Spelling suggestions: "subject:"cublic managemement "" "subject:"cublic managementment ""
131 |
Design for sustainable communities : an integral perspectiveCohen, Paul Anthony 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Sustainable Development Planning and Management))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
Given the complexities facing humanity in the light of impending social and
environmental collapse, it is the design of sustainable communities at all levels
of our society that must be achieved to limit this potential outcome. Attaining
such a goal, it is known, requires that humanity ‘consciously evolve’.
Furthermore I suggest that Integral Theory, because it is grounded in the
evolution of consciousness, provides an important map to help navigate this
tremendous journey. In this thesis I use Integral Theory as a lens through
which to understand and reflect on my experiences over the past eighteen
years of the design and development of the Tlholego Village, one of the early
experimental Permaculture and Ecovillage communities developed in South
Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Gegewe die kompleksiteite wat die samelewing in die gesig staar as gevolg van
die dreigende sosiale en omgewings verval, is die ontwikkeling van volhoubare
gemeenskappe op alle vlakke van ons samelewing noodsaaklik om so ‘n
uitkoms te verhoed. Om hierdie doel te bereik word dit voorgestel dat die
samelewing bewustelik moet ontwikkel (‘consciously evolve’). Verder stel ek
voor dat Integraal Teorie (‘Integral Theory’), gegrond in die evolusie van
bewustheid, ‘n belangrike roetekaart verskaf om die geweldige reis te navigeer.
In hierdie tesis gebruik ek Integraal Teorie as ‘n lens waardeur my ervarings
tydens die ontwerp en ontwikkeling van die Tlholego Village (een van die vroee
eksperimentele Permakultuur en Eko-dorp gemeenskappe wat ontwikkel is in
Suid Afrika oor die afgelope agtien jaar) verstaan en nabetrag kan word.
|
132 |
Improving local-level government accountability - a study of the government's accountability within the land use planning and development context in the Western CapeDu Plessis, Johannes Petrus 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
This thesis considers the veracity, within the land use planning and development
context in the Western Cape, of the claim that South Africa has a constitution that gave
us accountable government. The study necessitates consideration of the meaning of
terms such as accountability and sustainable planning and development.
There is a dearth of South African literature on government accountability. The main
focus of the literature from abroad is on elections as a mechanism for achieving
government accountability, to the exclusion of other issues and with a distinct
disregard for legal questions. Much of the available overseas literature draws on the
descriptive models of how democratic accountability should work. The writers
seemingly have little interest in moving beyond the descriptive. The available body of
literature is static in nature as little theoretical development in the field of government
accountability has taken place for decades. This thesis argues that, as a result, the
literature from abroad on accountability is of limited value in South African context.
Accountability has an important role to play in curbing the abuse of public power and
for maintaining conditions of peace and stability. Central concerns with the study are
to assess the current measure of government accountability within the stated context
and to establish whether the existing system for achieving effective government
accountability is adequate.
The research commences with thorough literature and law reviews, supplemented by
the development of a questionnaire on accountability in the land use planning and
development field. The assessment of the current measure of government
accountability in the context of land use planning and development is supplemented by
the views of people active in that field. Those views are pieced together from the
results obtained from questionnaires and personal observations. The findings are that
government is presently not regarded as accountable in the field of study.
This thesis demonstrates how difficult it is to achieve effective government accountability - in particular, towards the local population - and how ineffective the
current accountability mechanisms are for this purpose. It argues that the challenges
facing South Africans in this regard are complex and that everyone is required to
accept responsibility as the actual agents of accountability, to make accountability work
as a personal concern and a matter of individual responsibility.
This thesis reflects on the need for new accountability mechanisms and calls for a
radical reform of the current approach to government accountability. It inter alia
recommends that the reform should involve the establishment of a new structure
empowered to enquire into the merits of decisions taken by public authorities. On the
basis of this discussion, the thesis concludes by advocating specific steps required to
improve government accountability at the local-level within land use planning and
development context. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Hierdie tesis oorweeg die geldigheid, binne die konteks van grondgebruik beplanning
en ontwikkeling in die Wes-Kaap, van die aanspraak dat Suid-Afrika 'n grondwet het
wat vir ons 'n verantwoordbare regering gegee het. Dit noodsaak oorweging van die
betekenis van uitdrukkings soos verantwoordbaarheid en volhoubare beplanning en
ontwikkeling.
Bykans doodse stilte heers oor regeringsverantwoordbaarheid in die Suid-Afrikaanse
literatuur. In buitelandse literatuur val die klem hoofsaaklik op verkiesings as
meganisme om regeringsverantwoordbaarheid te bewerkstellig, met uitsluiting van
ander kwessies en 'n besliste verontagsaming van regsvrae. Baie van die beskikbare
oorsese literatuur steun op die beskrywende benadering van hoe demokratiese
verantwoordbaarheid behoort te werk. Die skrywers het oënskynlik min belang daarin
om meer as beskrywend te wees. Die beskikbare literatuur is staties van aard
aangesien vir dekades min teoretiese ontwikkeling op die gebied van
regeringsverantwoordbaarheid plaasgevind het. Hierdie tesis argumenteer dat, ten
gevolge, die buitelandse literatuur oor verantwoordbaarheid van beperkte waarde is in
Suid-Afrikaanse konteks.
Verantwoordbaarheid het 'n belangrike rol om te vervul in die beperking van misbruik
van openbare mag en vir die instandhouding van toestande vir vrede en stabiliteit.
