed, using grounded theory. Additional data were
gained by using a standardised psychological measure, the Revised UCLA
Loneliness Scale (RULS). The two main types of loneliness that these women
experienced were loneliness of emotional isolation and loneliness of social
isolation. These terms can be defined as the absence of a close emotional
attachment and lack of support and understanding of intimate others (emotional
isolation) and the absence of an accessible and engaging social network and lack
of social support and acceptance (social isolation). The most significant causes of
loneliness for these women were stigmatisation; fear and/or shame of rejection
and victimisation; fear of losing custody or care of their children; fear of losing
financial and emotional support; and using secrecy and non-disclosure as main
coping strategy for their emotional and physical safety. Experiences of emotional
isolation were also provoked or enhanced by the lack of involvement and support
from their partners and the partners' denial of the illness and its consequences.
Experiences of social isolation were also caused or increased by the general lack of
HIV/AIDS information, education and support services. Significantly, it was found
that for most of the women the psychological effect of loneliness was primarily a
depressed mood as well as using negative coping mechanisms, such as alcohol
abuse and further withdrawal from important others. The psychosocial needs of these women were also significantly similar. Broad guidelines are offered for
health workers in assisting/supporting HIV-infected low-income mothers in
general, based on the core needs of the women in this study; to be listened to
and heard, understanding and acceptance, and social support. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In 'n kwalitatiewe studie is 'n gerieflikheidsteekproeftegniek gebruik om 'n
studiepopulasie van elf MIV-geïnfekteerde lae-inkomste-vroue te verseker. Hierdie
deelnemers was almal direkte verwysings van munisipale klinieke en die
provinsiale hospitaal. Die kriteria vir deelname was MIV-sero-positiwiteit en
moeder wees van 'n kind of kinders. Semigestruktureerde oop individuele
onderhoude is gevoer, getranskribeer en toe ontleed deur gegronde teorie te
gebruik. Bykomende data is verkry met behulp van 'n gestandaardiseerde
psigometriese instrument, die "Revised UCLA Loneliness Scale (RULS)". Die twee
hooftipes eensaamheid wat hierdie vroue ervaar het was eensaamheid van
emosionele isolasie en eensaamheid van sosiale isolasie. Hierdie terme kan
omskryf word as die afwesigheid van 'n nou emosionele band en gebrek aan
ondersteuning en begrip van intieme ander (emosionele isolasie) en die
afwesigheid van 'n toeganklike en inskakelende sosiale netwerk en gebrek aan
sosiale ondersteuning en aanvaarding (sosiale isolasie). Die beduidendste oorsake
van eensaamheid vir hierdie vroue was stigmatisasie; vrees en/of skaamte vir
verwerping en viktimisasie; vrees vir verlies van voogdyskap of sorg van hul
kinders; vrees vir die verlies van finansiële en emosionele ondersteuning; en die
gebruik van geheimhouding en nie-openbaarmaking as belangrikste
hanteringstrategie vir hul emosionele en fisieke veiligheid. Ervarings van
emosionele isolasie is ook uitgelok of versterk deur die gebrek aan betrokkenheid
en ondersteuning van hul lewensmaats en die lewensmaats se ontkenning van die
siekte en sy gevolge. Ervarings van sosiale isolasie is ook veroorsaak of verhoog
deur die algemene gebrek aan inligting, opvoeding en ondersteuningsdienste ten opsigte van MIVNIGS. 'n Betekenisvolle bevinding was dat vir die meeste van die
vroue die psigologiese effek van eensaamheid primêr 'n depressiewe
gemoedstemming was sowel as die gebruik van negatiewe hanteringstrategieë
soos alkoholmisbruik en verdere onttrekking van belangrike ander. Die
psigososiale behoeftes van hierdie vroue was ook beduidend eenders. Breë riglyne
word voorgestel vir gesondheidswerkers wat betref die bystaan/ondersteuning van
MIV-geïnfekteerde lae-inkomste-moeders in die algemeen, gebaseer op die
kernbehoeftes van die vroue in hierdie studie; om na geluister en gehoor te
word, begrip en aanvaarding, en sosiale ondersteuning.
