Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- cocial work"" "subject:"dissertations -- bsocial work""
111 |
Employment equity : guidelines for the recruitment and selection of people with disabilities in the open labour marketSmit, Karen 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Until very recent people with disabilities in South Africa were an overlooked
and under-utilised pool of labour. Disabled people have been denied the
chance to participate in employment opportunities by becoming economically
active and hence contributing towards the economy of the country. This is
because employers were seldom or never exposed to the employment of
disabled people in the open labour market. The result is that employers are
uninformed about the benefits of recruiting disabled candidates.
Since the establishment of a new democratic order in South Africa in 1994,
new legislation that protects the rights of disabled people was implemented.
The Constitution of the Republic of South Africa (No 108 of 1996), the Labour
Relations Act (No 66 of 1995) and the Employment Equity Act (No 55 of 1998)
for the first time proclaimed that it is unlawful to discriminate against people
with disabilities.
The Employment Equity Act (No 55 of 1998) encourages employers to employ
persons from designated groups. These designated groups are black people,
women and people with disabilities. To enable employers to successfully
recruit disabled people in the open labour market, existing recruitment and
selection procedures should be reviewed to remove any discriminatory
elements. It is during the recruitment and selection process that the disabled
applicant are either denied access to employment or not given a fair chance to
compete for a position.
Currently the Employment Equity Act (No 55 of 1998) only mentions the terms
"people with disabilities" and "reasonable accommodation". This Act does not
provide guidelines for employers on how to go about recruiting and employing
disabled candidates. Therefore the aim of the study is to present practical
guidelines regarding the employment of people with disabilities. These
guidelines describe in a non-discriminatory manner the recruitment and
selection process, such as reviewing job descriptions, the advertisement of
positions, interpreting the disabled candidates' curriculum vitae and interviewing the disabled applicant. The idea of reasonable accommodation
within the workplace highlights the use and benefits of assistive devices for
disabled persons so that the essential functions of a job can be performed.
Exploratory-descriptive research was done with the assistance of
questionnaires as an instrument for data collection. To meet the aims of this
study, an availability sample of 20 businesses (small, medium and large
businesses) which also included government departments in the Cape
Metropolitan area was selected. The opinions and attitudes of human
resources staff and business owners concerning the recruitment of physically
disabled people, persons with hearing impairments, persons with visual
impairments and persons suffering from epilepsy, were determined. The
research findings reflected and discussed in this study indicate that employers
do not have recruitment and selection guidelines available to recruit persons
with different disabilities successfully.
Conclusions and recommendations are made regarding the knowledge and
opinions of employers recruiting people with disabilities. The use of
recruitment and selection guidelines will benefit both the employer and the
disabled candidate. Such guidelines will enable employers to recruit disabled
persons in a fair and consistent manner. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot onlangs was persone met gestremdhede in Suid Afrika onderbenut in die
arbeidsmag. Gestremde persone is verhoed om deel te neem aan
werksgeleenthede en kon dus nie aktiewe bydraes lewer tot die ekonomie van
die land nie. Die rede hiervoor is omdat werkgewers selde of nooit blootgestel
is aan die indiensneming van gestremde persone in die ope arbeidsmark nie.
Die gevolg is dat werkgewers onkundig en oningelig is oor die voordele wat
die indiensneming van persone met gestremdhede bied.
Sedert die ontstaan van 'n nuwe demokratiese bedeling in 1994, is nuwe
wetgewing daargestel wat die regte van persone met gestremdhede beskerm.
Die Konstitusie van die Republiek van Suid Afrika (Nr 108 van 1996), die nuwe
Arbeidswet (Nr 66 van 1995) en die Gelyke Indiensnemingwet (Nr 55 van
1998) het vir die eerste keer verklaar dat dit onwettig is om te diskrimineer
teen gestremde persone.
Die Gelyke Indiensnemingswet (Nr 55 van 1995) moedig werkgewers aan om
persone van agtergeblewe groepe in diens te neem. Hierdie agtergeblewe
groepe sluit in swart persone, vroue en persone met gestremdhede. Om
werkgewers in staat te stel om persone met gestremdhede suksesvol te werf,
behoort huidige werwings- en keuringsprosedures hersien te word ten einde
diskriminerende faktore te elirnineer. Dit is tydens die keuringsproses dat
persone met gestremdhede of verhoed word, of die regverdige kans gegun
word om te kompeteer vir 'n betrekking.
Die Gelyke Indiensnemingswet (Nr 55 van 1998) noem slegs die terme
"persone met gestremdhede" en "redelike voorsorg". Hierdie wet verskaf nie
riglyne aan werkgewers oor hoe om werwing en keuring van persone met
gestremdhede te behartig nie. Die doelwit van die studie is dus om praktiese
riglyne aangaande aanstelling van persone met gestremdhede daar te stel.
Hierdie riglyne beskryf die wyse van werwing en keuring op 'n niediskriminerende
wyse, soos die hersiening van posbeskrywings, advertensies van betrekkings, die interpretering van gestremde persone se curriculum vitae
en die voer van onderhoude met gestremde applikante. Redelike voorsorg
beklemtoon die gebruik en voordele van hulpmiddels vir persone met
gestremdhede sodat die essensiele werksfunksies verrig kan word.
Verkennende beskrywende navorsing is gedoen met behulp van vraelyste om
inligting te bekom. Vir die doelwitte van hierdie studie is 'n
beskikbaarheidsmonster van 20 besighede (klein, medium en groot
besighede), wat regeringsdepartemente ingesluit het in die Kaapse
Metropolitaanse gebied gekies. Die menings en opinies van menslike
hulpbronne personeel, en besigheidseienaars rakende die werwing van
persone met fisiese gestremdhede, persone met gehoorgestremdhede,
persone met gesigsgestremdhede asook persone wat aan epilepsie Iy, is
vasgestel. Die navorsingresultate van hierdie studie dui aan dat werkgewers
tans nie werwings- en keuringsriglyne benut wanneer persone met
gestremdhede in diens geneem word nie.
