Spelling suggestions: "subject:"lld age pensions -- south africa"" "subject:"lld age pensions -- south affrica""
1 |
Social forces, state pensions, and welfare state-building in South Africa and MauritiusPhaahla, Letuku Elias 04 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: This study traces the development of the welfare state in Mauritius and South Africa from the early 1900s until the present, with specific reference made to the non-contributory old-age pension scheme. It seeks to understand the intersections between big capital, the state and broad-based social forces in heralding different welfare outcomes in the two countries. Mauritius has retained its long-standing traditions as a social democratic welfare state stretching back to the late 1950s. In contrast, the current welfare model of South Africa continues to be the embodiment of the liberal welfare state, similar to that of the ancien regime set up in 1928, even though it has maintained a generous social grants system since the advent of democracy in 1994.
As a result it is important to unravel patterns of historical evolution that are responsible for different welfare outcomes in seemingly identical socio-political contexts. Similarly, it is important to scratch below the surface of these historical patterns of evolution to account for these disparate welfare frameworks which, nonetheless, exhibit identical outcomes in the social security sector in terms of their unfaltering commitment to old-age pensions. To this end the dissertation employs the comparative historical analysis approach in a bid to draw cross-national parallels between the social processes that unfolded and consequently underpinned development paradigms over time.
This study suggests that accounting for the divergent policy outcomes is the disproportionate powers being wielded by neoliberal market forces within the main arteries of the South African economy, which hindered the state from defining the policy direction of its welfare framework to dovetail with expansive social reforms. This restraint was compounded by the left as a 'labour aristocracy', whose alliance with the political ruling class compromised their ability to champion the pro-poor agenda with as much vigour as they would have if they had pursued an independent course. This is a far cry from the welfare trajectory of Mauritius, in which a mutual understanding between the state, cross-class movements and capitalist market forces bridged contesting class interests by reconciling market economics with social fundamentals.
Unlike in South Africa, the independence of the working classes in Mauritius – whose mobilising traditions cut across the class spectrum – has added special impetus to the social reform movement, having served as the bulwark against welfare retrenchments and/or less egalitarian reforms in the past. That the universal pension scheme and the state’s commitment to the pro-poor cause remain intact in Mauritius is a result of these pro-active class contestations. On the other hand, the absence of the balance of power struck between social actors and the economic élite in South Africa propelled a class compromise that allowed for the dominance of pensions to come at the cost of extensive social reforms. Such outcomes would not have come into effect in South Africa had the playing field for all relevant stakeholders been level, as in Mauritius. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie volg die ontwikkeling van die welsynstaat in Mauritius en in Suid-Afrika vanaf die vroeë 1900’s tot op hede, met spesifieke verwysing na die nie-bydraende ouderdomspensioenskema. Dit poog om die snypunte tussen groot kapitaal, die staat en breë-basis maatskaplike kragte wat gelei het tot verskillende welsynuitkomstes in die twee lande te begryp. Mauritius het sy langdurige tradisie as ’n sosiale demokratiese welsynstaat, wat sedert die 1950’s bestaan, behou. In kontras gaan die huidige welsynmodel in Suid-Afrika voort as die beliggaming van die liberale welsynstaat, soortgelyk aan die ancien regime wat in 1928 ingestel is, selfs al het dit ’n vrygewige stelsel van maatskaplike toelae sedert die vestiging van demokrasie in 1994 onderhou.
As gevolg hiervan is dit belangrik om die patrone van historiese evolusie te ontsyfer wat verantwoordelik is vir verskillende welsynuitkomstes in blykbaar identiese sosiaal-politiese kontekste. Eweneens is dit belangrik om onder die oppervlak van hierdie historiese patrone van evolusie te krap om hierdie uiteenlopende welsynraamwerke te verklaar wat nietemin identiese uitkomstes in die maatskaplike sekuriteitsektor vertoon in terme van hulle onwrikbare verbondenheid tot ouderdomspensioene. Ten einde dit te bereik gebruik hierdie proefskrif die benadering van vergelykende historiese analise in ’n poging om dwarsliggende nasionale ooreenstemmings te vind tussen die maatskaplike prosesse wat gelei het tot die skep van ontwikkelingsparadigmas oor tyd en hulle gevolglik onderskraag het.
Hierdie studie stel voor dat die verklaring vir die uiteenlopende beleidsuitkomstes berus in die ongelyke magte wat binne die belangrikste kanale van die Suid-Afrikaanse ekonomie deur neoliberale markkragte beheer word, wat die staat daarvan weerhou het om ’n beleidsrigting vir sy welsynraamwerk te definieer wat by die breedvoerige maatskaplike hervormings pas. Hierdie remming word vererger deur die linkersy as ’n ‘arbeidsadelstand’, wie se alliansie met die politieke regerende klas hulle vermoë gekompromitteer het om die pro-arm agenda met soveel lewenskrag voor te staan as wat dit moontlik sou gewees het as hulle ’n onafhanklike koers ingeslaan het. Hierdie verskil hemelsbreed van die welsyntrajek in Mauritius, waar ’n wedersydse begrip tussen die staat, bewegings wat klas oorskry, en kapitalistiese markkragte kompeterende klasbelange oorbrug het deur die markekonomie met maatskaplike grondbeginsels te rekonsilieer. Anders as in Suid-Afrika het die onafhanklikheid van die werkersklas in Mauritius – wat se mobiliserende tradisies oor die klasspektrum heen sny – besondere impetus gevoeg by die maatskaplike hervormingsbeweging, aangesien dit gedien het as verskansing teen welsyninkortings en/of minder gelykmakende hervormings in die verlede. Dat die universele pensioenskema en die staat se verbondenheid tot die pro-arm saak in Mauritius onaangetas bly, is as gevolg van hierdie proaktiewe klasstryd. Andersins het die afwesigheid van ’n magsbalans tussen maatskaplike akteurs en die ekonomiese elite in Suid-Afrika gelei tot ’n klaskompromis, wat toegelaat het dat die oorheersing van pensioene gekom het ten koste van breedvoerige maatskaplike hervormings. Sulke uitkomstes sou nie in Suid-Afrika ingetree het nie as die speelveld vir al die relevante belanghebbers gelyk was, soos in Mauritius.
