• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Burgerlike joernalistiek in die Suid-Afrikaanse konteks : 'n ondersoek na die insluiting van gemarginaliseerde gemeenskappe deur herberaming met verwysing na projekte van die Cape Argus en Kaapse-Rapport

Truter, Charlene 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Since South Africa’s transition from a nationalistic state to a democracy in 1994, debates about the media’s role have intensified as the challenges and complexities of the South African society unfolded. In this debate, which mainly played out between the government and the media, the liberal theory and the developmental theory were used as the two main normative positions from which to contest the media’s role. As normative theories they describe the ideal role of the press within societal systems and thus fall within the functionalist paradigm. Historically, the liberal approach was seen as the accepted normative framework for the media within a democracy to protect that very democracy. The liberal consensus adopted by the post-apartheid media therefore came as no surprise. However, the optimism initially experienced regarding the independence of the new, liberal media, its professionalisation and economic restructuring, is gradually being challenged by the critical perspective. This perspective questions the extent of transformation in a public sphere where entrance is still restricted by class structures. The argument of this paper is that although the above changes to the media landscape are recognised as important, they do not account for issues of class and how the poor, the spaces they live in and the factors impacting on their lives, are framed by the media. This paper is presented as a normative undertaking and presents civic journalism as alternative normative framework. It moves from the premise that the representations afforded to the poor in die media are being hampered by the individualistic aims of the Western, liberal, journalistic tradition. The argument is further that the use of a community-driven approach should lead to broader representation of the poor in the media and the inclusion of this currently marginalised group in the public sphere. Reframing, one of the most important methods of civic journalism, is singled out to explore the possibility of applying civic journalism to the South African context. The motivation for this paper is the belief that the need exists for a greater plurality of voices and discourses. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert Suid-Afrika in 1994 beweeg het van ’n nasionalistiese staat na ’n demokrasie, het die debat oor die rol van die media algaande verdiep namate die uitdagings en kompleksiteite van die Suid-Afrikaanse situasie ontvou het. In die debat tussen die postapartheid media en die regering was die twee normatiewe posisies van waar die media se rol by uitstek betwis is, die libertynse en ontwikkelingsteorie. As normatiewe teorieë wat die ideale rol van die pers binne samelewingsisteme verwoord, val dit binne die funksionalistiese paradigma. Histories word die liberale benadering gesien as die vanselfsprekende roete wat ’n media binne ’n demokrasie moet volg om daardie demokrasie te beskerm. Die liberale konsensus van die post-apartheid media was in die lig hiervan geen verrassing nie. Maar die optimisme wat aanvanklik ervaar is oor die onafhanklike, liberale media, sy professionalisering en ekonomiese herstrukturering, word algaande uitgedaag deur ’n kritiese perspektief. Hierdie perspektief bevraagteken die waarde van ’n getransformeerde media waar toelating tot die openbare sfeer steeds deur klasstrukture gereguleer word. Alhoewel die bogenoemde erken word as belangrike veranderinge, is die argument dat die liberale normatiewe paradigma nie genoeg was om kwessies van klas te verreken en hoe armes, die kwessies wat hulle lewens beïnvloed en die ruimtes waarin hulle ’n bestaan maak, deur die media beraam word nie. Hierdie werkstuk is ’n normatiewe onderneming wat burgerlike joernalistiek as normatiewe raamwerk wil voorstel. Die uitgangspunt is dat representasie van armes in die media deur die individualistiese doelstellings van die Westerse, liberale joernalistieke tradisie beperk word. Die argument is verder dat die toepassing van ’n gemeenskapsgerigte benadering behoort te lei tot ’n breër representasie van armes en die insluiting van dié tans gemarginaliseerde gemeenskappe by die openbare sfeer. Herberaming, een van die belangrikste metodes van burgerlike joernalistiek, word uitgesonder om die toepassingsmoontlikheid van burgerlike joernalistiek as alternatief te ondersoek. Die motivering vir die werkstuk is die oortuiging dat daar in die Suid-Afrikaanse mediakonteks ’n behoefte bestaan aan ’n groter diversiteit van stemme en diskoerse.
2