|
78 |
Die geskiktheid van die natuur as hulpmiddel in 'n eksistensiele benadering tot psigoterapieVan der Westhuÿsen, J. P. J 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Research literature is increasingly referring to the therapeutic effect of experiences in
nature on people. However, no research that evaluates the suitability of nature as an
aid in an existential approach to psychotherapy could be found. This paper shows by
means of a literature review that nature as an aid can make a significant contribution
to this approach. The potential benefits of utilizing nature are integrated with the
therapeutic goals of existential psychotherapy. The conclusion reached is that nature
can be an important aid for leading a client to self-confrontation, increased selfawareness,
acceptance of personal freedom and responsibility, and to find personal
meaning in life. Proposals for future research are recommended. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Navorsingsliteratuur bevat in 'n toenemende mate verwysings na die terapeutiese
effek wat belewenisse in die natuur op mense het. Geen navorsing kon egter gevind
word wat die geskiktheid van die natuur as 'n hulpmiddel in 'n eksistensiële
benadering tot psigoterapie ondersoek nie. Hierdie studie toon deur middel van 'n
literatuuroorsig aan dat die natuur wel as 'n hulpmiddel betekenisvolle bydraes kan
lewer tot hierdie benadering, deur die potensiële bydrae van die natuur in verband te
bring met die doelwitte van eksistensiële psigoterapie. Die gevolgtrekking word
gemaak dat die natuur 'n belangrike hulpmiddel kan wees om die kliënt te lei na
selfkonfrontasie, verhoogde selfbewussyn, aanvaarding van persoonlike vryheid en
verantwoordelikheid, en die vind van persoonlike betekenis in die lewe. Aanbevelings
vir verdere navorsing word ook gemaak.
|
79 |
Dietary supplementation with eicosapentaenoic acid in patients with schizophrenia : neuropsychological evaluation of cognitive functioningDippenaar, Henda 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Schizophrenia is known to produce positive (e.g. hallucinations) and negative symptoms (e.g. social
withdrawal). Cognitive dysfunction has long been recognised as common in schizophrenia and is now
accepted as a third cardinal feature, thought strongly to be associated with negative symptoms. While
positive symptoms may respond well to antipsychotic medication, the negative symptoms have
typically been resistant to all forms of intervention. A current study looking at the efficacy of
Eicosapentaenoic Acid (EPA), indicated a potential for negative symptoms to improve, although not
significantly (P=O.14). The purpose of this research was to expand the above mentioned study, by
evaluating the potential of EPA for improving cognitive function in patients with schizophrenia.
Forty patients diagnosed with schizophrenia were randomly ascribed to one of two groups in a 12
week, double-blind, placebo-controlled study. The following neuropsychological tests were
administered to patients at baseline and end point: Mini Mental State Examination (MMSE); Rey
Auditory-Verbal Learning Test (RAVLT); Visual Reproduction, Wechsler Memory Scale - Revised
(VR, WMS-R); Rey-Osterreith Complex Figure Test (ROCFT); Trail Making Tests (TMT-A; TMTB);
Controlled Oral Word Association Test (COWAT); Similarities, South African Wechsler Adult
Intelligence Scale - Revised (Similarities, SAWAIS-R); Boston Naming Test (BNT).
There were no overall significant differences in neuropsychological function between the experimental
(EPA) and the control (Placebo) group. In some isolated tests the experimental group did significantly
better than the control group, but for other tests the control group did significantly better than the
experimental group. Large intragroup variation - particularly within the EPA group - was indicated. In
the EPA group only one out of 25 independent neuropsychological test scores showed a significant
correlation with the symptom severity on the Positive and Negative Syndrome Scale (PANSS) total
score (% change). There were no significant correlations between any of the neuropsychological test
scores in the EPA group and on the dyskinesia subscore of the Extrapyramidal Symptom Rating Scale
(ESRS).
There was no evidence to support the hypothesis that EPA improved cognitive functioning in patients
with schizophrenia. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is bekend dat skisofrenie positiewe (bv. hallusinasies) en negatiewe simptome (bv. sosiale
onttrekking) voortbring. Kognitiewe disfunksie word lank reeds beskou as algemeen in skisofrenie en
word nou aanvaar as 'n derde kardinale eienskap wat sterk geassosieer word met negatiewe simptome.