Sentraal tot hierdie studie staan pogings om te bepaal wat die huidige stand van
regeringsverantwoordbaarheid is binne die vermelde konteks en om vas te stel of die
bestaande stelsel vir bereiking van verantwoordbare regering voldoende is.
Die navorsing begin met deeglike literatuur en regsresensies, aangevul deur die
ontwikkeling van ‘n vraeboog oor verantwoordbaarheid in die veld van grondgebruik
beplanning en ontwikkeling. Die huidige stand van regeringsverantwoordbaarheid
binne die konteks van grondgebruik beplanning en ontwikkeling is aangevul deur die
sienings van persone wat aktief is in daardie veld. Daardie sienings is saamgestel
vanuit resultate wat bekom is uit vraeboë en eie waarnemings. Die bevindinge is dat
die regering in die algemeen tans nie as verantwoordbaar beskou word nie. Hierdie tesis toon aan hoe moeilik dit is om effektiewe verantwoordbaarheid van die
regering te bereik - in die besonder teenoor die plaaslike bevolking - en hoe
ontoereikend die huidige meganismes vir hierdie doel is. Dit argumenteer dat die
uitdagings wat Suid-Afrika in hierdie verband in die gesig staar, kompleks is en dat van
elkeen verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar as die werklike agente van
verantwoordbaarheid om verantwoordbaarheid as 'n persoonlike aangeleentheid en 'n
saak van individuele verantwoordelikheid te laat werk.
Hierdie tesis besin oor die behoefte aan nuwe verantwoordbaarheidsmeganismes en
bepleit 'n radikale hervorming van die huidige benadering tot verantwoordbaarheid van
die regering. Dit word onder andere aanbeveel dat as deel van hervorming 'n nuwe
struktuur voorsien moet word wat gemagtig sal wees om ondersoek in te stel na die
meriete van die besluite wat deur die publieke owerhede geneem is. Op grond van
hierdie bespreking eindig die tesis deur voorspraak te maak vir bepaalde stappe wat
nodig is om die regering se verantwoordbaarheid op die plaaslike vlak te verbeter
binne die konteks van grondgebruik beplanning en ontwikkeling.
|
133 |
Building sustainable settlements in Chimoio, Mozambique : the sustainability of using unfired adobe bricks to construct shelterSavaio, Dieter Santos 03 1900 (has links)
Thesis ((MPhil (Sustainable Development Planning and Management))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
Adequate shelter for the majority of the Mozambican population is still not a reality. Conventional building materials are not affordable for the poor and the governmental policies do not put much focus on the issue of housing. Also, the consideration of environmental issues in the construction industry is becoming relevant concerning the process of sustainability promotion.
In most instances, communities in Mozambique have been using local alternative materials to build their houses and unfired adobe brick is one of these materials. Compared to conventional materials, unfired adobe brick is relatively cheaper and has low negative environmental impacts. This study analysed the use of this material in Mozambique from a sustainability viewpoint to find out whether there were opportunities to construct sustainable housing for local communities.
To gather information regarding socio-economic, environmental and technical dimensions of the use of unfired adobe brick, the main research strategy privileged the use of a qualitative approach where the data collection methods involved interviews, focus group discussions, observation and direct involvement of the researcher in practical work.
Findings indicate that low costs related to the use of unfired adobe brick address the problem of affordability for the majority of local people. Local availability of suitable soils, minimal processing, use of renewable sources of energy for processing the material and recyclability/reusability all indicate that this material has very little environmental impact. Identified stresses (moisture) affecting unfired adobe structures can be avoided through low-impact methods of earth stabilization and specific design measures.
It is concluded that unfired adobe brick has the potential to contribute to the provision of sustainable housing in Mozambique. In order for this to happen, there needs to be:
More research on construction methods applicable to the Mozambican context;
The introduction of construction codes related to adobe construction; Training of local communities in adobe construction; The creation of housing policies; and Investigation into the opportunities offered by unfired adobe brick concerning sustainability. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Ordentlike behuising vir die meerderhede van die mense van Mosambiek is nog steeds nie ʼn werklikheid nie. Die meeste mense van Mosambiek kan nie gewone bou materiale bekostig en die staat beleide fokus baie min op die verskafing van behuising of pogings om bou materiale meer toegangklik te maak.
Toegang tot bou materiale is een probleem maar bekommernis oor omgewings probleme is ook iets wat meer en meer in ag geneem moet word, spesifiek in terme van die bou industrie. Volhoubarheid is ook iets wat ʼn grote rol speel in ontwikkelings beluister en kan ook ander opsies vir arme gemeenskappe ontlok.
Plaaslike gemeenskappe van Mosambiek het vir ʼn lang tyd, alternatiewe produkte gebruik om hul huise te bou, een van die is modder adobe bakstene. In vergelyking met konvensionele materiale is die modder bakstene goedkoper en het a baie kleiner omgewings impak. Die projek bestudeer die gebruik van die modder adobe baksteen in Mosambiek van ʼn volhoubaarheid oogpunt en ondersoek of dit geleenthede skep in terme van volhoubare behuising vir plaaslike gemeenskappe.
Die navorsing het verskillende metode behels, die van persoonlike onderhoude, groep onderhoude, observasie en praktiese gebou van ʼn huis met die modder adobe bakstene.
