• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 51
  • 42
  • 22
  • 14
  • Tagged with
  • 129
  • 129
  • 129
  • 117
  • 85
  • 84
  • 32
  • 31
  • 27
  • 25
  • 23
  • 23
  • 22
  • 21
  • 18
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
121

Maatskaplike werk intervensie met manlike jeugoortreders in die Departement van Korrektiewe Dienste

Pheiffer, Roseline Anna 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Juvenile delinquency is currently reaching alarming proportions and the number of juveniles within the prison population is on the increase. The crimes committed by male juvenile offenders, are often of an aggressive nature and include crimes such as murder and rape. The high rate of crime and the nature of the offences make it essential for social work services to be rendered to the juvenile offender. The purpose of the study was to establish guidelines for the social worker with the male juvenile offender in the Department of Correctional Services. The literature study dealt with the development of the juvenile offender as adolescent and a profile of the offender was compiled. Those factors both within the family and in the environment that contribute to criminal behaviour in the male juvenile offender were discussed. Furthermore the social work intervention process based on behaviour therapy was described. An exploratory descriptive study was undertaken in order to determine the knowledge that social workers have with regard to social work intervention to the male juvenile offender. An empirical study was done based on the literature study. A sample comprised of ten social workers that work with juvenile offenders at the youth centres of the Department of Correctional Services were involved in the study. With the help of the empirical study the knowledge and skills of social workers regarding the nature of social work intervention to the juvenile was examined. The findings of the study reveal that social workers require more knowledge on the development of the juvenile offender and on those factors that contribute to criminal behaviour, as well as skills with regard to the social work intervention process with the male juvenile offender. In order to render effective social work intervention to male juvenile offenders, social workers must possess adequate knowledge about the juvenile offender and about the skills needed to apply the social work intervention process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Jeugmisdaad neem tans geweldige afmetings aan en die gevangenisbevolking neem toe. Die misdade wat deur manlike jeugoortreders gepleeg word, is dikwels aggressief van aard en sluit misdade soos moord en verkragting in. Die hoë voorkoms van misdaad en die aard van die oortredings noodsaak dat maatskaplike werk dienste aan die jeugoortreder gelewer sal word. Die doel van die studie was om riglyne daar te stel vir die maatskaplike werker in die Departement Korrektiewe Dienste wat met die manlike jeugoortreder werk. Die literatuurstudie het gehandel oor die ontwikkeling van die jeugoortreder as adolessent en 'n profiel van die jeugoortreder is saamgestel. Die faktore in die gesin en in die omgewing wat aanleiding gee tot misdaadgedrag by die manlike jeugoortreder, is bespreek. Voorts is die maatskaplike werk intervensieproses aan die hand van gedragsterapie beskryf. 'n Verkennende-beskrywende studie is onderneem om die kennis van maatskaplike werkers ten opsigte van maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te bepaal. 'n Empiriese studie gegrond op die literatuurstudie is gedoen. 'n Steekproef bestaande uit tien maatskaplike werkers wat by jeugsentrums van die Departement Korrektiewe Dienste met jeugoortreders werk, is by die ondersoek betrek. Met behulp van die empiriese ondersoek is die kennis en vaardighede van maatskaplike werkers rakende die aard van maatskaplike werk intervensie aan die jeugoortreder ondersoek. Die bevindinge van die ondersoek toon dat maatskaplike werkers meer kennis benodig oor die ontwikkeling van die jeugoortreder en die aanleidende faktore tot misdaadgedrag, asook oor vaardighede ten opsigte van die maatskaplike werk intervensieproses aan die manlike jeugoortreder. Ten einde effektiewe maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te lewer, moet maatskaplike werkers beskik oor voldoende kennis van die jeugoortreder en oor vaardighede in die toepassing van die maatskaplike werk intervensieproses.
122

Capacity building for farm workers on Solms-Delta Wine Estate : a social development perspective