Gevolgtrekkings en aanbevelings oor die menings van werkgewers rakende
die werwing van gestremde persone, is gemaak. Die gebruik van werwings en
keuringsriglyne behoort beide die werkgewer en die gestremde kandidaat
te bevoordeel. Hierdie riglyne sal werkgewers in staat stel om persone met
gestremdhede op 'n regverdige en eenvormige wyse aan te stel.
|
112 |
Opleidingsstrategiee vir praktykopleiers van voorgraadse maatskaplike werkstudenteKilian, Ilana 12 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This research investigates education strategies for field instructors working with
undergraduate social work students.
Social work students at the University of Stellenbosch receive practical
experience and education at welfare institutions as part of their formal education.
During this practice education period students are guided and educated by field
instructors.
Practice education of undergraduate social work students is a demanding
responsibility to field instructors and knowledge and skills are required to
complete the task successfully. During the practice education period, field
instructors are still confronted with their own work pressure and environmental
demands in practice, along with the practice education of undergraduate social
work students.
The basic premise for this research is focused on the importance of the role of
field instructors during the field practice period, as well as the importance of
continuous education to these field instructors.
This research report includes 'n thorough literature study that refers to the
knowledge and skills that are required of field instructors for practice eduaction
of students. The partnership between the educational institution and practice
education agency are discussed and the roles, tasks and expectations of the
partners are described in the chapters. Both parties are responsible for the
education of field instructors and several educational strategies are examined.
As a conclusion, educational strategies for field instructors are discussed and
recommendations are made.
The empirical research involved the use of both qualitative and quantitative
methods to explore the theoretical part of the research. An explorary study was
used to obtain the information from respondants. The findings and results of the research are analized and compared with the literature and some
recommendations are made.
The findings of this research can be used as guidelines for the education of field
instructors concerned with the education of undergraduate social work students.
Field instructors contribute to the education of professional social workers and all
parties involved in the education process should bare a responsibilty to
participate in field instructors' education. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek opleidingsstrategieë vir praktykopleiers van
voorgraadse maatskaplikewerk-studente.
Maatskaplikewerk-studente aan die Universiteit van Stellenbosch word as deel
van hul formele opleiding blootgestel aan praktiese ondervinding en -onderrig by
welsynsinstansies. Gedurende hierdie praktykonderrigplasing ontvang studente
leiding en onderrig van praktykopleiers.
Praktykonderrig van voorgraadse maatskaplikewerk-studente stel hoë eise aan
praktykopleiers en verg kennis en vaardighede om die taak suksesvol uit te voer.
Tydens die praktykonderrigperiode word praktykopleiers steeds gekonfronteer
met die eise van die werks- en omgewingsdruk in die praktyk, tesame met die
praktykonderrig van voorgraadse maatskaplikewerk-studente.
Hierdie navorsing is gerig op die noodsaaklikheid van praktykopleiers se rol
tydens die praktykonderrigperiode van voorgraadse maatskaplikewerk-studente,
sowel as die belangrikheid van voortgesette opleiding aan hierdie
praktykopleiers.
Ten einde opleidingsstrategieë vir praktykopleiers daar te stel, fokus die
literatuurstudie op 'n bespreking van die kennis en vaardighede waaroor
praktykopleiers moet beskik vir praktykonderrig aan studente. Die vennootskap
tussen die opleidingsinstansie en praktykonderrigsinstansie word volledig
bespreek en rolle, funksies en verwagtinge van die vennote word aangedui.
Beide partye dra 'n verantwoordelikheid teenoor die opleiding van
praktykopleiers en moontlike opleidingsmetodes word ondersoek. Ter
samevatting word opleidingsstrategieë vir praktykopleiers bespreek en
aanbevelings word gemaak.
Die teoretiese deel van die verslag word uitgebrei in die empiriese ondersoek,
deur 'n ontleding en bespreking van die resultate van die ondersoek. 'n Verkennende studie is benut en beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes is
gebruik om die inligting van respondente te bekom. Die bevindinge en resultate
van die ondersoek is geanaliseer en vergelyk met die literatuur en sekere
aanbevelings is gemaak.
Die bevindinge van hierdie studie kan as riglyn gebruik word vir die opleiding van
praktykopleiers wat betrokke is by die onderrig van voorgraadse
maatskaplikewerk-studente. Praktykopleiers speel 'n belangrike rol in die
opleiding en onderrig van professionele maatskaplike werkers en betrokke
partye in die opleidingsproses dra 'n verantwoordelikheid om praktykopleiers toe
te rus vir die taak.
|
113 |
Riglyne vir 'n intervensieprogram met adolessente kinders van alkoholiste in die CADVenter, Nioma 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This exploratory and applied study was undertaken to compile a generalized
profile, understand the target group's needs and to formulate a set of directives
for an intervention program for adolescent children of alcoholics.
The Christian Action for Dependence (CAD) views alcoholism as a factor that
affects every member of the household and adopts a systemic approach for
solving this problem. An earlier study proofed that the organization does not
provide sufficiently for the intervention of adolescent children whose parents are
members of the self-help groups. In order to address this shortcoming, the
Teencads (Teenage Christian Action for Dependence) was established in 1997.
It functioned as a penfriend's club. The current study was prompted by the need
for greater clarity in planning programs for a group like Teencads.
