Spelling suggestions: "subject:"hebrew language -- semantics"" "subject:"hebrew language -- emantics""
1 |
Radical frame semantics and biblical Hebrew exploring lexical semantics /Shead, Stephen L. January 2007 (has links)
Thesis (Ph. D.)--University of Sydney, 2007. / Title from title screen (viewed 28 March 2008). Submitted in fulfilment of the requirements for the degree of Doctor of Philosophy to the Dept. of Hebrew, Biblical and Jewish Studies, Faculty of Arts. Includes bibliographical references. Also available in print form.
|
2 |
Idioms in Biblical Hebrew : towards their identification and classification with special reference to 1 and 2 SamuelVan Den Heever, Cornelius Marthinus 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study seeks to identify and classify idioms in the Hebrew Bible. Based on a survey
of literature on idioms in general, and in Biblical Hebrew in particular, the necessary
conditions for idiomaticity are identified as (1) multi-word character, (2) semantic noncompositionality,
(3) unit status, (4) conventionalisation, (5) a verbal nucleus, and
(6) a content message. Restricted variability and uniqueness may also be indicative of
idiomaticity, although these are not regarded as necessary conditions. Accordingly,
idiom is defined as a conventionalised multi-word symbolic unit with a verbal nucleus
and a content message, whose global meaning is a semantic extension of the combined
meanings of its constituent elements.
These criteria were applied to 1 and 2 Samuel, and 104 idioms were identified. The
results suggest that the proposed definition is an effective aid to identifying idioms,
with certain caveats. In line with Granger and Paquot’s phraseological classification,
the multi-word character of idioms is interpreted to imply a verb plus at least one
more semantic (as opposed to grammatical) element. Semantic compositionality is
shown to be a complex concept that should be understood as the overall meaning of
an expression being an extension of the combined meanings of its individual lexical
constituents. Conventionalisation and unit status prove to be virtually impossible to
determine with certainty for expressions in the Hebrew Bible. Researchers should also
be aware that there is an inevitable degree of subjectivity involved in the application
and interpretation of the idiom characteristics proposed in this study. A preliminary semantic classification of the idioms found in 1 and 2 Samuel is
proposed, based on the lexicographical system developed by De Blois (2000) for the
Semantic Dictionary of Biblical Hebrew. The results of this study suggest that, with
some improvements and adjustments, De Blois’s framework is suitable for classifying
and representing Biblical Hebrew idioms. The greatest obstacle in using this system is
shown to be the counterintuitive names of a number of categories. A complete
alphabetical list of idioms from 1 and 2 Samuel is provided in Appendix A, together
with the relevant semantic information for each. A classification of these idioms
according to lexical semantic domains is presented and discussed in Chapter 5, while
alternative ways of arranging them (viz. by contextual semantic domains, underlying
conceptual metaphors, and terms for body parts) are provided in Appendices B to D.
This study demonstrates that idioms are semantically motivated (by conceptual
metaphor, metonymy, symbolic acts, etc.) although their meaning is semantically noncompositional.
It also indicates the need for a more systematic treatment of idioms in
Biblical Hebrew lexicons. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om idiome in die Hebreeuse Bybel te identifiseer en te klassifiseer.
Die volgende noodsaaklike voorwaardes vir idiomatisiteit is geïdentifiseer op grond
van ’n oorsig van die literatuur oor idiome in die algemeen en in Bybelse Hebreeus in
die besonder: (1) meerwoordigheid, (2) semantiese nie-komposisionaliteit, (3) eenheidstatus,
(4) konvensionalisering, (5) ’n werkwoordelike kern en (6) ’n inhoudelike boodskap.
Beperkte veranderbaarheid en uniekheid kan ook dui op idiomatisiteit, maar dit
word nie as noodsaaklike voorwaardes beskou nie. Gevolglik word idioom gedefinieer
as ’n gekonvensionaliseerde, meerwoordige simboliese eenheid met ’n werkwoordelike
kern, waarvan die geheelbetekenis ’n semantiese uitbreiding is van die gekombineerde
betekenisse van die elemente waaruit dit saamgestel is.
Die bogenoemde kriteria is in 1 en 2 Samuel toegepas, en daar is 104 idiome geïdentifiseer.
