• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 5
  • 5
  • 5
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die bydrae van leer- en onderrigsteunmateriaal, onderwysers en die omgewing tot die perseptueel-motoriese gereedmaking van graad R-leerders / Annemarie Loubser

Loubser, Annemarie January 2015 (has links)
Die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede is noodsaaklik om skoolsukses in graad 1 te verseker. Sodanige perseptueel-motoriese vaardighede word beïnvloed deur faktore soos die onderwyser se houding, en kennis en die gebruik van leer- en onderrigsteunmateriaal (LOSM). Om skoolsukses in graad 1 te verseker moet die leerder skoolgereed en skoolryp wees. Skoolgereedheid en skoolrypheid word beïnvloed deur eksterne faktore, soos die sosio-ekonomiese omstandighede, samelewing, gemeenskap, kultuur, die skool, die onderwyser, beskikbaarheid van leer- en onderrigsteunmateriaal, ouers en gesinstrukture. Daar is met die proefskrif gepoog om eerstens die effek van ʼn leerondersteuningintervensie op perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders in gedepriveerde omgewings te bepaal. Tweedens is daar bepaal of die leemtes in graad R-onderwysers se kennis van perseptueel-motoriese vaardighede die skoolgereedheid van graad R-leerders kan beïnvloed. Die derde doelstelling was om die verband tussen sekere biografiese veranderlikes en die graad R-onderwyseres se houding teenoor die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders te bepaal. Die vierde doelstelling het die impak van die gebruik van toepaslike LOSM op die ontwikkeling van graad R-leerders se perseptueel-motoriese vaardighede, met die fokus op klein- en grootmotoriese vaardighede bepaal. Om doelstelling 1 te ontleed het die proefskrif eerstens gepoog om die effek van ʼn leerondersteuningintervensie op skoolgereedheid gebaseer op perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders in gedepriveerde omgewings te bepaal. ʼn Leerderondersteuningintervensie wat gefokus het op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders vanuit lae sosio-ekonomiese samelewings is saamgestel. ʼn Kwantitatiewe navorsingsmetode is gevolg met ʼn drie-groep-voortoets-natoets-ontwerp. Die populasie vir hierdie doelstelling het bestaan uit drie graad R-skole wat deur middel van ʼn gerieflikheidsteekproef gekies is. Twee kwintiel 1-skole, ʼn kontroleskool (n = 30) en ʼn eksperimentele skool (n = 25), asook een kwintiel 3-skool (n = 22) is gekies. ʼn Leerderondersteuningintervensie wat gefokus het op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede is oor ʼn tydperk van nege maande by die eksperimentele skool (skool E) geïmplementeer deurdat hulp aan die onderwysers verleen is en die leeromgewing van die leerders opgegradeer is. Die leerders is voor- en na die intervensie deur middel van ʼn skoolgereedheidstoets geevalueer. Die resultate is deur middel van ʼn variansie-analise (ANOVA), kovariansie-analise (ANCOVA) en afhanklike t-toetse geanaliseer om die verskille tussen en binne groepe te bepaal. ʼn Beduidende verband tussen skoolgereedheid en perseptueel-motoriese ontwikkeling is gevind waar faktore soos die omgewing, minimum leer- en onderrigsteunmateriaal en beperkte kennis van die onderwyser ʼn rol gespeel het. Vanaf die voortoets tot die natoets was die persentasie skoolgereedheid onderskeidelik soos volg kontroleskool 1 (32% - 56%), kontroleskool 2 (58% - 70%), eksperimentele skool (34% - 66%). ʼn Groter verbetering in die skoolgereedheid kan by die eksperimentele skool waargeneem word. Die resultate het aangedui dat ʼn perseptueel-motoriese intervensie leerders in lae sosio-ekonomiese omgewings kan help om faktore soos ʼn gebrek aan LOSM, leemtes in onderwysers se kennis en houdings wat skoolgereedheid moontlik kan beïnvloed, te oorkom. Doelstelling 2 het die verband tussen leemtes in graad R-onderwysers (n = 25) se kennis van perseptueel-motoriese ontwikkeling en die stand van perseptueel-motoriese vaardighede by graad R-leerders ondersoek. ʼn Gekombineerde-navorsingsmetode vanuit ʼn post-positivistiese paradigma is hiervoor onderneem en dit is volgens ʼn fenomenologies-interpretivistiese perspektief uitgevoer. ʼn Selfopgestelde vraelys wat bestaan het uit geslote-en oopeind-vrae is as meetinstrument gebruik om vyf-en-twintig (n = 25) graad R-onderwysers se kennis oor die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders in die Potchefstroomdistrik, in te win. Die vraelys het bestaan uit die invul van biografiese gegewens, tien vrae waar die onderwyser se kennis met