• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ondersoek na vingersettingpraktyke van J.S. Bach se tydgenote en die toepassing daarvan op sy klawerbordwerke

Van Rensburg, Isabelle Louise January 2011 (has links)
Hierdie studie ondersoek die vingersettings wat Johann Sebastian Bach (1685-1750) moontlik gebruik het. Die meeste klawerbordspelers speel een of ander tyd in hul lewe ‘n komposisie van J. S. Bach. Aangesien Bach min inligting oor vingersettings in sy komposisies nagelaat het, bemoeilik dit die taak van die klawerbordspeler om ’n histories-korrekte uitvoering van ’n bepaalde komposisie te lewer. As gevolg hiervan word navorsers genoop om ander bronne te raadpleeg wat kan lei tot ’n beter insig oor sy vingersettingpraktyke. Die bronne naaste aan Bach, dit wil sê sy leerlinge, tydgenote en Bach self verskaf die mees objektiewe inligting oor die aanvaarbare gebruik van vingersettings tydens Bach se leeftyd. Tydens hierdie ondersoek na historiese vingersettingpraktyke is bevind dat dit verskil van die huidige. Vingersettings vir ‘n komposisie is gekies sodat die nodige artikulasie, ritme en frasering daardeur aangehelp en vergemaklik word. Verskillende lande het verskillende reëls oor die gebruik van vingersettings. Dit sou wenslik wees om, sover prakties moontlik, vingersettings vir ’n komposisie van Bach te probeer gebruik soos hy dit in daardie periode sou gedoen het. Die Applicatio (BWV 994) en Praeambulum (BWV 930) is die enigste twee komposisies met vingersettings van Bach self. Dit is egter vir die beginner klawerbord-student geskryf en as gevolg hiervan is dit moeilik om vingersettings volgens Bach se praktyke te bepaal vir sy latere en meer gevorderde werke. Vingersettings in hierdie twee komposisies bewys egter dat Bach vroeë vingersettingpraktyke as kind geleer het en dit steeds as geldige vingersettings beskou het. In die agtiende eeu in Duitsland het ‘n beduidende groep amateur-musikante ontstaan wat onderrig oor die bespeling van die klawerbord benodig het. As gevolg hiervan is verskeie handboeke deur verskillende klawerbordspelers gepubliseer. ʼn Studie hiervan gee insig oor aanvaarbare vingersettingpraktyke en metodes van die tyd. Aangesien dit tydens Bach se leeftyd in Duitsland in gebruik was, is dit heel waarskynlik dat Bach in aanraking gekom het met klawerbordmetodes soos in die handboeke beskryf en moontlik self daarvan vir sy eie spel gebruik het. Twee verskillende strominge by die gebruik van vingersettings word aangetref tydens Bach se leeftyd, een meer konserwatief, die ander meer progressief. Albei strominge se gebruik van vingersettings is steeds konserwatief in vergelyking met moderne klawerbordspel. Teen die laat agtiende eeu word daar egter wel ‘n meer progressiewe gebruik van vingersettings aangetref. Bach het soms van sy leerlinge verwag om sy musiek te kopieer en in sommige van die gekopieerde komposisies was vingersettings ingeskryf deur sy leerlinge. Vingersettings in hierdie komposisies kan as ʼn riglyn dien van die vingersettings wat Bach self gebruik het. Uit hierdie studie is dit duidelik dat daar nie met sekerheid vingersettings volgens Bach se praktyke bepaal kan word nie aangesien min inligting van Bach self kom. Dit is egter moontlik om sekere algemene riglyne daar te stel. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat die vingersettings van Bach reeds heelwat ooreenstem met moderne vingersettingpraktyke, maar dat sekere historiese praktyke steeds ʼn plek gehad het. ENGLISH : This study investigates the fingering which Johann Sebastian Bach could possibly have used. Some time or another in the life of most keyboard players, they play a composition of J.S. Bach. Since Bach left little information about fingering in his compositions, it makes it difficult for the keyboard player to give an historically correct performance of a particular composition. This results in researchers being forced to consult other sources which may give them more insight into Bach’s fingering practices. The sources closest to Bach, i.e. his pupils, contemporaries and Bach himself, supply the most objective information regarding the acceptable use of fingering during Bach’s lifetime. During this investigation into historic fingering practices it became evident that they differ from current practices. Fingering for a composition was chosen in order to assist and simplify the required articulation, rhythm and phrasing. Different countries have different rules for the use of fingering practices. It would be desirable to use the actual fingering in a Bach composition that he would have used in his time, if at all practical. The Applicatio (BWV 994) and Praeambulum (BWV 930) are the only two compositions that include Bach’s own fingering. However, they were written for beginner keyboard players and therefore it is difficult to determine what fingering Bach would have required in his later and more advanced works. Fingering in these two compositions, however, show that Bach’s earlier fingering practices would have been learnt in his childhood and that he must still have regarded them as relevant. In the eighteenth century, a significant group of amateur musicians in Germany needed instruction on playing the keyboard. As a result a variety of manuals were published by different keyboard players. A study of these gives insight into acceptable fingering practices and methods of this period. As these were used in Germany during Bach’s lifetime, it is probable that he came in contact with keyboard methods described in the manuals and probably used them himself. Two different approaches to fingering practices, one more conservative, and another more progressive, were used during Bach’s lifetime. Both approaches to fingering are still conservative in comparison with modern keyboard playing. Towards the end of the eighteenth century, however, a more progressive use of fingering came into being. Bach sometimes required his students to copy his compositions, and fingering was included in some of the students’ copies. These fingering systems can be used as a guideline to those that Bach would have used himself. It can be deduced from this study that it is not possible to state with any certainty what fingerings were actually used by Bach, as little information came from Bach himself. It is, however, possible to present certain general guidelines. This study concludes that the fingering of Bach’s was in keeping with modern practices, but that certain historical practices were also in use. Copyright / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2011. / Music / unrestricted
2