A literature study was undertaken to assess the effect of parental alcoholism on
adolescents. The research focused on the developmental tasks of adolescence;
looked into the child's emotional reaction to parental alcoholism; highlighted the
child's reaction in respect of different relationships and determined the effect of
parental alcoholism on the academic performance of the child as well as the
connection between parental alcoholism and pathological behavior of the child.
Classical adaptive behavior by the children of alcoholics was studied by focusing
on the contrast between observed behavior and the adolescent's underlying
emotional reaction to parental alcoholism. The purpose of the literature study
was to look for effective methods of intervention and intervention strategies, and
to examine the aims and objectives of international programs that are currently
being implemented.
The empirical study focused on the CAD in the Western- and Southern-Cape.
Twenty seven adolescents were selected by cluster sampling and the snowball technique. They completed a questionnaire that was compiled from the studied
literature.
The results of the empirical study strengthened the hypothesis that parental
alcoholism has a negative effect on the development of adolescents and that
social work intervention is a matter of urgency.
Based on the results of the study, the researcher proposed policy guidelines for
intervention programs for adolescents in the CAD. Guidelines and suggestions
for such programs have been formulated. The recommendations of this study are
applicable to adolescent children of all alcoholics. Organizations other than the
CAD, as well as other social workers, will be able to use these recommendations
in the formulation of intervention programs for adolescent children of alcoholics. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Verkennende en beskrywende studie is onderneem om 'n veralgemeenbare
profiel van die adolessente kinders van alkoholiste vas te stel, asook om te
bepaal wat die behoeftes van hierdie teikengroep ten opsigte van 'n
intervensieprogram is. Die uiteindelike doel van die ondersoek was om riglyne vir
'n intervensieprogram ten opsigte van adolessente kinders van alkoholiste te
formuleer.
Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) werk vanuit 'n sistemiese benadering
en beskou alkoholisme as 'n probleem wat elke lid van die gesin beïnvloed. 'n
Voorafondersoek het bewys dat die organisasie nie voldoende voorsiening maak
vir intervensie van adolessente kinders wie se ouers lede van die selfhelpgroepe
is nie. In 'n poging om hierdie leemte aan te spreek, is die Teencads (Tiener
Christelike Afhanklikheidsdiens) in 1997 gestig en funksioneer dit onder leiding
van die ondersoeker as 'n penvriendeklub vir hierdie teikengroep. 'n Behoefte
aan meer rigting en duidelikheid ten opsigte van programinhoud, het hierdie
ondersoek genoop.
'n Literatuurstudie is onderneem om die invloed van ouer-alkoholisme op
adolessente te bepaal. Tydens die ondersoek is die ontwikkelingstake van die
adolessente lewensfase in ag geneem; die kind se emosionele reaksie op oueralkoholisme
ondersoek; die kind se reaksie in verskillende verhoudings
waargeneem; die invloed van ouer-alkoholisme op akademiese prestasie en die
verband tussen ouer-alkoholisme en patalogiese gedrag by adolessente
vasgestel. Die klassieke aanpassingsrolle wat kinders van alkoholiste vertolk is
ondersoek deurdat die navorser spesifiek op die kontras tussen waargenome
gedrag en onderliggende emosies by die adolessent klem gelê het. In
aansluiting by die doel van die navorsing is daar tydens die literatuurondersoek
gefokus op die doelwitte vir 'n effektiewe intervensieprogram; metodes van intervensie; intervensiestrategieë, asook op die inhoud en intervensiemetodes
van bestaande internasionale programme.
Die empiriese ondersoek was op die CAD in die Wes- en Suid-Kaap gerig. Daar
is 27 adolessente deur trossteekproeftrekking en 'n sneeubaltegniek geselekteer
om 'n vraelys, gebasseer op die literatuurondersoek, te voltooi. Die resultate van
die empiriese ondersoek bevestig die navorser se hipotese dat ouer-alkoholisme
'n negatiewe invloed op die ontwikkeling van adolessente het en dat
maatskaplikewerk-intervensie noodsaaklik is.
Op grond van die ondersoek en resultate, is 'n beleidsraamwerk ten opsigte van
'n intervensieprogram met kinders van alkoholiste, spesifiek vir die CAD
geformuleer en volledige en omvattende riglyne en voorstelle vir sodanige
program neergelê. Die aanbevelings van hierdie ondersoek is van toepassing op
adolessente kinders van alle alkoholiste en kan dus met vrug deur ander
organisasies en maatskaplike werkers gebruik word.
|
114 |
Gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuisLerwick, Susan 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: An exploratory study was undertaken to examine the possibility of rendering family
reunification services from within children's homes. The goal of the study was to
make recommendations with regard to the implementation of this service by
children's homes.
A literature study was undertaken to investigate the effect of a child's statutory
removal, examine the existing government policy regarding children and families.
The theory and unique characteristics of family reunification services were also
investigated.
The social workers from the four children's homes in the Western Cape that are
managed by a commission of the Dutch Reformed Church were involved in the
empirical study. The social workers each had to complete a questionnaire
regarding their opinion about the rendering of family reunification services from
within the children's homes. The results showed that the majority of the social
workers were in favour of the rendering of family reunification services, but they felt
that it should be undertaken in conjunction with the external organizations, that
referred the children to them. Several obstacles in the rendering of this service was
also identified by this study. It was also found that the majority of the children in the
children's homes have been there for longer than two years, which further
accentuated the necessity of this service.