Ruddock, Frances 12 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Wine farms in the Western Cape represent one of the pillars of the region's economy. The social problems that are prevalent among farm workers and their families have evolved over centuries along with the wine industry; the unique set of social, economic, and political conditions affecting rural dwellers in the Western Cape have created a set of challenges impeding a productive future. The interventions at Solms-Delta Wine Estate have empowered the farm community and thus provide a template for social reform. Capacity development initiatives have been central to the farm's management plan. The employment of a fulltime social worker allowed resource gathering to implement social reforms on the farm. The present study investigated the evolution of an approach that encompasses the social development perspective of social work theory. This study is an example of the methods used to bring about stronger community development capacity. The goal of the study was to gain an understanding of the nature of capacity-building initiatives on the wine farm under review from a social development perspective. A review of the historical roots of farm worker subjugation was undertaken to uncover the social dynamic of farm worker community development. Secondly, the study has outlined the political, economic, and legal institutional parameters for rural development. A third strand of the narrative describes the nature of capacity-building initiatives undertaken over the preceding six years, and their impact on the social development of the target community. Finally, the study explored the impact of local capacity development via a semi-structured questionnaire and subsequent interviews with the twenty-one participants. The results of the research outlined in this study provide a number of templates for social work interventions in rural communities on wine farms in the Western Cape. Given the centrality of the wine farm industry in the Western Cape, the success of social welfare initiatives at Solms-Delta delineates road maps for other community-based programmes that can be launched from the lessons of this study. The locality development model, with its emphasis on community input in problem solving provides a framework for countering the unique set of challenges created from the inception of colonialism up to the end of Apartheid social engineering. The empowering environment developed at Solms-Delta offers insight into rolling back historical ills and entitlement issues that bedevil social work practice. Successful community participation requires research into specific community dynamics and the resources to empower one of South Africa's most impoverished social strata. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wynplase in die Wes-Kaap vorm een van die pilare van die streek se ekonomie. Die maatskaplike probleme wat onder plaaswerkers en hul gesinne voorkom, het oor die eeue heen saam met die wynbedryf ontwikkel. Dit behels die unieke kombinasie van sosiale, ekonomiese en politieke omstandighede met betrekking tot die landelike bewoners van die Wes-Kaap, wat 'n uitdaging stel en 'n produktiewe toekoms belemmer. Die intervensies op die Solms-Delta wynlandgoed bemagtig die gemeenskap op die plaas en bied dus 'n voorbeeld vir sosiale hervorming. Kapasiteitsontwikkelingsinisiatiewe is sentraal tot die bestuursplan van die plase. Die aanstelling van 'n voltydse maatskaplike werker was 'n belangrike addisionele hulpbron om sosiale hervorming op die plaas te bewerkstellig. Die huidige studie ondersoek die evolusie van 'n benadering wat die sosiale ontwikkelingsperspektief van maatskaplike-werkteorie betrek. Hierdie studie is 'n voorbeeld van die metodes wat gebruik kan word om 'n sterker kapasiteit vir gemeenskapsontwikkeling te ontwikkel. Die doel van die studie was om 'n begrip vanuit 'n maatskaplike ontwikkelingsperspektief-oogpunt te verkry van die aard van kapasiteitsbou-inisiatiewe op die wynplaas onder oorsig. Om die sosiale dinamika van die plaaswerkergemeenskap se ontwikkeling aan die lig te bring, het die studie 'n oorsig van die historiese herkoms van die plaaswerkers onderneem. Tweedens, het die studie 'n oorsig onderneem van die politieke, ekonomiese en wetlike institusionele parameters vir landelike ontwikkeling. 'n Derde deel van die navorsing beskrywe die aard van kapasiteitsbou-inisiatiewe oor die afgelope ses jaar, en hul impak op die maatskaplike ontwikkeling van die teikengemeenskap. Ten slotte, het die studie die impak van die ontwikkeling van plaaslike kapasiteit deur middel van 'n semi-gestruktureerde vraelys en 'n daaropvolgende onderhoud met die 21 deelnemers ondersoek. Die resultate van die navorsing soos in hierdie verslag uiteengesit bied 'n aantal voorbeelde vir maatskaplike werk-ingrypings in landelike gemeenskappe op plase in die Wes-Kaap. Gegewe die sentraliteit van die wynbedryf in die Wes-Kaap, lewer die sukses van die maatskaplike welsynsinisiatiewe op Solms-Delta 'n voorbeeld vir ander gemeenskaps-gebaseerde programme wat uit die lesse van hierdie studie kan baat. Die lokaliteit-ontwikkelingsmodel, met sy klem op insette vanuit die gemeenskap om probleme op te los, bied 'n raamwerk vir die stryd teen die unieke stel uitdagings wat ontstaan het met die begin van kolonialisme en tot aan die einde van apartheid bly voortduur het. Die bemagtigings-omgewing wat op Solms-Delta ontwikkel het, bied insig in die rol van so 'n proses vir die bekamping van die historiese euwels en onregte wat die praktyk van maatskaplike werk so belemmer. Suksesvolle gemeenskapsdeelname vereis navorsing na die dinamika binne spesifieke gemeenskappe, asook al die nodige hulpbronne, om een van Suid-Afrika se mees verarmde sosiale strata te bemagtig.
123

Social workers perspectives on social support needed by people living with HIV/AIDS

