Spelling suggestions: "subject:"curities"" "subject:"charities""
1 |
Handboekouteurs en wiskunde-onderwysers se inlyninterpretasie van die wiskundekurrikulum vir effektiewe klaskamerpraktykVan der Merwe, Wynand Johannes 10 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Due to the radical reform in mathematics education worldwide, the mathematics curriculum
underwent dramatic changes in order to meet the new objectives in mathematics. This has
placed a huge responsibility on curriculum compilers and the authors of mathematics textbooks
and mathematics teachers to enhance the cognitive development of learners.
This study takes the view that:
What happens in the class is what you get.
Based on the above statement, the foundation of mathematics teaching, namely the mathematics
curriculum, the mathematics textbook and the teacher’s instruction in the teaching
venue were scrutinised. During a diagnostic examination of teachers’ interpretation,
knowledge and application of the mathematics curriculum and the content of mathematics textbooks on the East Rand, the following problems regarding mathematics teaching
emerged: The most important finding of TIMMS is that the differences in performance in
mathematics between different countries can be linked to the way teachers interpret and
present the content of mathematics. Research has revealed that the interaction of teachers
with curriculum content follow a dynamic and constructive application instead of direct application
based on the mathematics curriculum.
Teachers often change the prescriptions and order of content in the mathematics curriculum
to suit their teaching style, knowledge and previous experience. Consequently, align application
of mathematical concepts and skills does not take place and this creates a gap in learners’
cognitive development. It also leaves a gap in the application of the Type 5 cognitive
development tasks in mathematics which enable a verifying deductive application of concepts. The action research created a structure which could meet this need.
Authors of mathematics textbooks present their own vision, interpretation and style in mathematics
textbooks, which influences the order of mathematics content and concepts. The
result is that mathematics content and concepts are at times not aligned with representations
in the mathematics curriculum and objectives are therefore not reached. The different interpretations
of mathematics textbooks by teachers differ greatly and these differences place
great pressure on teachers to decide how the mathematics textbook will be used in the
teaching venue. In this study a mathematics textbook profile and a task analysis were formulated in the
cause of action research which will enable teachers to make a professional analysis which
they can use.
Because a variety of mathematics textbooks are selected for use in schools, teachers assume
that these approved mathematics textbooks focus on the curriculum. They therefore
slavishly follow the mathematics textbooks without consulting the mathematics curriculum.
Shortcomings in mathematics textbooks and teachers’ own interpretation of mathematics
content leave a big gap in their own alignment of mathematics teaching.
To satisfy this need, an assessment profile and an methodology for alignment are provided
to enable teachers to monitor the curriculum alignment presentation of concepts and skills. / As gevolg van die radikale hervorming in wiskunde-onderrig wêreldwyd het die
wiskundekurrikulum dramatiese veranderings ondergaan ten einde die nuwe doelstellings in
wiskunde te bereik. Dit het enorme verantwoordelikheid geplaas op kurrikulumsamestellers
en outeurs van wiskundehandboeke en wiskunde-onderwysers om die kognitiewe
ontwikkeling van leerders te bevorder.
In hierdie studie is van die volgende standpunt uitgegaan:
What happens in the class is what you get.
Derhalwe is die fondasie van wiskunde-onderrig, naamlik die wiskundekurrikulum,
wiskundehandboek en die onderwyser se instruksies in die klaskamer ondersoek. In `n
diagnostiese ontleding van onderwysers se interpretasie, kennis en toepassing van die
wiskundekurrikulum en die wiskundehandboekinhoude aan die Oos-Rand het die volgende
probleme in verband met wiskunde-onderrig na vore gekom: Die belangrikste bevinding van
TIMMS is dat die verskille in wiskundeprestasie tussen lande verband hou met die wyse
waarop onderwysers die wiskudekurrikuluminhoude interpreteer en aanbied. Navorsing toon dat die interaksie van onderwysers met kurrikulummateriaal op ʼn dinamiese en
konstruktiewe toepassing geskied in plaas van direkte toepassing vanuit die
wiskundekurrikulum.