Based on the findings of the literature study, as well as the results of the empirical
study recommendations were made regarding the implementation of family
reunification services as a co-operative effort between the children's homes and
other relevant external organizations. These recommendations are applicable to
other children's homes with cognisance of their individual differences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: en Verkennende studie is onderneem om die moontlikheid te ondersoek vir die
lewering van gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuis. Die uiteindelike doel
was om aanbevelings te maak ten opsigte van die implementering van hierdie
diens binne die kinderhuis se werksaamhede.
enLiteratuurstudie is onderneem om die effek van enkind se statutêre verwydering
te ondersoek, asook die staat se beleid ten opsigte van kinders en gesinne.
Ondersoek is ook ingestel na die teorie en die eiesoortige kenmerke van
gesinsherenigingsdienste as intervensiemetode.
Die maatskaplike werkers wat werksaam is by die vier kinderhuise in die Wes-
Kaap wat onder beheer van die N.G. Kerk se Sinodale Kommissie vir die Diens
van Barmhartigheid staan, is in die empiriese ondersoek betrek. Die maatskaplike
werkers het elkeen en vraelys voltooi om hulopinie te verkry omtrent die
haalbaarheid van gesinsherenigingsdienste vanuit kinderhuise. Die resultate het
getoon dat die meerderheid maatskaplike werkers positief gesind is jeens die
implementering van gesinsherenigingsdienste. Hierdie diens moet volgens die
respondente egter nie alleen vanuit die kinderhuis onderneem word nie, maar in
spanverband met die betrokke eksterne organisasies. Verskeie hindernisse in die
uitvoering van hierdie diens is identifiseer. Daar is ook bevind dat die meerderheid
van die kinders in die kinderhuise vir langer as twee jaar reeds in die kinderhuis se
sorg verkeer, wat die noodsaaklikheid van die diens verder beklemtoon het.
Op grond van die ondersoek en die reslutate is aanbevelings gemaak ten opsigte
van die implementering van gesinsherenigingsdienste vanuit die kinderhuis in
samewerking met die betrokke eksterne organisasies. Die aanbevelings van
hierdie ondersoek is van toepassing op kinderhuise in die algemeen met die
nodige in ag neming van hul individuele verskille.
|
115 |
Practice education placements for undergraduate social work students in the corporate sector of the Western Cape metropole : an exploratory investigationBrown, Iris Cathrine 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Finding practice education placements for undergraduate social work students is
becoming increasingly difficult in the Western Cape Metropolis, because many welfare
agencies have either closed down or do not have the capacity to accommodate students
for field placement. As a result of this situation, this research was undertaken with the aim
to investigate the feasibility of the corporate sector as a field placement for undergraduate
social work students.
By using the corporate sector as a field placement an opportunity can be created whereby
the university and the corporate sector could establish a workable partnership, with
mutual benefits for each. The corporate sector can benefit by services offered by the
students in the form of case-group and community work that can be rendered to the
employees. The university will benefit because a new option for student placements will
become available to them.
The domain of social work in the corporate sector was explored by defining occupational
social work; the nature of service rendering on micro, meso and macro levels and
discussing occupational social work in the 21st century.
Field placements of undergraduate students in the corporate sector were examined in
order to establish what the theoretical background for field placements in a corporate
setting ought to be. To this end, the nature and purpose; formats; settings and key role
players in field placements were explored. Social work methods in social work per se and
occupational social work in general were investigated. An investigation was also made into the management of the field placement programme
for undergraduate social work students in the corporate sector. The following were facets
were explored: the requirements of the department of social work at the University of the
Western Cape for fourth year students as well as the requirements for field placements in
the corporate sector, in order to establish the suitability of the corporate sector for field
placements.
Existing literature and empirical findings were used to collect data for this study.
Exploratory and descriptive research designs were applied in this study. Data was
collected through questionnaires and interviews and conclusions and recommendations
were based on the findings of the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit word al hoe moeiliker om praktykonderrigplasings vir voorgraadse maatskaplike werk
studente in die Wes-Kaapse Metropool te vind, aangesien baie welsynsagentskappe of
gesluit het of nie die vermoë het om studente in posisies vir praktykonderrigplasings te
akkommodeer nie. As 'n gevolg van hierdie situasie is hierdie navorsing onderneem met die
doel om vas te stel of menslike hulpbron personeel binne die korporatiewe sektor gewillig
sal wees om voorgraadse studente vir praktykonderrig te akkommodeer.
Deur die korporatiewe sektor vir praktykonderrigplasings te gebruik, kan 'n geleentheid
geskep word waardeur die universiteit en die korporatiewe sektor 'n uitvoerbare
vennootskap, met wedersydse voordele vir albei, tot stand kan bring. Die korporatiewe
sektor kan voordeel trek uit die dienste wat deur die studente aangebied word, soos gevalle-,
groep- en gemeenskapswerk wat aan die werknemers gebied kan word. Die universiteit se
voordeel sal daarin lê dat nuwe opsies vir praktykonderrigplasings vir die studente
beskikbaar word.
Die sfeer van maatskaplike werk in die korporatiewe sektor is ondersoek deur
beroepsmaatskaplike werk en die aard van dienslewering op mikro-, meso- en makrovlakke
te definieer, en deur die aard van beroepsmaatskaplike werk in die 21ste eeu te bespreek.
Praktykonderrigplasings van voorgraadse studente in die korporatiewe sektor is ondersoek
om te bepaal wat die teoretiese agtergrond vir praktykonderrigplasings in die korporatiewe
omgewing behoort te wees. Vir hierdie doel is die aard en doel, formate, omgewings en
sleutel rolspelers in praktykonderrigplasings verken. Maatskaplike werkmetodes in
maatskaplike werk per se en beroepsmaatskaplike werk in die algemeen is ondersoek. 'n Ondersoek is ook gedoen na die bestuur van die praktykonderrigplasingsprogram vir
voorgraadse maatskaplike werkstudente in die korporatiewe sektor. Die volgende fasette is
verken: die vereistes wat die Departement Maatskaplike Werk van die Universiteit van Wes-
Kaapland aan vierdejaarstudente stel, sowel as die vereistes vir praktykonderrigplasings in
die korporatiewe sektor, met die doel om die gewilligheid van die korporatiewe sektor vir
praktykonderrigplasings te bepaal.