Die navorsing het bewys dat die gebruik van die adobe bakstene wel die probleem van toegang en hoe bou koste vir die arm plaaslike gemeenskap oplos. Plaaslike omstandighede werk ook om die vrag van volhoubaarheid op te los omdat die materiale en kennis plaaslik beskikbaar is. Die navorsing bewys ook dat opleiding en ʼn samestelling van die plaaslike kennis kan ook lui tot ʼn toename van die gebruik van die modder adobe baksteen tektologie wat volhoubaarheid oor die algemeen sal verbeter en dat dié ʼn beter toekoms vir die plaaslike gemeenskappe van Mosambiek kan skep.
|
134 |
Exploring the factors influencing non-participation of women living with HIV/AIDS in empowerment projects attached to primary health care clinics, Tembisa, South AfricaPapole, Magdeline Kgomotso 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
The research was conducted to explore the experiences of people living with
Acquired Immunodeficiency Syndrome (AIDS) (PLWAs), especially women,
as well as the factors influencing their non-participation in development
projects aimed at improving their socio-economic status. The study was
conducted amongst PLWAs who are members of the Tembisa Main Clinic
and Winnie Mandela Clinic support groups in Tembisa, South Africa.
The researcher was motivated to conduct the research because in her work
as a social worker she is confronted daily with PWLAs who are from
disadvantaged backgrounds and are struggling to make ends meet. Initiatives
have been undertaken to try and encourage self–reliance and improve the
health status of these women by developing food gardens to provide them
with fresh vegetables and possible income sources from these gardens. The
reluctance of members of two support groups of PLWAs to stay involved in
these projects encouraged the researcher to explore these issues.
The researcher consulted various sources to obtain literature on the factors
influencing non-participation in development projects. In addition she
undertook a qualitative study, wherein twenty participants participated. The
data from this study was then interpreted and compared to the literature.
The findings of this study highlighted several factors such as discrimination,
local beliefs, stigma and lack of support, which influence the non- participation
of PWLAs in sustainable development projects. The findings of this research
also indicate that developments projects often fail to thrive because of topdown
decisions about the projects, the fact that there is no start-up funding
available for the projects and participants who become demotivated to
participate. The research therefore concludes with recommendations in order
to address these problems. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Die navorsing is onderneem om die ondervinding van mense, veral vroue, wat
met Verworwe Immuniteitsgebrek Sindroom (VIGS) lewe, te ondersoek,
asook die faktore wat hulle daarvan weerhou om deel te neem aan
ontwikkelingsprojekte wat daarop gemik is om hul sosio-ekonomiese status te
verbeter. Die studie is onderneem onder pasiënte wat lede was van
ondersteuningsgroepe by Tembisa Hoofkliniek en Winnie Mandela Kliniek in
Tembisa, Suid-Afrika.
Die navorser is gemotiveerd om die studie te onderneem omdat sy daagliks in
haar werk as sosiale werker gekonfronteer is deur mense wat met VIGS
lewe, wat uit minder bevoorregte agtergronde kom en wat sukkel om te
oorleef. Inisiatiewe is onderneem om hierdie vroue se selfstandigheid te
bevorder en om hul gesondheidstatus te verbeter deur groente tuine te
ontwikkel om hulle van vars groente te verskaf, asook moontlike
inkomstebronne uit hierdie tuine. Die onwilligheid van die lede van twee
ondersteuningsgroepe om in hierdie projekte betrokke te bly, het die navorser
aangemoedig om hierdie aangeleentheid verder te ondersoek.
Die navorser het verskeie bronne geraadpleeg om literatuur te verkry oor die
faktore wat die nie-deelname in ontwikkelingsprojekte beïnvloed. Sy het ook
kwalitatiewe studie onderneem waaraan twintig respondente deelgeneem het.
Die data van hierdie navorsing is daarna geïnterpreteer en met die literatuur
vergelyk.
Die bevindinge van hierdie navorsing het verskeie faktore uitgelig wat die niedeelname
beïnvloed van mense wat met VIGS lewe, soos diskriminasie,
plaaslike gelowe, stigma en gebrek aan ondersteuning. Die navorsing het ook
bevind dat ontwikkelingsprojekte dikwels nie floreer nie as gevolg van die ‘topdown’
besluitneming oor die projekte en omdat daar nie genoegsame vooraf
befondsing beskikbaar is vir die projekte nie en die deelnemers dus
demotiveer om verder deel te neem. Die navorsing sluit dus af met voorstelle
om hierdie probleme aan te spreek.
|
135 |
An exploratory study on the need for an employee assistance programme (E.A.P) : the case of Cape Winelands District MunicipalitySeptember, Angela Lilian 03 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
Employees, whether in the public or private sector, are the most valuable asset of an organisation. The human resource component of the organisation contributes toward the creation of a positive advantage for that organisation. Any organisation with high performance goals will treat people as their most valuable asset and the top priority within the organisation. Too many organisations still do not invest in the human side of the equation, but emphasise the technical efficiency which reaps financial investment. Organisations that want to remain competitive and at the leading edge must invest more in the human side of the equation. Today more and more organisations are aware of their social responsibility towards their employees.
Employees experience a multitude of personal and work-related problems such as marital, family and financial difficulties, substance abuse, the impact of HIV/AIDS, job stress, job burnout and other. These problems influence work performance detrimentally, which in turn causes financial losses to the organisation. Further pressure is placed on the work community with government legislation on employment equity and affirmative action, which also leads to diversity problems within the workplace. In this milieu, work organisations are challenged to take up their social responsibility towards their employees and take better care of them.
