• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die geskiedenis van die Stellenbosch Hospitaal (1942-2001)

Baderoen, Tougeda 03 1900 (has links)
Die Queen Victoria Gedenkhospitaal van Stellenbosch, wat sedert 1904 die Stellenbosse gemeenskap bedien het, het as gevolg van 'n groeien~e inwonergetal geleidelik 'n gebrek aan ruimte ondervind. Daarom is daar gedurende die 1930's pogings aangewend vir die oprigting van 'n groter hospitaal. Hierdie pogings is uiteindelik met sukses bekroon en in 1944 het die Stellenbosch Hospitaal sy deure geopen. Spoedig na die opening van die hospitaal is verskeie probleme, soos byvoorbeeld 'n tekort aan beddens en 'n behoefte aan meer moderne mediese toerusting, ondervind. Die Hospitaalraad het deur voortdurende verto~ tot die Kaapse Provinsiale Administrasie en met die finansi~le steun van die Stellenbosse gemeenskap daarin geslaag om belangrike moderne algemene en mediese toerusting aan te koop. Die Stellenbosch Hospitaal, in samewerking met die Cloetesville Gemeenskaps Gesondheidsentrum, wat onder die beheer van die hospitaal staan, se belangrikste doelwit was, en is, om die beste moontlike diens aan die gemeenskap te lewer. Daarom het die Hospitaalraad met verloop van tyd 'n omvattende gemeenskaps gesondheidsprogram ontwikkel. Sedert die dae van die Queen Victoria Gedenkhospitaal het die Stellenbosse gemeenskap 'n aktiewe rol in die lewering van noodsaaklike hospitaaldienste gespee!. As gevolg van die betrokkenheid en die finansi~le bydraes van die gemeenskap kon die Hospitaalraad noodsaaklike uitbreidings, soos 'n kraamsaal en 'n verpleegsterstehuis finansier. Omdat die gemeenskap besef het dat dit nie net die staat se verantwoordelikheid was om gesondheidsdienste te lewer nie, is die Aksie Stellenbosch Hospitaal, die gemeenskapsarm van die hospitaal, in 1988 gestig. Hierdie Aksie Stellenbosch Hospitaal speel dus in 'n tydperk waar staatsfondse beperk is, 'n belangrike rol om die Stellenbosch Hospitaal doeltreffend te laat funksioneer en om steeds hoe standaarde met betrekking tot gesondheidsorg te handhaaf.

Page generated in 0.0695 seconds