Assosiasie en koördinasie van notasie met klawers by die ontwikkeling van 'n leesvermoë by die klavierbeginner

Hesse, Maria Elizabetha 30 November 2005 (has links)
The study substantiates common strategies and theories regarding the teaching of sight-reading. The literature study done on sight-reading at the keyboard consists of opinions and recommendations resulting from empirical findings of well-known piano pedagogues. Seven beginner courses were analysed in order to assess their presentation of a well-structured development of piano sight-reading against the opinions and recommendations of well-known piano pedagogues and authors in this field as well as the personal experience of the researcher. During this process it was discovered that insufficient attention was paid to the development of the association between a note symbol and its corresponding key on the piano. However no attention was paid to the act of playing while reading ahead. The researcher compiled additional progressive exercises for the 7 to 9 year old beginner, to address the above-mentioned discrepancies. The exercises and their individual purposes are clearly explained with instructions regarding their performance. / Hierdie studie bevestig algemene strategieë en teorieë aangaande die ontwikkeling van vaardighede om musieknotasie te lees en te speel. Die literatuur wat in hierdie studie bestudeer is, handel oor opinies en aanbevelings van vooraanstaande klavierpedagoë wat voortspruit uit die resultate van hulle empiriese navorsing. Sewe aanvangskursusse is ontleed en die aktiwiteite en metodes waarvolgens vaardighede onderrig word om musieknotasie te leer lees en speel, is gemeet aan die aanbevelings van vooraanstaande klavierpedagoë, navorsers op die gebied, asook die navorser se eie ervaring met die boeke. Gedurende die studie is daar ontdek dat daar meesal nie aandag geskenk word aan die ontwikkeling van 'n assosiasie tussen 'n toonhoogtesimbool en ooreenstemmende klawer op die klavier nie en glad nie aan die proses van vooruitlees nie. Om hierdie tekortkominge te oorkom het die navorser 'n stel aanvullende en progressiewe oefeninge saamgestel wat maklik genoeg uitvoerbaar is vir die 7- tot 9-jarige beginner. Duidelike beskrywings van die oefeninge, elkeen se spesifieke doel, en aanwysings vir effektiewe uitvoering daarvan word verskaf. / Art History, Visual Arts & Music / M.A. (Musicology)
3

Assosiasie en koördinasie van notasie met klawers by die ontwikkeling van 'n leesvermoë by die klavierbeginner

Hesse, Maria Elizabetha 30 November 2005 (has links)
The study substantiates common strategies and theories regarding the teaching of sight-reading. The literature study done on sight-reading at the keyboard consists of opinions and recommendations resulting from empirical findings of well-known piano pedagogues. Seven beginner courses were analysed in order to assess their presentation of a well-structured development of piano sight-reading against the opinions and recommendations of well-known piano pedagogues and authors in this field as well as the personal experience of the researcher. During this process it was discovered that insufficient attention was paid to the development of the association between a note symbol and its corresponding key on the piano. However no attention was paid to the act of playing while reading ahead. The researcher compiled additional progressive exercises for the 7 to 9 year old beginner, to address the above-mentioned discrepancies. The exercises and their individual purposes are clearly explained with instructions regarding their performance. / Hierdie studie bevestig algemene strategieë en teorieë aangaande die ontwikkeling van vaardighede om musieknotasie te lees en te speel. Die literatuur wat in hierdie studie bestudeer is, handel oor opinies en aanbevelings van vooraanstaande klavierpedagoë wat voortspruit uit die resultate van hulle empiriese navorsing. Sewe aanvangskursusse is ontleed en die aktiwiteite en metodes waarvolgens vaardighede onderrig word om musieknotasie te leer lees en speel, is gemeet aan die aanbevelings van vooraanstaande klavierpedagoë, navorsers op die gebied, asook die navorser se eie ervaring met die boeke. Gedurende die studie is daar ontdek dat daar meesal nie aandag geskenk word aan die ontwikkeling van 'n assosiasie tussen 'n toonhoogtesimbool en ooreenstemmende klawer op die klavier nie en glad nie aan die proses van vooruitlees nie. Om hierdie tekortkominge te oorkom het die navorser 'n stel aanvullende en progressiewe oefeninge saamgestel wat maklik genoeg uitvoerbaar is vir die 7- tot 9-jarige beginner. Duidelike beskrywings van die oefeninge, elkeen se spesifieke doel, en aanwysings vir effektiewe uitvoering daarvan word verskaf. / Art History, Visual Arts and Music / M.A. (Musicology)

Page generated in 0.0332 seconds