Spelling suggestions: "subject:"förimplementering"" "subject:"enimplementering""
1 |
IKT-implementering i medicinsk högre utbildning : Centrala ledningsaktörers åsikter om hur implementeringen av IKT påverkat organiseringen av läkarutbildningen vid Umeå universitet och läkarstudenters transition mellan utbildning och yrkesprofessionHolmström, Torbjörn January 2014 (has links)
2009 omorganiserades läkarutbildningen vid Umeå universitet och bedrivs idag med stöd av olika former av informations-och kommunikationsteknologier (IKT). Syftet med föreliggande uppsats var att identifiera och förstå de uppfattningar som centrala ledningspersoner inom läkarutbildningen vid Umeå universitet uttrycker avseende hur IKT inverkar på utbildningens design, innehåll och genomförande samt förstå vilka uppfattningar dessa personer gav uttryck för vad gäller att förbereda studenterna för framtida professionsutövning i en digitaliserad medicinsk sjukvårdspraktik. Semistrukturerade telefonintervjuer och frågeformulär användes för att samla in data från fyra centrala ledningsaktörer. TPACK-ramverket möjliggjorde analys av respondenternas åsikter om hur lärares kunskapsnivåer inverkar på organiseringen av läkarutbildningen och läkarstudenternas övergång mellan utbildning och medicinsk sjukvårdspraktik. Resultatet visade att respondenterna i första hand förknippade IKT-implementeringen med organisatoriska möjligheter snarare än utmaningar samt att lärares varierande nivå av teknologiska och pedagogiska kunskaper är en faktor som har en stor påverkan på lärares upptagande och användning av IKT i undervisning.
|
2 |
Die rol van tegnologiekoördineerders in inligting– en kommunikasie tegnologie [kommunikasietegnologie] in Suid–Afrikaanse skole / Tarantal J.C.Tarantal, Jacobus Cornelius January 2011 (has links)
Inligting en kommunikasietegnologie (IKT) vorm ‘n belangrike komponent van effektiewe onderrig
en leer. Ten spyte van die gedokumenteerde voordele wat IKT vir onderrig en leer inhou,
bly IKT–integrering in skole steeds gebrekkig. Die implementering van IKT om onderrig
en leer oor ‘n wye reeks van leerareas te bevorder en uit te brei, blyk ‘n groot uitdaging by
meeste skole te wees. Faktore soos fiskale verpligtinge, ruimtelike hindernisse, ondoeltreffende
en gebrekkige infrastruktuur en swak koördinering ondermyn meeste pogings tot effektiewe
en volhoubare IKT–gebruik. Onderwysers wat begin het om IKT in hul onderrigpraktyke
toe te pas, verlang verskillende vorms van ondersteuning, insluitend die van tegniese
en implementeringsondersteuning.
Die SITES modules help om die pad na volhoubare IKT–gebruik in Suid–Afrika aan te dui
deur die vernaamste studies plaaslik en internasionaal uiteen te sit, beste praktyke te beklemtoon
en die noodsaaklikheid van tegnologiekoördineerders te bevestig. Die doel van die
navorsing is gefokus op die rol wat die tegnologiekoördineerder vertolk in die implementering
en benutting van IKT in Suid Afrikaanse skole. Hierdie inligting kan nuttig wees om huidige
onderrig en leerpraktyke in oënskou te neem en om ingeligte besluite rakende effektiewe en
volhoubare IKT–gebruik in onderrig en leer te neem.
Die studie is gebaseer op die bevindinge van die derde SITES studie (SITES 2006), wat ‘n
internasionale kwantitatiewe opname oor die pedagogiese praktyke en gebruike van IKT met
betrekking tot die 21ste eeuse leervaardighede in skole. Die studie het ‘n SDA metodologie
van die Suid Afrikaanse tegnologiekoördineerders gevolg. Aangesien Suid–Afrika aan al drie
studies deelgeneem het kon uit die literatuur longitudinale tendense aangedui word met betrekking
tot IKT–gebruik in Suid–Afrikaanse skole. Tydens die SDA is beskrywende statistiek
uitgevoer en kruistabulerings bereken om betekenisvolle korrelasies tussen veranderlikes te
bepaal.
Alhoewel meeste tegnologiekoördineerders aangetoon het dat die gebruik van IKT relevant
is binne hulle skole, is die vlak van IKT–gebruik binne vakverband besonder laag weens talle
struikelblokke wat die gebruik van IKT in skole belemmer. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid
rekenaars en skootrekenaars beskikbaar per skool. By die meeste skole tree onderwysers
op as tegnologiekoördineerders wat ook dan verantwoordelikheid aanvaar vir die instandhouding
van die rekenaars. Die tegnologiekoördineerder se pligte en verantwoordelikheid bestaan hoofsaaklik uit die onderrig van ander vakke en relatief min tyd word gewy aan IKTkursusse
vir leerders en onderwysers, en juis daarom is die formele rol wat die tegnologiekoördineerder
vertolk betreklik laag. Hoewel onderwysers in die meeste skole optree as tegnologiekoördineerders,
ontvang hulle kommerwekkend min professionele onderwysersontwikkeling
(POO). Die studie toon aan dat onderwysers onvoldoende tegniese ondersteuning
ontvang. Tegnologiekoördineerders het betreklik min periodes per week tot hul beskikking
om IKT–ondersteuning aan te bied.
Prakties betekenisvolle korrelasies tussen die gebruik van IKT in die onderrig en leer van
leerareas hang af van die beskikbaarheid van IKT–toerusting. Die gebruik van IKT in die onderrig
en leer van leerareas, is in ‘n sekere mate afhanklik van die beskikbaarheid van IKT
ondersteuning vir meeste van die verskillende aktiwiteite wat by skole plaasvind. Vir effektiewe
en volhoubare IKT–gebruik is dit belangrik dat die onderwysers tegniese– en POO ontvang
en dit sal vereis dat die tegnologiekoördineerder ‘n meer prominente rol vervul in Suid
Afrikaanse skole. Tegnologiekoördineerders speel ‘n toonaangewende rol in die koördinering,
instandhouding, ondersteuning en bemagtiging van fasiliteite en gebruikers by onderwysinstellings. / Thesis (M.Ed.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
|
3 |

Page generated in 0.0976 seconds