Spelling suggestions: "subject:"stefans grove"" "subject:"stefans grova""
1 |
Die komposisionele prosesse in Raka van Stefans Grové (Afrikaans)Ebersohn, Johannes Wilhelmus Swart 12 November 2007 (has links)
In Afrikaans only Sowel Stefans Grové as N.P. van Wyk Louw is kontemporêre, Afrikaanssprekende kunstenaars wat binne ’n Westerse kultuur grootgeword het en in die Westerse kunstradisie opgelei is. N.P. van Wyk Louw se epiese gedig, Raka, het as inspirasie vir verskeie kunswerke gedien, waaronder skilderye van Alexis Preller en Cecil Skotnes. Twee vooraanstaande Suid- Afrikaanse komponiste is ook geïnspireer deur Van wyk Louw se werk: Graham Newcarter se ballet Raka het in 1967 verskyn en ’n gelyknamige simfoniese toondig in die vorm van ’n klavierkonsert verskyn in 1996 uit die pen van Stefans Grové. Terwyl verskeie ander komposisies van Stefans Grové as onderwerpe van uitgebreide navorsing gebruik is, is relatief min bekend oor die aard en samestelling van hierdie toondig en die raakpunte en verskille wat tussen die musiek en die oorspronklike gedig bestaan. Hierdie studie ondersoek die wyse waarop ’n erkende literêre werk deur ’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse digter ’n nuwe gedaante aanneem binne die omvang en beperkings van ’n musikale vorm. Die studie fokus op hoe Stefans Grové verskillende musikale parameters soos ritme, melodie en struktuur in sy simfoniese toondig, gegrond op N.P. van Wyk Louw se epiese gedig Raka , aanwend. / Dissertation (MMus (Performing Art))--University of Pretoria, 2007. / Music / MMUs / unrestricted

2 |
'n Analitiese oorsig van Stefans Grové se Dansrapsodie - 'n Afrika-stad en Jeanne Zaidel - Rudolph se Fanfare Festival Overture met spesifieke verwysing na die aanwending van Afrika-etniese elemente (Afrikaans)Van Graan, Carin 31 August 2010 (has links)
Die hoofdoel van hierdie studie was om Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad van Stefans Grové en Fanfare Festival Overture van Jeanne Zaidel-Rudolph ten opsigte van struktuur, melodie, ritme en instrumentasie te ontleed en sodoende vas te stel watter Afrika-etniese elemente gebruik word en hoe dit toegepas is. ʼn Vergelykende studie is gedoen om vas te stel of daar enige ooreenkomste of verskille tussen die twee werke is. Verskeie skripsies, verhandelings en proefskrifte oor werke van Grové en Zaidel- Rudolph is geraadpleeg. Die skrywer kon nie gepubliseerde weergawes van Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad en Fanfare Festival Overture opspoor nie, daarom is die ontleding met behulp van afskrifte van die handgeskrewe manuskripte onderneem. Daar is gereeld na die CD-opnames van albei werke (op die Claremont GSE-etiket) geluister. Die verhandeling bestaan uit ses hoofstukke. In die eerste hoofstuk word die agtergrond en motivering vir die studie uiteengesit en Hoofstuk 2 bevat kort biografieë van Grové en Zaidel-Rudolph. Grové se Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad word in Hoofstuk 3 ontleed en verskillende Afrika-etniese elemente word beskryf soos wat dit van toepassing op die analise is. Zaidel-Rudolph se Fanfare Festival Overture word in Hoofstuk 4 op dieselfde wyse as Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad ontleed. Die laaste twee hoofstukke (Hoofstuk 5 en 6) bevat ʼn vergelyking tussen die aanwending van Afrika-etniese elemente in die twee komposisies, asook gevolgtrekkings en voorstelle vir verdere studie. Die belangrikste gevolgtrekkings is die volgende:

Afrika-etniese elemente word in albei werke op só ʼn manier aangewend dat die komposisie vir ʼn Westerse orkes toeganklik is.

