• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 148
  • 66
  • 7
  • Tagged with
  • 224
  • 224
  • 224
  • 224
  • 137
  • 137
  • 73
  • 65
  • 51
  • 51
  • 49
  • 42
  • 32
  • 31
  • 27
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
221

Die impak van publieke deelname op groot projekte : die beoogde Johannesburg-Pretoria sneltrein

Coetzee, Narista 12 1900 (has links)
Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Public participation has already been a point of discussion from as early as 1960, with Arnstein's presentation of eight levels of participation. Various advantages and disadvantages have been published, but theorists agree that the advantages still overshadow the disadvantages. The United States have started much earlier than South Africa with the studies on public participation. It has been realised that public participation forms an integral part of the formal environmental impact assessment which succeeded the formal legislation of 1996. It is generally accepted that public participation is inseparable from the planning process. The purpose of this paper is to investigate the impact of public participation on the planning of the Gautrain project, which is the intended rapid rail link between Johanesburg and Pretoria. It will be investigated whether the consult firm Bohlweki Environmental, that has been appointed to implement the environmental impact assessment of the Gautrain project, complied with the criteria to ensure public participation, and whether the public process made a difference to the planning of the project. It has been apparent that Bohlweki Environmental used various methods of involving the public - inter alia numerous public meetings that have been advertised in the press and elsewhere. From the public inputs changes have been made to the route of the train. These changes however, have made other people discontented. The research concludes with the finding that the public participation process of the environmental impact assessment had a positive influence on the planning of the project, even though everyone, due to the extend and the nature of the project, could not be satisfied, and that the study has been expensive and time consuming. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Publieke deelname was reeds 'n besprekingspunt van so vroeg as 1960 met Arnstein se voorstelling van agt deelnemingsvlakke. Oor die jare van navorsing is verskeie voordele en nadele van publieke deelname gepubliseer, maar teoretici is dit eens dat die voordele steeds die nadele oorskadu. In Suid-Afrika is daar veel later as in die Verenigde State studies oor publieke deelname begin. Ook hier is daar uiteindelik besef dat publieke deelname 'n onlosmaakbare deel van die formele omgewingsimpakstudie vorm en het die formele wetgewing in 1996 gevolg. Vandag word algemeen aanvaar dat publieke deelname en die beplanningsproses onafskeidbaar is. Die doel van hierdie werkstuk is om die impak van publieke deelname op die beplanning van die Gautrein projek te ondersoek - dit is die beoogde sneltrein tussen Johannesburg en Pretoria. Die vraag is of die konsultant firma Bohlweki Environmental, wat aangestel is om die omgewingsimpakstudie van die Gautreinprojek te loods, voldoen het aan die kriteria om publieke deelname te verseker, en of die publieke proses 'n verskil gemaak het aan die beplanning van die projek? Uit die analise het dit geblyk dat Bohlweki Environmental van verskeie metodes gebruik gemaak het om die publiek te betrek, onder andere talle publieke vergaderings wat goed geadverteer is in die pers en elders. As gevolg van die groot publieke inset is veranderinge aan die roete van die trein aangebring. Hierdie veranderinge het egter weer ander mense ontevrede gemaak. Die slotsom van die navorsing van hierdie werkstuk is dat die publieke deelname proses van die omgewingsimpakstudie wel 'n betekenisvolle positiewe uitwerking op die beplanning van die projek gehad het, alhoewel almal, uit die aard van die omvang van die projek, nie tevrede gestel kon word nie, en dat die studie duur en tydrowend was.
222

Multi-purpose community centres : a local economic development strategy towards sustainable community empowerment and poverty alleviation in the Dwars River region