One way in which organisations can take care of their employees is through an Employee Assistance Programme (EAP). An EAP is a service provided by organisations to their employees to deal with health, personal, marital and substance abuse problems and other. It is a short-term, confidential counselling service for employees who are experiencing personal problems that affect their work performance and which can therefore improve the employees‟ general wellness.
Cape Winelands District Municipality (CWDM) does not have a formal structure such as an EAP to render support to a troubled employee. This research focused on the question: “Is there a need for an EAP at CWDM?” The data gathered in this study reveal that there is a great need for an EAP. On the basis of the outcome of the study, ten practical guidelines for implementation of an EAP are provided to the organisation. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Werkernemers, hetsy in die privaat of publieke sektor, is die waardevolste bate van die organisasie. Die menslike hulpbron komponent dra by tot die skepping van ʼn positiewe voorsprong vir daardie organisasie. Enige organisasie met hoë prestasiedoelwitte sal hul werknemers as hul waardevolste bate en die hoogste prioriteit behandel. Te veel organisasies belê steeds nie in die menslike sy van die organisasie nie, maar eerder in die tegniese sy wat meer finansiële beleggings oplewer. „n Organisasie wat kompeterend en toonaangewend wil bly, moet meer belê in die menslike sy. Deesdae besef al hoe meer organisasies dat hulle ʼn sosiale verantwoordelikheid teenoor hul werknemers het.
Werkrnemers ervaar ʼn magdom persoonlike en werkverwante probleme soos byvoorbeeld huweliks-, gesins- en finansiële probleme, middelmisbruik sowel as die impak van HIV/VIGS, werkstres, uitbranding en ander. Hierdie probleme beiinvloed werksproduktiwiteit aansienlik, wat direk lei tot finansiële verliese vir die organisasie. Voorts word verdere druk op die werksgemeenskap geplaas deur regeringsbeleid te wete werksgelykheid en regstellende aksie wat ook aanleiding gee tot diversiteitsprobleme binne die werksplek. Teen hierdie agtergrond word werksorganisasies uitgedaag om sosiale verantwoordelikheid vir sy werknemers te aanvaar en om beter sorg te dra vir sy werknemers.
Een manier waarop organisasies na hul werknemers kan omsien, is deur „n werknemerhulpprogram. ʼn Werknemerhulpprogram is ʼn diens wat verskaf word deur werkgewers aan werknemers wat probleme ondervind met byvoorbeeld gesondheid, huwelik, gesin, middelmisbruik en ander.. Dit is ʼn korttermyn, konfidensiële beradingsdiens vir werknemers wie se werkvermoë negatief beïnvloed word. ʼn Werknemerhulpprogram het ten doel om ʼn werknemer se totale welstand te verbeter.
Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) het tans, nie ʼn formele struktuur soos „n werrknemerhulpprogram wat bystand aan die geaffekteerde werker kan bied nie. Hierdie navorsingstudie fokus op die vraag:”Is daar ʼn behoefte aan ʼn werknemerhulpprogram by KWDM”? Die data wat tydens die studie ingesamel is, toon dat daar wel ʼn behoefte aan ʼn Werknemerhulpprogram is. Gegrond op die uitkoms van die studie, word tien praktiese riglyne vir die implementering van 'n Werknemerhulpprogram aan die organisasie voorgestel.
|
136 |
A curriculum for community development in practical theologyAugust, Karel Thomas 03 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 1999. / 130 leaves single sided printed, preliminary pages i-x and numbered pages 1-75 includes bibliography and digitized at 300 dpi (OCR), used Bizhub 250. / ENGLISH ABSTRACT: The basic premise of this study is that a curriculum for Theology and Community Development would provide theological institutions with a social purpose in their theological education program. This is necessary for the Church's involvement in social transformation, particularly in the South African context with its alarmingly ever-increasing proportions of unemployment, poverty, violence and crime. The research attempts to provide, as an outcome, theological institutions with a social development purpose by means of curriculum design. The reason for this is based on the conviction that the Church as a community-based organisation, particularly amongst the marginalised poor, can be an effective vehicle for community development. This is due to the Church's Biblical commission and commitment to the poor, its capacity, in terms of resourcefulness, viz. its members and capital, its understanding and experience of social realities and the holistic nature of its activities. The design of the curriculum is aimed at unlocking the Church's resources and building its capacity to become an agent or catalyst for substantial people and societal development. It is presupposed in the study that the Church, although it has a long history of mission and diaconic work, is more and more lacking in capacity to meet the challenges and need of the post-modern society and subsequently cannot effect social transformation - yet it undoubtedly has the potential. The reason for this incapacity can be ascribed to the nature of theological training, which has as a ministerial-formation model a managerial approach to organisation and maintenance of congregational ministry from inside the institutional structure. As the Church finds itself confronted with enormous community needs, the leaders feel inadequate to deal with the "demo-crisis" of society for there is little in their seminary background that could have prepared them to equip the members for ministries incorporating community development. It is argued in this study, based on an analysis of the Church as a community called by God, the essence of community development and the people-centred participatory development process, that the Church as a community-based organisation is essentially best served in effecting social change by orientating itself according to the people-centred participatory development approach. This approach is embedded in the theoretical assumptions of the Humanitarian school of thought combined with the Social Development school. In theological education