Kulu, Joyce Aliendar Nomvuyo 04 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The South African government has laws and policies that forbid discrimination against individuals. These policies protect people from being discriminated against in the workplace due to sickness, race and many other factors. Discrimination against people living with HIV/AIDS has caused many people who suffer from this disease not to come forward with their illness because they fear being discriminated against and stigmatised; some even lose their jobs because they are infected with HIV. People infected with HIV are discriminated against not only in the workplace but also in their communities and families. This implies that people living with HIV/AIDS need support from all levels of society in order to live positive lives, which may lead infected people to live longer. This study explored HIV/AIDS as terminal illness and the stressors experienced by people infected with the virus. This was done by examining the support available to people living with HIV/AIDS, as well as identifying the support needed by these people. By adopting an ecological approach to the study, the need for support could be investigated on multiple levels. A combination of a quantitative and qualitative research design was used in the study. Data were gathered by means of a semi-structured interview schedule that was administered during individual interviews with service providers. This allowed for data that were both measurable as well as rich in description to be collected. The questions in the semi-structured questionnaire were based on the information retrieved from the literature review. The findings from the empirical investigation revealed that people living with HIV/AIDS receive limited support from their families, the South African government and society at large. The findings further indicated that informal sources of support such as family, friends and partners are relatively supportive of people living with HIV/AIDS. However, the relationships between people living with HIV/AIDS and their families and partners are often strained, especially when a person first discovers his or her status as HIV positive. Furthermore, people living with HIV/AIDS are stigmatised on multiple levels because of their status. There is stigmatisation from family, friends, in the workplace and in the community. The most important recommendations resulting from the study are that services such as counselling are needed for people living with HIV/AIDS together with their families. This is of particular significance to the South African government, especially the health sector, which needs to improve the health care system. In addition, recommendations emphasise the importance of promoting education and awareness, which could have great value for people living with HIV/AIDS, their families and communities. Knowledge about HIV/AIDS would empower people at all levels to support those who live with the disease and would also be of great value in helping those living with the disease to contribute something of value towards their health condition. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse regering beskik oor wette en beleide wat diskriminasie teen individue verbied. Hierdie wette en beleide beskerm mense teen diskriminasie in die werkplek, diskriminasie op grond van siekte, gestremdheid, ras en vele ander redes. Diskriminasie teen mense wat met MIV/vigs leef, laat baie van hulle hul MIV/vigs-status geheim hou omdat hulle diskriminasie en stigmatisasie vrees. Sommige verloor selfs hulle werk wanneer dit rugbaar word dat hulle aan MIV/vigs ly. Diegene met MIV/vigs ervaar egter nie net in die werkplek diskriminasie nie, maar ook in hul gemeenskappe en families. Dít impliseer dat mense met MIV/vigs op alle vlakke ondersteuning nodig het om ’n positiewe lewe te lei en daarmee hul lewensverwagting so ver moontlik te verleng. Hierdie studie het die stresfaktore van terminale MIV/vigs-lyers ondersoek. Daar is voorts ondersoek ingestel na die ondersteuning wat mense met MIV/vigs ontvang, sowel as die ondersteuning wat hulle nodig het. MIV/vigs-lyers se ondersteuningsbehoeftes op etlike vlakke is deur middel van ’n ekologiese navorsingsbenadering bepaal. ’n Kombinasie van ’n kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologie is vir die studie gebruik. Data is met behulp van ’n semigestruktureerde vraelys ingesamel, wat gedurende individuele onderhoude met diensverskaffers afgeneem is. Sodoende kon meetbare sowel as hoogs beskrywende data ingesamel word. Die vrae in die semigestruktureerde vraelys was gegrond op die inligting uit die literatuuroorsig. Die bevindinge van die empiriese ondersoek toon dat mense wat met MIV/vigs leef beperkte ondersteuning van hul familie, die Suid-Afrikaanse regering en die groter samelewing ontvang. Die bevindinge dui voorts daarop dat informele ondersteuningsbronne, soos familie, vriende en lewensmaats, betreklik ondersteunend is teenoor diegene met MIV/vigs. Tog is die verhouding tussen MIV/vigs-lyers en hul families en lewensmaats ook dikwels onder druk, veral net nadat die persoon ontdek dat hy/sy MIV-positief is. Daarbenewens word mense met MIV/vigs op verskeie vlakke gestigmatiseer – deur hul familie, vriende, in die werkplek en die gemeenskap. Die belangrikste aanbeveling uit die studie handel oor die behoefte aan dienste soos berading vir mense wat met die virus leef, sowel as vir hul familie. Die aanbeveling behoort veral van belang te wees vir die Suid-Afrikaanse regering, en in die besonder die gesondheidsektor, wat hierdie behoefte in gedagte moet hou om die gesondheidsorgstelsel te verbeter. Ander aanbevelings beklemtoon die belang van meer opvoeding en bewusmaking, aangesien dit uiters waardevol kan wees vir mense met MIV/vigs, hul familie en gemeenskappe. Kennis oor MIV/vigs sal mense op alle vlakke bemagtig om diegene met die virus te ondersteun, terwyl dit MIV/vigs-lyers self ook sal help om hul eie gesondheidstoestand beter te bestuur.
124

The perceptions and experience of male farm workers of the effects of a transpersonal social work intervention in addressing domestic violence