In albei werke se struktuur word die roep-en-antwoord-beginsel en herhalende melodieë wat tydens elke herhaling effens gewysig word (permutasie) aangewend. Die melodiese inhoud word deur die mineur terts (ʼn interval van die pentatoniese toonleer) en twyfelagtige tonaliteite oorheers. Ritmiese ostinaatpatrone, die 12/8-metrum en poliritmiek in die Afrika-deel van Zaidel-Rudolph se komposisie bewerkstellig onmiddellik Afrika-etniese assosiasies. Die bongo-tromme en marimba kom in albei komposisies as Afrika-instrumente voor.

Grové en Zaidel-Rudolph benader die aanwending van Afrika-etniese elemente in Westerse musiek op verskillende maniere.

ENGLISH : The main objective of this study was to analyse the structure, melody, rhythm and instrumentation of Stefans Grové’s Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad and Jeanne Zaidel- Rudolph’s Fanfare Festival Overture in order to determine which African ethnic elements are used in the two compositions and how these elements are applied. A comparative study was done to determine what the similarities and differences are between the two works. Several mini-dissertations, dissertations and theses about works by Grové and Zaidel-Rudolph were consulted. The author could not find published versions of Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad and Fanfare Festival Overture, therefore the analysis was done with copies of the hand-written manuscripts. The author frequently listened to CD recordings (Claremont GSE label) of both works. The dissertation consists of six chapters. In the first chapter the author explains the background and motivation for the study and Chapter 2 contains short biographies of Grové and Zaidel-Rudolph. Grové’s Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad is analysed in Chapter 3 and the different African ethnic elements that apply to this work are described. Zaidel-Rudolph’s Fanfare Festival Overture is analysed in Chapter 4, in the same way as Grové’s Dansrapsodie – ʼn Afrika-stad. The last two chapters (Chapter 5 and 6) include a comparison between the application of African ethnic elements in the two compositions, as well as conclusions and suggestions of topics for future studies. The most important conclusions are the following:

African ethnic elements are applied in such a way that both compositions are accessible for Western (“art music”) orchestras.

In both compositions’ structure the call-and-response principle and repeated melodies (that are modified during each repeat) are applied. Both works’melodic content is dominated by the interval of a minor 3rd (an interval from the pentatonic scale) and an ambiguous tonality. Rhythmic ostinatos, the 12/8 metre and polyrhythm in the African part of Zaidel-Rudolph’s Fanfare Festival Overture immediately bring about African ethnic associations. The bongos and marimba as African instruments can be found in both works.

Grové and Zaidel-Rudolph approach the application of African ethnic elements in Western art music in different ways.

Copyright / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2010. / Music / unrestricted

3 |
Die letterkundige werke van die Suid-Afrikaanse komponis Stefans Grové en die verband daarvan met sy musiek (Afrikaans)De Winnaar, Jiendra 22 October 2007 (has links)
The composer Stefans Grové not only contributed to South African art music but also achieved success in the field of literature. The aim of this study is to investigate the relationship between his prose and his music and determine the influence of word art on meaning in his compositions. The relationship between literature and music is explored as background to the investigation of Grové’s oeuvre. The role of music in Grové’s short stories and sketches is determined. It seems that music is not a significant theme of these tales but rather has a supporting function. In some stories music plays no role at all. However, these narratives do provide a great deal of biographical and cultural information. Word art is an essential part of Grové’s compositions and plays a key role in the determining and communication of meaning. His art reflects the variety of cultures native to South Africa. These cultural influences are manifested in his compositions and are reinforced by the accompanying word art. The need for a comprehensive biography about Grové’s contribution as academic, composer, critic and writer has been identified during the course of this study. / Dissertation (MMus (Music Science))--University of Pretoria, 2007. / Music / MMus / unrestricted

Page generated in 0.0519 seconds