a new theological paradigm in which theory re-orientates itself to a "new paradigm of humanity" is inevitable. According to this paradigm, the Church should align itself with the humanitarian focus of development because development is ultimately about a new vision for society, about a new humanity, empowerment of the people to experience full life as given by God in full respect of creation. Only in developing a theological understanding of development and in assisting to equip people for development, will it be able to answer to its calling - will it continue the process which was started by God in creating the Church as the "first fruits" of the new humanity. A curriculum for Theology and Community Development, based on the challenges of development, the sources of theology in the teaching tradition of the Church, the realities of the South African context and the principles of the People-centred Participatory Development Approach is designed to empower the Church to be an effective agent and/or catalyst for social transformation, particularly in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die basiese uitgangspunt van hierdie studie is dat 'n kurrikulum vir Teologie en Gemeenskapsontwikkeling teologiese instellings sal voorsien met 'n sosiale doelwit in hul teologiese opvoedingsprogram: Dit is noodsaaklik vir die Kerk se betrokkenheid by sosiale transformasie, veral wat die Suid-Afrikaanse konteks aanbetref met sy ontstellende, steeds toenemende, mate van werkloosheid en die daarmee gepaardgaande spiraal van armoede, geweld en misdaad. Die navorsing voorsien as uitkoms, aan teologiese instansies 'n sosiale ontwikkeling doel deur middel van kurrikulumontwerp. Dit is gebaseer op die oortuiging dat die Kerk as 'n gemeenskaps-gebaseerde organisasie, in besonder onder die gemarginaliseerde armes, 'n effektiewe instrument kan wees vir gemeenskapsontwikkeling, gebasseer op die Kerk se Bybelse opdrag en toewyding aan die opheffing van die arme, sy verstaan en ondervinding van sosiale werklikhede en die holistiese natuur van sy aktiwiteite. Die kurrikulum is gemik op die ontsluiting van die Kerk se bronne en die bou van sy kapasitiet sodat die Kerk 'n effektiewe agent of katalisator van substantiewe mense- en sosiale ontwikkeling kan wees. Dit word in hierdie studie op grond van onderhoude en verslae voorveronderstel dat die Kerk, alhoewel hy 'n lang geskiedenis van Sending en Diakonie het, nie paraat is en nie die kapasiteit het om die uitdagings en nood van die post-moderne samelewing volgens die vereistes van sosiale transformasie die hoof te bied nie en gevolglik nie sosiale transformasie kan bewerkstellig nie. Dit terwyl die Kerk ongetwyfeld die potensiaal het. Die rede vir hierdie onvermoë kan herlei word na die Kerk se teologiese opleiding, wat as opleidings model 'n bestuursbenadering tot organisasie en instandhouding van gemeente bediening van binne die institusionele strukture het. Terwyl die Kerk gekonfontreer word met enorme gemeenskapsbehoeftes, voel die leiers onbevoeg om die demo-krisis te hanteer omdat daar baie min in hul teologiese opleiding was wat hulle kon voorberei om die lidmate vir bediening toe te rus wat gemeenskapsontwikkeling insluit. Dit word in hierdie studie geargumenteer, gebaseer op 'n analise van die Kerk as 'n alternatiewe gemeenskap geroep deur God en die wesenlikheid van gemeenskapsontwikkeling binne die verskillende benaderings in die ontwikkelingsproses, dat dit die Kerk as 'n gemeenskaps-gebaseerde organisasie wesenlik die beste sal baat indien dit sosiale verandering wil bewerkstellig om sigself volgens die mens-gesentreerde deelnemende,ontwikkelingsbenadering te orienteer. Hierdie benadering is ingebed in die teoretiese beginsels van die Humanitere Skool gekombineer met die Sosiale Ontwikkelingskool. 'n Nuwe teologies paradigma vir teologiese opvoeding waarin die teorie sigself herorienteer word tot 'n "nuwe paradigma van humaniteit" is onvermydelik. Dit word volgens hierdie paradigma op grond van eksegetiese studie voorveronderstel dat die Kerk erns maak met ontwikkeling omdat ontwikkeling uiteindelik gaan om 'n nuwe visie ten opsigte van die samelewing, 'n nuwe humaniteit - omdat dit gaan oor die bemagtiging van mense om die volle lewe met volle verantwoordelikheid teenoor die skepping te beleef wat deur God gegee is. Slegs deur 'n teologiese begrip van ontwikkeling te ontwikkel en deur saam te werk met ander instansies om mense toe te rus vir ontwikkeling, sal die Kerk in staat wees om waarlik te beantwoord aan sy roeping - sal dit die proses voortdryf wat deur God begin is toe Hy die Kerk as die "eerste vrugte" van die nuwe humaniteit in die lewe geroep het. Vir hierdie doel word die kurrikulum vir Teologie en Gemeenskapsontwikkeling ontwerp, gebaseer op die uitdagings van ontwikkeling, die bronne van teologie in die onderwys-tradisie van die Kerk, die realiteite van die Suid-Afrikaanse konteks en die beginsels van die Mens-gesentreerde Deelnemende Ontwikkelings benadering - om die Kerk te bemagtig om 'n effektiewe agent en/of katalisator vir sosiale transformasie, besonders in Suid-Afrika te wees.
|
137 |
Carbon finance and reforestation : a survey of African casesLagrange, Chantal V. M. 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Sustainable Development and Management))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
This thesis addresses the topic of carbon finance in the context of reforestation and
avoided deforestation. The research is based on the Nhambita Reduced Emissions
from Deforestation and Degradation (REDD) and Agro-forestry carbon offset project
in North West Mozambique. The thesis raises important questions in terms of the
relevance of carbon offset projects to human and biophysical realities in Africa. The
research was conducted through the lens of ethnographic development and explores
how carbon offset projects are received by recipient communities. What issues do
such projects attempt to address? Are the targeted issues the „real‟ issues, as they are
perceived by local populations in developing countries? Who do such projects benefit
and who do they benefit the most?