Brophy, Fiona C. 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This study is an attempt to gain a deeper understanding, from the perspective and experience of male farm workers, of the effects of a transpersonal social work counselling intervention, on a wine farm in the Western Cape, in promoting more socially functional behaviour and reducing violent behaviour, particularly towards their intimate partners. Domestic violence was found by Parenzee and Smythe (2003:47) of the Institute of Criminality to be “pervasive within farming communities” and that responses are less than adequate, no preventative services were being offered and the only structured interventions that were in place, were aimed at improving the livelihoods of women. There is a growing awareness that addressing the high and increasing levels of violence against women in South Africa needs to incorporate working directly with men as recommended, after local studies, by Sonke Gender Justice Network (2009), Boonzaier (2005), Londt (2004) and Abrahams, Jewkes and Laubsher (1999). A recent study concerning the legacy of dependency and powerlessness experienced by farm workers on wine farms in the Western Cape by Falletisch (2008:v) found there to be a need for “further research into accessible, appropriate and sustainable intervention strategies on farms that empower labourers and break the cycles of habitual excessive drinking, social violence and hopelessness on farms.” Transpersonal intervention enables human beings to attain a sense of Self and the consequent accessing of their own inner power, and with that the dissipation of the compulsion to hurt, control or abuse others and themselves says Hollis (1994) and France (2008). Circumstances that are oppressive, disempowering and poverty inducing, as experienced by a large majority of farm labour in South Africa, may be inhibiting to, but should not preclude, self realisation. The researcher, a social work practitioner in private practice on a wine farm in the Western Cape, applied this approach in a counselling intervention with male farm workers, to enable them to, not only reach their own self-defined goals, but also to reduce abusive behaviour such as alcohol abuse and domestic violence. The effects of the intervention from the perspectives of the men as well as their female partners, was explored in order to determine the effectiveness of the intervention, particularly, in reducing intimate partner violence. The goal of the study was thus to gain a deeper understanding, from the perspective and experience of male farm workers, of the effects of a transpersonal social work intervention in promoting more socially functional behaviour and reducing violent behaviour, particularly towards their intimate partners. There is a dearth of services, particularly addressing male workers on farms says Shabodien (2005) and it is hoped that this study may evaluate the effectiveness and potential for further application in practice amongst farm worker communities in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om, vanuit die perspektief van manlike plaaswerkers op ‘n Wes-Kaapse wynplaas, ‘n duideliker begrip te verkry van die invloed van ‘n maatskaplike beradingsintervensie, ter bevordering van groter funksionele sosiale gedrag en die vermindering van geweldadige gedrag, veral teenoor hul intieme lewensmaats. Parenzee en Smythe (2003:47) van die Instituut van Kriminaliteit het bevind dat plaasgemeenskappe deurtrek is van huishoudelike geweld en dat proaktiewe inisiatiewe onvoldoende was. Geen voorkomende dienste anders as gestruktureerde intervensies gemik op die verbetering van die bestaansreg van vroue is in plek. Daar is ‘n toenemende bewustheid om mans te betrek ten einde die tendens van groeiende geweldsvlakke teen vroue in Suid-Afrika aan te spreek, soos trouens ook bevind is deur plaaslike navorsing deur Sonke Gender Justice Network (2009), Boonzaier (2005), Londt (2004) en Abrahams, Jewkes en Laubsher (1999). ‘n Onlangse studie aangaande die nalatenskap van afhanklikheid en magteloosheid ondervind deur plaaswerkers op wynplase in die Wes-Kaap deur Falletisch (2008:v) het bevind dat daar ‘n behoefte is vir “verdere navorsing na toeganklike, toepaslike en volhoubare intervensiestrategieë op plase wat arbeiders bemagtig om die kringloop van gebruiklike oormatige drinkery, maatskaplike geweld en moedeloosheid op plase te breek”. Interpersoonlike intervensies stel die mens in staat om ‘n beeld van die eie self te verkry en die gevolglike bewuswording van hul eie innerlike krag, en met dit die afname van die drang om ander en hulself seer te maak, te oorheers en te mishandel volgens Hollis (1994) en France (2008). Omstandighede wat onderdruk, ontmagtig en armoede tot gevolg het, soos ondervind deur die groter meerderheid van plaasarbeid in Suid-Afrika, mag selfverwesenliking inhibeer, maar nie uitsluit. Die navorser, ‘n maatskaplike praktisyn in private praktyk op ‘n wynplaas in die Wes-Kaap, het hierdie benadering toegepas in ‘n beradingsintervensie met manlike plaaswerkers, om hulle in staat te stel om nie alleen hul eie doelwitte te bereik nie, maar ook onaanvaarbare gedrag soos alkoholmisbruik en huishoudelike geweld te verminder. Die effek van die intervensie, vanuit die perspektief van die mans sowel as dié van hul vroulike lewensmaats, is nagevors ten einde die effektiwiteit van die intervensie te bepaal - veral die vermindering van geweld teenoor die lewensmaats. Die doel van die studie was dus om ‘n dieper begrip te verkry, vanuit die perspektief en ondervinding van manlike plaaswerkers, van die positiewe uitwerking van ‘n interpersoonlike maatskaplike intervensie gemik op die bevordering van meer sosiaal funksionele gedrag en die vermindering van geweldadige gedrag, veral teenoor hul intieme lewensmaats. Daar is ‘n gebrek aan dienste, veral wat manlike werkers op plase aanspreek volgens Shabodien (2005), en word gehoop dat hierdie studie die effektiewiteit en potensiaal vir verdere toepassing in die praktyk onder plaasgemeenskappe in Suid-Afrika mag evalueer.
125

Case management by social workers of sexually abused children in the Moses Kotane District Municipality