Die resultate dui daarop dat die voorgestelde definisie van idiomatisiteit, met inagneming
van sekere voorbehoude, ’n effektiewe hulpmiddel vir die indentifisering van
idiome is. In lyn met Granger en Paquot se fraseologiese klassifikasie word daar van die
veronderstelling uitgegaan dat die meerwoordigheid van idiome ’n werkwoord plus
minstens een ander semantiese (teenoor grammatikale) komponent behels. Daar word
aangetoon dat semantiese komposisionaliteit ’n komplekse begrip is en dat dit verstaan
moet word as ’n uitbreiding van die kombinasie van die betekenisse van die afsonderlike
leksikale elemente waaruit ’n uitdrukking saamgestel is, om ’n geheelbetekenis
te vorm. Om die konvensionalisering en eenheidstatus van uitdrukkings in die
Hebreeuse Bybel met sekerheid vas te stel, blyk feitlik onmoontlik te wees. Navorsers
moet ook daarvan bewus wees dat daar ’n onvermydelike mate van subjektiwiteit betrokke
is by die toepassing en verstaan van die idioomkenmerke wat in die huidige
studie voorgestel word. ’n Voorlopige semantiese klassifikasie van die idiome wat in 1 en 2 Samuel geïdentifiseer
is, word voorgestel, gebaseer op die leksikografiese sisteem wat deur De Blois
(2000) vir die Semantic Dictionary of Biblical Hebrew ontwikkel is. Die resultate van
hierdie studie doen aan die hand dat De Blois se raamwerk, met ’n paar veranderinge
en verbeteringe, geskik is vir die klassifisering en uiteensetting van idiome in Bybelse
Hebreeus. Daar word aangetoon dat die grootste hindernis om die genoemde sisteem
te gebruik, die teen-intuïtiewe benaminge van ’n aantal kategorieë is. ’n Volledige alfabetiese
lys van die idiome uit 1 en 2 Samuel, met toepaslike semantiese inligting by elk,
word in Bylae A aangebied. ’n Klassifikasie van hierdie idiome volgens leksikale semantiese
domeine word in Hoofstuk 5 voorgehou en bespreek, terwyl alternatiewe indelings
(nl. volgens kontekstuele semantiese domeine, onderliggende konsepsuele metafore
en terme vir liggaamsdele) in Bylaes B tot D aangebied word.
Hierdie studie toon aan dat idiome semanties gemotiveer word (deur konsepsuele metafore,
metonimie, simboliese handelinge ens.), alhoewel hulle betekenis niekomposisioneel
is. Die behoefte aan ’n meer sistematiese bewerking van idiome in Bybelse
Hebreeuse leksikons word ook uitgewys.
|
3 |
Ani and its semantic domain in the PsalmsRhode, Rubin Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: One of the most vexing questions in the exegetical research on the Psalms has been the establishing of
the identity of the suppliant who refers to himself as the cani. Many scholars have endeavoured to
study the meaning and significance of this word, but it is still not satisfactorily resolved. The weakness
of these studies can be traced back to two factors:
(1) an exaggerated over-confidence in the etymological method of analysis, and
(2) the implementation of inadequate and incomplete semantic methods.
This investigation starts out with the hypothesis that the meaning of cani must be determined in terms
of both its macro and micro leve~. Thus, the meaning of this designation will be established
synchronically, as well as in terms of an associative field. In this way the semantic field of cani can be
.demarcated in light of its immediate lexical, as well as its wider associative field.
A close reading of the Psalms in which cani appears, reveals that a triangular relationship is depicted
between certain actants. The drama tis personae occupying the following roles in this triangle are:
(1) Yahweh asjudge and saviour,
(2) the cani as suppliant and victim, and
(3) .the antagonist as oppressor and blasphemer.
In order to establish the identity of the cani it was necessary to investigate its synonyms and antonyms
within this complex triangular structure. Within such a semantic framework it has been determined that
the stereotype translation equivalent "poor" is both inadequate and misleading. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Een van die mees kwellende vrae in die moderne Psalmeksegese is die raaisel aangaande die identiteit
van die cani. Baie geleerdes het gepoog om die betekenis van hierdie woord te bepaal, maar tot nou toe
is die prableem nog nie bevredigend opgelos nie as gevolg van:
(1) te swaar klem wat op die etimologie van die woord geplaas is, of
(2) onvoldoende semantiese metodes wat gebruik is in die ondersoek van hierdie term.
Hierdie studie gaan uit van die hipotese dat die betekenis van cani op beide makro- en mikrovlak
vasgestel moet word. Die betekenis moet sinkronies sowel as in terme van 'n assosiatiewe veld bepaal
word. Op hierdie wyse kan die semantiese veld afgebaken word op grand van die onmiddellike
leksikale sowel as die wyere assosiatiewe veld.
Verder is daar ook vasgestel dat in die Psalms waarin cani voorkom, daar gewoonlik sprake is van 'n
driehoeksverhouding. Die dramatis personae is:
(1) Jahwe as rigter en redder,
(2) die cani as aangeklaagde/smekeling en slagoffer en
(3) die antagonis as onderdrukker en aanklaerllasteraar.
Om die identiteit van die cani vas te stel, was dit nodig om die sinonieme sowel as die antonieme van
hierdie term binne so 'n driehoekige struktuur te ondersoek. Binne so 'n semantiese raamwerk is
vasgestel dat die stereotipe vertalingsekwivalent "arm" beide onvoldoende en misleidend is.
|
Page generated in 0.0688 seconds