Terwyl positiewe simptome goed reageer op antipsigotiese medikasie, is die negatiewe simptome tipies
meer weerstandig teen all vorme van intervensie. 'n Huidige studie wat die effektiwiteit van
Eicosapentaenoic Acid (EPA) ondersoek, het 'n potensiaal vir die verbetering in negatiewe simptome
aangedui, alhoewel nie beduidend nie (P=O.14). Die doel van hierdie navorsing was om bogenoemde
studie uit te brei, deur te evalueer wat die potensiaal van EPA is om kognitiewe simptome in pasiente
met skisofrenie te verbeter.
Veertig pasiente gediagnoseer met skisofrenie is ewekansig toegewys aan een van twee groepe in 'n 12
weke, dubbel-blinde, plasebo-gekontroleerde studie. Die volgende neurosielkundige toetse is afgeneem
op pasiente by basislyn en eindpunt: Mini Mental State Examination (MMSE); Rey Auditory-Verbal
Learning Test (RAVLT); Visual Reproduction, Wechsler Memory Scale - Revised (VR, WMS-R);
Rey-Osterreith Complex Figure Test (ROCFT); Trail Making Tests (TMT-A; TMT-B); Control/ed
Oral Word Association Test (COWAT); Similarities, South African Wechsler Adult Intelligence Scale
- Revised (Similarities, SAWAIS-R); Boston Naming Test (BNT).
Daar was geen beduidende verskille in neurosielkundige funksionering tussen die eksperimentele
(EPA) en kontrole (Plasebo) groep nie. In 'n paar geïsoleerde toetse het die eksperimentele groep
beduidend beter as die kontrolegroep gevaar, maar op ander toetse het die kontrolegroep beduidend
beter as die eksperimentele groep gevaar. Groot intragroep variansie - in veral die EPA groep is
aangetref In die EPA groep het slegs een uit die 25 onafhanklike neurosielkundige toetstellings gedui
op 'n beduidende korrelasie met die ems van simptome op die Positive and Negative Syndrome Scale
(PANSS) totale telling (% verandering). Daar was geen beduidende korrelasie tussen enige van die
neurosielkundige toetstellings in die EPA groep en op die diskinesie-subtelling op die Extrapyramidal
Symptom Rating Scale (ESRS) nie.
Daar was geen bewyse om die hipotese te steun dat EPA kognitiewe funksionering in pasiënte met
skisofrenie verbeter nie.
|
80 |
Dissociation as a defensive strategy in pregnant low-income women : a review of the literatureVan der Spuy, Tanya Monique January 2002 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002 / ENGLISH ABSTRACT: This paper is an attempt to explore the appropriateness of the use of the specific
psychological paradigm of dissociation as a possible response to pregnancy in lowincome
women. Low-income women who fail to acknowledge their pregnancies may
do so in an attempt to defend against feelings of fear, anxiety and helplessness
engendered by the crisis of pregnancy. A dissociative response may serve to protect
the expectant mother from conscious awareness of the full impact of what is
happening, in other words, to provide psychological escape when physical escape is
not possible. Such a response may initially be adaptive in that it provides these
women with a means of coping. Dissociative processes allow, in the context of an
inescapable crisis, the economizing of already limited physical and psychological
resources. However, the prolonged use of dissociative strategies during pregnancy
may have far-reaching implications, and, as such, be a hindrance to adaptive
functioning. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om ondersoek in te stel na die geskiktheid van die gebruik van
die spesifieke psigiese meganisme van dissosiasie as 'n moontlike reaksie tot
swangerskap in lae-inkomste vroue. Lae-inkomste vroue mag hul swangerskappe
ontken in 'n poging om verweer te bied teen gevoelens van vrees, angs en
hulpeloosheid wat deur swangerskap teweegebring word. 'n Dissosiatiewe respons
mag dien om die verwagtende moeder te beskerm teen die volle impak van die
gebeurtenis, met ander woorde, om psigiese ontvlugting te bied waar fisiese
ontvlugting onmoontlik is. Welke respons mag aanvanklik adaptief wees in dat dit 'n
manier van streshantering is. Dissosiatiewe meganismes bevorder, in die konteks
van 'n onvermydelike krisis, die besparing van reeds beperkte fisiese en psigiese
bronne. Die langtermyn gebruik van dissosiatiewe strategieë gedurende
swangerskap mag egter verreikende gevolge inhou, en as sulks adaptiewe
funksionering strem.
|
Page generated in 0.0896 seconds