Onderwysers verander dikwels die wiskundekurrikulum se voorskrifte en volgorde van
inhoude om by hulle onderrigstyl, kennis en vorige ervarings te pas. Die gevolg is dat geen
inlyntoepassing van wiskundebegrippe en vaardighede plaasvind nie en dit laat ʼn leemte in
leerders se kognitiewe ontwikkeling. Verder laat dit ʼn leemte in die toepassing van die 5-tipe
kognitiewe ontwikkelingstake in wiskunde wat ʼn verifiërend deduktiewe toepassing van
begrippe bewerkstellig. In die aksienavorsing is ʼn struktuur geskep wat in hierdie behoefte
voorsien.
Outeurs van wiskundehandboeke het ʼn eie visie, interpretasie en styl wat hulle in
wiskundehandboeke aanbied. Dit het ʼn invloed op die volgorde van wiskunde-inhoude en begrippe en gevolglik is wiskunde-inhoude en -begrippe soms nie inlyn geplaas met
voorstellings van die wiskundekurrikulum nie, en word doelstellings nie bereik nie. Onderwysers se verskillende interpretasies van wiskundehandboekinhoude verskil radikaal
van mekaar en plaas gevolglik groot druk op onderwysers om ʼn keuse te maak wat betref
die gebruik van ʼn wiskundehandboek vir gebruik in die klaskamer.
In die studie is ʼn wiskundehandboekprofiel en ʼn taakontleding tydens aksienavorsing
geformuleer wat onderwysers in staat sal stel om ʼn professionele ontleding te maak vir
gebruik.
As gevolg van die verskeidenheid wiskundehandboeke wat gekeur word vir gebruik in skole
neem onderwysers aan dat hierdie gekeurde wiskundehandboeke op die kurrikulum gerig is.
Gevolglik word wiskundehandboeke slaafs nagevolg sonder om die wiskundekurrikulum te
raadpleeg. Tekortkominge in wiskundehandboeke en die eie interpretasie van wiskundeinhoude
deur onderwysers laat ʼn groot leemte in hul eie inlynwiskunde-onderrig.
Om te voorsien in hierdie behoefte is ʼn assesseringsprofiel en ʼn inlynmetodiek saamgestel om onderwysers in staat te stel om die inlynaanbieding van begrippe en vaardighede te
monitor. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Didaktiek)
|
2 |
Bybel as problematiese teks: ’n kritiese ontleding aan die hand van polemieke in die Nederduitse Gereformeerde Kerk: van Johannes du Plessis tot Ferdinand Deist en Willem Vorster (1920–2000) / The Bible as a problematic text: a critical analysis based on controversies in the Dutch Reformed Church: from Johannes du Plessis to Ferdinand Deist and Willem Vorster (1920–2000)Conradie, A. F. 05 1900 (has links)
Text in Afrikaans, with summaries in Afrikaans and English / Includes bibliographical references (leaves 383-403) / Die woordestryd oor goddelike inspirasie van alles wat in die Bybel staan, as gevolg van die uitgesproke stellings van Johannes Du Plessis, het tot ‘n krisis gelei wat as baken in die annale van die Ned. Geref. Kerk beskou word. Die meeste van sy standpunte word
vandag as waarheid aanvaar en hy het bygedra tot die intellektuele debat oor die Bybel as Woord van God wat vandag nog aangaan.
Du Plessis se herkoms, opleiding en verdienste as predikant en saakgelastigde van die Kerk word kortliks bespreek. Hy was die talentvolle seun en enigste kind van 'n Afrikaanse predikant en 'n Engelse vrou, die dogter van 'n sendeling van die LMS. Hy word professor aan die Kweekskool en met kennis opgedoen tydens verdere studie oorsee, het hy gewys op dele van die Bybel wat nie aan goddelike inspirasie toegeskryf kan word nie. Hy het dit ook duidelik gestel dat hy as teoloog en leermeester nie kon glo sonder om te probeer verstaan nie.