Letsholo, Boitumelo Joyce 04 1900 (has links)
On t.p.: Master of Arts (Welfare Programme Management) / Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The study of case management of sexually abused children by social workers was conducted in the Moses Kotane District Municipality, because of the following reasons: firstly, there is an escalation of reported cases that are referred from various service organizations to the Department of Social Services; secondly the statutory policies alone cannot be the absolute protection for children against sexual abuse; thirdly, as communities seem to ignore their roles in protecting children against this problem. The social workers end up carrying the ultimate responsibility to protect children. An exploratory study was therefore undertaken to investigate how social workers in the Moses Kotane District Municipality intervene in these cases. It is crucial for professionals to have the necessary knowledge, skills and correct attitude when they intervene in child sexual abuse cases. The study explored the various dynamics that motivate this problem as well as the circumstances that can expose children to the risk of child sexual abuse. Motivation to abuse children in the Moses Kotane District Municipality emanated from the family circumstances, characteristics of the abusive father(s) as well as a lack of community child care resources The social workers need to have insight in various risk factors of this problem. These may include the circumstances surrounding the child, community factors, societal factors, family factors and the attributes of professionals dealing with child sexual abuse cases. The knowledge of the dynamics and risk factors assists social workers to assess whether the child has been abused and to do risk assessment as well as need assessment of the victims and their families. Such information can assist the social workers to make a safety plan of action regarding the child victims. It is therefore vital that the social workers identify the nature of case management style through which they render services to sexually abused children. Direct service delivery, which is preferred by most social workers in the agency, and indirect service delivery are the two types of case management styles that social workers can employ, depending on whether they work in a generic social work setting or private child welfare agency. Although social workers may have the expertise and skill to intervene effectively in child sexual abuse cases, their interventions may be affected by various challenges and result in ineffective service delivery to the victims and perpetrators of child sexual abuse. These challenges may include working conditions that are adverse, community trials of cases of child sexual abuse and unresponsive agency management. Other challenges may include resistance from clients, lack of supervision, lack of training in child sexual abuse work as well as the demanding nature of child sexual abuse work. Throughout the process of case management the social workers need to liaise and cooperate with the multi-professional team comprising of the police (CPU), medical personnel, the prosecutor(s), a psychologist as well as the family members. The team may vary from one agency to the other, however, the social worker, police and medical personnel need to be available at all the team meetings. None of these professionals is supposed to assess victims alone, because the assessment should be focused on the social, medical, psychological, legal, physical and material needs of sexually abused children. It is imperative that social workers are aware of how their attitudes, beliefs, emotions, perceptions and feelings affect the effectiveness of service delivery to these children. The professionals therefore need to be skilled to react responsively and professionally to the victims. Social skills are important for creating worthy client - worker relationships and to enhance accountability in role relationships between the clients and the professionals. By applying interactional skills, the social workers can create a child-friendly atmosphere during intervention, as the social worker can be able to listen empathetically and deal with feelings that surface during the interviews. By applying cognitive skills, the professionals can be in a position to "read" subtle emotions and feelings of the clients and assess the level of their cognitive functioning. The application of theory in practice is vital during intervention as decisions; judgement and interventions should be professional and not haphazard. The social worker thus needs to have knowledge of the perspectives, theories and models of social work. This study has provided such a framework to guide social workers in managing cases of child sexual abuse. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie oor hoe maatskaplike werkers gevallebestuur van seksueel gemolesteerde kinders doen, is in die Moses Kotane Munisipale Distrik onderneem om die volgende redes. Eerstens is daar 'n toename in die gerapporteerde gevalle van seksuele molestering wat deur verskeie diensorganisasies verwys word na die maatskaplike werkers in diens van Departement van Welsyn. Tweedens bied die statutêre beleid op sigself nie aan kinders algehele beskerming teen seksuele molestering nie. Derdens blyk dit dat van maatskaplike werkers verwag word om algehele verantwoordelikheid vir die beskerming van kinders te aanvaar omdat dit skyn asof gemeenskappe hulle rol om kinders teen seksuele molestering te beskerm, ignoreer. Derhalwe is 'n verkennende studie onderneem om vas te stel hoe maatskaplike werkers in die Moses Kotane Munisipale Distrik dienste lewer aan hierdie kinders. Dit is essensieel dat professionele persone oor die nodige kennis, vaardighede en regte houding sal beskik wanneer gevalle van seksuele molestering van kinders hanteer word. Met die studie is die faktore wat aanleiding gee tot seksuele molestering, sowel as die omstandighede wat kinders blootstel aan die risiko van seksuele molestering, ondersoek. Daar is vasgestel dat die motivering vir seksuele molestering van kinders in die Moses Kotane Munisipale Distrik gespruit het uit hulle gesinsomstandighede, kenmerke van die molesterende vader(s), sowel die gebrek aan bronne vir kinderbeskerming in die gemeenskap. Maatskaplike werkers behoort insig te hê in die faktore wat kinders 'n risiko van seksuele molestering kan maak. Hierdie faktore kan verband hou met die omstandighede van die kind, gemeenskapsfaktore, samelewingsfaktore, gesinsfaktore en die kenmerke van die professionele persone wat die gevalle van kinders wat seksueel molesteer is, hanteer. Kennis van die dinamika van seksuele molestering en die risiko faktore van seksuele molestering van kinders, sal maatskaplike werkers in staat stelom te assesseer of kinders gemolesteer is en om risiko-assesserings, sowel as behoeftebepalings van die slagoffers en hulle gesinne te doen. Sodanige inligting sal die maatskaplike werker help om 'n veiligheidsplan van aksie vir kinderslagoffers op te stel. Dit is derhalwe noodsaaklik dat maatskaplike werkers die aard van hulle gevallebestuur styl deur middel waarvan dienste aan seksueel gemolesteerde kinders gelewer word, sal kan identifiseer. Direkte dienslewering, wat deur die meeste maatskaplike werkers in die ondersoek groep verkies is en indirekte dienslewering is die twee soorte gevalle bestuurstyle wat maatskaplike werkers kan gebruik. Die keuse tussen die twee sal afhang van of maatskaplike werkers in 'n generiese of gespesialiseerde opset praktiseer. Alhoewel maatskaplike werkers oor die kundigheid en vaardigheid mag beskik om gevalle van seksuele molestering effektief te hanteer, mag hulle intervensies beïnvloed word deur verskeie struikelblokke wat kan veroorsaak dat oneffektiewe diens aan die slagoffers en oortreders van seksuele molestering van kinders gelewer kan word. Struikelblokke wat deur die respondente ervaar IS, is byvoorbeeld onproduktiewe werksomstandighede, gemeenskapsverhore van oortreders van seksuele molestering van kinders en onresponsiewe besture van organisasies. Ander struikelblokke kan die weerstand van kliënte, gebrek aan supervisie, gebrek aan opleiding in die hantering van seksuele molestering van kinders, sowel as die veeleisende aard van die hantering van kinders wat seksuele gemolesteer is, insluit. Tydens die proses van gevallebestuur behoort die maatskaplike werker deurlopend te skakel en saam te werk met 'n multi-professionele span, bestaande uit die polisie (KBE), mediese personeel, die staatsaanklaer, 'n sielkundige, sowel as die gesinslede van die gemolesteerde kind. Alhoewel die span van organisasie tot organisasie kan verskil, behoort die maatskaplike werker, polisie en die mediese personeel beskikbaar te wees vir alle spanvergaderings. Nie een van hierdie professionele persone is veronderstel om slagoffers alleen te assesseer nie, want die assessering behoort toe fokus op die sosiale, mediese, sielkundige, regs, fisiese en materiële behoeftes van seksueel gemolesteerde kinders. Dit is verder noodsaaklik dat maatskaplike werkers bewus sal wees van hoe hulle houdings, oortuigings, emosies, persepsies en gevoelens die effektiwiteit van hulle dienslewering aan hierdie kinders kan beïnvloed. Professionele persone behoort derhalwe oor die vaardigheid te beskik om met die nodige empatie en professionaliteit te reageer teenoor slagoffers. Met behulp van toepaslike professionele vaardighede kan die maatskaplike werker tydens intervensie 'n kindervriendelike omgewing tydens skep Dit sal die maatskaplike werker in staat stelom empaties te luister en gevoelens wat tydens onderhoude na vore kom te hanteer. Die toepassing van kognitiewe vaardighede sal die professionele persoon ontvanklik maak vir subtiele emosies en gevoelens van die kliënt en instaat stelom die vlak van hulle kognitiewe funksionering te assesseer. Die toepassing van teorie in die praktyk tydens intervensie is noodsaaklike omdat besluite en beoordelings tydens intervensie professioneel moet wees. Die maatskaplike werker benodig dus kennis van relevante perspektiewe, teorieë en modelle van maatskaplike werk wat vir die doel benut kan word. Die studie bied sodanige raamwerk aan wat as riglyne vir maatskaplike werkers kan dien en gebruik kan word om gevalle van seksuele molestering van kinders te bestuur.
126