The thesis comprises two academic papers. The first paper is a synthesis article
presenting a review of key issues with regards to the roll-out of improved cooking
stoves (ICS) in the context of carbon offset projects, combined with a pre-feasibility
study on the introduction of ICS in the Nhambita village. It shows how biomass will
continue to play a dominant role in addressing Southern African energy needs and
how a large scale dissemination of ICS could play a seminal role in alleviating
pressure on threatened ecosystems. The paper, however, recognizes that ICS
programmes are not a panacea and discusses the pitfalls of paradigms underlying
stove-provision programmes to date. Based on a review of the pertinent literature and
on the field work conducted in Mozambique, conclusions are drawn that
environmental and health considerations do not constitute a sufficient „pull‟ factor
from the end user‟s perspective. It appears that best channels to engage with the
targeted users are economic and social rationales. This debate is of particular relevance to climate change policy but it also offers insights in terms of the
acceptance of such programmes by the target communities.
The second paper is related to the first in that it discusses the opportunities and
challenges associated with the developmental ambitions of carbon offset projects. By
virtue of the market systems that regulate them, such carbon offset projects imply an
innovative developmental praxis, whereby project recipients become the owners and
the sellers of a tangible good in the form of carbon credits. This innovative dimension
is, however, thwarted by the fact that such projects stir welfare expectations from
project participants. Such livelihood improvement expectations become the fertile
ground for difficulties reminiscent of the weakness of traditional aid. The intricacies
underpinning this new mechanism that combines land use changes with
environmental conservation and livelihood benefits are debated in the context of
private entrepreneurship and global markets. The analysis is anchored in a socioanthropological
interpretation of climate change science and lays the emphasis on the
risks and constraints of such projects, from the perspective of the target communities.
The paper concludes by discussing the policy implications of these findings. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Hierdie tesis behandel die onderwerp van koolstoffinansies binne die konteks van
herbebossing en vermyde ontbossing. Die navorsing is gebaseer op die Nhambita
Veminderde Emissies van Ontbossing en Degradasie (REDD) en die agrobosbou
koolstofkompensasieprojek in Noord-Wes Mosambiek Die tesis opper belangrike
vrae ingevolge die relevansie van koolstofverminderingsprojekte vir die menslike en
biofisiese realiteite van Afrika. Watter kwessies probeer sulke projekte aanspreek? Is
die geteikende kwessies die „ware‟ kwessies, soos hulle gesien word deur plaaslike
bevolkings in ontwikkelende lande? Wie trek voordeel uit sulke projekte en wie trek
die meeste voordeel daaruit?
Die tesis behels twee akademiese verhandelings. Die eerste verhandeling is „n
sinteseartikel wat „n oorsig bied van sleutelkwessies ten opsigte van die uitrol van
verbeterde kookstowe (VKS) binne die konteks van koolstofverminderingsprojekte,
gekombineer met „n vooruitvoerbaarheidstudie oor die bekendstelling van VKS in die
Nhambita-dorpie. Dit dui aan hoe biomassa sal voortgaan om „n dominante rol te
vervul in die aanspreek van energiebehoeftes in Afrika en hoe die onderliggende
paradigmas van vorige stoofvoorsieningsprogramme heroorweeg moet word om tot
die debat by te dra. Hierdie benadering erken die belangrikheid van hierdie hernubare
energiebron, terwyl dit die ekologiese implikasies van die swaar steun op biomassa
besef, veral in Suider Afrika. Gebaseer op 'n oorsig van gepaste literatuur sowel as die
veldwerk gedoen in Mosambiek, word die gevolgtrekking gemaak dat omgewings- en
gesondheidsoorwegings nie genoeg stukrag verleen vanuit die eindgebruiker se
perspektief nie. Die beste kanale om by die teikengebruikers betrokke te raak, is
ekonomiese en sosiale rasionale. Hierdie debat is van besondere betekenis vir die klimaatsveranderingsbeleid maar word ook fyn bestudeer ten opsigte van die
aanvaarding van sodanige programme deur die teikengemeenskappe.
Die tweede verhandeling is verwant aan die eerste in die opsig dat dit die geleenthede
en uitdagings bespreek wat verband hou met die ontwikkelingsbehoeftes van
koolstofverminderingsprojekte. Uit hoofde van die markstelsel wat hulle reguleer,
impliseer sulke koolstofverminderingsprojekte „n innoverende ontwikkelingspraktyk,
waarvolgens projekontvangers die verkopers word van „n tasbare voordeel in die
vorm van koolstofkrediete. Hierdie innoverende dimensie word gedwarsboom deur „n
tradisionele benadering tot ontwikkeling wat ontstaan uit die welvaartverwagtings van
projekdeelnemers. Sodanige bestaansverbeteringverwagtings word die teelaarde van
probleme kenmerkend van die swakheid van tradisionele bystand. Die
ingewikkeldhede van hierdie nuwe meganisme, wat landgebruikveranderings
kombineer met omgewingsbewaring, asook die bestaansvoordele word gedebatteer
binne die konteks van privaat entrepreneurskap en wêreldmarkte. Die ontleding is
geanker in „n sosio-antropologiese interpretasie van klimaatsveranderingwetenskap en
benadruk die risiko‟s en beperkings van sulke projekte, vanuit die perspektief van die
teikengemeenskappe.
|
138 |
An investigation of natuurboerdery (natural farming) approach : a ZZ2 case studyTaurayi, Silent 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to provide the first in depth description of the natuurboerdery
farming system as developed and adopted by ZZ2, a privately-owned farming
conglomerate in South Africa. Natuurboerdery aims to increase agricultural productivity
and sustainability while maintaining environmental integrity to contribute to overall
sustainability. A case study research design using multiple sources and techniques for
data gathering was applied to investigate the reasons for and process of converting from
conventional farming to natuurboerdery, describe the principles and practices of
natuurboerdery farming and document the changes and benefits realised by conversion.