Hy het sy bevindinge bekend gemaak in Het Zoeklicht, 'n maandblad wat bedoel was om as soeklig te dien om verskillende vorms van “duisternis” in beide godsdiens en die politiek, betref, aan die lig te bring. Oortuig van die waarde van die Hoër Kritiek, het hy dit as sy plig geag om wat hy deur wye leeswerk en kritiese ondersoek rakende die
oorsprong, vorm en inhoud van die Ou Testamentiese boeke bekom het, bekend te maak. Artikels van dié aard, eers in De Kerkbode en daarna in Het Zoeklicht, het gelei tot beroering onder behoudende lesers wat gekant was teen enige veranderinge in die prediking. Hulle was veral ontstoke oor sy siening dat die belydenisskrifte wat spruit uit
die dae van die Hervorming 500 jaar tevore, oop was vir herformulering. Klagtes dat Du Plessis op 'n gevaarlike pad was, was die begin van wat gelei het tot 'n krisis in die Kerk, en uiteindelik tot 'n buitengewone sinode in 1930 toe hy van sy pos onthef is.
Die behoudende reaksie van die meerderheid was dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Die gevolg was dat 'n groot aantal van die leiers van die Kerk, aanhangers van die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind gekom het, tekste uit die Bybel gebruik het om die beleid van Apartheid Skriftuurlik te begrond.
Ná byna veertig jaar van 'n onkritiese benadering tot die Bybel, is die geloof in 'n foutlose Bybel weer bevraagteken. Tussen die eerlike teoloë wat dit gewaag het om te wys op foute en inkonsekwenthede, was Ferdinand Deist en Willem Vorster. Albei het hulle opleiding as predikante voltooi maar het hulle nie beroepbaar gestel nie omdat
hulle met verdere studie voortgegaan het en hulle openlik uitgespreek het teen die misbruik van Bybelse gegewens om apartheid te regverdig.
Geskool aan die Kweekskool in Stellenbosch, het Deist hom onderskei as geleerde wat sy drang na dieper ondersoek gepaar het met 'n piëtisme waarop hy uiting gegee het in 'n stortvloed van akademiese en populêre geskrifte ― wat nie altyd gestrook het met sy stelling dat die Woord van God nie met 'n gelyk-aan-teken aan mekaar verbind kan
word nie. Vorster, wat sy opleiding aan die Universiteit van Pretoria ontvang het, het ewe bekend geraak en het internasionale erkenning geniet vir sy toepassing van die semantiek op studies van die Nuwe Testament. Daarby het hy sy kennis van die Nabye Oosterse tale toepaslik gevind in sy bydrae tot The New Quest om meer te wete te kom oor die historiese Jesus, 'n Jood en Galileër wat vir 'n kort periode opgetree het as leermeester en eskatologiese profeet.
In die studie van bydraes van die drie geleerdes tot ons verstaan van die Bybel, is ook aandag geskenk aan 'n ander aspek van die Bybel as problematiese teks: Die nadruk wat skrywers en redaktors van die Bybelse gebeure, geplaas het op mans as vaders en seuns ten koste van vroue, moeders en dogters. Die gevolg was dat meeste van die
sogenaamde Kerkvaders genoeg in die Bybel kon vind om hulle te identifiseer met die neerhalende beeld wat in Die Openbaring (14:3-4) geskep word van vroue, opvallend in stryd met die inhoud van Genesis 1:26-31. / The controversy started by Johannes Du Plessis over the question whether everything in the Bible was inspired by God, caused a crisis in the Dutch Reformed Church, which is listed as a beacon in its history. Most of the points he raised are accepted as truth today, and started an intellectual debate that is still going on.
Information relating to Du Plessis’ origins, training, and achievements as a minister and church official is briefly noted. He was the talented son, and only child of an Afrikaner father and minister of religion, and an English mother, the daughter of an LMS missionary. He became a professor at the Seminary in Stellenbosch, after his studies overseas had caused him to question parts of the Old Testament text that could not be regarded as divinely inspired. He also made it quite clear that believing without trying to understand was not possible for him as a theologian and teacher.
He proclaimed his findings in Het Zoeklicht, a monthly magazine intended to serve as a searchlight and an organ to reveal the “darkness” that was still prevalent in both religion and politics. Aware of the value of Higher Criticism of the Old Testament, he regarded it
his duty to make known what he had found in reading widely and in critical research on the origins, form and content of the books of the Bible. Articles to this effect published first in De Kerkbode and then in Het Zoeklicht, caused an outcry from conservative readers who were opposed to any changes in the teaching of the church. They were
especially enraged by his view that the confessions drawn up by Reformers 500 years earlier, were open for review. Complaints that Du Plessis was on a dangerous path, marked the beginning of what was regarded as a crisis in the Church, and in the end led to Du Plessis being relieved of his post by a special Synod convened in 1930.