Social media in the newspaper newsroom : the professional use of Facebook and Twitter at Rapport and The Mail & Guardian

Jordaan, Marenet 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil) -- Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: In a time of uncertainty for newspapers due in part to dwindling circulation, loss of advertising revenue and declining readership, Internet-based technologies have continued to grow. The unprecedented rise of social media, of which Facebook and Twitter are wellknown examples, has not gone unnoticed by the newspaper community. Despite their initial misgivings about the credibility of the information disseminated on these media, mainstream journalists worldwide have gradually started to adopt social media as professional tools. Social media serve as channels that help to funnel information towards journalists. Some newspaper journalists also use these media to broadcast news and promote their personal brands. The continued use of social media on a professional level will arguably have an impact on the daily routines and cultures within a newsroom. Academic research in this area is limited, especially within the South African context. This study explores whether the professional use of social media, with specific reference to Facebook and Twitter, influences the processes and cultures of news selection and presentation at the South Africa newspapers Rapport and the Mail & Guardian. A newsroom study within a social constructionism paradigm employed a combination of quantitative and qualitative research methodologies, including self-administered questionnaires, semi-structured interviews and ethnography. The main findings of this study were that the majority of journalists at Rapport and the Mail & Guardian used Facebook and Twitter actively on a professional level – mainly for trend tracking. The newsroom cultures were open and encouraging towards social media use. Journalists were also aware that social media create opportunities for their audiences to challenge the traditional roles of journalists and the realities constructed by the mainstream media. According to the journalists from Rapport and the Mail & Guardian the professional use of social media had not significantly altered their processes of news selection and presentation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Terwyl koerante ’n onsekere tyd beleef, deels weens dalende sirkulasiesyfers, ’n verlies aan advertensie-inkomste en ’n afname in lesertalle, het Internetgebaseerde tegnologieë aanhou groei. Die ongekende groei van sosial media, waarvan Facebook en Twitter welbekende voorbeelde is, het nie ongesiens by die koerantgemeenskap verby gegaan nie. Ondanks hul aanvanklike bedenkinge oor die geloofwaardigheid van inligting wat op dié media versprei word, het hoofstroomjoernaliste wêreldwyd geleidelik begin om sosiale media as professionele hulpmiddels te aanvaar. Sosial media dien as kanale waardeur inligting na joernaliste vloei. Sommige koerantjoernaliste gebruik ook die media om nuus uit te saai en hul persoonlike handelsmerk te bemark. Die volgehoue gebruik van sosial media op ’n professionele vlak sal bes moontlik ’n impak op die daaglikse roetine en kulture binne ’n nuuskantoor hê. Akademiese navorsing op die gebied is beperk, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie navorsing ondersoek of die professionele gebruik van sosiale media, met spesifieke verwysing na Facebook en Twitter, ’n invloed het op die prosesse en kulture van nuusseleksie en -aanbieding by die Suid-Afrikaanse koerante Rapport en die Mail & Guardian. ’n Nuuskantoorstudie, binne ’n sosiale konstruktivisme paradigma, het ’n kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologieë ingespan, insluitende: selfgeadministreerde vraelyste, halfgestruktureerde onderhoude en etnografie. Die hoofbevindinge van die studie was dat die meerderheid van die joernaliste by Rapport en die Mail & Guardian Facebook en Twitter aktief op ’n professionele vlak gebruik het – hoofsaaklik om tendense dop te hou. Die nuuskantoorkulture was oop en aanmoedigend teenoor die gebruik van sosiale media. Joernaliste was ook bewus daarvan dat sosiale media geleenthede skep vir hul gehore om die tradisionele rol van joernaliste, sowel as die realiteite wat deur die hoofstroommedia geskep word, te betwis. Volgens die joernaliste van Rapport en die Mail & Guardian het die professionele gebruik van sosiale media nie hul nuusinsamelings- en aanbiedingsprosesse noemenswaardig beïnvloed nie.

Page generated in 0.0504 seconds