Bestaande literatuur en empiriese bevindings is gebruik om data vir hierdie studie te
versamel. Verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe is in hierdie studie benut. Deur
middel van vraelyste en onderhoude is data versamel en afleidings en aanbevelings op grond
van die bevindinge van die ondersoek is gemaak.
|
116 |
Riglyne vir die implementering van werknemerhulpprogramme binne die Departement van Korrektiewe Dienste in die Wes-KaapJoseph, Donald E. 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to provide a theoretical and practical guidelines for the
implementation of employee assistance programmes at the Department of
Correctional Services in the Western Cape. An explorative research design was used.
The historical development of occupational social work international as well as the
historical development of occupational social work in the South African context was
discussed.
The nature and content of employee assistance programmes is also discussed.
Attention was given to employee assistance programmes within the organizational
context. The functions of the EAP practitioner as well as the current nature and
content employee assistance programmes within the Department of Correctional
Services is discussed. The roles, knowledge and skills of the occupational social
worker is also discussed.
An empirical investigation was undertaken in which SIX EAP practitioners
participated for the purpose of the study a questionnaire was designed. A structured
questionnaire as well as interviews was conducted in order to gather data. Certain
recommendations are made based upon the conclusions and findings. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om 'n teoretiese en praktiese riglyne daar te stel vir die
implementering van werknemershulpprogramme binne die Departement van
Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap. Daar is van 'n verkennende
navorsingsontwerp gebruik gemaak. In die studie is die ontwikkeling van bedryfs
maatskaplike werk internasionaal sowel as in Suid-Afrika bespreek.
Die aard en omvang van werknemershulpprogramme is bespreek. Daar is aandag
geskenk aan werknemershulpprogramme binne organisasie verband. Die funksies van
die werknemershulpprogram praktisyn sowel as die huidige aard van bedryfs
maatskaplike werk binne die Departement van Korrektiewe Dienste is bespreek. Die
rolle, kennis en vaardighede van die bedryfs maatskaplike werker is ook bespreek.
'n Empiriese ondersoek is gedoen waarvan ses werknemerhulpprogram praktisyns
deelgeneem het. Vir die doel van die empiriese ondersoek is 'n vraelys ontwerp.
Daar is gebruik gemaak van 'n gestruktureerde vraelys en onderhoude om data te
versamel. Aan die einde van die studie word daar sekere aanbevelings gemaak wat
gebaseer is op die gevolgtrekkings en die bevindings van die studie.
|
117 |
Riglyne vir maatskaplike werkers by etnies-sensitiewe rouberaad met Xhosa-sprekende personeRautenbach, Marina Ninette 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of the study was to establish guidelines for ethnic-sensitive
bereavement counselling with Xhosa speaking people. These guidelines are
specifically aimed at Social Workers who do bereavement counselling with
Xhosa speaking people. In order to formulate the guidelines, both literature
review and empirical studies were undertaken.
The literature review consists of two chapters. In the first chapter the ethnicsensitive
perspective and bereavement counselling models are discussed and
attention is given to the integration of the ethnic-sensitive perspective with
bereavement counselling models. The second chapter deals with death and
bereavement in the Xhosa culture, the role of the Social Worker as
bereavement counsellor and the knowledge, values and skills required to do
bereavement counselling.
Through the literature review it was established that specific knowledge of a
Xhosa speaking person's bereavement process is essential for any Social
Worker who wishes to do ethnic-sensitive bereavement counselling with a
Xhosa speaking person. Skills and values must be tailored to the needs of
the Xhosa speaking person in bereavement. During the literature review it
also became clear that successful ethnic-sensitive bereavement counselling
can only be done if the Social Worker is totally knowledgeable about hislher
own experiences and attitudes in respect of the bereavement process as well
as in respect of another culture, for example the Xhosa culture.
The empirical study was done to establish the needs of Xhosa speaking
people in respect of bereavement counselling. The respondents consisted of
Xhosa speaking individuals who were in the bereavement process. The
measurement instrument consisted of a questionnaire with quantitative and
qualitative questions and these were completed by ten respondents. The
sample of ten respondents were selected from amongst respondents who
were available and willing to participate in the research.
The findings of the empirical study pointed to the unique needs of Xhosa
speaking people which must be considered during bereavement counselling
with them. It was also confirmed that a Social Worker required specific
knowledge of Xhosa speaking people's bereavement process in order to
deliver ethnic-sensitive bereavement counselling. The finding establishes clear guidelines for Social Workers doing ethnic-sensitive bereavement
counselling with Xhosa speaking people. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om riglyne vir etnies-sensitiewe rouberaad met
Xhosa-sprekende persone daar te stel. Die riglyne is spesifiek gerig op
maatskaplike werkers wat rouberaad met Xhosa-sprekende persone doen. Ten
einde die riglyne te formuleer is 'n literatuurstudie en 'n empiriese studie gedoen.