The views of the conservative majority, however, prevailed. As a result, a large number of leading ministers and theologians, who openly supported the Nationalist government that came into power in 1948, provided assurance that the concept of separation of racial groups was in accordance with Scripture.
After nearly forty years of an uncritical approach to the Bible, the belief in in-errancy was again questioned. Among the few theologians who dared to point out errors and inconsistencies in various texts, were Ferdinand Deist and Willem Vorster. Both trained as ministers, they chose to continue their studies and openly expressed themselves
against the abuse of Biblical texts to support the ideology of apartheid.
Trained at the Seminary in Stellenbosch, Deist turned out to be a noted scholar who combined his urge for honest critical study with a pietism expressed in a flood of academic and popular publications ― which were not always consistent with his own statement that The Word of God could not be connected to Scripture with an is-equal-to
symbol. Vorster, who received his education at the University of Pretoria, became equally well known as a scholar and gained international recognition for his application of semantics in the study of the Gospels. He also applied his knowledge of languages in what came to be known as The New Quest for the historical Jesus who, as a Jew and a Galilean, distinguished himself during a brief period as a teacher and eschatological prophet.
In the study of the contributions of these three outstanding men to our understanding of the Bible, another major aspect of the Bible as problematic text is addressed: The emphasis the authors and redactors of the Scriptures placed on the roles of men, fathers and sons, patently to the exclusion of women, mothers and daughters. As a result many of the so-called Church Fathers found in the Bible sufficient material to look down upon women ― the verdict expressed in Revelations 14:3-4 being one of numerous texts pointing to women as objects of derision in glaring contradiction to the contents of Genesis 1:26-31. / Biblical and Ancient Studies / D. Phil. (Biblical Studies)
|
3 |
Handboekouteurs en wiskunde-onderwysers se inlyninterpretasie van die wiskundekurrikulum vir effektiewe klaskamerpraktykVan der Merwe, Wynand Johannes 10 1900 (has links)
Text in Afrikaans, abstract in English and Afrikaans / Due to the radical reform in mathematics education worldwide, the mathematics curriculum
underwent dramatic changes in order to meet the new objectives in mathematics. This has
placed a huge responsibility on curriculum compilers and the authors of mathematics textbooks
and mathematics teachers to enhance the cognitive development of learners.
This study takes the view that:
What happens in the class is what you get.
Based on the above statement, the foundation of mathematics teaching, namely the mathematics
curriculum, the mathematics textbook and the teacher’s instruction in the teaching
venue were scrutinised. During a diagnostic examination of teachers’ interpretation,
knowledge and application of the mathematics curriculum and the content of mathematics textbooks on the East Rand, the following problems regarding mathematics teaching
emerged: The most important finding of TIMMS is that the differences in performance in
mathematics between different countries can be linked to the way teachers interpret and
present the content of mathematics. Research has revealed that the interaction of teachers
with curriculum content follow a dynamic and constructive application instead of direct application
based on the mathematics curriculum.
Teachers often change the prescriptions and order of content in the mathematics curriculum
to suit their teaching style, knowledge and previous experience. Consequently, align application
of mathematical concepts and skills does not take place and this creates a gap in learners’
cognitive development. It also leaves a gap in the application of the Type 5 cognitive
development tasks in mathematics which enable a verifying deductive application of concepts. The action research created a structure which could meet this need.
Authors of mathematics textbooks present their own vision, interpretation and style in mathematics
textbooks, which influences the order of mathematics content and concepts. The
result is that mathematics content and concepts are at times not aligned with representations
in the mathematics curriculum and objectives are therefore not reached. The different interpretations
of mathematics textbooks by teachers differ greatly and these differences place
great pressure on teachers to decide how the mathematics textbook will be used in the
teaching venue. In this study a mathematics textbook profile and a task analysis were formulated in the
cause of action research which will enable teachers to make a professional analysis which
they can use.
