• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Meerduidigheid in Afrikaans

Schwerdtfeger, Anna-Mart January 1968 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / In hierdie studie word meerduidigheid as n subkategorie van meervoudigheid van betekenis beskou. Onder die hoofverdeling tussen leksikale en nie-leksikale meerduidigheid word verskillende tipes en subtipes meerduidigheid onderskei, wat almal die volgende gemeen het, dat dit telkens om een vorm gaan met meer as een moontlike, duidelik onderskeibare interpretasie. Daar word gepoog om eerstens op algemeen-teoretiese vlak die aspekte van meerduidigheid aan te toon waarvan 'n beskrywend adekwate teorie rekenskap sal moet kan gee. Die wesenlike aspekte verbonde aan die verskynsel word uitgelig by wyse van n kritiese oorsig van die tradisionele, die sintakties- en semanties-gerigte, die psigolinguistiese en die pragmatiese benaderings. Tweedens word daar gepoog om op taalspesifieke vlak meerduidigheid in Afrikaans op n adekwate wyse te verantwoord, deur die aard en die bereik van die meerduidigheid op verskillende vlakke te ondersoek, en taalspesifieke meerduidigheidskeppende faktore en vereenduidigingsmeganismes te isoleer. Daar word ingegaan op verskeie teoretiese beskouinge aangaande die leksikon, en stilgestaan by die leksikografiese problematiek - veral met betrekking tot die onderskeid tussen homonimie en polisemie. Verskillende kategoriee van leksikale en nie-leksikale meerduidigheid word ten opsigte van meerduidigheid s keppende faktore, meerdui digheidsbereik en vereenduidigingsmeganismes en -strategiee onder die loep geneem. In die proses word die wisselwerking tussen fonologiese, sintaktiese, semantiese en pragmotiese parameters wat n rol speel by die interpretasie van uitinge, verken. Verder word daar ingegaan op intensionele meerduidigheid soos dit neerslag vind in verbale humor- veral in die vertelgrap en raaisel . Daar word aangesluit by Raskin (1985) se onderskeid tussen die bona fide-modus en die nie-bona fide-modus van kommunikasie. Die voorwaardes vir en die meganismes van humor in n paar Afrikaanse grappe en raaisels word ontleed aan die hand van Raskin (1985) se skrip-semantiek, in terme waarvan hy linguistiese humor probeer verklaar binne n taalhandelingsraamwerk. Die studie dui daarop dat daar op algemeen-teoretiese vlak 'n behoefte bestaan aan omvattende taalgebruiksteorie waarbinne die moedertaaI spreker se jntuitiewe inlerpretasie en vereenduidiging van meerduidige uitinge op adekwate wyse verantwoord kan word. / In this study cimbiguity is analysed as a sub-category of multiple meaning. Within the main div ision between lexical and non-lexical ambiguity, a distinct ion is made between various types and sub-types of ambiguity which all share one characteristic: that of consisting of a single form representing more than one possible, clearly distinguishable interpretation. Firstly, an attempt is made on a general theoretical level to show which aspects of ambiguity an adequate theory must account for. The essential aspects of the phenomenon are dealt with by means of a critical review of the pragmatic, syntactic, semantic, psycholinguistic and traditional approaches. Secondly, an attempt is made on a language-specific level to give an adequate account of ambiguity in Afrikaans by investigating the nature and scope of ambiguity on different levels. Various theoretical approaches to the lexicon are considered, focusing inter alia on lexicographical problems, with particular reference to the distinction between homonymy and polysemy. Different categories of lexical and non-lexical ambiguity are considered in an attempt to isolate those factors causing ambiguity, and to ascertain the scope of the various ambiguities as well as the constraints and disambiguation mechanisms and strategies applicable in each case. In the course of this investigation attention is drawn to the interaction between phonological, semantic, syntactic and pragmatic parameters pertaining to the interpretation of utterances. In my investigation of intentional ambiguity in verbal humour, a number of Afr ikaans jokes and riddles are analysed according to certain conditions for and mechan isms of humour. This analysis draws on Raskin's (1985) theory of script-semantics and his distinction between the bona fide-mode and the non-bona fide-mode of communication. On a general theoretical level this thesis indicates a need for a comprehensive theory of language use which can adeq uately account for the mother-tongue speaker's intuitive interpretation and disambiguation of ambiguous utterances. / Afrikaans and Theory of Literature / D. Litt. et Phil.

Page generated in 0.034 seconds