Die literatuurstudie bestaan uit twee hoofstukke. In die eerste hoofstuk is die
etnies-sensitiewe perspektief en rouberaad modelle bespreek, daar is ook aandag
gegee aan die integrering van die etnies-sensitiewe perspektief met die rouberaad
modelle. Die tweede hoofstuk handel oor dood en rou in die Xhosa-kultuur; die rol
van die maatskaplike werker as rouberader en die kennis, waardes en vaardighede
wat benodig word om rouberaad te doen. Met die literatuurstudie is vasgestel dat
'n maatskaplike werker wat etnies-sensitiewe rouberaad met 'n Xhosa-sprekende
persoon wil doen, spesifieke kennis van die Xhosa-sprekende persoon se
rouproses moet hê. Vaardighede en waardes moet ook aangepas word by die
behoeftes van die Xhosa-sprekende persoon in rou. In die literatuurstudie het dit
ook duidelik na vore gekom dat suksesvolle etnies-sensitiewe rouberaad slegs
gedoen kan word indien die maatskaplike werker deeglike kennis dra van sy/haar
eie ervaringe en houdings ten opsigte van die rouproses en ten opsigte van 'n
ander kultuur, byvoorbeeld die Xhosa-kultuur.
'n Empiriese studie is gedoen om Xhosa-sprekende persone se behoeftes ten
opsigte van rouberaad te bepaal. Die respondente het bestaan uit Xhosa-sprekende
persone wat in 'n rouproses was. 'n Vraelys met kwalitatiewe en kwantitatiewe
vrae is as meetinstrument gebruik, en is deur tien respondente voltooi. Die
steekproef van tien respondente is verkry deur doelbewuste seleksie, van
respondente wat bereidwillig en beskikbaar vir die navorsing was.
Die bevindinge van die empiriese studie het aangedui dat Xhosa-sprekend persone
unieke behoeftes het wat in ag geneem moet word tydens rouberaad. Daar is
bevestig dat dit vir 'n maatskaplike werker nodig is om spesifieke kennis van die
Xhosa-sprekende persoon se rouproses te hê, ten einde etnies-sensitiewe
rouberaad te lewer. Die bevindinge lig duidelike riglyne vir maatskaplike werkers
by etnies-sensitiewe rouberaad met Xhosa-sprekende persone uit.
|
118 |
The application of the Child Care Act in respect of the assessment and sentencing of juvenile offendersGildenhuys, Marianne 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This study is concerned with children and youths in conflict with the law, who are
additionally at risk of becoming or being in need of care. The study eventuated from
concern for neglected children and youths from poor, disadvantaged and violent
communities in the Western Cape Province, who inevitably lapsed into crime.
Child and youth care, including juvenile justice, in South Africa is presently in a
process of transformation, managed by the inter-ministerial committee on young
people at risk. As an outcome of the transformation of the juvenile justice system,
assessment centres were established at juvenile courts. Probation officers were
appointed in terms of the Probation Services Act (Act 116 of 1991) to assess
arrested children and youths before their first court appearance in view of a suitable
awaiting trial placement and possible diversion of the criminal case. The researcher
investigated how arrested children and youths, being in need of care, are managed
within the criminal justice system.
The research study showed that in spite of the implementation of policies and
legislation to protect children and youths from detention in prison, the number of
children and youths in prisons awaiting trial have steadily increased. A continuous
shortage of vacancies in awaiting trial places of safety exists. It has further been
established that professionals such as magistrates, prosecutors and probation
officers recognize the needs of arrested children and youths who are additionally at
risk of being or becoming in need of care. Factors such as the existing lack of
vacancies in awaiting trial places of safety however result in children and youths not
being protected in terms of care in all instances. The research study also indicated
that arrested children and youths who are current subjects of the Child Care Act (Act
74 of 1983) as amended are often not effectively managed within the criminal justice
system. A lack of sufficient knowledge of the said Child Care Act by especially
prosecutors appears to be a contributing factor. A comprehensive criminal justice system for children and youths in South Africa is
being envisaged, as contained in the draft Bill (Bill B), which will enable individualized
but holistic services in respect of children and youths in conflict with the law. The
role and tasks of probation officers carrying out assessments have as such become a
key element in the management of arrested children and youths, as contained in the
draft Bill (Bill B). Probation officers therefore playa significant role in advising the
court regarding the appropriate management of arrested children and youths who are
at risk of becoming or being in need of care. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het betrekking op kinders en jeudiges in botsing met die gereg, wat
bykomend in gevaar is om sorgbehoewend te raak of sorgbehoewend is. Die studie
het voortgevloei uit besorgdheid oor verwaarloosde kinders en jeugdiges van arm,
agtergeblewe en geweldadige gemeenskappe in die Wes-Kaap Provinsie, wie
noodwendig in misdaad verval het.
Kinder- en jeugsorg, insluitend jeugreg in Suid-Afrika is tans in 'n proses van
transformasie, wat deur die inter-ministeriële komitee vir jong persone in gevaar,
bestuur word. As 'n uitkoms van die transformasie van die jeugregsisteem, is
asseseringsentrums by jeughowe tot stand gebring. Proefbeamptes is in terme van
die Wet op Proefdienste (Wet 116 van 1991) aangestel om gearresteerde kinders en
jeugdiges te asseseer voor hulle eerste hofverskyning in die lig van 'n geskikte
aanhouding terwyl verhoofafwagtend en moontlike afwending van die kriminele saak.
Die navorser het ondersoek ingestel na die wyse waarop gearresteerde kinders en
jeugdiges wat sorgbehoewend is, binne die kriminele jeugregstelsel hanteer word.