|
2 |
Falling through the cracks : income security and the South African social security systemBredenkamp, Caryn 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis focuses on the extent to which the South African social security system
succeeds in providing protection in the vulnerable periods of the life-cycle and against
the major contingencies of unemployment, disability and disease. Through a detailed
examination of the different social insurance and assistance programmes, it isolates
which particular population segments (by occupation, income quintile and race group)
"fall through the cracks" in the provision of income security. It does not look only at the
articulation between different social insurance and social assistance programmes, but also
acknowledges how social security complements other governmental interventions, such
as social services, and non-state sources of income security, such as those provided by the
private insurance market and the family and community.
Part One of the thesis is devoted to an examination of social insurance in South Africa, in
other words, to those programmes that seek to compensate for a loss of income in the
event of particular contingencies and that are funded by contributions from employers
and employees. In addition, theoretical perspectives on social security, and social
insurance in particular, are provided, with a discussion of the various economic
arguments in favour of and against the provision of social security.
Part Two of the thesis examines the range of non-contributory social assistance - cash
benefits paid form general revenue - that are available to South Africans who qualify in
terms of the means tests. Each chapter provides an analysis of the extent to which the
social assistance programme under analysis provides a safety net for the relevant category of vulnerable people. It does this by examining the appropriateness of the programme
structure, take-up rates and the fiscal sustainability of the programmes. In addition, the
budgetary process by which revenue is allocated to social assistance programmes and
expenditure trends are examined.
The thesis concludes that although the South African social security system has achieved
a fairly advanced level of development and covers a fairly wide range of risks, there are a
number of constraints facing its further expansion. Social insurance schemes provide
generous benefits, but their membership is restricted to the employed. Expanding
coverage by social insurance would require substantial growth in remunerative
employment which, given prevailing labour market conditions, seems unlikely. The
provision of more generous social assistance programmes catering for a broader range of
contingencies is severely curtailed by already high fiscal expenditure on welfare and
macroeconomic constraints. Moreover, changing demography, household structures and
dependency burdens, especially as the HIV/AIDS epidemic spreads, seem likely to
increase demands on social assistance programmes. Consequently, until employment can
be expanded so that more people can contribute to their own income security, the
informal social security provided by the family and/or community will remain the first
line of support for many. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word gefokus op die mate waartoe die Suid-Afrikaanse
bestaansbeveiligingstelsel daarin slaag om ondersteuning tydens kwesbare periodes in die
lewensiklus en beskerming teen groot gebeurlikhede soos werkloosheid, ongeskiktheid of
langdurige siekte te bied. Daardie bevolkingsegmente (volgens beroep, inkomstegroep of
ras) wat nie volledig toegang tot inkomstesekuriteit het nie, word uitgesonder deur 'n
gedetaileerde ondersoek van die verskillende maatskaplike versekerings- en
bystandsprogramme. Daar word ook gekyk na die artikulasie tussen die verskillende
programme sowel as na hoe ander regeringsintervensies (bv. verskaffing van
maatskaplike dienste) en private bronne van inkomstesekuriteit - verskaf deur die privaat
versekeringsmark, die gemeenskap en die familie - deur maatskaplike bystand aangevul
word.
Deel Een word gewyaan 'n ondersoek van maatskaplike versekering in Suid-Afrika -
daardie programme wat vir inkomsteverlies weens spesifieke gebeurlikhede probeer
kompenseer en wat tipies deur bydraes van werkgewers en werknemers befonds word.
Teoretiese perspektiewe op bestaansbeveiliging in die algemeen en maatskaplike
versekering in besonder word ook verskaf en argumente vir en teen die verskaffing van
bestaansbeveiliging word bespreek. Deel Twee ondersoek die reeks nie-bydraende bestaansbeveiligingsprogramme wat uit
algemene owerheidsinkomste befonds word, asook bestedingstendense in maatskaplike
bystand.
Die tesis kom tot die gevolgtrekking dat, alhoewel Suid-Afrikaanse bestaansbeveiliging
'n redelik gevorderde vlak van ontwikkeling bereik het en 'n wye reeks risiko's dek, daar
'n aantal beperkinge op verdere uitbreiding is. Maatskaplike versekeringskemas bied
uitgebreide voordele, maar lidmaatskap is tot indiensgeneemdes beperk. Uitbreiding van
dekking vereis beduidende groei in formele indiensneming, wat onwaarskynlik lyk,
gegewe huidige arbeidsmarktendense. Die verskaffing van gunstiger maatskaplike
bystandsprogramme gemik op meer gebeurlikhede word ernstig deur reeds hoë fiskale
uitgawes op welsyn en deur makroekonomiese oorweginge beperk. Verder sal
veranderende demografiese strukture, huishoudingstrukture en afhanklikheidslaste, veral
teen die agtergrond van die toename in HIVNIGS, aansprake op maatskaplike
bystandsprogramme vergroot. Gevolglik sal die informele inkomstesekuriteit gebied deur
die familie en/of gemeenskap die eerste of enigste ondersteuning vir groot dele van die
bevolking bly, totdat indiensneming genoeg uitgebrei kan word sodat meer mense tot hul
eie inkomstesekuriteit kan bydra.
|
Page generated in 0.2286 seconds