betrekking tot perseptueel-motoriese vaardighede bepaal is, sestien vrae waar ʼn scenario met ʼn foto en beskrywing geskets is en die onderwyser die korrekte perseptueel-motoriese vaardigheid daaraan moes koppel en agt vrae waar die onderwyser se kennis ten opsigte van die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede in graad R bepaal is. Die inligting uit die vraelyste is deur middel van Atlas.ti™ en statistiese ontleding geanaliseer. Interne itemkorrelasie van die vraelys is vasgestel en ʼn Cronbach Alpha met ʼn waarde van 0,74, gebaseer op die statistiese analise, is bepaal. Die resultate het leemtes in graad R-onderwysers se kennis met betrekking tot aspekte wat verband hou met perseptueel-motoriese onwikkeling getoon. Onvoldoende opleiding is by 80% van die respondente geïdentifiseer, wat tot die leemte in die onderwysers se kennis kon bydrae. Verder het dié onderwysers nie oor die voldoende kennis beskik oor die volle omvang van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring nie en ʼn groot persentasie was onseker oor hoe om kurrikulumvoorskrifte effektief te implementeer. Die verband tussen sekere biografiese veranderlikes en die graad R-onderwyseres se houding teenoor die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van graad R-leerders is vir doelstelling 3 bepaal. ʼn Kwantitatiewe navorsingmetode is gevolg waar graad R-onderwysers (n = 25) wat volgens beskikbaarheid geselekteer is, ʼn selfontwikkelde vraelys voltooi het, waar die hoeveelheid tyd wat aan verskillende vakke bestee word, aangedui is. Resultate is statisties geanaliseer deur gebruik te maak van beskrywende statistiek sowel as Spearman se rangorde-korrelasie om te bepaal of daar ʼn verband bestaan tussen die onderwysers se houding, soos gemeet aan die hoeveelheid tyd wat aan die onderrig van die verskillende vakke in graad R bestee is, die ouderdom en ondervinding van die onderwysers, die aantal leerders in die klas en die sosio-ekonomiese omstandighede van leerders in die klas. Tweerigting-frekwensietabelle is verder gebruik om Chi-kwadraattoetse en Cramer’s V wat die sterkte van die verband tussen ras, taal van onderrig en die vrae wat verband hou met houding te bepaal. ʼn Beduidende verband is gevind tussen ouderdom en ondervinding van die respondente en die hoeveelheid leerders in die klas, die sosio-ekonomiese omgewing en die tyd wat aan onderrig van vakke bestee word. Hierdie aspekte kan moontlik bydra tot die onderwysers se houding ten opsigte van die onderrig van Lewensvaardighede, wat perseptueel-motoriese ontwikkeling insluit. Indien dié aspekte aangespreek kan word deur intervensie en indiensopleiding, kan die onderwyser se houding teenoor die onderrig van Lewensvaardighede moontlik verander, wat sal bydra tot groter klem op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede. Doelstelling 4 het die impak van die gebruik van toepaslike leer- en onderrigsteunmateriaal op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede met die fokus op groot- en klein (fyn) motoriese vaardighede by die graad R-skole bepaal. Om die doelstelling te bereik is leerders van twee skole binne dieselfde sosio-ekonomiese omstandighede se skoolgereedheid tydens ʼn voortoets bepaal. ʼn Gekombineerde navorsingsmetode met ʼn tweegroep-voortoets-natoets-ontwerp is gevolg. Leerders van twee graad R-skole (kwintiel 1) met ʼn gemiddelde ouderdom van 5,2 (± 0,5) jaar in die Potchefstroomdistrik is met ʼn gerieflikheidsteekproef geselekteer. ʼn Perseptueel-motoriese intervensie, wat gefokus het op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede is deur middel van onderwyser-ondersteuning en die skep van ʼn effektiewe leeromgewing, vanaf Februarie tot November (nege maande) by die eksperimentele skool (n = 25) uitgevoer, terwyl geen addisionele hulpverlening in die kontroleskool (n = 30) plaasgevind het nie. Die kwantitatiewe resultate is ontleed deur middel van ʼn afhanklike- en onafhanklike t-toets en ʼn ANCOVA is gebruik om verskille tussen en binne die skole te bepaal. Die kwalitatiewe navorsing is deur middel van ʼn multi-metode-benadering met die fokus op foto-analise en beskrywende inligting geanaliseer. Voor intervensie was geen van die leerders in die twee skole skoolgereed nie. Na die intervensie was die aangepaste gemiddeldes wat behaal is in die natoets vir klein- en grootspier-koördinasie by die eksperimentele skool prakties betekenisvol beter as dié van die kontroleskool. In die eksperimentele skool was 17 uit 20 leerders na die intervensie skoolgereed, terwyl daar uit die kontroleskool