• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans)

Fourie, Ella 29 October 2012 (has links)
Abstract only in Afrikaans. Talle oorsake van die swak bladleesstandaard kan teruggevoer word tot probleme met die waarneming van die kompleksiteite van die tweedimensionele notebeeld. 'n Oorsig van die belangrikste navorsing wat oor hierdie twee dimensies - toonhoogte en toonduur - gedoen is, word ten aanvang gegee. Die denkhandelinge van die kognitiewe-, psigomotoriese- en affektiewe leerdomeine word breedvoerig ondersoek, die verband hiervan met die bladleesproses aangetoon en ernstige probleme en leemtes betreffende bladleesopleiding blootgelê. Wat kognitiewe denkhandelinge betref word onder andere gewys op die feit dat die eienskappe van ken en kennisverwerwing op die vroegste stadium van musikale ontwikkeling grootliks verontagsaam word. Eweneens kom probleme in die ontwikkeling van psigomotoriese denkhandelinge voor omdat die gebeuresekwense vir optimale motoriese ontwikkeling aan die meeste onderwysers en leerlinge onbekend is. Dit blyk ook dat affektiewe gedrag by bladlees meesal 'n negatiewe konnotasie het. Daar is by leerlinge onsekerheid en vrees vir bladlees met 'n gevolglike faal-angs wat die bladleespoging kan laat misluk. Vervolgens word aandag geskenk aan die funksies van die onderskeie geheuestore van die brein, die proses van blokvorrning en die verskynsel van hemisferisiteit. Die invloed van interferensie op die leesproses en op oog-hand-span tydens bladlees asook die konteks-sensitiwiteit van die korttermyngeheue en die implikasies daarvan, word uitgewys. Die waarde van blokvorming, waardeur musieksimbole as eenhede waargeneem word en daar nie op enkelnote gekonsentreer word nie, word beklemtoon. Die moontlikheid dat individue as leergestrem beskou kan word as gevolg van hemisferiese spesialisasie of laterale dominansie en die moon tlike effek daarvan in die bladleessituasie, word in 'n ernstige lig beskou. Indringende navorsing oor sowel die positiewe as negatiewe aspekte van hemisferiese spesialisasie, word bepleit. 'n Deeglike ontleding word gedoen van die foute wat in 32 bladleestoetse gemaak is. Foutering met die mees algemene komponente van toonhoogte en toonduur in isolasie sowel as in musicale konteks, word gerneet. Die ooreensternrning van fouteringswyses in verskillende moeilikheids-grade en toetse en die omvang en herhalende aard van foute, dui op grondliggende probleme in die mondering van bladlesers. Die verband van hierdie foute en probleme met die denkhandelinge van die leerdomeine en met breinfunksies asook moontlike oorsake vir die foute en probleme, word bespreek en toegelig. Ten slotte word die dringende behoefte aan vernuwing in bladleesopleiding op sowel andragogiese as pedagogiese vlak uitgespreek en verskeie vernuwingsmomente en metodes ter vernuwing, uitgespel. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2012. / Music / unrestricted
2

Implementering van die Transvaalse onderwysdepartement se senior primêre klasmusieksillabus vanaf 1978 tot 1992 / The implementation of the Transvaal education department's senior primary class music syllabus from 1978 to 1992

Kok, Cornelia 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / The supposition exists that the Transvaal Education Department's Senior Primary Class Music syllabus is not being implemented in all aspects and that this is connected to teacher training. An empirical investigation was launched using three questionnaires and a classroom field study. Two questionnaires, completed by Class Music teachers, were used to assess to what extent the school syllabus was being followed. Teachers also had to provide information about their training in Class Music teaching. The third questionnaire offered a structured interview with school principals. The actualisation of Class Music, extra curricular music activities, the role of the teacher and teacher training were examined. Lessons for standard two pupils at twenty schools, were presented for an in-depth investigation. The results were tabulated, summarised in bar graphs and interpretations rendered. According to the findings, recommendations with regard to curriculum, the implementation of the syllabus, and tertiary Class Music training were made. / Daar is vermoed dat die seniorprimere Klasmusieksillabus van die Transvaalse Onderwysdepartement gedeeltelik gelmplementeer word en dat df t verband hou met onderwysersopleiding. In die lig hiervan is 'n empiriese ondersoek geloods deur middel van drie vraelyste en deur veldwerk. In die twee vraelyste wat deur Klasmusiekonderwysers voltooi is, is nagevors in watter mate die skoolsillabus gelmplementeer word. Verder het die onderwysers hulle Klasmusiekopleiding in hierdie verband aangetoon. Die derde vraelys vorm die raamwerk vir 'n gestruktureerde onderhoud met skoolhoofde. Die realisering van Klasmusiek, buite-kurrikulere musiekaktiwiteit en die rol van die onderwyser en onderwysopleiding is nagegaan. In 'n diepte-ondersoek is lesse by twintig skole vir standerdtweeleerlinge aangebied. Die resultate word in tabelle uiteengesit en in staafdiagramme saamgevat, terwyl waarnemings weergegee word. Op grondhiervan word aanbevelings gemaak oor kurrikulering, sillabusimplementering en tersiere Klasmusiekopleiding. / Art History, Visual Arts & Musicology / M.Mus
3

Implementering van die Transvaalse onderwysdepartement se senior primêre klasmusieksillabus vanaf 1978 tot 1992 / The implementation of the Transvaal education department's senior primary class music syllabus from 1978 to 1992

Kok, Cornelia 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / The supposition exists that the Transvaal Education Department's Senior Primary Class Music syllabus is not being implemented in all aspects and that this is connected to teacher training. An empirical investigation was launched using three questionnaires and a classroom field study. Two questionnaires, completed by Class Music teachers, were used to assess to what extent the school syllabus was being followed. Teachers also had to provide information about their training in Class Music teaching. The third questionnaire offered a structured interview with school principals. The actualisation of Class Music, extra curricular music activities, the role of the teacher and teacher training were examined. Lessons for standard two pupils at twenty schools, were presented for an in-depth investigation. The results were tabulated, summarised in bar graphs and interpretations rendered. According to the findings, recommendations with regard to curriculum, the implementation of the syllabus, and tertiary Class Music training were made. / Daar is vermoed dat die seniorprimere Klasmusieksillabus van die Transvaalse Onderwysdepartement gedeeltelik gelmplementeer word en dat df t verband hou met onderwysersopleiding. In die lig hiervan is 'n empiriese ondersoek geloods deur middel van drie vraelyste en deur veldwerk. In die twee vraelyste wat deur Klasmusiekonderwysers voltooi is, is nagevors in watter mate die skoolsillabus gelmplementeer word. Verder het die onderwysers hulle Klasmusiekopleiding in hierdie verband aangetoon. Die derde vraelys vorm die raamwerk vir 'n gestruktureerde onderhoud met skoolhoofde. Die realisering van Klasmusiek, buite-kurrikulere musiekaktiwiteit en die rol van die onderwyser en onderwysopleiding is nagegaan. In 'n diepte-ondersoek is lesse by twintig skole vir standerdtweeleerlinge aangebied. Die resultate word in tabelle uiteengesit en in staafdiagramme saamgevat, terwyl waarnemings weergegee word. Op grondhiervan word aanbevelings gemaak oor kurrikulering, sillabusimplementering en tersiere Klasmusiekopleiding. / Art History, Visual Arts and Musicology / M.Mus

Page generated in 0.0348 seconds