Die navorsingstudie het getoon dat ten spyte van die implementering van beleid en
wetgewing om kinders en jeugdiges van aanhouding in gevangenisse te beskerm,
die hoeveelheid kinders en jeugdiges verhoorafwagtend in gevangenisse
voortdurend toegeneem het. 'n Deurlopende tekort aan vakatures in plekke van
veiligheid kom voor. Dit is verder vasgestel dat die behoeftes van gearresteerde
kinders en jeugdiges wat bykomend in gevaar is om sorgbehoewend te raak of
sorgbehoewend is, deur professionele persone soos landdroste, aanklaers en
proefbeamptes erken word. Faktore soos die bestaande tekort aan vakatures in
plekke van veiligheid veroorsaak egter dat kinders en jeugdiges nie ten alle tye
beskerm word nie. Die navorsingstudie het ook aangedui dat gearresteerde kinders
en jeugdiges wat steeds onderhewig is aan die Wet op Kindersorg (Wet 74 van
1983) soos gewysig dikwels nie doeltreffend binne die kriminele jeugregsisteem
hanteer word nie. Gebrek aan voldoende kennis van die genoemde Wet op
Kindersog deur veral aanklaers, blyk 'n bydraende faktor te wees. 'n Omvattende kriminele jeugregsisteem vir kinders en jeugdiges in Suid-Afrika word
beoog, soos vervat in die konsep Wetsontwerp (Wetsontwerp B), wat die geleentheid
vir individuele maar holistiese dienste ten opsigte van kinders en jeugdiges in botsing
met die gereg sal bied. Die rol en take van proefbeamptes wat assesserings uitvoer
het as sulks 'n sleutel element geword in die hantering van gearresteerde kinders en
jeugdiges, soos vervat in die konsep Wetsontwerp (Wetsontwerp B). Proefbeamptes
speel gevolglik 'n belangwekkende rol ten einde die hof te adviseer oor die gepaste
hantering van gearresteerde kinders en jeudiges wat in gevaar is om sorgbehoewend
te raak of sorgbehoewend is.
|
119 |
The utilisation of community work within a military context : the role of the social workerBagnall, Karen 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Community work fulfils definite functions within the social work milieu and develops
according to a process. The SANDF does not possess any definite guidelines regarding
community work. The resultant consequence is that community work is not utilised to its
full potential in that the client system does not always receive a quality service.
The purpose of this study was to compose a framework for the Directorate of Social Work
within the SANDF, which can serve as a guideline for the possible formulation of a policy
document on community work within social work practice. The objectives of the study are
firstly to provide theoretical and practical guidelines which social workers in a military
setting can follow when utilising community work as a social work method of intervention.
Secondly, to explore the knowledge and skills of social workers in the military within the
SANDF regarding community work. Thirdly, the need for guidelines with regard to
community work within the SANDF, was explored. This study was confined geographically
to the social workers in the military of the Western Province. An exploratory study was
executed in order to achieve the stated goal and objectives. The research methodology
was a quantitative design being a data collection instrument in the form of a questionnaire.
The questionnaire was used to probe skills, knowledge perceptions and attitudes relating
to community work and to determine the impact of existing community programmes.
The empirical study enabled the researcher to draw certain conclusions. Although certain
misconceptions were evident, the respondents understood the term developmental social
work, community and community work, as well as the systems involved in the community
work process and the practice models. The most utilised social work method was
casework. The respondents who utilised community work made use of a community work
process. Most of the respondents utilised the social community education model in the
military. Most of the respondents indicated that guidelines for community work within the
SANDF would be helpful. Approximately thirty percent of the respondents experienced
problems while making use of community work as a social work method of intervention. A number of recommendations stem from the findings and conclusions. The social workers
knowledge with regard to community work needs to be updated. Practical opportunities
need to be provided to afford the social worker the opportunity to implement the newly
acquired knowledge. Community work guidelines need to be determined within the
SANDF, and need to be formulated into a policy document. Specific community work
posts, which include all disciplines, need to be created within the SANDF. Post-graduates
studies should be undertaken by social workers before being promoted into managerial
positions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gemeenskapswerk is een van die drie primere metodes van maatskaplike werk.
Gemeenskapswerk is 'n proses wat mense help om hulle probleme en behoeftes duidelik
te identifiseer en wat die gemeenskap verder help om potensialiteite en vermoëns te
ontwikkel om probleme en behoeftes self te kan hanteer, op te los en te voorkom.
Gemeenskapswerk het 'n bepaalde funksie binne die maatskaplike werk milieu en verloop
volgens 'n proses. Die SANW beskik nie oor geskrewe riglyne vir gemeenskapswerk nie.
Dit kan die kwaliteit van dienslewering aan die kliëntsisteem beinvloed.
Die doel van hierdie studie is om 'n raamwerk vir die Direktoraat Maatskaplikewerk
Dienste in die Suid Afrikaanse Nationale Weermag(SANW) op te stel wat as riglyne vir
gemeenskapswerk in die maatskaplike-praktyk benut kan word, en aangewend kan word
om 'n beleidsdokument saam te stel. Die doelwitte van die studie is eerstens om 'n
teoretiese uiteensetting van verskeie praktyk modelle van gemeenskapswerk en die
proses van gemeenskapswerk in die maatskaplike-praktyk aan te bied. Tweedens is
beoog om deur middel van 'n ondersoek te bepaal oor watter kennis van en vaardigheid in
gemeenskapwerk , maatskaplike werkers in die SANW beskik. In die derde plek is die
behoefte aan riglyne vir gemeenskapswerk in die SANW ondersoek. Die studie is begrens
tot maatskaplike wekers in die militêr verbonde aan die Westelike Provinsie. 'n
Verkennende studie is onderneem om die gestelde doelstelling en doelwitte te bereik. 'n
Vraelys is benut as instrument ter insameling van die data. Die empiriese ondersoek is
gedoen deur die benutting van kwantitatiewe navorsing om die voorkoms van die
werklikhede te bespreek.
