• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die geskiedenis van die Kaapse Burgermag-Mediese eenhede, 1889-1939

Basson, Nicolaas Francois 12 1900 (has links)
Thesis (MA (History))--University of Stellenbosch, 1988. / Die doel met hierdie studie is tweeledig. Eerstens word gepoog om die Kaapse burgermag-mediese eenhede se rol binne die verdedigingstelsels waarvan hulle op sekere stadia van hul bestaan deel was te ondersoek, hetsy as deel van die Kaapse Koloniale Magte vir die tydperk 1889 - 1913 of as deel van die burgermag-element van die Unieverdedigingsmag, 1913 - 1939. Tweedens word hierdie eenhede se ontwikkelingsgang nagegaan : van die stigting van die Volunteer Medical Staff Corps (VMSC) in 1889 af tot met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939. As 'n titel vir hierdie onderwerp is besluit op Die Geskiedenis van die Kaapse Burgermag-mediese eenhede, 1889 - 1939. Die rede daarvoor is dat dit die hele tydperk onder bespreking volledig omskryf die aanloop tot die stigting van die VMSC, sy stigting in 1889, sy rol as 'n vrywilligereenheid, sy omskakeling na twee burgermag-mediese eenhede in 1913 asook hul rol en ontwikkeling in daardie verband tot met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939. Aangesien hierdie tydperk van vyftig jaar 'n duidelike beeld rakende hierdie eenhede se rol en ontwikkeling gee, het die keuse daarom geval op 1889 en 1939 as onderskeidelik die begin- en einddatum vir hierdie onderwerp. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 het daar in die Kaapprovinsie twee burgermag-mediese eenhede binne die Unieverdedigingsmag gefunksioneer, naamlik 2 Veldambulans en 3 Veldambulans. Beide kan egter hul ontstaansgeskiedenis terugvoer na 21 Oktober 1889, toe. soos hierbo aangedui, die VMSC as die eerste selfstandige mediese eenheid in die Kaapkolonie gestig is. Met sy stigting het die eenheid uit twee kompanies bestaan. te wete A-kompanie en B-kompanie wat onderskeidelik in King William's Town en Kaapstad gesetel was. Daarna het die VMSC by twee verdere geleenthede naamsveranderinge ondergaan. In 1889 is sy naam na die Cape Medical Staff Corps (CMSC) verander en van 1903 af het dit as die Cape Medical Corps (CMC) bekend gestaan. Met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) in 1913, is die twee kompanies in twee afsonderlike burgermag-mediese eenhede omgeskakel en in die SAGD opgeneem. Dit het eweneens 'n naamsverandering tot gevolg gehad. A-kompanie sou voortaan as 1 Berede Brigade Veldambulans (1 BBVA) bekend staan terwy1 B-kompanie tot No. 1 Kompanie herdoop is. tn 1935 het die twee eenhede weer eens 'n naamsverandering ondergaan toe 1 BBVA tot 2 Veldambulans en No. 1 Kompanie tot 3 Veldambulans herdoop is. Die doel van hierdie studie in ag genome, word die rol en ontwikkeling van hierdie eenhede oor die tydperk van vyftig jaar bespreek. In die eerste hoofstuk word daar, as inleiding, kortliks verwys na die onderskeie militê re organisasies in die Kaapkolonie gedurende die neëntiende eeu waarvan die vrywilliger-mag een was. Daar het egter 'n behoefte bestaan aan voldoende mediese steun vir sy lede waaruit voortgevloei het die stigting van die St John's Ambulance Association en die ambulansafdeling van die King William's Town Volunteer Artillery om hierdie leemte te vul. Vervolgens word gekonsentreer op die stigtingsproses van die VMSC in 1889 asook die groei en ontwikkeling van die eenheid in die jare onmiddellik daarna...

Page generated in 0.0843 seconds