It was established that ZZ2 converted to natuurboerdery farming due to the challenges
associated with conventional methods of farming. The main challenges ZZ2 experienced
were recurrent pests and diseases which were becoming difficult to control with inorganic
pesticides, large decreases in yields and unsustainable production outputs or returns to
support production costs mainly due to the escalating cost of inorganic pesticides and
fertilisers. ZZ2 also became aware of the growing customer demand for healthy food
produced by ethically accepted methods while minimising environmental degradation.
A conceptual framework was developed to describe the natuurboerdery farming system,
based on five principles or health aspects: agro-ecosystem health, soil health, plant health,
food health and human health. All of the practices developed and adopted by ZZ2 were
described and classified in terms of this framework. Natuurboerdery integrates the use of
inorganic fertilisers and organic soil amendments for soil health and plant nutrition;
inorganic pesticides, fermented plant extracts from herbal plants with insecticidal
properties, EM products, compost teas and biological control agents for plant protection.
The conversion to natuurboerdery resulted in changes and benefits which were described
and classified under: strategic and technical, economic, social and ecological and
environmental. The main findings were that soil health has improved, soil organic carbon
levels have increased, the use of inorganic products for plant nutrition and protection has decreased with significant cost savings, yields have risen, water availability has increased
and energy spending has been reduced.
The conclusions drawn from the research findings indicate that natuurboerdery is neither
organic nor conventional farming which indicates that inorganic and organic inputs are
compatible in sustainable farming systems. The natuurboerdery farming approach is a
potentially sustainable farming system which works with nature. Areas for further
scholarship, research and recommendations have been identified to improve the
sustainability of natuurboerdery. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis was om die eerste in-diepte beskrywing van natuurboerdery
saam te stel soos dit deur ZZ2 ontwikkel en gebruik is. ZZ2 is ‘n Suid Afrikaanse
boerdery konglomoraat in privaatbesit. Natuurboerdery beoog om boerdery
produktiwiteit en volhoubaarheid te verhoog, terwyl dit die integriteit van die natuuur in
stand hou om tot algehele volhoubaarheid by te dra. ‘n Gevallestudie is as
navosingsontwerp gebruik en verskeie bronne en metodes is toegepas om inligting in te
samel. Die proses en redes vir die oorskakeling van konvensionele boerdery na
natuurboerdery is ondersoek, terwyl die beginsels en praktyke van natuurboerdery
beskryf is en die veranderings en voordele van die oorskakeling gedokumenteer is.
Dit is vasgestel dat ZZ2 na natuurboerdery omgeskakel het as gevolg van uitdagings wat
met konvensionele boerderymetodes gesassosieer word. Die hoof-uitdagings wat ZZ2
ondervind het was terugkerende peste en siektes wat moeilik beheerbaar was met
onorganiese plaagdoders, groot afnames van oeste en onvolhoubare produksie uitkomste
of winste om die produksiekostes te dra. Stygende pryse van onorganiese plaagdoders en
kunsmis was die grootste oorsaak van hoë produksiekostes. ZZ2 het ook bewus geraak
van die groeinde klante-aanvraag vir gesonde kos wat op eties-aanvaarbare metodes
geproduseer is en skade aan die natuurlike omgewing verminder.
‘n Konsepsuele raamwerk is ontwikkel om natuurboerdery as ‘n boerdery-sisteem te
beskryf en is gebasseer om vyf beginsels of gesondheidsaspekte: agroekosisteemgesondheid, grondgesondheid, plantgesondheid, voedselgesondheid en
menslike gesondheid. Al hierdie praktyke wat deur ZZ2 ontwikkel en gebruik is word in
hierdie tesis beskryf en geklassifisseer in terme van die konsepsuele raamwerk.
Natuurbeordery integreer die gebruik van onorganiese kunsmis en organiese
grondwysigings vir grondgesondheid en plantvoeding. Geïntegreerde praktyke sluit in:
onorganieise plaagdoders, gefermenteerde kruieplant-ekstrakte met insek-bestrydende
einskappe, EM produkte, kompos-tees en biologiese beheeragente vir plantbeskerming. Die oorskakeling na natuurboerdery het sekere veranderings en voordele gehad. Dit word
geklassifiseer volgens die betrekking wat dit het op die strategiese en tegniese,
ekonomiese, maatskaplike en ekologiese en omgewings-aspekte van ZZ2. Die
hoofbevindings was verbeterde grondgesondheid, verhoogde organiese koolstofvlakke in
die grond, laer gebruik van onorganiese produkte vir plantvoeding en beskerming met
noemenswaardige koste-besparings, verhoodge oeste en waterbeskikbaarheid, en kleiner
spandering op energie.
