• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die multiversiteit : 'n ideologiekritiese studie van Clark Kerr se pluralistiese universiteitsidee / Derick Victor Correia

Correia, Derick Victor January 2014 (has links)
Die multiversiteit is ʼn term wat Clark Kerr in 1963 gebruik het om die pluralistiese karakter van die Amerikaanse universiteit te beskryf. In dié studie is daar gepoog om aan te toon dat ʼn pluralistiese begronding van die universiteit ruimte laat vir ideologiese beïnvloeding. Terwyl die pluralisme voorgee om geen waardeoordele te hê nie, word die teendeel hiervan in die geskiedenis van die Amerikaanse universiteite waargeneem. Daar moet in ag geneem word dat die pluralisme in Amerika binne ʼn sekulêre milieu ontstaan het. Binne die omgewing is die religieuse begrondinge van die universiteit bevraagteken en dit lei daartoe dat die meeste Amerikaanse universiteite Christelike waardes met sekulêre waardes vervang het. Daar word in die studie geargumenteer dat die sekulêre vakuum wat geskep is ruimte laat vir die ontwikkeling van ideologieë. Een van die kenmerke van ideologieë is hulle totalitêre invloed. Terwyl Kerr uitgaan van ʼn pluralistiese standpunt eindig hy met spore van verskeie ideologieë in sy universiteitsmodel. Die identifisering van die ideologieë wys daarop dat daar waarskynlik teenstrydighede teenwoordig is in Kerr se universiteitsmodel. Die kernteenstrydigheid is dat Kerr enige totaliserende religieuse begronding van die universiteit probeer vermy, maar in die proses ʼn slagoffer word van drie leidende ideologieë. Vanuit Kerr se 1963-geskrif “The Uses of the University” is daar sterk spore geïdentifiseer van die geloof in voortdurende vooruitgang, nasionalisme en ekonomisme. In Kerr se beskrywing van die geskiedenis van die universiteit kom hy tot die gevolgtrekking dat die universiteit genoodsaak word om voortdurend aan te pas by die tye. Die geloof in voortdurende vooruitgang speel hier ʼn leidende rol. Die noodsaak van verandering word deur Kerr so sterk beklemtoon dat hy dikwels praat van die “imperatiewe van verandering”. Die veranderinge word in ʼn ewolusionistiese sin beskou as noodsaaklik vir ‘n universiteit se oorlewing. Kerr distansieer hom om dié rede van die historiese eenheidstrewe van die universiteit. Die eenheid van die universiteit is voorheen gekenmerk deur die woord uni van uni-versiteit. Daar word geargumenteer dat die universiteit nie meer ʼn gemeenskap van dosente en studente is nie, en dat daar nie meer iets soos eenheid in die wetenskap moontlik is nie. Kerr se oplossing is om eerder die pluralistiese begronding van die universiteit te omhels, juis omdat dit volgens hom meer bevorderlik is vir vooruitgang. Kerr noem die postmoderne Amerikaanse universiteit om hierdie rede ʼn multi-versiteit. Hy onderskei die Amerikaanse multiversiteit van ouer Duitse en Engelse universiteitsmodelle, met die oogmerk om aan te toon dat die Amerikaanse universiteit op die voorpunt van verandering staan. Daar sal geagumenteer word dat die strewe na voortdurende vooruitgang ideologies bepaal is. Die nasionalistiese motief van die Amerikaanse universiteit kan nie losgemaak word van die geskiedenis van die Amerikaanse universiteit nie. Vanaf die Tweede Wêreldoorlog en die einde van die Koue Oorlog was die Amerikaanse universiteit vir ʼn tydperk van ongeveer 50 jaar intens betrokke by navorsing in sake van nasionale belang. In dié tyd word die taak van nasionale diens tot ʼn hooftaak van die universiteit verhef. Kerr beskryf hoe die staat se betrokkenheid te midde van verskeie probleme tog voordelig was vir Amerika as ʼn nasie. Na die skielike einde van die Koue Oorlog het die Amerikaanse universiteite al hoe meer betrokke geraak by die sakewêreld. Hoewel die kommersialisering van universiteite eers sedert die einde van die Koue Oorlog spoed opgetel het, het Kerr reeds in 1963 voorspel dat universiteite toenemend die vorm van ʼn besigheid sal vertoon. Hy beskryf die universiteit as ʼn kennisindustrie wat die doel het om kennis op ʼn groot skaal te produseer. Die ekonomiese motief word hier verhef tot een van die hooftake van die universiteit. In hierdie studie is daar gepoog om aan te toon dat die pluralistiese universiteitsmodel wat Kerr voorstaan nie vry is van ideologiese beïnvloeding nie. Tog is daar nie een religieuse vertrekpunt wat aan die hoof van die multiversiteit staan nie. Daar is eerder sprake van verskeie potensiële ideologieë wat dreig om die universiteit permanent te verander. Die ideologie van voortdurende voortuitgang dreig om die universiteit van sy historiese wortels te vervreem. Wanneer die universiteit, in diens van die Amerikaanse nasionalisme, diens aan die nasie as sy hoogste taak beskou, het dit byvoorbeeld uitgeloop op die vervaardiging van genoeg kernwapens om die aarde tien maal te vernietig. Waar die universiteit strewe om volgens besigheidsnorme ingerig te word, het dit ʼn dehumaniserende uitwerking op dosente en studente. Dit alles dui daarop dat daar vandag ʼn groot gevaar bestaan dat die universiteit op ideologiese wyse vir eie gewin misbruik kan word deur die samelewing, deur die nasie en deur die sakewêreld. In Kerr se boek “The Uses of the University” skryf hy optimisties oor die verskeie nuwe gebruikers van die universiteit. In hierdie studie word daar meer pessimisties gewys op die gevare van ideologiese beïnvloeding wanneer die universiteit toelaat dat ander aan haar voorskryf wat haar eintlike taak en roeping in die wêreld is. / MPhil, North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Lewenskontekstuele hermeneutiek-met verwysing na Sewendedag-Adventiste