Na aanleiding van die empiriese ondersoek is bepaalde gevolgtrekkings gemaak.
Alhoewel die respondente die terme gemeenskapswerk, gemeenskappe en
gemeenskapwerk modelle en die vier sisteme binne gemeenskapswerk verstaan, het
verwarring wel voorgekom. Daar is bevind dat die gevallewerkmetode deur die oorgrote
meederheid van die respondente gebruik word. Daar is ook bevind dat gemeenskapswerk
verloop volgens 'n proses. Die gemeenskaps-opvoedkundige model word deur die
meerderheid van die respondente benut. Daar is bevind dat riglyne vir gemeenskapswerk
in die SANW bruikbaar sal wees, omdat ongeveer dertig persent van die respondente
probleme ondervind tydens die benutting van die gemeenskapswerk proses. Aanbevelings na aanleiding van die bevindinge en gevolgtrekkings sluit in dat
maatskaplike werkers in die militêr se teoretiese kennis oor gemeenskapswerk uitgebrei
moet word, waarna opleiding benodig word om hierdie kennis toe te pas. Riglyne vir
gemeenskapswerk in die SANW moet opgestel word en in 'n beleidsdokument saamgevat
word. Die SANW moet spesifieke gemeenskapswerkposte skep wat alle dissiplines sal
insluit. Voorts moet nagraadse studie ook 'n vereiste wees vir maatskaplikewerk-personeel
om tot 'n bestuursposisie bevorder te kan word.
|
120 |
Exploring correctional supervisionApollis, Hazel Charlene 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Crime in South Africa is a common occurrence and crimes committed by
young people are rapidly becoming a serious problem. During the 19th and
zo" centuries, young offenders were institutionalised in reform schools for
example. However, social workers and probation officers realized that the
confinement in these schools caused frustration amongst the young offenders
and also encouraged further deviant behaviour.
In South Africa, the Department of Correctional Services implemented
community corrections, on 1 June 1993, as an alternative sentence option to
imprisonment. Community corrections have two distinctive forms, namely
correctional supervision and parole supervision. Correctional supervision is a
community-based sentence, which is prescribed by the courts and is served
within the community under strict supervision and control of correctional
officials and probation officers. The Department of Correctional Services
mainly implemented correctional supervision in order to divert young
offenders away from being exposed to the harsh and severe life of
incarceration.
The goal of the study was to explore correctional supervision as an alternative
sentence option and present a description of this sentence for the juvenile
delinquents. The objectives were to explore the juvenile offender's perception
of correctional supervision, the impact of this sentence on the offender's
family members and the availability and the role that the probation officers
play during the juvenile's sentence to correctional supervision.
The contents of the report focused on describing the phenomenon of juvenile
delinquency and other related topics, such as theories and contributing factors,
and correctional supervision as an alternative sentence option.
Exploratory-descriptive research was done and questionnaires were utilized
as instruments for data collection from the juvenile offenders, their family
members and the probation officers. The juvenile offenders were part of the
Department of Correctional Services' (Worcester) justice system and the
probation officers are employed at the Department.
Conclusions and recommendations are made regarding the respondents'
perceptions, opinions and experiences of the sentence of correctional
supervision. The proposed recommendations should be a guide for the
Department of Correctional Services in order to change certain factors that
contribute to the poor co-operation of juvenile offenders sentenced to
correctional supervision. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Misdaad in Suid-Afrika is 'n bekende verskynsel en misdaad gepleeg deur
jong mense is vinnig besig om 'n ernstige probleem te word. Gedurende die
neëntiende en twintigste eeu, is jeugoortreders na inrigtings, soos
byvoorbeeld verbeteringskole, gestuur. Maatskaplike werkers en
proefbeamptes het egter besef dat die afsondering in hierdie skole, frustrasies
veroorsaak en self verdere afwykende gedrag aanmoedig.
In Suid-Afrika, het die Departement van Korrektiewe Dienste
Gemeenskapskorreksies op 1 Junie 1993, as 'n alternatiewe vonnisopsie tot
gevangenisstraf, geïmplementeer. Gemeenskapskorreksies het twee
onderskeidende vorme, naamlik korrektiewe toesig en parooltoesig.
Korrektiewe toesig is 'n gemeenskapsgebaseerde vonnis, voorgeskryf deur
die howe, en word uitgedien in die gemeenskap onder streng supervisie en
beheer deur korrektiewe amptenare en proefbeamptes. Die Departement van
Korrektiewe Dienste het korrektiewe toesig hoofsaaklik geïmplementeer om
jong mense weg te wys van die onaangename blootsteling aan die
gevangenislewe.
Die doel van die studie was om korrektiewe toesig, as 'n alternatiewe
vonissopsie te verken en 'n beskrywing van hierdie vonnisopsie vir die
jeugoortreder te gee. Die doelwitte was om die jeugoortreder se persepsie
van korrektiewe toesig, die impak van dié vonnis op die oortreder se
gesinslede en die beskikbaarheid en rol van die proefbeampte tydens 'n
jeugdige se straf tot korrektiewe toesig, te verken.
Die inhoud van die verslag fokus op die beskrywing van die verskynsel van
jeugdelikwensie asook verbandhoudende onderwerpe, soos teorieë en
bydraende faktore, en korrektiewe toesig as 'n alternatiewe vonnisopsie.
'n Verkennende-beskrywende studie is gedoen met behulp van vraelyste, as
'n instrument van data insameling by die jeugoortreders, hul gesinslede en die
proefbeamptes. Die jeugoortreders was deel van die Departement van
Korrektiewe Dienste (Worcester) se regstelsel en die proefbeamptes is
werksaam by die Departement.
|
Page generated in 0.1196 seconds