Die navorsingsbevindings wys daarop dat natuurboerdery nie organies of konvensionele
boerdery is nie en dat onorganiese en organiese insette dus verenigbaar is in volhoubare
boerdery-sisteme. Die natuurboerdery uitkyk is ‘n potensiële volhoubare boerderysisteem wat in staat is om saam die natuur te werk. Areas vir verdere studie, navorsing en
voorstelle is geïdentifiseer om die volhoubaarheid van natuurboerdery te verbeter.
|
139 |
The budget process at local government level with particular reference to the Cape Winelands district municipalityFord, Charles Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The Local Government Municipal Finance Management Act (MFMA, Act 56 of 2003) is the final piece of legislation to completely overhaul local government budgeting and financial management in South Africa. The MFMA recognises that previous budgeting and financial management practices of municipalities suffered from a number of weaknesses that hampered transformation and service delivery in communities.
This research project evaluates the local government budget process and implementation within the Cape Winelands District Municipality (CWDM) by focusing on the framework within the MFMA and providing a budget process guideline for the annual budgets of municipalities. Specifically, the roles and responsibilities of various role-players within the budget process are clarified. Key characteristics of the budget process are also evaluated as well as key challenges and constraints within local government. The elements crucial to a good budget process includes: establishing broad goals to guide local government decision-making; developing approaches to achieve goals; developing a budget consistent with these approaches to achieve goals and evaluation of performance and making adjustments. Furthermore the various outcomes and opportunities within the budget process, particularly at the Cape Winelands District Municipality are identified.
A simplified guide to the budget process and essential recommendations were made. Recent local community issues and public debate on local government finances – pertaining to corruption, mismanagement and lack of service delivery – can adversely affect the community’s confidence in municipalities to deliver services. As the last sphere of government to undergo transformation, municipalities find it difficult and more challenging to effectively address the multiplicity of issues and needs within the community. The transformation in public financial management, particularly, public budgeting, is crucial in ensuring a smooth transition to a better life for all.
For the budget process to be successful, all role-players must recognise that with the implementation of the MFMA, a re-engineering of the budget process needs to take place. The organisational structure and financial budgeting framework must change from one of control to one of management. Role-players, individuals and departments within municipalities – that have for years ‘jealously guarded their turf’ must work together to improve public budgeting, implementation, transparency and delivery – a difficult challenge that is not easily tackled. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (WMFB,Wet 56 van 2003) is van die wetgewing wat ingestel is op plaaslike regeringsvlak om veranderinge in veral munisipale begrotings en finansiële bestuur in Suid Afrika te weeg te bring. Die WMFB erken en stel dit duidelik dat vorige praktyke in begroting en finansiële bestuur van munisipaliteite, veranderinge, transformasie en dienslewering in gemeenskappe verhinder het.
Hierdie navorsingsprojek evalueer die begrotingsproses en implementering in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit met die fokus op die raamwerk binne die WMFB. Duidelike riglyne word voorgestel wat die jaarlikse begrotingsproses van munisipaliteite uiteensit. Meer spesifiek word daar ook gekyk na die rolle en verantwoordelikhede van die verskeie rolspelers in die begrotingsproses. Die kritieke eienskappe van die begrotingsproses word ook ge-evalueer sowel as die uitdagings en tekortkominge binne plaaslike owerhede. Die belangrike eienskappe van ’n goeie begrotingsproses sluit in: die vestiging van breë doelwitte om sodoende leiding te verskaf vir besluite wat deur die Plaaslike Regering gemaak word; die ontwikkeling van verskeie benaderinge om doelwitte te bereik en die evaluering van prestasie sowel as veranderinge wat aangebring word. Verder word daar ook gekyk na die verskeie resultate en geleenthede binne die begrotingsproses soos identifiseer by die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.
Onlangse gemeenskapsprobleme en debatte oor munisipale dienslewering en veral finansiële bestuur – soos korrupsie, wanbestuur en geen dienslewering – kan ‘n negatiewe invloed hê op gemeenskappe se vertroue in munisipaliteite om wèl noodsaaklike dienste aan die gemeenskap te lewer. As die laaste regeringsvlak om transformasie te ondergaan, vind munisipaliteite dit al moeiliker en meer uitdagend om aan die gemeenskap se wye spektrum van behoeftes te voorsien. Die huidige veranderinge en transformasie in openbare finansiële bestuur, veral die begrotingsproses, is belangrik sodat tranformasie gouer kan plaasvind vir ‘n beter lewe vir almal.
Vir die begrotingsproses om suksesvol te wees, sal alle rolspelers moet erken dat met die implementering van die WMFB, ‘n herstruktuering van die begrotingsproses noodsaaklik is. Die strukture binne organisasies sowel as die finansiële begrotingsraamwerke, moet verander vanaf ‘n situasie van kontrole tot hedendaagse bestuursmeganismes. Rolspelers, individue en departemente binne munisipaliteite wat oor jare hul ‘eie stukkie grond’ jaloers beskerm en verdedig het, sal moet saamwerk om die openbare begrotingsproses, implementering, deursigtigheid en dienslewering in die gemeenskap te verbeter. ‘n Moeilike en uitdagende taak wat nie maklik aangepak kan word nie.
|
140 |
The Fwe of the Eastern Caprivi Zipfel : a study of their historical and geographical background, tribal structure and legal system, with special reference to Fwe family law and successionPretorius, Johan L. 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Development Admin.))--University of Stellenbosch, 1975. / A detailed account of the geography, history and demography of the Caprivi was compiled and in addition an investigation of the Fwe kinship structure and social organization and their judicial process was carried out. This study provided a framework within which Fwe law operates.
|
Page generated in 0.1035 seconds