Casework intervention for abused women in the Moses Kotane Local Municipality

Twala, Thembi Maria Carol 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This research investigates casework intervention for abused women in Moses Kotane Local Municipality. The purpose of this research is to present a theoretical and practical framework from a casework perspective for dealing with abused women. The motivation for the study was based on the need of social workers to have a framework when applying casework during intervention with abused women. The framework will offer guidance and will ensure that the service rendered to abused women is of a good quality. The objectives of this study is to investigate the nature and extent of the abuse of women in Moses Kotane Local Municipality, to explain the causes and consequences of abuse, and to describe casework intervention strategies to address abuse of women. The research covers the nature and prevalence of abuse of women as well as the causes of abuse. The consequences of abuse of women are also outlined in the research report. A practice perspective, a theory and a model which can be applied during intervention with abused women, is also included in the report. A practical framework is also included with the help of literature reviewed. The empirical research involved both qualitative and quantitative methods. This section presents findings in the form of tables and figures and gives an analysis of the findings. The findings were analyzed and compared with the findings from previous studies undertaken by various authors. The findings can be used as a guideline by social workers when applying casework during intervention with abused women. Recommendations are also included in the report. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met hierdie navorsing is ondersoek ingestel na gevallewerk-intervensie met mishandelde vroue in die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit. Die doel van die navorsing was om 'n teoretiese en praktiese raamwerk vanuit 'n gevallewerk-perspektief vir intervensie met mishandelde vroue aan te bied. Die motivering vir die studie was gebaseer op maatskaplike werkers se behoefte aan 'n raamwerk wanneer gevallewerk gedurende intervensie met mishandelde vroue toegepas word. Met dié raamwerk word beoog om riglyne aan te bied wat sal verseker dat die dienste wat aan die mishandelde vroue gelewer word van 'n goeie kwaliteit is. Die doelwitte van die studie is om die aard en omvang van die mishandeling van vroue in die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit te ondersoek, om die oorsake en gevolge van mishandeling te verduidelik, en om gevallewerk-intervensie strategieë om mishandeling van vroue te hanteer te beskryf. Die navorsing handel oor die aard en voorkoms van die mishandeling van vroue, asook die oorsake van mishandeling. Die gevolge van mishandeling van vroue word ook in die navorsingsverslag aangebied. 'n Praktykperspektief, 'n teorie en 'n model wat gebruik kan word vir intervensie met mishandelde vroue word in die verslag aangebied. 'n Praktiese raamwerk wat gebaseer is op die literatuur wat bestudeer is word aangebied. Die empiriese navorsing het behels dat beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes benut is. In hierdie afdeling word bevindinge in die vorm van tabelle en figure aangebied en 'n ontleding van die bevindinge word gemaak. Die bevindinge van die studie is ontleed en vergelyk met die bevindinge van vorige studies wat deur verskeie outeurs onderneem is. Die bevindinge kan deur maatskaplike werkers benut word as riglyne wanneer gevallewerk met mishandelde vroue gedoen word. Aanbevelings word ook in die verslag ingesluit.
127

The contribution of social work to the prevention of crime by the criminal justice system in the Western Cape