Horn, Ruan 11 1900 (has links)
Summaries in English and Afrikaans / In die tesis word die modernistiese en laat/postmodernistiese reduksionistiese benaderings in die Adventiste wêreld nie bloot afgewys nie, nie net omdat dit deel van ons ervaring is nie maar ook omdat die reduksies wat in die moderne en laat/postmoderne tyd ontstaan het in ʼn gemodifieërde sin die boustene is van ʼn hermeneutiese benadering wat poog om holisties en in multiverse sin oorvleuelend te werk met die antieke, moderne en laat/post moderne benaderinge. In ʼn hermeneutiek wat holisties oorvleuelend en multivers integrerend aan die gang is, vorm die vierledige opset van die handelinge en beweginge van God, die menslike bewustelike self, medemens(e) as die ander mens en die natuurlike kosmiese wêreld ʼn misterie van vierledig aktiewe teenwoordighede wat nie-vermengd saambestaan maar tog ontsettend naby aan mekaar is as die voortgaande ervaringskaart van elke konteks en situasie. Juis die uitmekaar ruk van die vierledige aktiewe teenwoordighede inonservaringswêrelde vorm die agtergrond vir moderne teologisme met God alleen speler van die spel, psigologisme met die bewustelike menslike self as die kaptein van sy siel en die meester van sy lot, humanisme waarin die mensheid as kollektiewe menswees die enigste roerder van die menslike brousel in die geskiedenis is en naturalisme waarin die natuurlik kosmiese omgewing die naturaliserende ordeningsagent van die kosmiese chaos is. Wat radikaal deur ʼn holisties oorvleuelende en multiverse integrerende aanpak sny, is dat die vierledige teenwoordighede gedra word asook ingebou is in wat in die Bybels-historiese tydslyn vorendag kom as die vier prominente dade van God se voortgaande skepping, versoening in Jesus Christus, alomvattende vernuwing deur die Gees en voleindende volmaking tot in die aanbreek van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Binne die omraming van ʼn hermeneutiek wat holisties oorvleuelend en multiversintegrerend werk, word algemene moderne en postmoderne benaderinge oor tekse, teorieë, menslike handelinge en die natuurlike kosmiese gebeurtenisse beskryf. Terwyl die moderniteit – en ook die postmoderniteit – uitgaan van die hoofsaaklik opponerende verskille tussen sinmakende beskouinge word hier gepoog om eers die oorvleuelingsareas refleksief te betrek en daarna aandag gee aan die verskille. Die drie breë benaderinge wat hoofsaaklik beskryf word is die van fundamentalistiese spieëling, liberale interpretasie en die konsinlike onderhandeling van tekse, teorieë, menslike handelinge en natuurlik kosmiese gebeure.Juis teen hierdie agtergrond word diverse SDA omgangspatrone met die Bybel, ervaringe in die kerklike arena en alledaagse ervaringe in ʼn draaikolk van multivers oorvleuelende en differensiërende refleksiwiteit beskryf. / In the thesis Adventist approaches making use of modernist and late/postmodernistic reductionist philosophies are not rejected out of hand. Not only are the reductions which emerged in the modern and late/modern era part of our experience but they are in a modified sense the building blocks of a hermeneutical approach in which an attempt is made to work in an overlapping holistic and multiverse way with approaches of the ancient world, modernity and late/post modernity. In a hermeneutics that operate holistically with overlaps and in a multiverse integrative sense, the quadruple setting of actions and movements of God, the conscious human self, neighbour(s) as the other human and the natural cosmic world forms a mystery of foursome active presences that do not exist together in a mixed sense but are very close to each other as the continuous experiential map of every context and situation. The dislocation of the foursome active presences in our experiential worlds forms the backdrop of modern theologism in which God is the sole player in the game, psychologism with the conscious human self as the captain of his or her soul, humanism in which humanity as the collectiveness of being human is the only stirrer of the human concoction in history and naturalism in which the natural cosmic environment is the only naturalistic agency that arranges the cosmic chaos. Cutting radically through the holistic overlapping and multiverse integrative approach is that the foursome presences are carried and built into what come to the fore in the biblical historical timeline as the four grand acts of God of continuous creation, reconciliation in Jesus Christ, all embracing renewal through the Holy Spirit and fulfilling fulfilment as in the dawn of the new heaven and the new earth. Within the embrace of a hermeneutics which works with overlaps in a holistically and integrating in a multiverse sense general modernist and late/post modern approaches regarding texts, theories, human doings and natural cosmic events are described. While modernity – and late/post modernity - depart from mainly opposing differences between sense making views the attempt is made here firstly to engage oneself in a reflexive sense with the areas of overlapping and only then to pay attention the differences. The three broad approaches mainly described are that of fundamentalist mirroring, liberal interpretation and consensual negotiation of texts, theories, human doings and natural cosmic events. It is against this background that diverse SDA engagement patterns with the Bible, experiences in the arena of the church and everyday experiences is described in a vortex of holistic overlapping and multiverse integrative reflexivity. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D. Th. (Systematic Theology)

Page generated in 0.0486 seconds