Spelling suggestions: "subject:"gestalt play"" "subject:"cestalt play""
91 |
Die gebruik van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders / The utilization of creativity in play therapy with sexually abused childrenVan der Westhuizen, Hedwig Ruth 10 1900 (has links)
Afrikaans text / Kreatiwiteit is die sentrale tema van hierdie navorsing. Die doel van die navorsing was om die relevansie en waarde van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders in die multi-kulturele konteks van Suid-Afrika, te ondersoek en te beskryf.
Die navorsing is vanuit „n konstruktivistiese epistemologiese fundering en „n eksistensieel-fenomologiese paradigma gedoen, deur uitgebreide teoretiese en empiriese navorsing. Die teoretiese navorsingproses het eerstens op die holistiese impak van seksuele misbruik op kinders, te midde van hul spesifieke verhoudings- en omgewingskonteks gefokus. Dit het duidelik geword dat seksuele misbruik ernstige trauma by kinders veroorsaak, wat alle modaliteite van die kinders affekteer. Die voorkoms van komplekse posttraumtiese stresversteuring, vanweë langdurige seksuele misbruik, is teoreties beskryf en ook empiries bevestig.
„n Sintese van gestalt-, persoonsgesentreerde en logoterapeutiese teorieë, is deur die navorser ontwikkel om die traumatiese nagevolge van die seksuele misbruik kreatief aan te spreek in spelterapie. Die verband tussen en vervlegting van kreatiwiteit en spelterapie is ondersoek en beskryf. Ook die bemagtigende waarde van kreatiwiteit om die kompleksiteit van hierdie kinders se trauma te hanteer is teoreties én empiries nagevors. Die oënskynlik teenstrydige prosesse van kreatiwiteit as „n intuïtiewe, artisitieke, én logiese, kognitiewe proses is ondersoek, om die waarde daarvan vir die navorsingsdoel te bepaal. Die aard en waarde van kreatiewe aktiwiteite en die uitdagings wat gestel word aan die terapeute om kreatief te werk te gaan om die komplekse proses van seksueel-misbruikte kinders aan te spreek, is verder teoreties en empiries nagevors en beskryf. Die noodsaaklikheid van die ondersteunende sisteme vir die kind en terapeut, in belang van „n suksesvolle afloop van terapie, is ook ondersoek, beskryf en beklemtoon.In die empiriese navorsingsproses is veelvuldige gevallestudies, met behulp van vyf deelnemende veldnavorsers gedoen, waar elkeen „n terapeutiese proses gevolg het, volgens riglyne en onder leiding van die navorser, met „n seksueel-misbruikte kind. Die benutting en waarde van kreatiwiteit is ondersoek, beskryf en geëvalueer in die samelopende proses van die navorser met elke deelnemende navorser en kind binne die diverse kulturele konteks in Suid-Afrika. Die teoretiese raamwerk van die navorser en die riglyn vir kreatiewe spelterapie met seksueel-misbruikte kinders is sodoende getoets, verfyn en afgerond as hulpmiddel in die breër Suid-Afrikaanse konteks.
Die navorsingsbevinding was dat kreatiwiteit onontbeerlik is in spelterapie met kinders wat seksueel misbruik is in „n multi-kulturele konteks soos Suid-Afrika. / Creativity is the central concept of this research. The goal of the research was to explore the value of creativity in play therapy with sexually abused children in the multi-cultural South-African context.
The research was done from a constructivistic epistemological foundation and existential-phenomological paradigms. Extensive theoretical research was supported and substantiated by empirical research.
The theoretical research process focused on the holistic impact of sexual abuse on children in and as part of their specific context (field). It became clear that sexual abuse implies severe trauma for the child, and affects all of their modalities, and their functioning in their field. The impact of severe and ongoing sexual abuse on children, as complex post-traumatic stress disorder, was described to clarify their therapeutic needs.
A synthesis of gestalt-, person-centred- and logotherapy to address the traumatic after-effects of sexually abused children creatively in play therapy, was developed and described and motivated in the research paper. The concept of creativity was defined and extensively explored an applied in the context of therapy with sexually abused children. Creativity as a cognitive process, a problem solving process, and an artistic process is explored and applied in this context. The value of creative activities, the challenges of being a creative therapist, the supportive role of the supervisor and the systems in society, was explored and described.
The empirical research process was done in a participatory way in the form of a multiple case study. Five therapists followed a therapeutic process, according to the guideline, guidance and supervision of the researcher, with a child who had been severely sexually abused. The results from the research confirmed the value and necessity of creativity in dealing with the severe trauma of sexually abused children and bridging gaps in a multi-cultural setting.
The theoretical framework of the researcher and a guideline for creative therapy with sexually abused children was tested in the empirical research process, and could be refined and finalised.
It was concluded that the use of creativity is crucial in play therapy with sexually abused children in a multi-cultural context, such as South Africa. / Social Work / D. Diac. (Spelterapie)
|
92 |
Boys' experience of an absent father: a gestalt therapeutic descriptionPatrick, Louise Copeland 31 March 2006 (has links)
Summary
With the rise of the divorce rate and the decline of the nuclear family, boys are more frequently being deprived of a father-presence in their homes. The aim of this study was to qualitatively explore and describe boys' experiences of their relationships with their absent fathers. Three boys from different racial and cultural groups were chosen as case studies and worked with from a Gestalt Play Therapy Perspective. Data was gathered from the therapeutic sessions, as well as from semi structured interviews with the childcare workers of the boys. The findings of the study appear to concur with existing literature, namely that boys with absent fathers
experience difficulties in the areas of emotional, social, cognitive and moral development. Recommendations are made as to how boys with absent fathers may best be supported.
Opsomming
Met die toename in egskeidings en die afname van nukleêre gesinne, word daar gevind dat seuns meer dikwels die teenwoordigheid van die vader in die huis ontneem word. Die doel van hierdie studie is `n kwalitatiewe ondersoek en beskrywing
van seuns se ervaring van hulle verhouding met hulle afwesige vaders. Drie seuns van erskillende rasse- en kulturele groepe is gekies vir die
gevallestudies en vanuit `n Gestalt Spelterapeutiese perspektief is met hulle gewerk.
Data is versamel vanuit die terapeutiese sessies sowel as vanuit semigestruktureerde onderhoude met die seuns se kinderoppassers. Die bevindinge van die studie blyk ooreen te stem met bestaande
literatuur, naamlik dat seuns met afwesige vaders probleme ondervind ten opsigte van emosionele, sosiale, kognitiewe en morele ontwikkeling.
Aanbevelings word gemaak oor hoe om dié seuns ten beste te ondersteun. / SOCIAL WORK / MDIAC (PLAY THERAPY)
|
93 |

Page generated in 0.0606 seconds