slegs 8 uit 28 leerders skoolgereed was. Die resultate dui daarop dat perseptueel-motoriese vaardighede van leerders vanuit ʼn lae sosio-ekonomiese omgewing met effektiewe LOSM gestimuleer kan word om hul skoolgereedheid te verbeter. Vroeë intervensie in die vorm van onderwyser-ondersteuning en opgradering van die leeromgewing wat fokus op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede in graad R, kan moontlik agterstande in die verband aanspreek en sodoende bydra tot die verbetering van skoolgereed. Op grond van bogenoemde resultate kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat die graad R-leerder in gedepriveerde omgewings se perseptueel-motoriese ontwikkeling wel deur verskeie faktore negatief beïnvloed kan word. Van hierdie faktore is onder meer die onderwyser se houding, leemte in kennis, onvoldoende opleiding en beskikbaarheid van leer- en onderrigsteunmateriaal. Daar word gevolglik aanbeveel dat leerders wat in lae sosio-ekonomiese omgewings grootword aan ʼn vroeë intervensie, wat fokus op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede en effektiewe LOSM, blootgestel moet word. Daarbenewens behoort onderwysers se leemte in kennis oor perseptueel-motoriese vaardighede asook hul houding oor die belangrikheid van perseptueel-motoriese vaardighede aangespreek te word deur onder andere indiensopleidingsprogramme. Die belang van die aanstelling van goed opgeleide onderwysers, gerig op vroeë kinderontwikkeling behoort ook by die Departement van Basiese Onderwys aandag te geniet. Sodoende kan dié leerders se agterstande tydig oorkom word en hul skoolgereedheid verbeter word. / PhD (Human Movement Science), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Facilitating awareness in children from a low socio-economic environment using the art-making process / J.M. Rousseau.

Rousseau, Jennifer Maria January 2013 (has links)
Gestalt theory and Positive Psychology formed the underlying theoretical frameworks of this study. Both Gestalt theory and Positive Psychology adopt a positive outlook towards human nature with the possibility of individuals becoming self-supporting and fully functioning. Both theories also regard awareness to be paramount in establishing healthy self-regulation and optimal well-being. Both Gestalt theory and Positive Psychology provided the link between the concepts, and were also used to describe the main concepts in the study. A review of the literature shows that children living in underprivileged communities often face many environmental stressors that can impact on their well-being and optimal psychological, cognitive, emotional and physical functioning. When this occurs, children are often not able to meet very important needs. They may have to find alternative ways to „survive‟ and protect themselves from certain stressors and cope with their environment. Very often these coping strategies are dysfunctional and certain parts within the child can become cut off or pushed aside, severing healthy contact with the environment. The child may also experience a sense of numbing and lack of awareness of senses, emotions and thoughts. The child is therefore living out of awareness. The literature suggests that the process of artmaking can contribute to facilitating awareness, which can enhance selfunderstanding and possibly lead to a greater sense of well-being. The researcher attempted to explore the kinds of awareness that could be facilitated through the artmaking process. A qualitative research design with a phenomenological strategy of enquiry was used for this study. Seven children in middle childhood living in a low socio-economic community took part in the study. They were between the ages of eleven and twelve years and had suffered some form of environmental stress. They had been subjected to substance and alcohol abuse, violence, death and divorce. Focus groups and semi-structured interviews were used in order to understand what awareness may have been facilitated in children during the art-making process. The data collected were analysed thematically. The results revealed that the art-making process enabled the participants to experience certain kinds of awareness. The participants became aware of certain emotions and feelings like happiness, enjoyment, calmness, pride and mastery, as well as feelings of anger, sadness and denial. The participants were able to recognise and express positive emotions, but it appeared that the more complex emotions were recognised although not expressed. The most common emotion experienced by the