Because a variety of mathematics textbooks are selected for use in schools, teachers assume
that these approved mathematics textbooks focus on the curriculum. They therefore
slavishly follow the mathematics textbooks without consulting the mathematics curriculum.
Shortcomings in mathematics textbooks and teachers’ own interpretation of mathematics
content leave a big gap in their own alignment of mathematics teaching.
To satisfy this need, an assessment profile and an methodology for alignment are provided
to enable teachers to monitor the curriculum alignment presentation of concepts and skills. / As gevolg van die radikale hervorming in wiskunde-onderrig wêreldwyd het die
wiskundekurrikulum dramatiese veranderings ondergaan ten einde die nuwe doelstellings in
wiskunde te bereik. Dit het enorme verantwoordelikheid geplaas op kurrikulumsamestellers
en outeurs van wiskundehandboeke en wiskunde-onderwysers om die kognitiewe
ontwikkeling van leerders te bevorder.
In hierdie studie is van die volgende standpunt uitgegaan:
What happens in the class is what you get.
Derhalwe is die fondasie van wiskunde-onderrig, naamlik die wiskundekurrikulum,
wiskundehandboek en die onderwyser se instruksies in die klaskamer ondersoek. In `n
diagnostiese ontleding van onderwysers se interpretasie, kennis en toepassing van die
wiskundekurrikulum en die wiskundehandboekinhoude aan die Oos-Rand het die volgende
probleme in verband met wiskunde-onderrig na vore gekom: Die belangrikste bevinding van
TIMMS is dat die verskille in wiskundeprestasie tussen lande verband hou met die wyse
waarop onderwysers die wiskudekurrikuluminhoude interpreteer en aanbied. Navorsing toon dat die interaksie van onderwysers met kurrikulummateriaal op ʼn dinamiese en
konstruktiewe toepassing geskied in plaas van direkte toepassing vanuit die
wiskundekurrikulum.
Onderwysers verander dikwels die wiskundekurrikulum se voorskrifte en volgorde van
inhoude om by hulle onderrigstyl, kennis en vorige ervarings te pas. Die gevolg is dat geen
inlyntoepassing van wiskundebegrippe en vaardighede plaasvind nie en dit laat ʼn leemte in
leerders se kognitiewe ontwikkeling. Verder laat dit ʼn leemte in die toepassing van die 5-tipe
kognitiewe ontwikkelingstake in wiskunde wat ʼn verifiërend deduktiewe toepassing van
begrippe bewerkstellig. In die aksienavorsing is ʼn struktuur geskep wat in hierdie behoefte
voorsien.
Outeurs van wiskundehandboeke het ʼn eie visie, interpretasie en styl wat hulle in
wiskundehandboeke aanbied. Dit het ʼn invloed op die volgorde van wiskunde-inhoude en begrippe en gevolglik is wiskunde-inhoude en -begrippe soms nie inlyn geplaas met
voorstellings van die wiskundekurrikulum nie, en word doelstellings nie bereik nie. Onderwysers se verskillende interpretasies van wiskundehandboekinhoude verskil radikaal
van mekaar en plaas gevolglik groot druk op onderwysers om ʼn keuse te maak wat betref
die gebruik van ʼn wiskundehandboek vir gebruik in die klaskamer.
In die studie is ʼn wiskundehandboekprofiel en ʼn taakontleding tydens aksienavorsing
geformuleer wat onderwysers in staat sal stel om ʼn professionele ontleding te maak vir
gebruik.
As gevolg van die verskeidenheid wiskundehandboeke wat gekeur word vir gebruik in skole
neem onderwysers aan dat hierdie gekeurde wiskundehandboeke op die kurrikulum gerig is.
Gevolglik word wiskundehandboeke slaafs nagevolg sonder om die wiskundekurrikulum te
raadpleeg. Tekortkominge in wiskundehandboeke en die eie interpretasie van wiskundeinhoude
deur onderwysers laat ʼn groot leemte in hul eie inlynwiskunde-onderrig.
Om te voorsien in hierdie behoefte is ʼn assesseringsprofiel en ʼn inlynmetodiek saamgestel om onderwysers in staat te stel om die inlynaanbieding van begrippe en vaardighede te
monitor. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Didaktiek)
|
Page generated in 0.0436 seconds