Magobotiti, Chris Derby 04 1900 (has links)
Thesis (M.A.)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study deals with crime prevention within the criminal justice system in response to the current crime situation in the Western Cape. It describes the structure and function of the criminal justice system and assesses crime prevention processes with specific reference to the role of social work within the criminal justice system. It further examines the criminal justice system as practised in the Western Cape, paying specific attention to the role of the police, criminal courts and prisons in the prevention of crime. In line with the nature of the study an exploratory approach was used. The data was collected from both primary and secondary sources. Interviews and observations were the main research techniques used for gathering primary data. Secondary data + was gathered by means of a study of the literature. Structured and unstructured interviews were conducted with social workers, magistrates, police officers, prosecutors, victims, offenders, community workers and other officials of the criminal justice system. These interviews were mainly conducted at Wynberg magistrates' court, Drakenstein Prison (formerly known as Victor Verster Prison) and organisations based in the metro areas and on the Cape Flats. The study was conducted over a period of three years with the interview schedule administered between May and August 2000. A sample of 21 respondents was selected on the basis of a purposive approach and procedure. The comprehensive interview schedule consisted of mainly open-ended and a few closed questions, generating information on the profiles of respondents, crime dynamics in the Western Cape, the sentencing process and prevention strategies, matters related to the criminal justice system and corrections, and the role of community justice in the prevention of crime. The generated qualitative data was analysed and interpreted. The findings suggested the necessity for social work to make a contribution to the prevention of crime in a sensitive and proactive way. The analysis has shown that criminal justice approaches can significantly enhance the process of crime prevention, but that the criminal justice system requires combined strategies and approaches for crime prevention to be effective. It is in this context that the contribution of social work can be much more effective. The recommendations of the study have demonstrated a need for social workers to promote approaches that are premised on a broader understanding of the role of the criminal justice system in the prevention of crime. It is important to state that the study's recommendations for the prevention of .crirne can also be implemented by other role-players, particularly within the criminal justice system. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek handeloor misdaadvoorkoming deur die strafregstelsel in reaksie tot die huidige misdaadsituasie in-die Wes-Kaap. Dit beskryf die struktuur en funksie van die stafregstelsel en beoordeel misdaadvoorkomingsprosesse met besondere verwysing na die rol van maatskaplike werk binne die strafregstelsel. Dit ondersoek verder die strafregstelsel soos beoefen in die Wes-Kaap deur veral aandag te gee aan die rol van die polisie, die howe en gevangenisse in die voorkoming van misdaad. Die aard van die ondersoek vereis dat 'n eksplorerende benadering gevolg is. Data is versamel uit primêre sowel as sekondêre bronne. Onderhoude en waarnemings + was die hoof navorsingstegnieke wat gebruik is om primêre data te versamel. Sekondêre data is weer verkry deur 'n studie van die literatuur. Gestruktureerde en ongestruktureerde onderhoude is gevoer met maatskaplike werkers, landdroste, polisie beamptes, openbare vervolgers, slagoffers, gevonnisde misdadigers, gemeenkapswerkers en ander beamptes van die strafregstelsel. Hierdie onderhoude is hoofsaaklik gevoer by die Wynbergse landdroshof, Drakenstein Gevangenis (voorheen Victor Verster Gevangenis) en organisasies werksaam in die metropolitaanse gebiede en die Kaapse Vlakte. Die ondersoek is onderneem oor 'n periode van drie jaar met die onderhoude gevoer tussen Mei en Augustus 2000. 'n Steekproef van 21 respondente is geselekteer op die grondslag van 'n doelgerigte benadering en prosedure. Die omvangryke onderhoudskedule bestaan uit oorwegend oop en 'n beperkte aantal geslote vrae, en het inligting gegenereer oor die respondent-profiel, misdaad-dinamika in die Wes-Kaap, die vonnisopleggingsproses en voorkomingstrategieë, sake rakende die strafregstelsel en korrektiewe optrede, en die rol van gemeenskapsreg in die voorkoming van suggereer die noodsaaklikheid daarvan vir maatskaplike werk om 'n bydrae te lewer ,- tot die voorkoming van misdaad op 'n sensitiewe en proaktiewe wyse. Die ontledings het aangetoon dat strafregbenaderings die proses van misdaadvoorkoming beduidend kan verhoog maar om misdaadvoorkoming effektief te laat geskied, vereis die strafregstelsel gekombineerde strategieë en benaderings. Dit is binne hierdie verband dat die bydrae van maatskaplike werk baie meer effektief kan wees. Die aanbevelings van die ondersoek wys op 'n behoefte by maatskaplike werkers om benaderings te bevorder wat gebaseer is op 'n breër begrip van die rol van die strafregstelsel in die voorkoming van misdaad. Dit is van belang om te stel dat die ondersoek se aanbevelings vir die voorkoming van misdaad ook geïmplementeer kan word deur ander rolspelers, veral binne die strafregstelsel.
128

Die rol van die maatskaplike werker by die bemagtiging van vrywilligers by 'n slagofferondersteuningsentrum