participants was the sense of happiness and enjoyment they seemed to feel as they worked with the different art materials. It appeared that the playful nature of the art-making process kept them engaged and in contact with the process. The participants also became aware of a range of tactile experiences that each art medium offered; clay, paint, collage, hand printing and texture rubbings. These tactile experiences led them to an awareness of feelings and associations. The findings also indicated that the participants became aware of a sense of agency, as they appeared to have a sense of control and empowerment over the art mediums. This element of control over the art mediums seemed to afford the participants the ability to change what they did not like in their art work. This ability to change things appeared to feed back to, and enhance, their sense of empowerment. Through the findings of the study, as well as from the literature, this quality of empowerment, control and change is important for children in need living in a stressful environment, as it may foster a sense of agency that they may not find from their environment. Another significant finding seemed to be the participants‟ awareness of their context in terms of an unavailability of certain environmental resources to fulfil their needs, namely financial resources and nurturing. The participants‟ awareness centred around basic survival needs, for example lack of sufficient food, but also their awareness of relational needs and challenges, for example overcrowded households, alcohol-abusing parents and divorce. / Thesis (MA (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2013.
4

5

Intervensieprogram vir graad 1-leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervensieprogram vir graad een leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervention programme for grade 1 learners from a low socio-economic environment / Intervention programme for grade one learners from a low socio-economic environment

Van Wyk, Maria Magdalena 15 August 2012 (has links)
Abstract in Afrikaans and English / This study was initiated when the researcher became aware of the problem that learners from low socio-economic environments tend to experience barriers to learning in numeracy and literacy. These barriers were identified in a class of Grade 1 learners through extensive literature study, after which the development, teaching and learning of numeracy and literacy in grade 1 were investigated. The researcher then developed intervention programmes for literacy and numeracy, each running for a period of six weeks, in order to overcome learners’ difficulties in these learning areas. Each programme was subdivided into three shorter programmes of two weeks each, which addressed different aspects of literacy and numeracy. Each sub-programme was supplemented by a schedule of daily activities in order to reinforce learning. Learners’ competence in literacy and numeracy was assessed before starting the programme and re-assessed at the end, using the same tests they had done at the beginning. Learners’ marks in both sets of tests were compared, which demonstrated their progress or non-progress after having participated in the intervention programmes. / Inleidend tot die studie word ‘n uiteensetting gegee van hoe die navorser bewus geword het van die navorsingsprobleem, wat as volg gestel word: Die navorser is bewus daarvan dat leerders uit ‘n lae sosio-ekonomiese milieu gewoonlik struikelblokke in leeraktiwiteite in gesyferdheid en geletterdheid ervaar. Deur literatuurstudie is die struikelblokke wat graad 1-leerders in geletterdheid en gesyferdheid ondervind, geïdentifiseer. Vervolgens is die ontwikkeling, onderrig en leer van geletterdheid en gesyferdheid volledig uiteengesit en intervensieprogramme in geletterdheid en gesyferdheid saamgestel om leerders se struikelblokke tydens leeraktiwiteite te bowe te kom. Drie intervensieprogramme in geletterdheid en drie in gesyferdheid is saamgestel, wat elk vir twee weke gevolg is. Volledige skedules van daaglikse aktiwiteite wat by elke program uitgevoer is, is ook ingesluit. Leerders se bedrewenheid in geletterdheid en gesyferdheid is geassesseer voor daar met die programme begin is. Na afloop van die intervensieprogramme het leerders weer dieselfde toetse afgelê waardeur hulle vordering of nie-vordering bepaal kon word. Verskeie tabelle is saamgestel wat leerders se vordering aantoon. / Educational Studies / M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)

Page generated in 0.0852 seconds