Bruiners, Natasja 12 1900 (has links)
Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: In South Africa, Multi-Purpose Community Centres (MPCCs) have been identified as the primary approach for the implementation of development communication and information as they potentially offer a wide range of services that communities can utilise for their own empowerment. This affords the community an opportunity to become more self-reliant. The new Local Economic Development (LED) policy paper (2002) highlights the mobilisation of internal resources, capacities and skills consistent with the sustainable development objectives that government is now more aggressively pursuing. Community participation and empowerment play a significant role in any community, therefore, municipalities need to create the conditions for greater public participation and empowerment. It should be done with regards to the disadvantaged or marginalised groups in accordance with the conditions and capacities in a municipality. In the Dwars River region, various services are being planned ranging from skills development to tourism, but these depend on sufficient financial aid. The nature and location of the MPCCs in South Africa makes financial sustainability difficult because the majority of them largely serve historically disadvantaged communities with limited financial resources to pay for services. It is also important to note that economic growth does not necessarily imply poverty alleviation and/or skills development as components of the government's communication and information approach. MPCCs can transform communities but will be time consuming and requires participation from all spheres of government and civil society. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid Afrika was Veeldoenige Gemeenskap Sentrums geidentifiseer as die primêre benadering vir die implementering van informasie en kommunikasie programme, veral omdat hierdie progamme 'n reeks dienste aanbied, wat die gemeenskap kan benut vir hul eie bemagtiging. Dit gee aan die gemeenskap die geleentheid om meer onafhanklik te word. Die nuwe Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelings beleidsdokument (2002) beklemtoon die mobilisering van interne hulpbronne, kapasiteit en vaardighede konstant met die volhoubare ontwikkelings objektiewe wat die regering meer aggresief nastreef. Publieke deelname en bemagtiging speel 'n kenmerkende rol in die lewens van die gemeenskap. Verder blyk dit duidelik dat munisipaliteite, publieke deelname en bemagtiging moet bevorder. Munisipaliteite moet ook kondisies vir publieke deelname en bemagtiging skep. Hierdie twee strategieë moet veral toegepas word op vorig benadeelde en gemarginaliseerde groepe en gemeenskappe in lyn met die kondisies en kapasiteit van die betrokke munisipaliteit. Die Dwarsrivier Vallei bied verskeie dienste aan wat vaardigheidsontwikkeling en toerisme insluit. Dit sal grootliks afhang van die streek se finansiële kapasiteit. Die aard en ligging van Veeldoenige Gemeenskap Sentrums in Suid-Afrika maak finansiële volhoubaarheid Gemeenskap Sentrums moeilik, bedien want die meerderheid Veeldoenige grootliks die historiese benadeelde gemeenskappe met hul beperkte finansiële hulpbronne. Dit is ook belangrik om te beklemtoon dat ekonomiese groei nie noodwendig armoede uitwissing impliseer nie, maar so eerder vaardigheidsontwikkeling (bv. Informasie Tegnologie). Veeldoenige Gemeenskap Sentrums kan gemeenskappe transformeer, maar sal baie tydrowend wees en benodig gemeenskap deelname in alle sfere van regering en plaaslike gemeenskap.
223

"Managing coastal development in a rapidly developing areas : the case of Umhlanga Rocks".

Ramsaru, Reena. January 2011 (has links)
No abstract available. / Thesis (M.T.R.P.)-University of KwaZulu-Natal, Durban, 2011.
224

'n Vergelykende studie tussen die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke van Tygerberg en Kaapstad plaaslike owerhede met die van die Kaapse Metropool

Bruiners, Leona 03 1900 (has links)
Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Various spatial development frameworks are currently being drafted to lead the spatial development patterns of concentrated activities within municipalities and metropoles. The assignment studies the spatial development framework of the Cape Metropole as well as those of the Tygerberg and Cape Town municipalities. An analyses of the different locations and characteristics of the corridors and nodes in these models is made. There are however nodes that are not proposed on the spatial development frameworks but have nevertheless been approved for. development. A comparison of the corridor model is made within the frameworks of the mentioned municipalities. A study is done on whether the corridor model is totally ignored by local authorities or whether it only differs in detail. The effect of the Century City node, which was not proposed in the spatial development frameworks on the development of corridors, is discussed. Backgroud information on the origin and functions of corridors and nodes is gathered through analyses of international examples. Comparison is drawn between these precidents and the Cape Metropole proposals to evaluate their applicability. The conclusion is drawn that the municipalities' and metropole's spatial development frameworks are based on the same principle but differ in their detail structure. Many of the recommendations that are made in the spatial frameworks are difficult to implement. The approval of nodes such as Century City which are not proposed on the frameworks have a negative influence on the economic growth and development of future nodes and corridors as envisaged. Proposals on how to strengthen the implementation process of spatial development frameworks and a possible process for the approval of potential nodes are given. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is verskillende ruimtelike ontwikkelingsraamwerke wat tans opgestel word om die ruimtelike verspreidingspatrone van gekonsentreerde aktiwiteite binne munisipaliteite en metropole te lei. Die werkstuk ondersoek die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke van die Kaapse Metropool asook die munisipaliteite van Tygerberg en Kaapstad. Die korridors en nodusse wat in die modelle voorgestel word, word ontleed in terme van hul eienskappe en verskillende liggings. Daar is nogtans nodusse wat nie in hierdie ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie, maar dit is nieteenstaande goedgekeur vir ontwikkeling. Die werkstuk vergelyk die korridormodel van die Kaapse Metropool (Metropolitaanse Ontwikkelingsraamwerk) met die munisipaliteite se ontwikkelingsraamwerke.Daar word ondersoek of die korridormodel van die metropool heeltemal deur plaaslike owerhede verwerp word of dit net in detail verskil. Die effek van die Century City nodus, wat nie in die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel is nie, op die ontwikkeling van korridors word ook bespreek. Voorbeelde van internasionale stede word ontleed om agtergrond oor die ontstaan en funksies van korridors en nodusse in te samel. Daarna word bepaal hoe dit op die Kaapse Metropool toegepas kan word. Die gevolgtrekking word gemaak dat al drie raamwerke op dieselfde beginsel gebaseer is maar in detail verskil Daar word baie voorstelle binne die raamwerke gemaak wat moeilik is om te implementeer. Die goedkeuring van nodusse soos Century City wat nie binne die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie, het 'n negatiewe invloed op die ekonomiese groei en ontwikkeling van die voorgestelde nodusse en korridors. Aanbevelings oor hoe om die implementeringsproses van die raamwerke te ondersteun word gemaak en ook 'n moontlike goedkeuringsproses vir nodusse wat nie binne die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie.

Page generated in 0.1289 seconds