• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

In die teenwoordigheid van outisme : 'n moeder se verkenning van emosionele intelligensie in haar lewensverhaal

Du Preez, Hannelie 27 August 2010 (has links)
Die rasionaal vir onderhawige studie was aan die hand van narratiewe navorsingsmetodes om insig en begrip te verwerf oor wat dit beteken om die moeder te wees van 'n seun met outisme. Ek (navorser) en die moeder (deelnemer) het verskeie data-inwinning-aktiwiteite aangewend, byvoorbeeld haar lewensverhaal, waarin ek en die moeder emosionele intelligensie komponente geïdentifiseer het met die verdere doel om haar belewinge van outisme te interpreteer. 'n Narratiewe navorsing-ontwerp, wat gebaseer is op interpretavistiese en konstruktivistiese paradigmata, kan dus die betekenisvolle emosies en ander belewinge van die moeder akkuraat interpreteer en kommunikeer oor wat dit beteken om 'n moeder te wees van 'n seun met outisme. In hierdie studie maak ek as navorser gebruik van 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering met 'n narratiewe navorsings-ontwerp, waarin 'n multimetode benadering tot data-insameling aangewend word, met die doel om die belewinge van die moeder in die vorm van 'n lewensverhaal saam te vat. Die data-inwinning-strategieë wat aangewend is het gepoog om in-diepte, ryk en persoonlike verhaal-inhoude te genereer. Die volgende aktiwiteite is gebruik : 'n informele onderhoud, herinneringsboek (collages, staaltjies, lewenslyn en metafore), en 'n intellektuele bespreking van emosionele intelligensie. Die moeder het kollaboratief deelgeneem tydens die identifisering van emosionele intelligensie komponente in haar lewensverhaal. Dit was belangrik om deurlopend kollaboratiewe besprekinge met die moeder te skeduleer, aangesien haar insae met betrekking tot die wyse waarop die data georganiseer, geanaliseer en geïnterpreteer word verband hou met haar interpretasies van outisme en die verkenning van haar belewinge aan die hand van Bar-On (2003) se emosionele intelligensie komponente. Die betekenisvolle belewinge wat op grond van die moeder se verhaal-inhoude, in samehang met haar geïdentifiseerde emosionele intelligensie komponente, bespreek word, dui daarop dat die moeder 'n optimistiese, realistiese en intro-spektiewe uitkyk het met betrekking tot ouerskap en opvoeding. Dit kan as verantwoordbaar beskou word as ek as navorser dit stel dat die moeder begrip en insig demonstreer ten opsigte van die hindernis waarmee haar seun leef. Die moeder som haar belewing van outisme die beste op met die inspirerende aanhaling van Emily Pearl Kingsley: “Say goodbye to the child you wanted, or else your focus will never be with the child you have.” / ENGLISH : The rationale for this study was to gain a better understanding of what it means to be the mother of a child with autism, through the use of narrative research accounts. The mother (participant), and I (researcher) furthermore utilized the sources of collected data, such as her life story, to identify components of emotional intelligence with the purpose of additional interpretation. A narrative research design, firmly rooted in an interpretivist and constructivist paradigm, should therefore serve to accurately interpret the significant emotions and other lived-experiences that a mother attaches to living with a child that has been diagnosed with autism. A multi-method approach, directed by a qualitative research approach and a narrative research design, was followed in an attempt to capture the mother‘s experiences and life story. Data collection strategies employed to generate an in-depth, rich and personal life story consisted of the following activities: an informal interview, memory box (collages, anecdotes, life line, and methaphors) and an intellectual discussion regarding emotional intelligence. The mother also participated in a collaborative discussion to identify emotional intelligence components relevant to her life story. Further collaboration and discussion with the mother were required to ensure that the data were organised, analysed and interpreted according to the mother‘s lived-experiences of autism, along with her emotions that were identified on the basis of Bar-On‘s (2003) emotional intelligence components. The meaningful findings drawn from the mother‘s narratives (in relation to the identified emotional intelligence components) suggest that the mother demonstrates an optmistic, realistic and introspective view on parenting. It can be regarded as accountable for me as researcher to state that the mother displays an educated an comprehensive understanding of the disability with which her child is living. The mother perhaps best summarises her experiences of autism in the words of Emily Pearl Kingsley‘s inspirational words: “Say goodbye to the child you wanted, or else your focus will never be with the child you have.” / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2010. / Educational Psychology / Unrestricted

Page generated in 0.0468 seconds