Londt, Natalie 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Through the establishment of victim support centres, NICRO Eastern Cape aims to develop community networks that render available and appropriate support services to victims of crime. Social workers empower volunteers to run the centres. In order for the social workers to empower volunteers, they need to clearly understand their role in the empowerment process. The goal of the study is to clarify the role of social workers when empowering volunteers at community victim support centres. The profile, motivation and current empowerment of volunteers at NICRO Eastern Cape were determined and described by means of questionnaires. The respondents were fifteen volunteers and three social workers. Conclusions and recommendations were made which focused, among other aspects, on the training of social workers and strategic planning around empowerment. The framework of this research report can be utilized by social workers in the empowering of volunteers, which could possibly lead to victim support centres that are managed by volunteers, as representatives of communities, independently from NICRO. / AFRIKAANSE OPSOMMING: By die slagofferondersteuningsentrums te NICRO Oos-Kaap word daar gepoog om 'n gemeenskapsnetwerk te ontwikkel waardeur slagoffers van misdaad beskikbare en toepaslike ondersteuning ontvang. Dit word gedoen deur die bemagtiging van vrywilligers deur maatskaplike werkers. Ten einde die vrywilligers te bemagtig, is dit belangrik dat maatskaplike werkers hul rol in die proses van bemagtiging begryp. Die doel van die studie is om die rol van die maatskaplike werker uit te klaar met die bemagtiging van vrywilligers by 'n gemeenskapslagofferondersteuningsentrum. Die profiel, motivering en huidige bemagtiging van vrywilligers by NICRO Oos-Kaap is deur middel van vraelyste bepaal en ontleed. Die respondente het uit vyftien vrywilligers en drie maatskaplike werkers bestaan. Gevolgtrekkings is gemaak en aanbevelings gedoen wat onder andere fokus op die opleiding aan maatskaplike werkers en strategiese beplanning rondom bemagtiging. Die raamwerk van hierdie navorsingsverslag sal deur maatskaplike werkers benut kan word in die bemagtiging van vrywilligers en dit kan moontlik aanleiding gee tot slagofferondersteuningsentrums wat onafhanklik van NICRO deur vrywilligers, as verteenwoordigers van gemeenskappe, bestuur word.
129

An exploratory study of the experiences of people with disabilities in a social development programme

Koopman, Gadija 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Social workers are increasingly being encouraged to include the economic development of their clients in the intervention strategies they apply. As a result of this, social work programmes with income generating activities are becoming commonplace within the social work arena. People with disabilities have been identified as a group that should be targeted for support in income generating activities and small business initiatives. An exploratory study of the effect of a social work programme on the lives of people with disabilities was undertaken. A literature study was conducted on perspectives and intervention strategies that are applied in social work intervention with people with disabilities. This included the ecological and strengths perspectives of social work as it applies to people with disabilities. The empowerment approach was described as an intervention strategy to be applied by social workers working with people with disabilities. Disability in South Africa was explored by focussing on the disability rights movement as well as the policies and institutions that affect the lives of people with disabilities. Little research has been done to explore the effect of social work programmes with income generating activities on the lives of the people involved in them. Exploratory research was done in the Western Cape using the interview survey for data collection,. The experiences of people with disabilities, who are members of a social work income-generating programme, were explored. Information obtained during the interviews is presented in four categories, namely: demographic information of the respondents, the nature of the respondents' disabilities, respondents' involvement in the programme and their awareness of their rights as people with disabilities. The study revealed that although, income generating activities were the focus of the programme, respondents did not identify economic rewards as the main reason for remaining in the programme. Respondents identified emotional and social rewards as being of most value to them in their membership of the programme. It is therefore concludedthat social work programmes should include both income-generating activities as well as activities that will enhance the emotional and social development of people with disabilities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Maatskaplike werkers word al hoe meer aangemoedig om die ekonomiese opheffing van hul kliënte in te sluit by die intervensie strategieë wat hul implementeer. Gevolglik word strategieë met inkomste-genererende aktiwiteite al hoe meer alledaags in die maatskaplike werk arena. Mense met gestremdhede is as 'n groep geïdentifiseer om ondersteuning in inkomste-genererende aktiwiteite en kleinsake inisiatiewe te ontvang. 'n Verkennende studie is onderneem om die effek van 'n maatskaplike werkprogram op die lewens van mense met gestremdhede te ondersoek. 'n Literatuurstudie is ook onderneem om die maatskaplike werk perspektiewe en intervensie strategieë wat van toepassing is op mense met gestremdhede, te beskryf. Dit het die maatskaplike werk ekologiese en sterkte perspektiewe ingesluit en ook hoe dit van toepassing is op mense met gestremdhede. Die bemagtigings benadering in maatskapike werk en die toepassing daarvan op mense met gestremdhede word ook beskryf. Gestremdheid in Suid-Afrika is verken deur te fokus op die gestremdheids regtebeweging, sowel as die beleid en instansies wat 'n effek het op die lewens van mense met gestremdhede. Min navorsing is tot dusver gedoen om die effek van maatskaplike werkprogramme met inkomste-genererende aktiwiteite op die lewens van mense met gestremdhede te verken. Verkennende navorsing is in die Wes-Kaap gedoen met behulp van onderhoude as 'n instrument vir data insameling. Die ervaringe van mense met gestremdhede, wie lede van 'n maatskaplike werk inkomstegenererende program is, is verken. Inligting wat ingewin is gedurende onderhoude word in vier kategorië aangebied, naamlik: demografiese inligting van respondente, die aard van respondente se gestremdhede, respondente se betrokkenheid by die program sowel as hulle bewustheid van hulle regte as gestremdes. In die studie is bevind dat alhoewel inkomste-genererende aktiwiteite die fokus van die program was, het respondente nie noodwendig die ekonomiese beloning as die hoof rede om in die program aan te bly, geïdentifiseer nie. Respondente het die emosionele en sosiale beloning geïdentifiseer as die aspek wat die meeste waarde vir hulle ingehou het. Die gevolgtrekking is dus dat maatskaplike werk programme beide inkomste-genererende aktiwiteite, sowel as aktiwiteite wat die emosionele en sosiale ontwikkeling van gestremdes aanmoedig, moet insluit.

Page generated in 0.1189 seconds